Matteus 9:9-13, 18-26 (Daan Cloete)

6 Junie 1999

Eerste Sondag in Koninkrykstyd

 

Ander tekste: Gen 12:1-9; Rom 4:13-25; Ps 33:1-12

Teks

1.1 Die teks funksioneer binne die raamwerk van die koninkryksprediking van Jesus. Die eerste fase van die optrede van Jesus fokus op die wondere wat Hy verrig. Die gedeelte word dan ook omgewe met ongeveer 10 wonderverhale vervat in hoofstukke 8-9. Die doen van wondere dien'n dubbele doel: eerstens om juis die Messiasskap van Jesus aan te toon in lyn met wat die OT profesieŽ as herkenningseienskappe van die Messias gesÍ het en dat deur Hom die koninkryk nou in vervulling gegaan het. Hy is die Bringer van die nuwe lewe. Tweedens, is dit die eskatologiese bekendmaking en voorlopige tekens van die koninkryk self. Die toekomstige koninkryk sal gekenmerk word deurdat dit vry sal wees van die ellendes waaronder die mens gebuk gaan vanweŽ die sonde.

 

1.2 Omdat Jesus die koninkryk van die hemele nie sonder die betrokkenheid van mense gaan laat kom nie, moet Hy mense voorberei om sy medewerkers te word in die proses van die vervulling daarvan op pad na die voleinding. Tegelyk met sy eie bekendstelling as Messias deur die doen van wondere, roep Hy ook volgelinge om hulle voor te berei vir die taak. Die eerste dissipels is reeds in 4:18 - 22 geroep. Hulle was vissermense van beroep. Hierdie dissipel is weer Matteus die tollenaar. Die afsonderlike beskrywing van sy roeping het waarskynlik te make met die moontlikheid dat hy die outeur van die Evangelie is. In die " hiŽrargie" van die dissipels is hy maar sewende (Mark 3:18; Luk 6:15) of agste (10:2-4). Behalwe die vyf word die ander lede van die twaalf se roeping nie beskrywe nie.

 

1.3 Die gedeelte val binne "Boek Twee"wat by 8: 1 begin en by 11: 1 eindig in die vyfboekigeskema van Matteus. Die kenmerk hiervan is die afwisseling van prediking en vertelling, woorde en dade, wat ook opvallend is by die hele Matteus. Binne die chiastiese struktuur korrespondeer dit met hoofstukke 19-22. Want in beide gevalle is die aksent op Jesus se gesag. In die eerste geval demonstreer Hy sy mag onder andere deur 10 wondere te verrig. In die tweede geval word sy gesag bevraagteken wat tot gevolg het dat Hy vervolg en gekruisig word.

 

1.4Daar is twee sake aan die orde: Eers is daar die roeping van Levi-Matteus tot dissipelskap. Daaruit vloei dan voort die twisgesprek met die FariseŽrs oor Jesus se assosiasie met tollenaars. Die weergawe van Markus verskil op enkele punte van Matteus, soos die agtergrond wat by Mark by die see is, dieopponente van Jesus wat skrifgeleerdes insluit en dieOT aanhaling oor barmhartigheid wat ontbreek. Laasgenoemde ontbreek ook by Lukas se weergawe netsoos die see-agtergrond ook. Hy maak wel van die ete by Levi tuis 'n feesmaal.††††

Konteks

2.1Die aksent op die gebruik van name by Matt is baie interessant. Hy noem graag die naam, Jesus, die Verlosser-mens, terwyl die tollenaar die gewone "man" is. Tog noem hy die "man" ook by die naam, Matteus, wat eintlik sy dissipel-naam is en wat beteken: gawe van God (Is Levi dalk sy stamnaam?) Hy wil moontlik hiermee die klem plaas op dissipelskap.

 

2.2 Die beskrywing van die roeping van Matteus is tiperend van die andere. Dit geskied by hulle werkplek, in die geval by die tolhuis, waarskynlik geleŽ aan die buitewyke van KapernaŁm. Jesus het hom ge"sien" wat daarop dui dat hy tussen al die ander uitgesonder word. In die "verder gaan" beweging word hy geroep wat simbolies kan wees van die proses van die maak van dissipels. Dat hy ook onmiddellik volg, sonder enige verdere inligting of selfs nadenke, spreek van die mag of gesag van die Een wat roep wat alreeds in 9:7 deur die skare erken is. Die gebruik van die teenwoordige tyd vir "sÍ" dui op die blywende en onweerstaanbare betekenis van die roeping.

 

2.3 Die woorde, "Volg My", moet in sy omvattende betekenis verstaan word. Dit bevat 'n oproep tot sondebelydenis, bekering en geloof in Jesus as die Messias. Dieselfde geld ook vir die reaksie, "opgestaan en Hom gevolg". Dit bevat Matteus se oorgawe in die breŽr sin van die woord. Dat daar egter 'n groter doel met Matteus is, lÍ in die verskil met die eerste prediking van Jesus wat slegs oproep tot "bekering" in aansluiting by Johannes die Doper se prediking. Ook by die genesingswondere word die genesings ook in omvattende sin bedoel, maar die geneseneword nie geroep om te volg nie. Die oproep om Jesus te volg wil dus spesifiek dui op 'n besondere verbintenis tot dissipelskap

 

2.4Die roeping en navolging word gevolg met 'n maaltyd by die huis van Matteus. Volgens die verloop van die verhaal en op grond van die woorde, " saam... kom eet" lyk dit of die ete op aandrang van Jesus was en of Hy die gasheer was. Vergelyk ook die verhaal van Saggeus. So wil Jesus sy solidariteit met tollenaars bewys. Lukas se weergawe wek egter die indruk dat die feesmaal op Matteus se uitnodiging was. Om saam te eet en dan nog by iemand tuis te gaan is meer as maar net sosialiseer.Daarom was daarvoor ook veelvuldige rabbynse voorskrifte. In die geval was die tollenaars 'n gebrandmerkte groep. Die kategorie van "sondaars" verwys waarskynlik na diegene wat in die oŽ van die FariseŽrs as sondaars beskou was omdat hulle nie die voorskrifte van die wet soos deur die FariseŽrs uitgelÍ, nougeset nagekom het nie. Dit was die oorgrote meerderheid vandie gewone " mense van die land" (am ha-arets) Dit is duidelik dat beide die gemarginaliseerde groepe onder die indruk was van die empatie van Jesus en daarom het baie ook na die maaltyd gekom alhoewel hulle volgens Matteus nie noodwendig deelgeneem het aan die maaltyd nie.

 

2.5 Hierdie optrede van Jesus lok 'n gesprek uit tussen die FariseŽrs en die dissipels van Jesus. Die FariseŽrs verstaan die betekenis van saam eet. Vir hulle is Matteus iemand met wie nie die soort gemeenskap gevoer kan word nie. Tollenaars was verag omdat hulle in diens gestaan het van die onderdrukker of van diegene wat geheul het met die Romeinse onderdrukker. In die geval was dit waarskynlik Herodus Antipas. Verder is hulle as onrein geag vanweŽ hulle kontak met die heidene uit die aard van hulle werk as tollenaars. Die FariseŽrs het reeds eerder Jesus se gesag as leermeester erken, maar hulle toon ook aan dat hulle hul van sy leringe distansieer deur die verwysing na "julle leermeester" Daar is ook alreeds duidelik 'n navolging vir Jesus deur Matteus aangedui as "sy dissipels" en by wie hy nou gaan aansluit.

 

2.6 Jesus het die vraag gehoor en gee daarop 'n drievoudige respons. Die eerste deel is by wyse van 'n gelykenis oor wie 'n geneesheer nodig het. Die gebruik van die voorbeeld wil juis die verband lÍ tussen siekte en sonde en aansluit by die baie genesingswondere van hierdie konteks waarin Jesus die "geneesheer" is. Uiteraard wil Jesus nie noodwendig die FariseŽrs as "gesond" beskou nie. Dit word eerder gesÍ vanuit die gesigspunt van hoe hulle hulself beskou, naamlik dat hulle "gesond" is en die tollenaars en sondaars "siek". Volgens hulle eie verstaan het hulle Jesus nie nodig nie maar die verstotelinge wel en daarby sluit Jesus aan.

 

2.7 Die tweede deel van die respons kom uit die Ou Testament (Hos 6:6a) en is fundamenteel vir die verstaan van die gedeelte. Dit is 'n kritiek op die FariseŽrs se verstaan van die OT en verklaar Jesus se optrede in die lig van die OT. Hulle godsdienstige opvattings lÍ die klem op die offersisteme van die OT dus die meer wettiese en reinheidskarakter van die OT godsdiens wat hulle op die volk afgedwing het, terwyl die eintlike boodskap van die OT, volgens Jesus barmhartigheid is, soos Hy reeds in die Bergrede (5:7) duidelik gemaak het en soos dit in 9:36 na vore kom. In Hom manifesteer die barmhartigheid sigself.Matteus gee dit weer as 'n aanhaling om juis te beklemtoon dat dit God se opdrag is.

2.8 In die derde deel van die respons maak Jesus nou duidelik wat sy eintlike sending is, naamlik om sondaars te roep.Soos in die eerste deel van die respons, wil Jesusnie eintlik impliseer dat die FariseŽrs op die regte pad is nie. In kort wil Jesus hulle eintlik tot nadenke bring oor hulle eie "gesondheid" en of hulle " op die regte pad" is.

Preekvoorstel

3.1 In die prediking sal die fokus moet wees op die roeping tot dissipelskap. Die eerste kenmerk hiervan is dat dit "gewone" mense was wat hiertoe geroep is. Die voorbeelde van diegene wat geroep is, dui daarop dat hulle nie uit die kringe van die geestelike leiers gekom het nie, maar juis deel uitgemaak het van diegene wat dalk nie te gelukkig was met die leiding nie, en "wat uitgeput en oorlaai" (11:28) was.In die geval van Matteus het ons te make met 'n tollenaar, dus iemand wat deur sy eie gemeenskap uitgestoot en verwerp was vanweŽ sy assosiasie met die "vyand" en sy onreinheid. Hy is dalk 'n ekstreme voorbeeld van iemand wat gemarginaliseerd is.

 

3.2Dit is ook duidelik dat die roeping 'n omvattender betekenis het as dat die geroepene maar net moet volg. Daarin lÍ ook die persoon se "genesing". Die roeping beteken nie dat Jesus die persoon se lewenstyl goedkeur nie. Jesus wil wel sy solidariteit met die persoon toon in die nood en verwerping waarin hy gekom het vanweŽ sy lewe. Daarom is Jesus bereid om intiem met so iemand geassosieer te word soos tot uitdrukking kom in die "saam eet". Maar dit is duidelik dat hy daaruit gered moet word en sy redding lÍ ook daarin dat hy vir Jesus navolg. Dissipelskap vereis ook dat so iemand "op die regte pad" gelei word. Jesus wil die mens uit sy totale verlorenheid red.

 

3.3 Dissipelskap vra 'n offer. Matteus was 'n tollenaar en hy word nou geroep om Jesus na te volg. Dit impliseer dat hy sy werk sal moet opoffer. Om tollenaar te wees in die tyd was waarskynlikmaterieel gesien, baie voordelig. Daarom dat mense bereid was om dit te doen ten spyte daarvan dat dit binne die gemeenskap baie onpopulÍr was. Matteus kan ook 'n feesmaal bekostig wat ook weerspieŽl dat hy dit kon bekostig. Hy word gevra om dit alles nou prys te gee en Jesus te volg, wat hy ook doen. 'n Mens sou konwonder oor sy motiewe en of dit uit onkunde oor die verdere konsekwensies daarvan was.

 

3.4 Daarom moet ook gelet word op die mag van Jesus se roeping. Matteus reageer onmiddellik op Jesus se opdrag. Hy dink nie na oor die moontlike implikasies nie, of wat hy alles prysgee nie.Hy doen selfs nie navraag oor wat van hom verwag sal word nie. Daar is ook geen aanduiding dat hy vooraf in aanraking met Jesus was nie, behalwe dat hy moontlik kennis geneem het van die gerugte wat in omgang was aangaande Jesus nie. Die feit dat Jesus hom uitgesonder het kon hom dalk oorweldig het. Maar dit moet veral die onweerstaanbaarheid van Jesus se roepingswoord gewees het wat hom so spontaan laat reageer het. Dit beklemtoon weereens Jesus se Messiasskap en die gesag van sy woord.