Markus 1:21-28 (Andr Agenbag)

30 Januarie 2000

Vierdie Sondag na Epifanie

 

Ander tekste: Deuteronomium 18:15-20; Psalm 111; 1 Korintirs 8:1-13

Jesus is die Seun van God wat met gesag verskyn het.

Teks en konteks

Albei die baie belangrike motiewe wat deur Markus se evangelieverhaal loop, kom tereg in Markus 1:21-28: Die identiteit van Jesus en konflik met die godsdienstige leiers.

Die identiteit van Jesus:

Alreeds die sinagogegangers verstaan nie wie Jesus is nie, want hulle is verstom oor sy leer, (vers 22) en net na die eksorsisme vra hulle Wat gaan hier aan? Dit is n nuwe leer, en dit kom met gesag! (vers 27). Die man met die onrein gees noem Hom Jesus van Nasaret en net daarna die Heilige van God (vers 24). Dit is duidelik dat die onrein gees wt wie Jesus werklik is. Hier vind ons ook die eerste spore van die swyggebod wat so kenmerkend van die Markusevangelie is, wanneer Jesus in vers 25 die onrein gees beveel om stil te bly. Die sogenaamde Messiasgeheim (met die swyggebod) onderstreep dat Jesus se identiteit op n eerste vlak korrek verstaan word deur die persoon (of bose gees) wat die swye opgel word, maar dat dit eers werklik verstaan sou word na die kruisiging. Dwarsdeur die Markusevangelie toon geen mens die vermo om te verstaan wie Jesus werklik is nie. Die ironie is duidelik: Die onrein gees wt wie Jesus is; maar die sinagogegangers (en later ook die dissipels) nie. Dit sou eers die Romeinse soldaat (15:39) wees wat na die kruisiging verstaan wie Jesus is. Dit is eers vanuit die perspektief van Jesus se kruisdood dat sy identiteit as Seun van God waarlik verstaanbaar is.

Konflik met die godsdienstige leiers

In 1:21-28 lees ons vir die eerste keer in die Markusevangelie van n besoek wat Jesus aan die sinagoge bring. Hier vind ons ook die eerste subtiele aanduidings van die konflik tussen Jesus en die godsdienstige leiers. Jesus het naamlik gesagvol geleer nie soos die skrifgeleerdes nie (vers 22). Hierdie konflik kulmineer uiteindelik in die kruisiging van Jesus konflik tot die dood toe. Met uitsondering van enkele indiwidue (bv 15:43) beskryf Markus die godsdienstige groepe altyd as Jesus se vyande wat as t ware n verenigde front teen Hom vorm. Die godsdienstige leiers word deur Markus uitgebeeld as mense wat hulleself sien as aangewys deur God om Israel te regeer. To oppose them, therefore, is to oppose God, and to challenge their rule and teaching is to summon Israel to stray from Gods rule and teaching (Kingsbury 1993:374). In vers 22 lig Markus die leser in omtrent twee kritieke sake. Eerstens verlaat Jesus Hom in sy bediening op die gesag van God, terwyl die leiers optree in hulle eie, menslike gesag (vgl 8:33 waar Jesus vir Petrus berispe as Satan omdat hy dink nie aan wat God wil h nie, maar aan wat die mense wil h). Tweedens handel Jesus se konflik met die godsdienstige leiers ten diepste oor gesag. Uiteindelik is die vraag: Wie is waarlik deur God aangestel om Sy volk te regeer? Waar die lesers alreeds weet dat dit Jesus Christus, die Seun van God is (1:1,11,24), weet hulle nog nie hoedat Jesus se konflik met die leiers gaan ontvou nie.

Opvallend is dat die onrein gees deurentyd in die meervoud praat: ons. Dit wys dat die onreine gees praat namens alle demone: Jesus is besig om alle boosheid aan te val en te vernietig (Hooker 1991:64). Hiermee beland n baie belangrike Markaanse teologiese motief (die koms van die koninkryk van God) op die tafel. Tereg s Vorster (1991: 51), Jesus manifesteer die koninkryk van God deur wat Hy s en doen, maar Hy maak dit ook bekend as die koninkryk wat finaal in krag gaan komHy realiseer nie self die koninkryk van God volledig nie. Dit sal eers in die toekoms gebeur. Dit lyk inderdaad asof die stryd tussen God en Satan as t ware op die felste is in die wonders. Daarom noem iemand hierdie gebeurtenis, a local skirmish in the cosmic struggle. Smit (1987:212) wys daarop dat daar onderskei kan word tussen genesingswonders en natuurwonders. In eersgenoemde geval handel dit om mense en in laasgenoemde geval om onpersoonlike dinge. Genesingswonders sluit in eksorsisme, opwekking uit die dood en genesing van allerlei siektetoestande.

Smit (1987: 213-220) pleit dat die prediking van die wonders moet kennis neem van die brere, sistematiese verbande waarin die kerk die wonders verstaan het en steeds probeer verstaan. Hy gee dan vier sulke verbande wat kortliks hier saamgevat word.

Die wonders moet verstaan word in verband met die koninkryk van God. Die wonders is tekens dat God se koninkryk reeds aangebreek het in Christus, maar terselfdertyd ook tekens dat dit vas en seker sal kom. Die wonders is nog nie die koninkryk self nie, maar is beloftes en tekens wat heenwys na die uiteindelike, nabye en sekere oorwinning. Daarom is dit belangrik vir die prediking om te onthou dat die wonders geen finale betekenis in hulleself het nie. Hulle is almal middels en nie self doeleindes nie. Die wonders is slegs van n verbygaande waarde. Mense wat genees is, sou weer siek word. Die wonders is dus nie die aanbreek van die koninkryk van God nie, maar is slegs tekens daarvan. Die wonders kommunikeer presies dieselfde boodskap as Jesus se prediking en moet daarom herken word vir wat dit is en moet geglo word. In di sin vervul die wonders primr n troostende of parakletiese rol.

Dit is verder belangrik om te onthou dat die koninkryk in Christus kom. Christus is die outobasileia, die koninkryk self, die koninkryk-in-gestalte. In sy persoon, woorde, werke, lewe en lot, breek die koninkryk aan. Wanneer Christus deur die vinger van God die duiwels uitdryf, het die koninkryk onder die mense gekom. In die prediking van die Evangeliste en die vroe kerk is verkondig dat, waar die oorwinning oor Satan en die koms van die koninkryk in Jesus se eie prediking rondom die wonders sentraal is, hierdie oorwinning in Jesus Christus gegee is. Jesus Christus is die koninkryk. Die wonders is vroer eerder oorvertel as onthullinge van die betekenis van die persoon van Jesus. In di sin vervul die wonders primr n missionre, getuigende, werwende of geloofskeppende rol.

In die wonders word iets van die aard of karakter van die koninkryk van God sigbaar. Die wonders openbaar nie slegs die feit dat die koninkryk kom nie, maar ook iets van hoe die koninkryk is. Dit is die koninkryk van genade, goedheid, liefde, heil en vreugde. Die wonders moet eintlik gesien word as paradigmas van God se genade. In die wonders leer ons hoedat Jesus alle mense sien, as in die skaduwee van die dood en waaruit Hy hulle wil bevry. Hierin word dit duidelik hoedat God Homself skaar aan die kant van die lydende mens. Wat die aanskouers en hoorders die meeste bendruk, is dus nie die aanskoulikheid of die bonatuurlikheid nie, maar die goedheid. In di sin vervul die wonderverhale tegelyk n vreugdevolle en voorbeeldig-inspirerende rol.

Die wondervertellings demonstreer ook die wyse waarop die koninkryk ontvang word. Die aard van geloof kom telkens ter sprake. Die wonders is tekens wat alleen verstaanbaar en wonderbaar is vir die geloofsoog, maar ondeursigtig vir die ongeloof en dus in geen opsig so mirakelagtig dat dit as bewyse kan dien nie. Om die wonders te herken vir wat hulle is, is alreeds n saak van geloof. Die wonders wil juis mense voor n keuse stel, as t ware in n beslissing of keuse indwing. In di sin vervul die wonderverhale n pastorale of geloofversterkende rol.

Preekvoorstel

Uit bogenoemde is dit duidelik dat die wonderverhale (en dus ook verhale van eksorsismes) nie van die koninkryk van God losgemaak kan word nie. In die prediking behoort dit deurgaans in gedagte gehou te word. n Paar moontlike preektemas uit Markus 1:21-28 is die volgende:

 

Preekvoorstel 1

Die identiteit van Jesus Christus as die gesagvolle Seun van God. Hierdie is die mees basiese tema wat die teks ons bied en hieruit kan weer n verskeidenheid benaderings gevolg word:

Die identiteit van Jesus Christus as gesagvolle Seun van God beteken Hy is die outobasileia die koninkryk-in-gestalte. In Jesus Christus as die Seun van God sien ons hoe lyk die koninkryk van God.

Die brer Markaanse verbande waarbinne die identiteit van Jesus tereg kom, kan goedskiks n preek vorm. Op di manier word die identiteitslyne regdeur die Markusevangelie getrek in n verhalende preek. S n preek moet dan van die hoofmomente van die onthulling van Jesus se identiteit kennis neem en dit in n verhalende vertelling bymekaar uitbring.

Die identiteit van Jesus kan ook geplaas word binne die kader van sy konflik met die godsdienstige leiers (Vgl teks en konteks hierbo). In s n preek tree die gesag van Jesus ook op die voorgrond. Teenoor die godsdienstige leiers het Jesus met gesag onderrig en opgetree. Hierin speel Markus 1:21-28 eweneens n belangrike rol aangesien dit die eerste keer in die Markusevangelie is dat die konflik onthul word. S n preek sou ook op n verhalende wyse kon voortgaan om die konfliklyne regdeur die Evangelie te trek. Hierin word aangesluit by die belangrike Markaanse motief van die doen van God se wil wat staan teenoor die doen van wat die mense wil h (bv 8:33). Hierby sou ingereken kon word die tema van die dissipels se onvermo om te verstaan wie Jesus is waarin hulle telkens wys dat hulle inderdaad nie God se wil nie, maar di van mense, najaag.

 

Preekvoorstel 2

Jesus se uitdrywing van die onrein geeste vertel ons hoe die koninkryk van God is. Daar kan aangesluit word by Smit derde sistematiese verband hierbo, waarbinne oor die wonders gepreek kan word. Op di manier is die uitdrywing van die onrein geeste n paradigma van God se genade. Die wonders is nie verrig ter wille van die aanskoulikheid daarvan nie maar as heenwysings na die goedheid van God.

 

Preekvoorstel 3 : Dissipels as spoorsnyers

Jesus Christus as die gesagvolle Seun van God word gepreek met die oog op die vorming van deugde by die hoorders. Die vrae, Wie is Jesus? en Hoe is Jesus? word dan in verband gebring met die vorming van deugsame mense. Die vraag wat hierdie proses so goed verwoord, vind ons op die armbandjies wat veral Christen jongmense so graag dra: Wat sou Jesus doen? Uit die aard van die saak kom die tema van Jesus as die koninkryk-in-gestalte ook hierin aan die orde. Hierdie preekvoorstel word vervolgens in meer detail weergegee.

Vir n baie goeie inleiding vir die prediking oor die deugde kan die redaksie, Coenie Burger en Robert Vosloo se inleidingsartikels in Woord teen die Lig III/4 gelees word. In die eerste inleidingsartikel (1996: 14,15) vra die redaksie, En hoe word deugsame mense gevorm? Van die riglyne wat hulle weergee is die volgende:

Die deugde is gewortel in n meer omvattende visie aangaande die goeie, ordelike lewe.

Verhale is meestal draers van di visies en dus van die deugde.

Gemeenskappe van karakter, dit wil s groepe en tradisies van mense wat met integriteit en trou leef, is op hulle beurt weer draers van di verhale.

Bekering, transformasie en dissipelskap is nodig vir die deelname van mense aan hierdie gemeenskappe van karakter.

Rolmodelle, voorbeelde, heiliges, heldefigure, kortom: inspirerende figure, vervul op hulle beurt n sleutelfunksie om mense in hierdie proses van radikale morele vorming te begelei, koers te gee, te motiveer en aan te vuur.

Vriendskapsverhoudinge (van allerlei aard en vorm) is wesenlik belangrik om mense in hierdie gemeenskappe en op hierdie pad van formasie te behou.

Die uiteindelike kriterium in die beantwoording van die vraag of en in watter mate die formasie van deugsame mense geskied het, hou verband met die geloofwaardigheid wat verkry word uit die praktyk van die uitleef van di verhoudings.

Wanneer die redaksie s (1996:15) dat deugsaamheid nie soseer blyk uit wat n mens s nie, maar uit wat n mens doen, uit wie jy is, word n goeie leidraad vir die prediking van Markus 1:21-28 gegee. Voordat ons kan vra, Wat sou Jesus doen? moet ons vra, Wie is Jesus (identiteit) en, Hoe is Jesus? (Wat het Hy gedoen?) Die verhaal van Jesus se uitdrywing van die onrein geeste illustreer op uitmuntende wyse wie Jesus was en hoe dit duidelik geword het vanuit sy optrede. S sal ons ook getoets word.

Die preek kan ingelei word met n verwysing na die feit dat baie Christenmense graag die armbandjies dra met die afkorting WSJD: Wat sou Jesus doen?. Die doel is dan dat ons in elke situasie onsself hierdie vraag afvra, eerlik beantwoord en dan werklik probeer leef soos wat Jesus vandag sou leef. Dit is asof Christene net wt dat die sleutel vir n Christenlewe in Hom opgesluit is: Jesus Christus. Wat sou Jesus doen as Hy saam met ons aan die begin van die nuwe millennium moes leef? Sou ons Hom herken? Is dit so eenvoudig as om net in Sy voetspore te loop en Hom s te volg?

Di van ons wat al ooit op die strand probeer het om presies in die voetspore van iemand anders te trap, sal weet dat dit glad nie so maklik is nie. Om dit vir so n paar tree te doen, is nog maklik, maar spoedig besef n mens dat jy nie sommer vir die res van jou lewe s met iemand anders se voete kan loop nie. Is dit werklik so eenvoudig as om maar net te s: Die geheim is om te doen wat Jesus vandag sou doen. Volg net in Jesus se voetspore?

n Spoorsnyer probeer nie eens om in die spore te loop van die mens of dier wat hy agtervolg nie hy probeer bloot om die spoor te sny dit te volg. En dit is al klaar n kuns wat baie jare neem om te ontwikkel! n Spoorsnyer wil onmiddellik weet wat of wie se spoor hy sny. Is dit n bosbok, koedoe, of rooibok? Want sien, elke dier trap sy eie unieke spore en het sy eie unieke gewoontes. Daarom moet jy weet watter dier se spoor jy nou eintlik sny as jy op sy spoor wil bly. Want netnou, daar naby hulle drinkplek, kom n klomp verskillende diere se spore bymekaar en dan weet jy ook nie meer wat van die spoor geword het wat jy besig is om te sny nie. Om op die spoor van n dier te bly, help dit om te weet watter soort dier se spoor jy nou eintlik sny. Dalk is jy besig om n bosbok te agtervolg terwyl jy eintlik die koedoe gekwes het.

Dieselfde geld vir ons indien ons Jesus se spoor wil sny. Ons moet seker maak of ons inderdaad op sy spoor is en of ons op die spoor van iets anders is. Dit is nie altyd so maklik om die onderskeid te maak nie. As ons wil weet wat Jesus vandag sou doen, moet ons eers n ander vraag vra: Maar wie is hierdie Jesus? Wie is hierdie man wie se spoor ek wil sny?

Markus is n meester-spoorsnyer. En hy vertel vir ons dwarsdeur sy verhaal wie hierdie Jesus is wie se spoor ons moet sny. Die belangrikste manier waarop Markus vir ons vertel wie Jesus is, is deur te beskryf wat Jesus ges en gedoen het. In Markus 1:21-28 val dit op hoedat Jesus beskryf word as Iemand wat met gesag onderrig en opgetree het. Daar staan in vers 22 dat die mense verstom was oor Jesus se leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie. Markus het reeds vir ons vertel dat Jesus die Seun van God is want God se stem kom in Markus 1:11 tydens Jesus se doop uit die hemel, Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek my.

Dit is dalk so dat ons te maklik dink ons weet wat Jesus vandag sou doen en wie Hy regtig is. Maar selfs al weet ons as die lesers van Markus se verhaal dit, vertel Markus ons regdeur dat geen mens geweet het wie Jesus regtig is nie nie eens die dissipels het werklik verstaan wie Jesus is nie. Drie keer as Jesus sy lyding, kruisiging en opstanding aankondig, s Markus vir ons, het die dissipels nie verstaan nie (8:33; 9:32; 10:35-45). Markus vertel ook hoedat Petrus Jesus drie keer verlon. Asof dit nie genoeg is nie, lees ons dat al die dissipels weghardloop toe Jesus gevange geneem word (14:50). Sien, die dissipels het nie werklik geweet wie Jesus is nie en daarom kon hulle ook nie Sy spoor enduit sny nie in Sy voetspore loop nie.

As n mens n bokkie se spoor sny, kry jy die bokkie dalk so nou en dan te sien. S wys Markus, die spoorsnyer vir ons ook so nou en dan hoe Jesus lyk. Di van ons wat die einde van die verhaal ken, wt nou al dat Jesus gewond is. Soos wat n bokkie n bloedspoor laat, is dit asof ons Jesus se bloedspoor saam met Markus volg. Sommige van ons weet nou al dat dit ns is wat Jesus verwond het deur ons sondes. Miskien was dt die moeilikste vir die dissipels: Hulle wou nie Jesus se bloedspoor sny nie, maar sy heerlike voetspore wat trippel oor die bergtoppe tot by die heerlikste plekke.

Daar kom n man in die sinagoge aan wat van n onrein gees besete was. In vers 24 lees ons dat hy uitgeskreeu het, Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? Het U gekom om ons te verdelg? Ek weet goed wie U is; U is die Heilige van God! Nou word ons as die lesers van die Markusevangelie heeltemal deurmekaar. Die dissipels weet nie wie Jesus is nie, maar die onrein gees wel? Dit maak dit soveel meer ironies. Selfs die onrein gees het meer geweet van Jesus as sy eie volgelinge. Maar dit het nou weer nie gemaak dat die bose geeste skielik volgelinge van Jesus geword het nie.

Wanneer Jesus die arme duiwelbesete man bevry van die onrein geeste waarvan hy besete was, sien ons n helder prentjie van Jesus Jesus se goedheid. Jesus wat Hom oor n man ontferm. S is Jesus, s Markus. En s is God. Dit is asof ons sommer n kykie kry in God se groter plan met Jesus. Want die onrein geeste verraai iets van God se plan, Het U gekom om ons te verdelg? In Jesus breek God se heerskappy aan. Jesus veroorsaak nie alleen dat God heers oor die bose deur sy heerskappy of koninkryk nie Jesus is God se koninkryk in vlees en bloed. Markus sny Jesus se spoor en vir n oomblik sien ons Jesus: Hy s God se koninkryk in aksie. Kyk jy na Jesus, verstaan jy hoe God is en hoe Sy koninkryk lyk. God is goed: Hy help die lydende, verdrukte mense wat so deur die sonde en die bose geknel word. Maar Jesus wys ook dat Hy as die Seun van God gesag het oor die bose.

Dit was nog maklik vir die dissipels om Jesus se spoor te sny terwyl Hy sulke wonderwerke verrig het. Maar volg n mens Jesus se bloedspoor verby sy drie lydensaankondigings, vele misverstande en selfs verraad, besef n mens dat die dissipels glad nie gereed was vir wat hulle aan die einde van die bloedspoor sou vind nie. Hulle was s verstom dat hulle weggehardloop het. Dit was die jagter wat die bokkie die doodskoot gegee het, wat die eerste (en enigste!) mens in Markus se verhaal sou word wat werklik verstaan het wie Jesus was. Dit was die Romeinse soldaat wat Jesus gekruisig het, Hierdie man was werklik die Seun van God.

Ons, wat spoorsnyers op die bloedspoor van Jesus is, kom saam met die dissipels by die kruis aan. Dit is hier waar ons saam met die Romeinse soldaat besef wie Jesus regtig is: Hy is die Seun van God, die Messias wat moes ly. Die bokkie wat ons verwond het, het gesterf vir ns gesterf.

As ons onsself afvra: Wat sou Jesus doen? behoort ons te onthou wie hierdie Jesus is. Moet ons meer wees as fotostaatmasjiene wat dink dat ons net fotostate van die bloedspoor hoef te maak en dan te weet waarheen hierdie spore oral sou lei. Anders gestel: Ons moet nie s op die voetspore fokus dat ons vergeet van die Een wat die bloedpoor kom trap het nie. Ons moet egte spoorsnyers wees wat bereid is om te leer wie die Een is wat die bloedspoor gelaat het. Dan eers kan ons nederig begin om te vra: Wat sou Jesus doen?

 

Bibliografie

Burger, CW et al 1996. Riglyne vir prediking oor die Christelike deugde. WtL III/4. Kaapstad: Lux Verbi. Guellich, RA 1989. Mark 1-8:26, Word Biblical Commentary, Volume 34A. Texas: Word Books. Hooker, MD 1991. A Commentary on the Gospel according to St Mark, Blacks New Testament Commentaries. Londen: A&C Black. Kingsbury, JD 1993. The significance of the cross within Marks Story. Interpretation 47/4, 370-379. Smit, DJ 1987. Die prediking van die wonderverhale in die Evangelies, 201-224, in WtL II/2, 201-224. Kaapstad: Lux Verbi. Soards, M et al 1992. Preaching the Revised Common Lectionary. Year B, Advent, Christmas, Epiphany. Nashville: Abingdon Press. Vorster, WS 1991. Om te vertel dat Jesus Christus die lydende Seun van God is: Oor Markus en sy teologie, in Roberts, JH et al (Reds), Teologie in konteks. Pretoria: Orion.