9 Desember 2001

Tweede Sondag van Advent

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Matteus 3:1-12.

Ander tekste: Jesaja 11:1-10; Psalm 72:1-8, 18-19; Romeine 15:4-13.

INLEIDING

Die vaste handelinge van die drie liturgiese voorstelle vir die tweede, derde en vierde Sondag van Advent is geskoei

op die basisliturgie van die Eerste Sondag van Advent. Sekere elemente van die verskuifbare handelinge vir hierdie

drie Sondae sal die beste tot hulle reg kom indien dit op al drie Sondae gebruik word. So byvoorbeeld fokus die

skuldbelydenis en genadeverkondiging op die gesin as 地 geheel oor die verloop van drie weke. Op die tweede

Sondag van Advent kom vroue aan die beurt, op die daaropvolgende Sondag die kinders en op die vierde Sondag

van Advent die mans.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

地 Kind kom in saam met 地 kerkraadslid en steek die tweede Adventskers aan, waarna die kerkraadslid sê: "Iemand

roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit" (Matt 3:3).

Votum

Laat die gemeente hulle Bybels oopmaak by Psalm 72:18-19 sodat hulle responsories kan deelneem aan die votum.

Liturg: Geloof sy God die Here,

die God van Israel.

Dit is net Hy wat magtige dade doen!

Gemeente: Mag sy verhewe Naam

vir altyd geloof word,

mag die hele wêreld

vol wees van sy majesteit.

Amen, ja, amen.

Seëngroet

Genade en vrede van God die Vader, en van Hom op wie die Gees van die Here rus, en van die Gees wat wysheid

en insig gee. Amen (nav Jes 11:2).

Of:

Genade en vrede van God die Vader wat sy Seun na die wêreld gestuur het,

genade en vrede van die Seun, Immanuel, wat in Betlehem gebore is, en

genade en vrede van die Heilige Gees wat nou hier in ons midde is. Amen.

Antwoord op groet

SOM 20:1-3/NSG 63.

DIENS VAN DIE WOORD

Epiklese

Here, U wag op ons

totdat ons oopgaan voor U.

Ons wag op u Woord

wat ons ontvanklik maak.

Stem ons af op u stem,

op u stilte.

Amen (nav die teks van H Oosterhuis).

Skriflesing

Matteus 3:1-12.

Gesang 304:3/NSG 336.

Jesaja 11:1-10.

Kindertyd

Maak of teken 地 hand met 地 wysvinger wat uitgestrek en heeltemal te lank is (nav die skildery van Matthias

Grünewald en vandag se preek) en wys dit vir die kinders. Verduidelik aan hulle dat dít presies is wat Johannes die

Doper gedoen het, naamlik om van homself af weg te wys na die eintlike Een, Jesus Christus. Net so moet elkeen

van ons ook, met ons lewe, sulke vreeslike lang wysvingers wees wat weg wys vanaf onsself na Jesus.

Prediking

Voorbidding

DIENS VAN DIE TAFEL

In aansluiting by die teks vir vandag sou die doop bedien kon word.

Geloofsbelydenis

Gereedmaak van die tafel

Nagmaalepiklese

Almagtige God en hemelse Vader, U het in u groot genade u Seun na hierdie wêreld gestuur. Jesus Christus ons

Verlosser het as 地 eenmalige, volkome offer vir ons sondes gesterf aan die kruis op Golgota. Sy bloed is vir ons

vergiet. En al is ons nie eens werd om die krummels onder hierdie tafel te eet nie, laat U ons in u barmhartigheid

as koningskinders aansit. Daarom verhef ons nou ons harte na die hemel waar Jesus Christus ons voorspraak aan

u regterhand sit. Daarom dank ons U vir die voorreg om vandag weer eens versterk te word deur die tekens van

die nagmaal. Versterk ons deur u Gees. Vervul ons rondom die tafel met die Adventshoop, sodat ons

lewende tekens en

instrumente van u genade sal wees;

waar daar haat is, liefde sal saai;

waar daar pyn is, vergifnis;

waar daar twyfel is, geloof;

waar daar moedeloosheid is, hoop;

waar dit donker is, laat u lig skyn;

waar daar droefheid is, blydskap.

Lieflike Meester, maak dat ons nie net vertroosting soek nie,

maar ook troos;

om verstaan te word, en ook te verstaan;

om liefde te ontvang, en om ook te gee;

want deur te gee ontvang ons;

deur te vergewe word ons ook vergewe;

en dit is deur die dood dat ons die ewige lewe ontvang.

Amen.

(Gebed van Franciscus van Assisi)

Berig

Instelling

Uitdeling

Kommunie

Offergawes

UITSENDING

Sy wil

Matteus 22:34-40 of Romeine 15:4-8.

Verootmoediging

Hier, in hierdie uur van verwagting, erken ons Here, bely ons, o God, dat ons dikwels horende doof en siende blind

is. Ons bely dat ons nie aldag vrugte dra wat pas by die bekering nie, dat ons lewe nie heenwys na Jesus nie.

Daarom wil ons vanoggend ook spesifiek bely dat ons ten spyte van u koms na die wêreld steeds nie ag slaan op

die noodkreet van vroue nie. Ons erken en bely dat ons steeds baie vorme van ongeregtigheid teen vroue oorsien,

dat ons anderpad kyk. Daarom bely ons ons aandadigheid aan die diskriminasie in ons land en in die wêreld. Aan

geweld. Aan verkragting. Ons bely dat ons nie ons ma痴 genoeg waardeer en met liefde hanteer nie. Ons bely dat

ons te min werk aan ons huwelike en nie elke dag ons eggenote hanteer met die respek wat hulle verdien nie.

U liefde dwing ons vanoggend om rekenskap te gee van ons liefde vir ons naaste. Amen.

(Gee voldoende tyd vir stilte, sodat wat gebid is, toegeëien kan word.)

Vryspraak

Liturg: Ons beste bedoelings is nog nie volmaak nie. Ons vooroordele staan dikwels in die weg van ons

verhouding met God en met mekaar. Maar juis in hierdie gebroke wêreld het die Verlosser na ons

toe gekom. Daarom moet ek vanoggend aan elkeen van julle wat glo, verkondig dat julle sondes

vergewe is. Amen.

Gemeente: (Sing SOM 30:1, 2/NSG 226.)

(地 Simboolhandeling wat sigbaar voor in die kerkgebou gedoen word, kan van groot waarde wees. Moontlikhede

is onder meer 地 man of kind wat 地 vrou omhels, 地 vredeskus, 地 vrou wat haar hand op 地 man of kind se skouer

plaas, om gewoon net 地 bladsy om te blaai, ens.)

Slotlied

SOM 25:1, 2, 3/NSG 88.

Seën

"Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker

kan word deur die krag van die Heilige Gees!" (Rom 15:13).

Tema

Deur Jesus se koms het die koninkryk van die hemel naby gekom.

Teks

Matteus 3:1-12 vorm deel van die groter gedeelte wat strek vanaf Matteus 3:1 tot Matteus 4:22. Volgens B A du Toit

(Woord teen die Lig 1/7, p 155) funksioneer Johannes die Doper se bediening (3:1-12) hier as 地 "afskaduwing" van

Jesus se bediening (4:12-22). (Let daarop dat prediking oor Matt 3:1-12 breedvoerig in die genoemde uitgawe van

Woord teen die Lig bespreek word.)

Verse 1-2 wys kortliks op die tyd en plek van Johannes die Doper se optrede en op die inhoud van sy prediking.

Die feit dat hy in die woestyn opgetree het, sou vir die Jode van daardie tyd 地 aanduiding daarvan gewees het dat

hulle met 地 profeet te doen het. Hulle het ook geglo dat die woestyn die plek is waar die beloofde heilstyd sou begin.

Wat die inhoud van Johannes die Doper se prediking betref, is dit opvallend dat hy, volgens Matteus, eintlik presies

dieselfde boodskap as Jesus verkondig het (Matt 4:17). Dit is ook belangrik om daarop te let dat Matteus nie soos

die ander Evangelieskrywers van die "koninkryk van God" praat nie, maar van die "koninkryk van die hemel". Daarmee

toon hy aan waarvandaan hierdie koninkryk kom, dit wil sê dat dit van die hemel afkomstig is en dus geheel

PREEKSTUDIE - MATTEUS 3:1-12

en al van God se ingrype afhanklik is. Waar Matteus waarskynlik vir 地 oorwegend Joods-Christelike gemeente

geskryf het, sluit hy met die gebruik van die begrip "koninkryk van die hemel" ook aan by die laat-Joodse taalgebruik

waarin die woord "God" deur "hemel" vervang word. Uit eerbied wou die Jode nie die Godsnaam uitspreek of

neerskryf nie.

In die begrip "koninkryk van die hemel" gaan dit oor die Koningwees van God, oor die feit dat Hy alleen Koning is

en heerskappy uitoefen in die hemel en op die aarde. God sou, volgens Johannes die Doper, binnekort ingryp om

sy Koningwees op 地 nuwe manier in ons wêreld na vore te laat kom. Dit sou in en deur Jesus Christus gebeur.

Die begrip "bekering" (metanoia) het in ons teksgedeelte te doen met die verandering van 地 mens se lewe en

gedrag omdat jou denke verander jou denke oor God, oor jouself, oor sonde en genade en oor wat geregtigheid

behels. Jy aanvaar nou die Koningskap van God in Jesus Christus en jou gedrag bewys dit. Jy dra die "vrugte" wat

"bewys" dat jy bekeer is (v 8).

In vers 3 word Johannes die Doper se rol en funksie verduidelik as dié van die herout wat die naderende koms van

sy Koning moet aankondig. Hy tree sodoende op as wegbereider vir die Messias.

Johannes die Doper se kleredrag, soos dit in vers 4 beskryf word, is die tipiese kleredrag van 地 profeet (Sag 13:4)

en toon ook ooreenkomste met die kleredrag van die profeet Elia (2 Kon 1:8). Die Jode het verwag dat Elia weer

sou verskyn as voorloper van die Messias. En in Matteus 11:14 bevestig Jesus dat hierdie verwagting in sekere sin

bewaarheid is. Hy sê daar: "Johannes is die Elia wat sou kom."

Verse 5-6 beskryf die reaksie van die Joodse skares op die prediking van Johannes die Doper. Deur die berouvolles

te doop het Johannes die Doper gewys dat 地 persoonlike reiniging nodig is om die "dreigende toorn" (v 7) te kan

ontvlug. Om aan die Joodse volk te behoort het 地 mens nie rein voor God gemaak nie. Die doop waarmee

Johannes die Doper gedoop het, was nie dieselfde as die proselietedoop wat destyds in die Jodedom beoefen is

nie. In Johannes se doop word daar aangesluit by dit wat sekere Ou-Testamentiese profete gesê het toe hulle

gepraat het van die groot reiniging net voor die aanbreek van die eindtyd, die tyd van die Messias (Jes 1:16, 18;

Eseg 36:25).

In verse 7-10 gaan dit veral oor die geestelike verharding wat daar by die Joodse leiers was. Dit staan in skrille

kontras met die optrede van die Joodse skares (vv 5-6) wat Johannes die Doper se oproep tot bekering ter harte

geneem het. Maar ook vir die Joodse leiers was bekering, en die gepaardgaande vrugte van bekering, noodsaaklik.

Dat hulle van Abraham afstam, sou niks help wanneer hulle op die oordeelsdag voor God staan nie. Dit was dus 地

valse sekerheid waaraan hulle vasgehou het. Daar is by kommentatore redelike eenstemmigheid daaroor dat "die

dreigende toorn" in vers 7 op die finale oordeel dui, iets wat deur die profete aangekondig is en nou naby was as

gevolg van die koms van die Messias.

Die laaste twee verse van ons teksgedeelte (vv 11-12) vorm 地 soort hoogtepunt, want hier gaan dit oor die

bekendstelling van die eintlike Hoofkarakter, die Een wat Johannes se meerdere is en wie se skoene hy nie eens

werd is om uit te trek nie. In daardie tyd was dit die werk van 地 slaaf om sy eienaar se skoene uit te trek, maar

Johannes voel hom selfs onwaardig om dít vir Jesus te doen. Dat Jesus met die Heilige Gees sou doop, wys op die

verlossing, heiliging en nuwe lewe wat sondaars deur die koms van die koninkryk van die hemel sou ontvang. Dat

Hy ook met vuur sou doop, wys weer op die feit dat die koninkryk ook 地 ander kant het, naamlik oordeel en gerig:

"die kaf sal Hy met 地 onblusbare vuur verbrand" (v 12). J T Nielsen meen dat die doop met die Heilige Gees en met

vuur op die dubbele taak van die Messias dui: om die vromes te heilig (deur die Heilige Gees) en die goddeloses

te vernietig (deur vuur).

Konteks

Johannes die Doper het in sy optrede sterk klem gelê op die oordeel wat gepaard sou gaan met die koms van

koninkryk van die hemel. In die prediking behoort egter daarteen gewaak te word om eensydig die klem op die

oordeel te laat val. Die Bybel stel dit duidelik dat Jesus in die eerste plek gekom het om te verlos, en nie om te

oordeel of te veroordeel nie. Johannes 3:17 sê: "God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te

veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word." Waar mense egter nie in Jesus glo nie en Hom

verwerp, kies hulle in werklikheid self die oordeel van God.

Wanneer die saak van bekering in die prediking aan die orde gestel word, is dit belangrik om dit nie as 地 soort

menslike prestasie aan die hoorders voor te hou nie. Ook by ons bekering neem God die inisiatief en stel Hy ons

in staat om anders oor Hom en sy koninkryk te begin dink. Wanneer Johannes die Doper sy hoorders oproep tot

bekering (imperatief), begrond hy dit met en laat rus hy dit in die woorde: "want die koninkryk van die hemel het

naby gekom" (indikatief) (Woord teen die Lig 1/7, p 159, punt 2). Dit is dus God se koms na ons toe (indikatief) wat

dit vir óns moontlik maak om deur bekering (imperatief) by Hom te kan uitkom.

Die Joodse leiers het blykbaar nie besef dat die oproep tot bekering ook op hulle van toepassing was nie. Hulle het

met 地 valse gerustheid op hulle afstamming van Abraham vertrou. Net so kan kerkmense vandag ook aan valse

sekerhede vashou, soos aan amptelike kerklidmaatskap, gereelde finansiële bydraes, liefdadigheid, vroomheid en

15

kerklike betrokkenheid. Predikers sal waarskynlik weet watter valse sekerhede die sterkste leef in die gemeentes

waaraan hulle verbonde is. Hierdie valse sekerhede behoort uitgewys te word.

Johannes die Doper het voorspel dat Jesus mense met die Heilige Gees en met vuur sou doop (v 11). Oor die

presiese betekenis van die doop met die Heilige Gees is verskillende teologiese groeperinge dit nie met mekaar

eens nie. Selfs binne dieselfde denominasie kan lidmate dalk hieroor van mekaar verskil. Johannes se uitspraak in

vers 11 moet waarskynlik in verband gebring word met die gebeure op Pinksterdag (Hand 2) toe die Heilige Gees

uitgestort is. So het die Heilige Gees in die kinders van Jesus Christus kom woon. Die Gees sou in die toekoms nog

baie mense laat deel kry aan die verlossing, heiliging en nuwe lewe wat Jesus vir ons deur sy kruisdood kom

moontlik maak het.

Ons gee graag kort opsommings van twee preekmeditasies oor ons teksgedeelte, naamlik dié van B A du Toit (in

Woord teen die Lig 1/7) en C S Pero (in Augsburg Sermons 3):

Preekmeditasie B A du Toit

Inleidend kan gewys word op die dringendheid van Johannes die Doper se oproep tot bekering. Dit was dringend

omdat die heerskappy van God nou naby gekom het. Hierdie heerskappy het God se genadige ingryping tot die

verlossing van sy volk ingesluit, maar dit het ook beteken dat die gerig oor Israel naby gekom het (vgl v 10: "Die byl

lê klaar teen die wortel van die bome").

Maar wat is die eis van die Skrif wanneer dit kom by die saak van bekering?

1. Bekering is die aanvaarding van die Heerskap of Koningskap van Jesus in my lewe. Dit sluit ook in die

aanvaarding van sy Woord.

2. Bekering is nuwe denke oor God, oor sonde en oor geregtigheid. Ten diepste is bekering God se werk wat

Hy in my uitwerk. Hy stel my in staat om nuut te dink oor Hom, oor myself, oor sonde en genade en oor wat

geregtigheid behels.

3. Bekering is ook veranderde gedrag. Dit is om vrugte te dra wat by die bekering pas. Dit gaan oor totaal

veranderde denke wat in lewensgedrag weerspieël word. Mense wil nie net hoor wat ons sê nie, hulle wil

sien en voel hoe ons lewe.

4. Bekering is die doping of voortgesette vervulling met die Heilige Gees. Wat in ons dae dringend noodsaaklik

is, is veel meer as formele Christendom 地 starre, korrekte, dog koue en onpersoonlike kerklike lewe.

Waarna ons moet hunker, is die sigbare, kragtige werking van die Gees in die lewe van kerk en individu.

Kortom: herlewing. Dít is die boodskap van Johannes die Doper aan ons vandag: "Bekeer julle "

Preekmeditasie C S Pero

1. In die vakansieseisoen sal die meeste van ons waarskynlik mense onthaal. Om dít te kan doen, is daar

sekere voorbereidings wat ons moet tref: ons moet 地 lys van gaste maak, uitnodigingskaartjies uitstuur, 地

spyskaart saamstel, versierings aanbring, ensovoorts. Ons berei ons deeglik voor op die koms van ons

gaste. Wanneer die deurklokkie lui om die aankoms van die eerste gaste aan te kondig, is ons gereed om

hulle te ontvang.

2. God tref soortgelyke voorbereidings vir die koms van die Christuskind. Hy nooi die mense deur 地 spesiale

boodskapper, Johannes die Doper, wat die koms van Christus aankondig. Johannes die Doper se doop is

die manier waarop die genooide gaste God se uitnodiging aan hulle aanvaar.

3. Johannes se taak was nie maklik nie. Hy is verwerp en vervolg en in die tronk gegooi en later selfs onthoof.

Tog het God voortgegaan om hom die moed en krag vir sy taak te gee die taak om die pad vir die koms

van die Messias gereed te maak.

4. Vandag wil God ook vir ons gebruik om, soos Johannes die Doper, mense na Hom toe te nooi. Ons moet

dus seker maak dat ons gemeentes die liefde van God deur hulle diensbaarheid in hierdie wêreld uitleef.

God is die Een wat self die fees voorberei het. Ons moet net die uitnodigings help aflewer.

Preekvoorstel

Matteus stel 地 baie interessante man aan sy lesers voor. Ontmoet Johannes die Doper! Ontmoet die man met die

eienaardige klere en ongewone dieet. Ontmoet die man wat nie in 地 sinagoge nie maar in die woestyn preek. Vir

ons vandag klink dit alles baie vreemd. Johannes die Doper sou seker in ons tyd die indruk geskep het dat hy 地

gevaarlike sekteleier is, iemand wat nie vertrou kan word nie. Maar juis op grond van dié dinge wat vir ons

eienaardig is aan Johannes die Doper en sy optrede, sou die Jode van daardie tyd hom as 地 profeet herken het.

Hy laat dink hulle aan die profeet Elia (2 Kon 1:8). Jesus sê ook later: "Johannes is die Elia wat sou kom" (Matt

11:14). Verder doen Johannes iets wat nog 地 profeet, Jesaja, voorspel het: hy tree op as 地 herout, 地 aankondiger

van die koms van die Koning, 地 wegbereider vir die Messias.

Maar baie belangrik is natuurlik: Watter boodskap het hierdie profeet? Dis nie die klere wat hy dra of die kos wat hy

eet of op watter plek hy preek wat die belangrikste is nie, maar dít wat hy te sê het. En 地 mens sou onder meer

veral drie sake in Johannes die Doper se boodskap kon onderstreep.

Eerstens beklemtoon Johannes die nabyheid van die koninkryk van die hemel. "Die koninkryk van die hemel het

naby gekom," sê hy in vers 2. Die profete voor hom het ook voorspel dat God 地 nuwe tyd sou laat aanbreek. Maar

Johannes is die een wat kan sê: Hierdie tyd is nou om die draai. In Jesus sou God binnekort op 地 nuwe manier

begin regeer, sou God sy Koningwees op 地 nuwe manier kom bevestig. Vir elke mens op aarde was dit

lewensbelangrik om die Koningwees van God, soos Hy in Jesus na ons toe gekom het, te aanvaar. Met 地 kinderlike

geloof moet ook elkeen van ons die knie voor Hom buig en bely: Jesus is die Here. Hy regeer. Ek aanvaar sy

koningskap ook in my lewe.

Dit bring ons eintlik reeds by die tweede saak wat ons in die boodskap van Johannes kan onderstreep: sy oproep

tot bekering. Hy roep sy hoorders dringend op tot bekering. Hy doen dit in die lig daarvan dat die koninkryk nou so

naby gekom het. "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom," sê hy.

Hoe moet ons Johannes die Doper se oproep tot bekering verstaan? Dit is duidelik dat hy wil hê sy hoorders moet

die Koningskap van die Messias aanvaar. Hulle moet 地 verandering in hulle denke ondergaan, iets wat hulle

voortaan in gehoorsaamheid as onderdane van die groot Koning sal laat leef. Vir Johannes is bekering meer as net

地 nuwe insig in wie God is en in wie ons as sondaars is. Bekering is vir hom ook 地 nuwe lewenswyse wat pas by

hierdie veranderde denke en nuwe insig. En Johannes die Doper noem hierdie lewenswyse die "vrugte" wat bewys

dat ons bekeer is. Soos 地 vrugteboom se vrugte vir ons bewys dat ons wel met 地 perskeboom of 地 appelkoosboom

te doen het, so moet ons lewenswyse ook 地 bewys wees van die egtheid van ons bekering tot God.

Dit is op hierdie punt dat Johannes die Doper die Joodse leiers van sy tyd so ernstig aangespreek het. "Julle slange,"

sê hy in vers 7, "wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? Dra liewer vrugte wat bewys dat

julle bekeer is." Blykbaar het hierdie leiers nie gedink dat hulle hulle hoef te bekeer nie. Dit lyk of hulle nie besef het

dat die oproep tot bekering ook op hulle van toepassing was nie. Hulle was mos nasate van Abraham. Hulle

stamboom was tog reg. Maar Johannes ontmasker hierdie siening as 地 valse sekerheid. Om op die oordeelsdag voor

God te kan staan, is dit nodig om jou tot die Messias te bekeer en as 地 gehoorsame volgeling van Hom te leef.

Maar valse sekerheid is 地 gevaar wat nie net die Joodse leiers van destyds bedreig het nie. Ook vir elkeen van ons

is dit 地 wesenlike gevaar. Ons sou ons dalk voor God wou probeer regverdig deur te sê: Ek behoort darem al my

lewe lank aan die kerk. Ek gee gereeld my bydrae. Ek leef 地 voorbeeldige lewe. Ek is sommer baie betrokke by die

werksaamhede van die gemeente. Maar die vraag is: Het God al my denke vernuwe? Het Hy dit al só vernuwe dat

ek my tot die Koning van alle konings bekeer het en nou die vrugte dra wat by die bekering pas? Hierdie vrugte sal

noodwendig 地 verskil maak, 地 verskil in die samelewing waarin ons leef, in ons huwelike en gesinslewe, in ons

werkplek en waar ons sommer net ontspan. Hierdie vrugte sal wys dat ons deur die genade van God nuwe mense

geword het. En baie belangrik: oor hierdie vrugte mag ons nie onsself op die skouer klop nie. Dit is net omdat God

in Jesus na ons toe gekom het dat ons nou deur bekering by Hom kan uitkom en as nuwe mense kan leef. God

neem altyd die inisiatief in ons verlossing. En daarom: aan Hom al die eer.

Maar kom ons onderstreep ook 地 derde saak in die boodskap van Johannes die Doper. Eintlik is dit nie 地 saak wat

ons nou wil onderstreep nie, maar die Naam van 地 Persoon, die Naam van Jesus Christus. Johannes wys weg van

homself en bokant homself uit na Jesus Christus as die Messias wat sou kom. Johannes die Doper noem Jesus sy

meerdere, dié Een wat so ver bo hom verhewe is dat Johannes selfs onwaardig voel om, soos 地 slaaf van daardie

tyd, Jesus se skoene uit te trek. Teenoor Jesus voel Johannes die Doper as minder as 地 slaaf. Boonop sou Jesus

die mense nie, soos Johannes die Doper, net met water doop nie, maar met die Heilige Gees en met vuur. Deur die

Heilige Gees sou Jesus verlossing, heiliging en nuwe lewe vir sondaars bring. Maar vir almal wat Hom nie as Koning

wil erken nie, sou Hy oordeel bring. "Sy koring sal Hy na die skuur toe bring, maar die kaf sal Hy met 地 onblusbare

vuur verbrand," sê Johannes van Jesus (v 12).

Een ding is duidelik: Johannes die Doper tree nie op ter wille van homself nie. Hy blaas nie sy eie basuin nie. Hy

wys heen na Jesus. "Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!" het Johannes die Doper

gesê toe hy Jesus op 地 keer na hom toe sien aankom het. Dáár is die Koning wat ons deur sy eie bloed kom verlos

het van al ons sonde. In sy heenwys na Jesus stel Johannes die Doper ook vir ons die voorbeeld. Hy wys ons hoe

om weg te wys van onsself en bokant onsself uit te wys na Jesus. En dít is sekerlik ook elkeen van ons se roeping

as gelowiges: om wegwysers na Jesus te wees. Om mense elke dag te wys op die wonder van God se koms na

ons toe in Jesus, die wonder van Advent.

Bibliografie

Die Bybellennium. Kommentare van E Schweizer, D Hill, H N Ridderbos en J T Nielsen. Augsburg Sermons 3,

Gospels, Series A. Woord in beweging 4 Advent tot Epifanie 2. Woord teen die Lig I/7: Verdere riglyne vir

Adventsprediking.