Matteus 9:35-10:8 (Daan Cloete)

13 Junie 1999

Tweede Sondag in Koninkrykstyd

 

Ander tekste: Gen 18:1-15; Rom 5:1-8; Ps 116:1-2, 12-19

Teks

1.1Hoofstuk 9:35 tot 10:42 vorm 'n eenheid met 'n sterk missionÍre karakter het. Dit neem die kentering verder wat alreeds by 9:9 ingetree het en waarin dit duidelik word dat die verantwoordelikheid om die evangelie van die koninkryk van die hemele te verkondig uiteindelik mede die dissipels s'n sal word. Waar die voorafgaande gedeelte gekenmerk word deur die wonderverhale, is dit wat volg veel meer lerend van aard, veral wat betref die karakter van en gevolge vir dissipelskap. Hierdie gedeelte wat die bekendmaking van die name van die dissipels insluit, is dus 'n soort skeiding tussen die wondere-fase waardeur die toekomstige aard van die koninkryk in die hede gedemonstreer word en die onderigsfase waarin die aanstaande deelnemers aan die verkondiging aangaande die koninkryk in die hede geleer word. Die gedeelte stem, in terme van struktuur en inhoud, baie ooreen met 4:12 tot 5:1, wat ook begin met 'n narratiewe gedeelte waarin Jesus as't ware ook by Johannes die Doper "oorneem", gevolg deur die roeping van die eerste vier dissipels en dan die groot leerrede bekend as die Bergrede.

 

1.2 Drie dele kan onderskei word: a) 9:35-36 bevat 'n beskrywing van die aard en omvang van die nood;b) 10:1-2 kondig die dissipels aan wat betrokke gaan wees in die insameling van die oes;c) 10:5-8 dui die aard van hulle opdrag aan.Die hele gedeelte weerspieŽl 'n verskuiwing weg van Jesus af na die dissipels toe. 9:35 stem in 'n groot mate ooreen met 4:23-35 en is in beide gevalle 'n uitgebreide opsomming van Jesus se veelvuldige aktiwiteite wat die inhoud van die evangelie van die koninkryk van die hemele uitmaak. Dit sluit in die geografiese gebied wat gedek word, maar ook dat Jesus veel meer en 'n groter verskeidenheid van wondere gedoen het as die wat in besonderhede deur Matteus beskryf word. 9:36 wil weer met behulp van 'n gelykenis Jesus se diepste beweegrede aandui.

 

1.3 Terselfdertyd dien dit as 'n voorbereiding vir die roeping van die dissipels. 9:37 funksioneer as 'n oorgang tot 10:1. Hier is die eerste opdrag tot die dissipels om te bid, weereens by wyse van 'n gelykenis. 10:1 stem ooreen met 9:35 wat betref dit wat Jesus self gedoen het en die mag wat Hy nou aan die dissipels gee om te doen. By 10:1 word die mag om duiwels uit te dryf nou ook toegevoeg. 10:2 lys die name van die twaalf dissipels en bevat ook name van diegene wie se roepingsverhale nÍrens beskryf word nie. Waar 10:1 die bemagtiging van die dissipels bevat, skryf10:3-8 hulle uitsending met die opdrag wat daarmee gepaard gaan. Die verrassende van die opdrag is die beperking wat gelÍ word op die dissipels om hulle tot volk Israel te beperk. Weereens is die mandaat dieselfde as eerder met toevoeging van die opwekking van dooies. 10:8b dien as 'n gepaste afsluiting van die gedeelte.

Konteks

2.1Die mees aangrypende van die gedeelte is Jesus se meelewing met die mense in hulle nood. Die nuus aangaande Jesus se werksaamhede het vinnig versprei en die gevolg was dat baie na Hom toe gekom het. Selfs die versoek tot"geheimhouding" deur Jesus (9:30) hetnie veel gehelp nie, want "So iets het nog nooit in Israel gebeur nie" (9:33). Die omvang daarvan het Jesus onder die indruk gebring van die diepte van hulle nood. Dit word hier beskryf met moegheid en hulpeloosheid. Die beeld om die toestand van God se volk as 'n herderlose kudde te beskrywe,kom ook in die OT voor (Num 27:17; 1 Kon.22:17; 2 Kron 18:16; Jer 23:1-6). In 11:28 word hulle nood beskryf as uitputting en oorlading.

 

2.2†† Jesus het die toestroming ge"sien", dit wil sÍ nie slegs die veelheid van mense nie, maar ook die diepte van hulle nood.Die woorde, "innig jammer", beskryf sy bewoŽnheid oor hulle toestand en hoe Hy met ontferming oor hulle vervul is. Met die gebruik van die woord, splanchnidzetai, word in sterk taal aangedui dat Hy aangegryp is deur hulle omstandighede en dat Hy vol barmhartigheid is vir hulle. Dit word ookgeÔllustreer deur die ywer en oorgawe waarmee Hy probeer om hulle nood te verlig selfs tot Hy erg vermoeid was. Sy lewe was een onafgebroke toewyding in diens aan die koninkryk

 

2.3 Interessant is nou die positiewe wyse waarop Jesus die situasie van die skares beskrywe om die dissipels ook betrokke te kry by hulle bearbeiding.Hy gebruik weereens die gelykenis van die oes en die arbeiders (vgl Joh 4:35). Dit verwys uiteraard nie slegs na die onmiddellike situasie nie, maar bevat ook 'n eskatologiese heenwysing.Dit wat as "nood" ervaar word, kan in 'n positiewe sin as "oes" gesien word wat " gereed" is vir die koninkryk en wat deur die verkondiging"binnegehaal"moet word. En daarvoor is arbeiders nodig.

 

2.4Die versoek om te "bid" het 'n tweŽrlei doel: Eerstens, wil dit weereens die nood onderstreep maar nou van 'n ander aard, naamlik van te min arbeiders om die groter nood te verhelp. Tweedens, wil dit beklemtoon dat die oes en sy insameling aan die Here behoort. Dit beteken dus dat beide oes en arbeiders die Here s'n is, en dat Hy die Subjek van beide is.

 

2.5In die volgende scenario word die gebed nou ter sprake gebring. Die dissipels word slegs "nader geroep". Dit sou beteken dat uit al die dissipels in die breŽ sin van die woord, dit wil sÍ, uit al diegene wat Jesus reeds navolg,hulle nou in 'n besondere sin geroep word.Jesus gee nou mag aan die dissipels. Dit beteken nie dat Hy sy mag aan hulle oordra nie sodat Hy nou sonder mag sou wees nie. Eerder bemagtig Hy hulle om ook te doen wat Hy doen, want uiteindelik kom alle mag van God (9:8). Die mag wat hulle besit, sluit in die vermoŽ om alles wat Hy reeds getoon het, ook te kan doen. Hulle neem deel aan sy mag, maar dit bly steeds sy mag.

 

2.6. Wat die lys van dissipels betref; dit gaan blykbaar in die eerste plek nie om 'n hiŽrargie van samestelling nie, maar eerder om hulle volmag. Opvallend is wel dat Petrus eerste genoem word, waarmee moontlik sy leierskapsrol erken word, terwyl Judas Iskariot weer laaste genoem word wat kan dui op sy "afvalligheid" as apostel.Wel word hulle nou hier "apostels" genoem, wat die aksent plaas op hulle uitsending.Dit wil sÍ dat hulle bemagtig is om mede-aktief en verantwoordelik te word, dus nie net meer navolgers en toeskouers te wees nie.Hulle is gevolmagtigdes, dit wil sÍ hulle mag optree namens die Een wat hulle gestuur het. Wie hulle ontvang, ontvang Homen God wat Hom gestuur het (10:40). Hulle word in pare genoem, wat moontlik 'n aanduiding van die vroeŽ sendingbenadering kon wees. Die eenmalige gebruik van die woord, apostel, kan ook 'n aanduiding wees van die aanvang van die kerk.

 

2.7 Die apostelskap word verder benadruk in 10:5 waarop nou die opdrag beskryf word. Die opdrag bevat 'n verbod en 'n gebod. Die verbod sluit sekere arbeidsvelde uit, naamlik die heidennasies. Ook die Samaritane word spesiaal genoem in die uitsluiting. Binne die breŽr raamwerk van Matteus is dit verbasend. Die sogenaamde groot opdrag van 28:16 en verder staan direk hierteenoor wat betref die heidene. In die Bergrede word juis die liefde vir die vyande beklemtoon wat sekerlik die Samaritane insluit, wat algemeen gesien was as van die grootste vyande van die Jode. Die "eksklusiwiteit" hier is waarskynlik bedoel om juis die beweging van Israel na die nasies te beskrywe. Die boodskap gaan eers baie spesifiek na Israel wat dit dan gaan verwerp, waarna dit dan na die nasies sal gaan. Maar eers moet gepoog word om Israel te behou. Die"pad na die heidennasies" dui op diegene buite die grense van Israel, terwyl "dorp van die Samaritane" tog weer die nabyheid van en verbondenheid met, maar ook afstand van Israel weergee. Die sendingveld word nou wel aangegee: die verlore skape van die volk Israel.Dit verklaar duidelik ook Israel se verlorenheid. Die beeld van die skaap/herder (9:36) word hier verder gevoer om hulle afdwalingaan te toon, maar om ook die noodsaaklikheid van soeke weer te gee. Is hierin ook al 'n aanduiding van die konstituering van die nuwe Israel?

 

2.8 Die spesifikasies van die opdrag word nou uitgespel. Dit sluit in genesing, opwekking, reiniging en uitdrywing, dit wil sÍ alles omvattend. Dit is die nood wat hulle herderloos, moeg en hulpeloos laat lyk. Dit is die karakter van die oes wat ingesamel moet word. Die inhoud van die opdrag verskil nie van dit wat Johannes die Doper verkondig het nie (3:2) of wat Jesus self as sy missie gesien het nie (4:17).

 

2.9 Die slotsin dui waarskynlik op die mag wat hulle ontvang het om die opdragte uit te voer. Dit was bedoel om aangewend te word in konkrete dade. In die opsig is hulle nog steeds navolgers van Jesus, want van hulle word gevra om juis die dinge te doen wat Hy gedoen het. Belangrik is egter om te weet dat hulle dit "verniet" ontvang het. Hulle besit dus nie die mag nie, en hoef dus ook nie krampagtig daaraan vas te klou uit vrees dat hulle dit kan verloor nie.

Preekvoorstel

3.1 Die fokus sal hier moet val op dienood van die wÍreld en die verskillende wyses waarop dit sigself manifesteer, naamlik in die besetenheid deur die bose, in allerlei vorme van onreinheid, in verskillende soorte siektes en kwale, selfs in die dood wat die loon van die sonde is. Dit is nie alleen aanwesig by diegene wat nie tot God se volk gereken word nie, maar ook juis by hulle wat sy volk is. Ook hulle is verlore en moet dus eerste bearbei word, miskien ook veral ten opsigte van hulle houding teenoor die ander volke. Vanuit die perspektief van die wÍreld selfword dit met 'n negatiewe metafoor beskrywe, soos skape sonder 'n wagter. Vanuit die perspektief van die koninkryk word dit met 'n positiewe metafoor beskrywe, as oes wat ingesamel moet word. Volgens Jesus se woorde en dade belowe God se koninkryk presies die teenoorgestelde van wat die wÍreld nou bied, naamlik geregtigheid en vrede en geluk.

 

3.2 God bewys sy solidariteit deur die sending van Jesus, wat die goeie nuus van die koms van die koninkryk van die hemele aankondig en iets daarvan nou reeds demonstreer deur die doen vanwondere waarin Hy die lot van die noodlydende mense omkeer van siekte tot gesondheid, van onreinheid tot reinheid, van besetenheid tot vryheid, van dood tot lewe. Dit is die evangelie, die goeie nuus vir mense. Dit kom uit 'n hart vol erbarming en meelewendheid vir hulle. Dit is die vreugde soos wanneer 'n groot oes ingesamel moet word, maar om dit betyds te doen, het jy veel arbeiders nodig.

 

3.3Daarom betrek Jesus ookvan sy dissipels (volgelinge) deur hulle afsonderlikte roep. Eintlik is dit God wat hulle tot apostels maak (gestuurdes) op grond en deur middel van sy Seun wat Hy eerste bemagtig en gestuur het.Die Seunroep hulle eers tot dissipelskap, dit wil sÍ, agter Hom aan om hulle te leer, maar ook om hulle te bemagtig om mede oes-insamelaars vir die koninkryk te maak. Hulle werk is die verlengde van sy werk. Om aan te toon dat diegene wat ingesamel word nog steeds die volk van God is, word twaalf apostels gekies wat heenwys na die twaalf stamme van Israel. Maar juis die feit dat hulle uit die bestaande volkingesamel word dui daarop dat hulle ook 'n nuwe volk is en dit word in die later opdrag bevestigdeur die universele samestelling wat die volk kry (28:16). Die eerste apostels word uitgestuur om eers onder die ou verbondsvolk te werk. Later gaan die verkondiging tot al die nasies. Saam vorm beide die nuwe volk van God.

 

3.4Die roeping van die twaalf is die roeping van die volk van God en is dus die roeping van die kerk. Die kerk het die volmag ontvang om in navolging van Jesus sy werk aangaande die verkondiging van die koninkryk se koms voort te sit in die noodlydende wÍreld. Die kerk word opgeneem in die beweging van die vervulling van God se koninkryk tot die voltooiing daarvan. Hierdie mede-betrokkenheid van die kerk is genade, want op geen wyse verdien die kerk die roeping nie. Hy het self die heil uit genade ontvang en kan alleen dankbaar wees en kan dus nie anders nie as om dit in dankbaarheid deur te gee aan ander. Daarom moet die kerk ook die nood van die wÍreld rondom hom/haar met diepe bewoŽnheid raaksien, maar ook die potensiŽle waarde en waardigheid wat die koninkryk aan die mens gee, raaksien en nou reeds iets onder die mense waar maak.