Matteus 14:22-33 (Kobus Smit)

8 Augustus 1999

Tiende week in Koninkrykstyd

 

Ander tekste: Gen 37:1-4; 12-36; Ps 105:1-22, 45b. ; Romeine 10:5-15.

 

In ons gejaagde lewe merk ons dikwels nie meer God se bemoeienis, sorg en nabyheid op nie.Matt 14:22-33 onderstreep vir ons dat Jesus diť help wat hulle in nood op Hom beroep.In ons krisisse openbaar God hom in al sy almag as die God van die twyfelendes.

Teks

Die evangelies berig drie maal oor Jesus se seewandeling (Mark 6:45-52; Matt 14:22-33; Joh 6:16-21). In al drie gevalle word dit voorafgegaan deur die voeding van die 5000.In teenstelling met Markus, fokus Matteus baie meer op die toneel van die seewandelende en sinkende Petrus.Hy koppel ook nie Jesus se wandeling op die see aan die dissipels se onbegrip (Mark 6:51b-52) nie, maar aan die dissipels se lofprysende erkenning dat Hy die Seun van God is.By Matteus staan die epifanie nie op die voorgrond soos by Markus nie.††

 

Die verhaal is simmetries saamgestel:teenoor die tekening van die storm op see (24) staan die bedaring van die storm in vers 32.Tussen vers 24 en 32 speel beide episodes van die dissipels se ontmoeting met Jesus (vv 25-27) en met Petrus wandelende op die see af (vv 28-31).Die twee episodes is nou met mekaar verbind:die kurie, ie su ei van Petrus (v 28) word gebalanseer deur die ego eimi van Jesus (v 27).Die hele perikoop bondel as te ware die dissipels se belydenis in die slotvers (v 33) saam.Die verskillende dele van die perikoop is deur herhaling en teenstelling nou met mekaar verbind, sodat die perikoop 'n mooi eenheid vorm.Die perikoop het ook talle verbintenisse met die breŽr konteks waarvan die belangrikste miskien Matt 8:18, 23-27 is.Die verskil is dat Jesus nie in Matt 14:22-33 saam met die dissipels in die boot is nie.Die inleiding herinner aan Matt 14:13-15 en Jesus se uitgestrekte hand (v 31) aan Matt 12:49.Die belydenis van vers 33 kom in 'n ander vorm in Matt 16:16 en 27:54 voor.

 

Drie motiewe staan in Matteus se berig voorop:die episode van die sinkende Petrus;die dissipels se belydenis dat Hy die Seun van God is en die natuurbedreigde boot wat as beeld van die bedreigde gemeente (v 24) dien.

 

Vae aanduidings soos 'n paar kilometer van die kus af en in die vierde nagwaak (3-6 in die oggend - die tyd van Jesus se opstanding) onderstreep die effek wat die verlatenheid van die see op die dissipels gehad het.Die woord basanizo gekommunikeer iets van hulle beproewing.Vir Matteus se lesers was water, storm en nag bekende beelde van gevaar, nood, angs, chaos en dood (Gen 1; Ps 32:6; 69:2; 93:3v; Jes 43:16; 2 Sam 22:5; Ps 18:15vv; Op 15:2).God is egter in beheer van hierdie donker magte.Dit is juis in die storm, nag en chaos waar hulle Sy epifanie beleef.Dit is immers Hy wat die golwe van die see in bedwang hou (Job 9:8).

 

Die vraag is egter:Watter beelde het die seewandelende Jesus by die destydse lesers opgeroep?Daar is weinig Ou Testamentiese assosiasies, want dit gaan nie om 'n deurtog deur die water (Eks 14; 2 Kon 2:7v; Jes 43:2v, 16) nie. Nog minder gaan dit om 'n wandel op die seebodem (Job 38:16).'n Oorsig oor die verskeie buite-Bybelse analogieŽ (vgl. U. Lutz) toon datom op die water te loop vir die antieke mens (ook die Jode) 'n droom en 'n fassinerende gedagte was.Dit was alleen vir die gode en seuns van die gode (goddelike mense) beskore - mense sou dit nie kon doen nie - selfs die gedagte daaraan sou lasterlik wees!

 

Vrees was destyds die natuurlike reaksie van 'n mens op iets onbekends, dit wat jou onderskeidingsvermoŽ nie kon hanteer nie.Vrees het die dissipels se konsentrasie op Jesus versteur.Daarom het hulle Hom nie erken nie.Sy selfidentifisering (openbaringformule: ego eimi) het die spook ontmasker en hulle angs laat verdwyn.God se troos en bemoediging word die duidelikste, volgens K. Barth, omskryf deur die woordeMoenie bang wees nie (v 27) .Hierdie bemoedigingsformule kom telkens in die heilsgeskiedenis in belangrike oorgangs - en gevaar (oorlog) situasies voor (Jos 1, 6, 7, 9; Jes 37:6; Hand 27:24).

 

Deur op die water te wil loop, wou Petrus die menslik onmoontlike aanpak.Sy gebed om die onmoontlike toon juis sy geloof in Hom wat alle mag in hemel en op aarde het (Matt 28:18).Die woorde, as dit regtig U is, verraai egter alreeds sy twyfel.Petrus wou egter nie die rol van 'n towenaar speel deur die bonatuurlike te probeer demonstreer nie.Daarom handel hy net op Jesus se bevel.

 

Wat tot dusver van die vrees en kleingeloof van die dissipels gesÍ is, word nou in verse 28-31 eksemplaries in een dissipel gedemonstreer.Die angs wat Petrus op die water oorval het, was egter nie dieselfde as toe hy in die boot was en die spook gesien het nie.†† Dit is vrees vir die storm, die bedreiging en die onsekerheid.In Petrus kan elke Christen hom terselfdertyd met sy eie geloof en twyfel terugvind.Wanneer ons oŽ op Christus gerig is en ons in gebedsgemeenskap met Hom verkeer, beleef ons die draende krag van geloof.Staar ons ons egter blind teen die hoŽ golwe van die see, ons sorge en nood, kry kleingeloof en twyfel die oorhand oor ons en begin ons te sink.Die twyfelendes is egter nie verlore nie:Jesus se uitgestrekte hand (Ps 18:17; 144:7) bring redding.God se reddende teenwoordigheid en hulp word juis in die lewensstorme ervaar selfs al is geloof nie veel meer as kleingeloof nie:'n mengsel van moed en angs;van vertroue en twyfel.Dit is 'n kenmerk van die Christelike lewe.Daarom dat die woord twyfel in Matt 28:17 herhaal word.

 

Die ervaring van die reddende, goddelike krag van Jesus midde in nood en gevaar ontketen 'n lofprysing by die gemeente in die boot:U is waarlik die Seun van God (33).

Konteks

Matteus teken Jesus hier as die Helper en die Heer van die golwe en die see.Maar ook as die Pantokrater - die Behouer van sy kerk deur die storms heen op pad na die eindtyd toe.Dit is Hy wat in die middel van die meer is wanneer die boot deur 'n storm geteister word (24).Dit is Hy wat die storm laat bedaar (32).Dit is Hy wat die bevreesdes aanspreek (27, 31).Hy laat hulle smeek (28v).Hy gee sy dissipels 'n aandeel aan sy mag (29).Hy red die sinkende Petrus (31).

 

Die dissipels in die boot is hier simbool van die bedreigde gemeente.Die teks mag egter nie vergeestelik word nie, want dit gaan nie hier om die algemene storms van die lewe nie. Dit gaan oor die kerk van die eindtyd en hulle lotgevalle in die navolging van Christus.Beide Matt 8:23-27 en Matt 14:22-33 wil dus die bedreigde en geteisterde gemeente bemoedig.Die troos lÍ daarin dat hulle nie alleen of verlore is nie:Jesus is naby (Matt 28:20).Hulle vertrou nie op 'n spook nie!Die bedoeling van die teks kan egter nie net ekklesiologies beperk word nie, want die gevoel van isolasie, eensaamheid en hulpeloosheid is ook die belewenis van individue.

 

Die spanning tussen bedreiging en bewaring lÍ ook op die oppervlak van ons teks.Die dissipels moes sonder Jesus na die oorkant vaar.Op see word hulle deur 'n storm bedreig (24) en beleef Jesus se teenwoordigheid op 'n onbegryplike wyse wat hulle tot vrees en angs gedryf het (26). Hulle beleef Sy helpende teenwoordigheid as die epifanie van 'n spook.

 

Die waagstuk om jou eie menslike grense in geloof te oorskry te midde van die bodemloosheid van nood, angs, ongeluk, lyding en skuld word in ons teks aangesny.Daarom lÍ die spanning tussen vertroue en twyfel op die oppervlak.Petrus waag dit nie op die wankelrige afgrond sonder Jesus se uitnodiging nie, want die waagstuk om die menslik-onmoontlike aan te pak was te groot.Die verstommende is dat hy Jesus selfs smeek vir 'n opdrag, wat beteken dat vers 28 binne die skema van bevel en gehoorsaamheid geÔnterpreteer moet word.Die dubbele versekering, die opdrag (van buite) en die bystand, bepaal geloof.Daarom openbaar geloof hom ook in 'n dubbele sin:as vertroue op Jesus om die menslik-onmoontlike te waag en as vertroue om al sinkende op Jesus te vertrou en jou op Hom te beroep.Sů 'n geloof hunker as 't ware na avontuurlike omstandighede, soos in Petrus se geval, en het nie eers krisisse, konflikte en katastrofes nodig om homself te bewys nie.Kleingeloof laat hulle, wat hulle in gevaar begewe, daarin omkom.Aan die anderkant word die krag van geloof en die krag van Hom, wat na die sinkende 'n reddende hand reik, ook in gevaarsituasies bewys.

Preekvoorstel

Die teks bied veral twee preek moontlikhede:Die kerk se stryd en aanvegtinge oppad na die eindtyd en die spanning tussen geloof en twyfel.Vir hierdie preekvoorstel word laasgenoemde tema gekies.

 

Petrus is van die begin van die kerk se geskiedenis af gesien as die oerbeeld van twyfel en die oorwinning oor twyfel.Daar word vertel dat Von Bismarck eendag na sy eie portret en beeld gekyk het en toe van sy eie beeld in die sinkende Petrus bewus geword het.Hy het glo sy kop geskud en gesÍ:Kan dit ek wees? Nee, dit is nie ek nie!Hy het egter omgedraai en na die beeld van die sinkende Petrus gewys en gesÍ: Dit is ek!In die sinkende Petrus erken ons onsself telkens.Daar is tye in ons lewe wanneer ons in noue gemeenskap met Christus lewe, tye waarin ons geloof sterk is en waarin ons, soos Petrus, vir die menslik-onmoontlike kans sien.Tye waarin die woord van God vir ons die geloof gee wat berge kan versit.Maar dan kom daar ook weer tye waarin ons ons perspektief op God verloor, tye waarin ons ons blind staar teen die hoŽ golwe, al die bedreigings en teenwinde van die lewe.Tye waarin angs en vrees ons oorweldig, want dit praat 'n ander taal as God.Tye waarin ons Christus se nabyheid nie erken nie (Matt 28:20), maar eerder drogbeelde van Hom sien.Juis omdat ons angs, verwarring en radeloosheid ons blik op Hom vertroebel en ons geloofsvertroue verlam.Dan kry ongeloof en twyfel die oorhand en sink ons in die dieptes van vertwyfeling en wanhoop.

 

Twyfel ontstaan deur die mees elementÍre bedreiginge (siekte/dood/oorlog/werkloosheid/sinlose lewe) en die dinge wat ons gesonde verstand soms vir ons wysmaak.So dikwels twyfel ons aan God omdat ons nie kan glo dat Hy sterker is as die magte van die natuur en die geskiedenis nie.Ons is mos realiste:Mens kan tog nie terselfdertyd aan die moderne mediese wetenskap en sy middele glo en ook aan die God van die Bybel nie.

 

Geloof is egter meer as kleingeloof en twyfel:dit is 'n mengsel van moed en angs, van luister na die storm, van vertroue en twyfel.Daarom dat die sinkende Petrus die volgende oomblik vertrouend na Jesus se reddende hand kan opsien, want die twyfelendes is nie verlore nie!God is juis 'n God wat die twyfelendes uit die geweldige waters red (Ps 18:17; 144:7).God kom altyd ons kleingeloof tegemoet.Luther het gesÍ:Christus laat die skreeuendes nie wag nie.Nog minder laat Hy hulle in die steek.Die doop, is volgens hom, die teken dat alle rampe ons nie sal vernietig nie, want God het belowe:as jy deur die water moet gaan, Ek is by jou, deur riviere hulle sal jou nie wegspoel nie(Jes 43:2).Ironies genoeg is dit juis lewenskrisisse wat die krag van ons geloof bewys, maar ook die krag van Hom wat die sinkendes 'n reddende hand reik!

 

Wie in sy nag van angs en radeloosheid die reddende hand van God ervaar het, sy troosvolle stem gehoor en sy almag beleef het, kan nie anders as om Hom te erken as die Skepper van hemel en aarde, as die Heerser oor die storms, onweer en branders en as Heerser oor die natuurwetmatighede nie.Wie dit nie erken nie beperk die mag van God tot die binneruimte van die humane.Deur dit te doen, sal die God van die Bybel nie meer herken word nie.Die geloof vertrou daarop dat God as die Heer van sy skepping in alles, ook in die natuurgebeure beplannende, wys, voorsienend en liefdevol aan 't werk is.Daarvan het gelowiges baie ervarings.

 

Bibliografie

Nielsen, J.T. 1975:Het evangelie naar MattheŁs.Nijkerk: G.F. Callenbach B.V.Ridderbos, H.N. 1941:Mattheus I. Kampen: J.H. Kok N.V.Luz, U. (1990):Das Evangelium nach Matthšus. 2 Teilband.Benziger Verlag.Breit, H. en C. Westermann (red.):Calwer Predigthilfen. Bd. 7.Josuttis, M. (1980):Pastoraltheologie Gottinger Predigt-meditationen, Vol 69. Helt. 11.