Matteus 10:24-39 (Averell Rust)

20 Junie 1999

Derde Sondag in Koninkrykstyd

 

Ander tekste: Gen 21:8-21; Rom 6:6-11; Ps 86:1-10, 16-17

Die eise van dissipelskap

Teks

1.1 Dit word algemeen aanvaar dat ons in Matteus vyf groot redevoeringe van Jesus aantref wat telkens met dieselfde formule afgesluit word ('Toe Jesus klaar gepraat het' - 7:28; 11:1; 13:53; 19:1 en 26:1).  Hierdie gedeelte maak deel uit van die vyf blokke onderwyssende stof (hfst. 5-7; 10; 13; 18 en 23-25) van die Matteus evangelie wat afgewissel word met blokke verhalende stof.

 

1.2 Ons gedeelte val binne 'Boek Twee' wat by 8:1 begin en eindig by 11:1 in die vyfhoekige skema van Matteus.  Dit volg op die Bergrede, waar Jesus met groot gesag onderrig (5-7).  Daarna tree Jesus op en bevestig sy Messiasskap deur wonderwerke te doen (8-9).  Jesus het egter nie gekom om alleen werksaam te wees nie.  Hy trek die mense (dissipels) in by hierdie koninkrykswerk.  Dieselfde skare wat die gehoor uitgemaak het tydens die Bergrede volg Jesus wanneer Hy van die berg kom om 10 wonderwerke te verrig.  Hy toon met medelye en gesag wat die lewe van dissipelskap inhou (8:1-9:34).  Hy het in die dorp van die Gadareners (8:28) duiwels uitgedryf, maar al die ander handelinge vind plaas in Galilea by die meer.

 

1.3  Na sy eie aanvanklike aktiwiteit van verkondiging (5:1-7:29) en sy optrede (8:1-9:34) roep Jesus nou 12 dissipels om hulle instrumente van sy sending te maak.  Hy spreek hulle aan vanuit die perspektief van Galilea en stuur hulle nie na die heidene nie, ook nie na die Samaritane nie, maar alleen na die 'verlore skape van die huis van Israel' (10:6).

 

1.4  Dit blyk asof die eerste deel van Matt 10 spesifiek gerig was op die Twaalf dissipels (10:1-15).  Die lesers sou verwag dat dit vanselfsprekend opgevolg sou word deur 'n weergawe van die uiteindelike sending gevolg deur 'n verslag van hul terugkeer na Jesus (soos in Mark 6:7-13,30 of Luk 9:1-6,10).  In plaas daarvan kring Jesus se sendingopdrag weier uit na die ander volgelinge wat Hom in 'n vyandige węreld moet verteenwoordig (10:24-42).

 

1.5 Hierdie gedeelte met sy missionęre inhoud vind ook weerklank in Matt 28:18-20 wat deur sommige as die sleutelteks vir die teologie van Matteus beskou word.  Laasgenoemde verse het egter 'n universele karakter terwyl die sendingopdrag van Matt 10 soos reeds aangedui primęr op Israel gerig is.  Vanuit hierdie gedeelte is dit duidelik dat alhoewel die dissipels deur Christus bemagtig word (10:1) om hierdie opdrag uit te voer, hulle nie onkundig gelaat word oor die uitdaginge, die ontberinge, en vervolginge wat met dissipelskap gepaard gaan nie.

 

Al hierdie uitsprake van intense vervolgings behoort meer tuis in die konteks van die eskatologiese diskoers (Mark 13:9-13) as hier binne die missionęre diskoers.  Dit blyk asof hierdie vervolgings van die kant van die regering, godsdienstige leiers en selfs familielede nie so drasties voorgekom het in die tyd toe Jesus nog geleef het nie, maar veral in die tyd van die christelike diaspora.  Die feit dat Matteus dit reeds hier meld en nie in die eskatologiese diskoers nie, is ook 'n bewys dat Matteus vervolging en lyding as 'n  integrale deel van dissipelskap beskou het.

Konteks

2.1 Die dissipels moes reg van die begin af besef dat geloof in Jesus Christus en dade van gehoorsaamheid, of dissipelskap, twee kante van dieselfde muntstuk is.  Hulle kon ten minste vanuit drie oorde teenkanting en vervolging verwag.  Hulle geloof in Christus sou hulle voor die regering bring (v 18).  Hulle sou hierdie teenkanting in die vorm van dreigemente (v 26) en liggaamlike leed (v 28) ervaar.  Ondanks vrees en bekommernis wat dit by hulle sou wek, word hulle aangemoedig om aan die waarheid vas te hou.  Immers die waarheid sal aan die lig kom (v 26).  Hulle moet ook aan die waarheid vashou dat hulle siele nie leed aangedoen kan word nie (v 28). Want selfs die godsdienstige mense (v 17) sal die dissipels in die openbaar belaglik maak.  Hulle moet egter aan die waarheid vashou dat God aan diegene erkenning gee wat Hom erken (v 33).  Nader aan die huis moet die dissipels besef dat hulle families  (v 21) ook teen hulle in opstand sal kom.  Hulle sal verwerping van die kant van die familie ervaar (vv 34-37).  Die dissipels moet egter onthou dat God se liefde hulle in sulke tye sal dra. 

 

2.2 Dié gedagte word in die perikoop op die spits gedryf met Jesus se uitspraak dat Hy nie gekom het om vrede te bring nie, maar die swaard.  In Luk 12:51 word dit sagter gestel deur te sę dat Jesus verdeeldheid bring.  Die Messias was van die profetiese tye af verwag as Vredevors (Jes 9:6; 11:1).  Wat die Jode en dissipels op hierdie punt vreemd sou vind, is dat Jesus, wat Homself bekend stel as die Messias, nie vrede bring nie, maar verdeeldheid.  Jesus verwag van sy volgelinge om hul families, maar ook hul vyande lief te hę (5:27; 19:1), en om hulle vaders en moeders te eer (15:3-4).  Hierdie opdrag moes dus vreemd op die ore van die dissipels geval het, soos dit met baie van ons ook vandag die geval is. 

 

2.3 In verse 37-39 gaan dit om prioriteite en lojaliteite.  Dit gaan om 'n doelbewuste keuse vir Jesus, wat onomkeerbare gevolge vir die dissipels inhou.  Dit gaan nie soseer oor 'n keuse teen ouer of kind nie, sodat ons totaal ons verhouding met hulle breek nie, maar oor die feit dat ons verhouding tot Jesus Christus die bepalende van al ons ander verhoudinge word.  Die ‘ter wille van My’ (39) word die uitgangspunt van die dissipel se lewe.  Wanneer die dissipel geroep word om Jesus te volg, tree hy in 'n nuwe verhouding wat sy toekoms totaal sal verander.  Hierdie nuwe verhouding word dan die basis van sy verhoudings met alle ander mense, met familie, vriende of vreemdelinge.

 

2.4 Die verhouding is gegrond op die lewenstyl van Christus. Dissipels streef om na die voorbeeld van Jesus te leef en as sodanig ook vir ander 'n voorbeeld te wees. Vandaar die uitdrukking dat ons vir andere ‘'n Christus’ sal wees.  Die kruis staan sentraal in die lewe van Jesus.  Daarom moet die dissipel wat Hom wil volg ook bereid wees om op die pad van die kruis te volg.

 

2.5 Alhoewel vers 38 praat van ‘kruis opneem’, word dit nog nie geassosieer met Jesus se eie kruisweg soos daar in Matt 16:21; Mark 8:31 en Joh 12:24 daarna verwys word nie, want die eerste aankondiging van Jesus se lyding word eers gehoor na Petrus se belydenis, maar vir Matteus is die assosiasie teenwoordig met die begrip ‘kruis’.

 

2.6 Die perikoop kulmineer in die gedagte dat dissipelskap sinoniem is met kruisdra.  In sy welbekende boek ‘The cost of discipleship’ skryf Dietrich Bonhoeffer uitvoerig oor die eise wat dissipelskap inhou.  Sy uitgangspunt is dat die genade van Christus wat ons as volgelinge deelagtig word, bewerk is deur die offer van Christus aan die kruis.  Hierdie genade het 'n duur prys gekos.  Ons volgelingskap is derhalwe ook nie 'n goedkoop of ligtelike saak nie.  Dit vra 'n prys, dit vra opoffering, kruisdra.  Dissipelskap is nie net 'n saak van genade nie, maar ook van geloof.  Geloof vra dissipelskap. Daarom sę Bonhoeffer: ‘Slegs wie glo is gehoorsaam en slegs wie gehoorsaam is, glo waarlik.’  Bonhoeffer sę slegs diegene wat waarlik probeer om Jesus na te volg, weet wat dit is om uit genade alleen geregverdig te wees.  Hy wil die punt onderstreep dat Christene nie kan áánspraak maak op die genade van God nie of dat hulle deur die geloof kan lewe sonder dat hulle gehoorsaamheid konkreet gestalte in geloofsdade vind nie.

 

2.7 In hierdie verband vind ons ook aansluiting by W.D.Jonker (Woord teen die Lig 2 p.18-19) as hy sę: ‘Om in die kruis van Christus te glo, is om saam met Christus gekruisig te word.  Gemeenskap met die lyding van Christus is in die eerste instansie selfkruisiging... Die deelname aan die lyding van Christus beteken egter nog meer.  Dit beteken ook dat die Christen bereid moet wees om saam met Christus te ly.  Dit is 'n swak getuigskrif vir ons verburgerlikte Christendom dat dit vir 'n prediker vandag so moeilik is om aan die gemeente duidelik te maak wat dit beteken om saam met Christus te ly.  Dit spreek van ons verweręldlikte soort Christendom wat geen lyding om Christus ontwil ken nie, omdat ons nie vir die węreld 'n bedreiging vorm nie.’

Preekvoorstel

3.1 Die Deense godsdienstige skrywer en filosoof S.Kierkegaard (1854) maak 'n onderskeid tussen bewonderaars, leerlinge en dissipels van Jesus.  Bewonderaars dink baie van Jesus en sy leer.  Hulle stem op punte met Hom saam, haal Hom graag aan en beskou Hom as 'n besondere mens.  Leerlinge staan veel nader aan Hom.  Hulle wil van Hom leer.  Hul drink op wat Hy gesę het, bestudeer dit, bespreek dit en kan dit later selfs op hulle beurt vir ander leer.  Dissipels egter, is nie net verbonde aan sy leer nie, maar aan Homself.  Hulle lot is by sy lot inbegrepe.  Hulle lewens - en daarom hulle sterwe - is in sy hande.  Wat met Hom gebeur, kan oor hulle ook kom.  Hulle volg Hom na.  Iets van vers 24 kom hiervan deur, alhoewel ons leerling in die vers meer met dissipel in Kierkegaard se verhaal wil vertaal.

 

3.2. 'n Mens sou nou kon vra wat dissipelskap alles inhou.  Wat beteken kruisdra en selfverloëning vir die gelowiges in hul alledaagse lewe?  In die geskiedenis is daar op verskillende wyses met die eise van dissipelskap omgegaan.  In die vroegste tye van vervolging was martelaarskap en dissipelskap sinoniem.  Baie Christene het martelaarskap as 'n deug beskou.  Andere het weer 'n asketiese leefwyse nagestreef, veral na aanleiding van verse 35-37 wat impliseer dat familie-verbande vermy behoort te word.  Hulle het hulle in 'n sin ontrek aan die węreld met al sy genietinge en op hierdie wyse hul kruis opgeneem.  Hiervan is die Esseners 'n voorbeeld, asook die kloosterlike leefwyse van die Middeleeue.  Bonhoeffer verwys na Martin Luther wat self 'n kloosterlike lewenstyl handhaaf het. ‘The call to the cloister demanded of Luther the complete surrender of his life.  But God shattered all his hopes.  He showes him through the Scriptures that the following of Christ is not the achievement or merit of a select few, but the divine command to all Christians without distinction.’  Hy sę verder: 'Monastacism had transformed the humble work of discipleship into the meritorious activity of the saints, and the self-renunciation of discipleship into the flagrant spiritual self-assertion of the 'religious' ' (D. Bonhoeffer, The cost of discipleship, p.39).  Dissipelskap, kruisdra, self-verloëning vra van ons om soos Paulus in die weręld te wees, maar nie van die węreld nie.

 

3.3 Ten slotte kan verwys word na Calvyn wat in sy Institusie skryf oor die onderwerpe ‘selfverloëning, kruisdra, nadenke oor die toekomstige lewe en hoe om die teenwoordige lewe te gebruik’ met verwysing na mortificatio (afsterwe), soos aangehaal deur D.J. Smit (Sien-Woord teen die lig I/2 p.197).  Volgens Calvyn is kruisdra die vernaamste deel van die selfverloëning.  Dit moet ons leer om die aarde met sy genietinge so te verag dat ons nie al te knus hier sal vasgroei en tuis raak en ons vreemdelingskap op die wyse prysgee nie. 

 

3.4 Calvyn sę ook verder dat dit soms selfs goed is as gelowiges gekwel word deur die boosheid van hulle vroue of verneder word deur slegte kinders of getref word deur die verlies van dierbares, sodat hulle nie alte veel onnodige vermaak sal hę in die aangenaamhede van die huwelik nie - want laasgenoemde kan daartoe lei dat hulle aandag van die toekomstige eeu (en dus van Christus) afgetrek word.  Hy oordeel dat niemand nog goeie vordering in die lewenskool van Christus gemaak het behalwe hy wat die dag van sy dood en die laaste opstanding met vreugde verwag nie. Dissipelskap vra dus 'n fyn onderskeidingsvermoë.  Dit vra om 'n optrede van gehoorsaamheid wat gefundeer is in 'n ‘ter- wille- van- Christus’ lewenswandel.