Matteus 28:16-20 (Daan Cloete)

30 Mei 1999

TRINITEITSONDAG

 

Ander Tekste:Gen 1:1-2:4a;2 Kor 13:11-13; Ps 8

Teks

1.1 Saam met die Markus en Lukas Evangelies is Matteus die draers van die hooftema van die prediking van Jesus, naamlik die koninkryk van God (hemele). Alhoewel daar basiese ooreenstemming by hulle is, plaas elkeen tog ook weer 'n eie aksent. By Matteus is die tema veral teen die agtergrond geplaas van die Ou Testamentiese voorstelling en verwagting van God se persoonlike, dinamiese en universele heerskappy en hoedat dit juis nou sy vervulling gevind het in die koms, in omvattende sin, van Jesus Christus en ook sal voortbeweeg tot sy voleinding.

 

1.2 Binne hierdie breŽr raamwerk van die koninkrykstema, bevat die teksvir die Evangelies 'n byna unieke formulering van die triniteit. Die diskussie rondom die moontlike oorsprong daarvan duur voort netsoos die leerstellige vrae wat daarmee saamhang. Kom dit inderdaad uit die mond van Jesus self? Of is dit die invloed van die Hellenistiese christene op die kerk soos weerspieŽl in die Briewe van Paulus? Is dit 'n eie konstruksie van die outeur op grond van ontwikkelinge rondom die doop binne die kerk? Hoe dit ook al sy, die koninkrykstema kan nie losgemaak word van die persone van die Vader en die Seun en die Heilige Gees nie want in die vervulling en voleinding van die koninkryk van die hemele, staan hulle sentraal.

1.3 Matt28:16-20 maak deel uit van die groter afsluiting van die Evangelie wat hoofstuk 26:1 tot 28:20 insluit en wat die dramatiese slot vorm van die verhaal van Matteus. Inhoudelik is dit nie eintlik 'n afskeidsrede nie want dit toon 'n verrassende openheid na die toekoms toe. Wanneer 'n chiastiese struktuur in Matteus herken word, dan het die gedeelte baie karaktertrekke wat korrespondeer met die geboorte en voorbereidende gedeelte van 1:1 - 4:17. Maar op sigself word 28:16-20 ook beskou as die hoogtepunt van die Matteus-verhaal, die sleutel tot die verstaan van die hele boek want dit vat heelwat temas saam uit die inhoud van die boek, veral rondom dissipelskap. Die gedeelte self gee 'n kort agtergrond beskrywing (v 16 -18a) waar 'n belangrike aankondiging gemaak word (18b-20). Die sogenaamde sendingopdrag self val in drie dele uiteen: a. die bekendstelling van die Opdraggewer deur Homself;b. die inhoud van die opdrag aan die elf; en c. die versekering van die blywende bystand deur die Opdraggewer. Die opdrag word met verskillende ander Bybelse en nie-Bybelse gedeeltes in verband gebring, soos die verbondsluiting by Gen 12, 15, 17 en Eks 20; met 'n dekreet soos in 2 Kron 36:22-23; die versoekingsverhaal van Matt 4:1-11; die buite-Israelitiese kroningsplegtigheid, ensovoorts.

1.4Die gedeelte het geen parallel in die ander Evangelies nie en dit is moeilik om die bron te bepaal. Die oorwegende mening is dat dit tot Matteus se eie goed behoort. Wat die literatuursoort van die gedeelte betref, is daar verskillende menings. So word dit onder meer 'n kultiese legende (Bultmann), 'n inhuldigingshimne (Brun), 'n manifest (Harnack), 'n openbaringswoord (Dibelius) genoem. Dit herinner ook aan uitsprake in die OT waar openbaring, voorskrif en belofte met mekaar verenig word (Eks 20:2; Deut 5:2; 31:5-6; Jos 1:2-7; Jer 1:7-8; Jes 43:1-2, 4-5).Die gebruik van die Drie-eenheids formule hier was vir baie 'n aanleiding om die outentisiteit van die gedeelte te bevraagteken, dit wil sÍ of dit mond van Jesus gekom het. Baie eksegete meen dat dit iets wat uit 'n latere periode kom, 'n soort liturgiese toevoeging. Dit word bevestig omdat dit nÍrens anders in die Sinoptiese Evangelies voorkom nie. Die doop was aanvanklik slegs in die naam van Jesus, die Heer (Hand 2:38; 8:16).Alhoewel die vorm dalk van 'n later fase was, weerspieŽl die inhoud wel die basiese strekking van die Evangelie.

Konteks

2.1 Die gebeure speel af in Galilea soos die boodskap van die engel aan die vroue was om aan die dissipels oor te dra (28:7). Verder wil dit ook die voor-kruisigingsbelofte van Jesus bevestig (26:32). Die feit dat dit in Galilea plaasvind wil waarskynlik onderstreep dat die gebeure van Jesus se opdragte aan sy dissipels, verstaan moet word as 'n voortsetting van Jesus se werk, maar nou deur sy dissipels (sy kerk).††

 

2.2 Die eintlike manifestasie van die opgestane Heer vind plaas by 'n bťrg Ė 'n belangrike motief by Matteus. Dit hang waarskynlik saam met sy benadering om Jesus met Moses te vergelyk, die twee middelaars van die verskillende verbondeIn Moses se lewe het die groot ontmoetinge, aankondiginge en opdragte dikwels op berge plaasgevind. So doen Jesus dit ook (5:1). Dit benadruk die gewigtigheid van die gebeure, bevestig Jesus se gesag en dit dui ook op die openbaringsgehalte van dit wat hier plaasvind.

 

2.3 Die tweeledige reaksie van die dissipels, naamlik van aanbidding en twyfel, moet verstaan word vanuit hulle verwarde gemoed en in ooreenstemming met wat in die ander Evangelies rondom die opstanding berig word. Om Hom te aanbid is om juis weer die buitengewone of bonatuurlike in Hom te herken soos dit tot uitdrukking kom in sy opstanding uit die dood. Om te twyfel is om tog nog skepties te staan vanweŽ gebrekkige insigoor dit wat hier gebeur. Ten spyte van hulle ambivalente reaksie op sy verskyning kom Jesus nader en gee hulle die belangrike opdrag. Ook diegene wat nog twyfel het, ontvang die opdrag eweseer as diegene wat alreeds uit oortuiging aanbid.Hiermee word ook duidelik dat die fokus in die gedeelte nie in eerste instansie op die opstanding is nie maar eerder op die navolging van Jesus.

 

2.4 Die inhoud van die opdrag self het baie opvallende kenmerke. Eerstens, is daar die aspek van omvattendheid en insluitendheid soos dit uitdrukking gebring word in"alle mag", "al die nasies" en "al die dae".Dit val op dat Jesus by sy opstanding met stelligheid die aankondiging maak dat alle mag aan Hom gegee is. Daarmee is die laaste en eintlike mag, naamlik die dood, oorwin. Maar dit dui ook daarop dat deur die opstanding alle andere manifestasies van mag ondergestel is en dat Hy die enigste met absolute mag is. Die mag is op 'n unieke wyse deur die kruis en opstanding verkry waarin ook die versoeker en sy "aanbod" van "mag " aan Jesus ondergestel is (4:9). Hierdie mag is aan Hom "gegee", want dit is God wat Hom uit die dood opgewek het. In die oorwinning oor graf en dood het God die gesag aangaande die hele skepping aan Jesus oorgedra op grond van sy gehoorsaamheid aan die wil van die Vader. Daarom dra die mag 'n bevrydende en reddende karakter."Hemel en aarde" bevestig die totale omvang van sy mag. Dit het ook 'n eskatologies karakter.Barth in TIM, p 133: "It is not so much a matter here of the resurrection of Jesus from the dead as of his exaltation and establishment as the eschatological ruler and judge of the world". Die opstanding beteken in werklikheid ook sy verhoging , 'n tema wat veral by Johannes sterk beklemtoon word en wat sy heerskappy en gesag aandui.

 

Tweedens, kom die inklusiwiteit ook tot uitdrukking in die uitsending"na al die nasies".Kragtens hierdie gesag deel Hy nou ook die opdrag uit. Die woorde herinner aan die visioen in Dan 7:14 waarin aan die menslike wese ook heerskappy gegee word deur Hom wat ewig lewe en waarin die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Dit beklemtoon weereens die eskatologieseen inklusiewe karakter van Jesus se opdrag. Dit lyk in strydmet eerdere opdragte in die Evangelie te wees (10:5-6), maar is weer in lyn met die beskrywing van die laaste oordeel (25:32) en die "universele" karakter van die geslagsregister aan die begin van die Evangelie. Verder blyk dit in ooreenstemming met die basiese strekking van die Evangelie te wees, wat wil aandui hoe die heil van Israel na die nasies beweeg het. Die verbreding van die horison om alle volke nou binne die gesigsveld te bring sluit nie noodwendig Israel uit nie, maar hierinis wel 'n veroordeling van Israel se trae respons op Jesus se prediking. Die essensie is egter dat dit nou 'n wÍreldwye oriŽntasie kry.

 

2.6Derdens, verseker Jesus van sy voortdurende nabyheid met die woorde: " al die dae".Die belangrikheid hiervan word beklemtoon met die woord: "onthou". Hierdie belofte van ondersteuning is kenmerkend van die God se teenwoordigheid in die OT. Jesus se bevestiging van sy voortdurende teenwoordigheid hang saam met die begin van die Evangelie in die Immanuel-naam, God met ons (1:23), en word opvallend uitgebeeld met sy teenwoordigheid in die boot in die wonderverhaal van die storm wat gestil word (8:23). Dit is ook 'n verdere aanduiding van diebetekenisvolheid van die opstanding. Dit onderstreep dat dit eintlik Hy is wat steeds sy werkvoortsit, nou op 'n ander wyse, naamlik deur sy dissipels. Maar dit wil ook aan die dissipels die versekering gee, veral hulle wat nog twyfel, dat Hy sal voortgaan om hulle te onderrig met betrekking tot dissipelskap, maar nou in 'n ander gestalte van teenwoordigheid. Dit onderstreep weereens die kontinuÔteit met die aardse werk en lewe van Jesus. Deur hulle word sy heerskappy en mag verder gerealiseer in die wÍreld.Hierdie werksaamheid van die opgestane Jesus deur sy dissipels gaan voort tot aan die voleinding van die wÍreld wat bevestig dat die koninkryk van die hemele vir Matteus in 'n groot mate ook nog 'n toekomstige werklikheid is.

 

2.7'n Ander belangrike kenmerk van die opdrag is die bevel om dissipels te "maak"..†† Die "maak" hou basies twee dinge in waarvan die volgorde nie noodwendig die belangrikste is nie: Eerstens, moet hulle die mense doop. Die doop is die teken van die betekenis van Jesus se heilswerk en gesag en dat Hy aan die wil van God voldoen het (3:15). Dit is dus meer betekenisvol as die doop van Johannes (3:6). Die doop moet egter nie net in sy Naam geskied nie, maar in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Daarmee word gesÍ dat in Hom die Drie-enige God aanwesig en werksaam is. Dit beklemtoon die nou verbintenis wat daar gedurig tussen Hom en die Vader is, dat Hy die geliefde Seun van die Vader is wie se wil Hy uitvoer (26:42). Maar dit bevestig ook dat Hy die Gees ontvang het en deur Hom gelei word.

 

2.8 Tweedens,hou dit ook in om ge"leer" te word. Dit kom dikwels in Matteus voor. Die inhoud daarvan moet in 'n omvangryke sin bedoel wees; in die redes, in die werke in alles waarin Hy die voorbeeld gestel en waarin Hy hulle gevra het om Hom na te volg, self in sy lyding en dood. Die "alles"dui hier die soeke na geregtigheid wat die hoofdoel van sy lewe was. Dit is egter nie 'n leerproses om verstandelik te ontwikkel nie of om bepaalde gebooie van Jesus te gehoorsaam nie. Dit is om tot 'n lewende verbintenis en verhouding tot Christus self te kom.In 'n sekere sin het Jesus se onderrig aan hulle nou tot 'n einde gekom. Dit is die diskontinuÔteit met wat vooraf gegaan het. Die betekenis van dit wat Hy deur leer en lewe geleer het, word nou verdere uitgewerk in die werksaamhede van die dissipels wat andere tot dissipels maak deur hulle getuienis en predikingaangaande die opgestane Heer. Die uitgangspunt is dat die elf vir wie Jesus hier toespreek alreeds sy dissipels is ten spyte van hulle twyfel. Hulle is deur Hom in al hulle wedervaringe met Hom tot dissipels ge"maak". Dit veronderstel verder dat hulle ook ander tot dissipelskap moet bring volgens die wyse waarop hulle dissipels geword het. Dissipels moet meer dissipelsvan Jesus maak. Samevattend, sou mens kan praat van 'n noue samehang tussen christologie, ekklesiologie en eskatologie in die kort perikoop.

Preekvoorstel

3.1 Daar is verskillende moontlike fokuspunte vir die prediking, soos die opstanding, alhoewel die gedeelte self nie te veel aandag gee daaraan nie; of 'n sendingpreek want die gedeelte word dikwels as die locus classicus van die sending gesien; of as dooppreek waarheen die trinitariese formule wys.

 

3.2Wanneer dit gebruik word vir die Drie-eenheidsfees sal aandag bestee moet word aan die formule waarvolgens die doop moet plaasvind. Dit beteken dat gefokus sal moet word op die werk van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. In die Evangelie van Matteus self kom dit saam in die werk van die Seun. Die werk van die drie Persone kan haas nie onderskei word nie, wat nog te sÍ geskei word. In die aardse werk van die Seun was die ander twee persone eweveel aanwesig en aktief.

 

3.3 Tog sal ook by die fokus die kern-aspek van die perikoop nie geÔgnoreer kan word nie, naamlikdissipelskap. Dit is die betekenis van die kerk by Matteus. Netsoos dit die Drie-enige God is wat in die Persoon van Jesus dissipels ge"maak" hetvanaf die oomblik toe Hy hulle geroep het om agter Hom aan te kom, netso is dit ookdie Drie-enige God wat by monde van die Seun die opdrag aan sy dissipels gee om nog meer dissipels te maak. Dit is met die volmag van die Drie-enige God dat Jesus die opdrag gee. Dit isin die Naam van die Drie-enig God wat dissipels ingelyf kan word in die dissipel-gemeenskap deur die doop. Dit is die Drie-enige God wat sy bystand belowe tot aan die voleinding van die wÍreld. Dit is die dinamiese karakter van die gedeelte. Daar moet gewaak word teen die hantering hiervan as 'n abstrakte of dogmatiese debat, dit is evangelie. Die uitgangspunt hiervoor is dat 'n mens Matteus moet lees as 'n samehangende verhaal en nie as 'n versameling van losstaande eenhede nie. So gesien, mik die hele Evangelie op die slotverse (18-20) en moet dit van hieruit geÔnterperteer word. Dit bevat dan ook die sleutelwoordevan die Evangelie waaronder ook die Drie-eenheid.