23 Desember 2001

Vierde Sondag van Advent

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Matteus 1:18-25.

Ander tekste: Jesaja 7:10-16; Psalm 80:1-7; Romeine 1:1-7.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

地 Kind kom in saam met 地 kerkraadslid en steek die vierde Adventskers aan waarna die kerkraadslid sê: "Sy sal 地 Seun

in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos" (Matt 1:21).

Votum

Liturg: Luister tog, Herder van Israel,

U wat die nageslag van Josef

soos 地 kudde lei;

U wat oor die gerubs troon,

verskyn tog aan ons!

Gemeente: Openbaar u mag aan die stamme

Efraim, Benjamin, Manasse (en Suid-Afrika),

kom help ons tog!

Liturg: Laat dit weer met ons goed gaan,

o God,

verskyn tog tot ons redding! (Ps 80:2-4).

Seëngroet

Genade en vrede van God wat vir ons 地 teken belowe en gegee het, en van die teken wat uit 地 jong vrou as 地

seun gebore is en Immanuel genoem word. Amen (nav Jes 7:14).

Of:

Genade en vrede van God die Vader wat sy Seun na die wêreld gestuur het,

genade en vrede van die Seun, Immanuel, wat in Betlehem gebore is, en

genade en vrede van die Heilige Gees wat nou hier in ons midde is. Amen.

Of:

Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Amen (Rom 1:7).

Antwoord op groet

SOM 20:1-3/NSG 16.

DIENS VAN DIE WOORD

Epiklese

Here, U wag op ons

totdat ons oopgaan voor U.

Ons wag op u Woord

wat ons ontvanklik maak.

Stem ons af op u Woord,

op u stilte.

Amen.

Skriflesing
Matteus 1:18-25.

Sang

Gesang 306:1/NSG 334.

Skriflesing

Jesaja 7:10-16.

Kindertyd

Prediking

Voorbidding

DIENS VAN DIE TAFEL

Geloofsbelydenis

Liturg Gemeente

Ons glo in God die Vader van Jesus

En in die Heilige Gees Verwekker van 地 Kind

En in Jesus Christus, Immanuel God met ons

Jesus Christus die Brood van die lewe

Jesus Christus die Slagoffer geoffer vir ons sondes

Jesus Christus die Woord om gepraat te word

Jesus Christus die Weg om te bewandel

Jesus Christus die Lewe om geleef te word

Jesus Christus die Liefde om lief te hê

Jesus Christus die Geluk om gedeel te word

Jesus Christus die Vrede om gegee te word

Jesus Christus die Brood van die lewe om geëet te word

Jesus Christus die Honger Een om te voed

Jesus Christus die Dorstige om verkwik te word

Jesus Christus die Naakte om geklee te word

Jesus Christus die Daklose om gehuisves te word

Jesus Christus die Eensame om voor liefde te gee

Jesus Christus die Dwelmverslaafde om te bevriend

Jesus Christus die Misdadiger om lief te hê

Jesus Christus die Dronkaard om na te luister

Jesus Christus die Vertraagde om beskerm te word

Jesus Christus die Babaseun in die stal in Betlehem.

Almal

Jesus is my God

Jesus is my lewe

Jesus is my enigste Liefde

Jesus is my alles.

Liturg

Daarom het ons U lief met ons hele wese.

Amen.

(Verwerking van 地 meditasie van Moeder Teresa.)

Gereedmaak van die tafel

Gemeente sing sittend "Eet die brood" (JSB 2 7)/NSG 370.

Nagmaalepiklese

Almagtige Vader, U wat 2 000 jaar gelede u Heilige Gees na 地 maagd gestuur het om 地 Kind te verwek, U wat so

die Vader is van ons Here Jesus Christus, stuur vanoggend ook u Heilige Gees na ons. Wees hier aanwesig deur

u Gees in ons en in die brood en wyn.

Versterk ons met hierdie sakrament, sodat ons in die toekoms daaruit sal leef. Laat met hierdie herinnering

aan Jesus se sterwe en opstanding ons toekomsverwagting weer vlam vat. Versterk ons geloof vanoggend met die

versekering dat U nie net eenmaal in die geskiedenis as 地 Babaseun na ons gekom het nie, maar steeds elke

oomblik as Immanuel in ons midde is, en enige dag, enige oomblik weer die wolke gaan oopskeur.

Dankie dat ons nou die vreugde hier aan tafel mag proe van wat vir ons wag by die bruilofmaaltyd van die

Lam.

Daarom hef ons nou ons harte op na die hemel, waar Jesus Christus die voorspraak aan u regterhand is, en

bid ons saam met die hele Christendom:

Ons Vader wat in die hemel is,

laat u Naam geheilig word;

laat u koninkryk kom;

laat u wil ook op die aarde geskied

net soos in die hemel.

Gee ons vandag

ons daaglikse brood;

en vergeef ons ons oortredinge

soos ons ook dié vergewe

wat teen ons oortree;

en laat ons nie in versoeking kom nie

maar verlos ons van die Bose.

Want aan U behoort die koninkryk en die krag en

die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Berig

Instelling

Uitdeling

Kommunie

Offergawes

UITSENDING

Sy wil

Matteus 22:35-40.

Verootmoediging

Liturg: Here, U roep vanoggend elkeen van ons om aan Jesus Christus te behoort. Geloof in U bring ons

by gehoorsaamheid aan u wil, en dit is die liefdesgebod. Maar vanoggend kom ons as gelowiges

voor U en ons bely dat ons die afgelope week U nie in alles gehoorsaam het nie. Ons bely dat ons

nie ons naaste soos onsself liefgehad het nie. Daarom vra ons vanoggend as u gemeente om

vergifnis vir ons sonde.

Vanoggend wil ons ook in die besonder om vergifnis vra vir die manier waarop ons die mans in ons

gemeenskap hanteer. Here, ons bely dat ons nie altyd hulle arbeid en opoffering waardeer nie. Ons

bely ons ongeduld met ons pa痴 en met ons eggenote, dat ons hulle nie genoeg ondersteuning gee

nie.

U liefde dwing ons vanoggend om rekenskap te gee van ons liefde vir ons naaste. Amen.

Gemeente: (Oorweeg hierdie woorde in stilgebed.)

Vryspraak

Liturg: God het ons dan nou vrygespreek omdat ons glo. Daarom moet ek vanoggend aan elkeen wat

met ware berou en opregte geloof hulle toevlug neem tot hulle enigste Verlosser, Jesus Christus,

in die Naam van die Here die vergifnis van sonde verkondig.

Gemeente: (Sing Gesang 103:1.)

(Gee geleentheid vir 地 simboolhandeling soos op die vorige twee Sondae, bv 地 kind of 地 vrou wat 地 man omhels,

ens.)

Slotsang

Gesang 110:1, 2/NSG 72.

Seën

Die Here sal julle seën

en julle beskerm;

die Here sal tot julle redding verskyn

en julle genadig wees;

die Here sal julle gebede verhoor

en aan julle vrede gee!

Amen.

Tema

God is by ons.

Teks

Combrink en Burger (1990:163) wys op die noue samehang van hierdie perikoop met 1:1-17. Ook Luz (1989:118,

121) kritiseer Stendahl omdat laasgenoemde na hierdie gedeelte verwys as 地 blote voetnoot by 1:1-17. Hy wys op

Matteus se gebruik van touto de holon in 1:22 om die belangrikheid van die hele geboorteverhaal aan te dui. "Thus

our text is for Matthew not only an explanatory footnote to the genealogy; it indicates new christological themes to

be unfolded further in the Gospel" (Luz 1989:121).

Jesus se oorsprong lê by die Heilige Gees; sy naamgewing bind Hom juridies in by die geslag van Dawid. Combrink

en Burger (1990:163-164) dui struktureel-eksegeties aan hoe die Skrif en die vervulling daarvan vir Matteus in

hierdie gedeelte 地 absoluut sentrale rol speel vir die korrekte verstaan van die geboorte van Jesus Christus.

Josef se beplande optrede en uiteindelike optrede strook telkens met sy status. In 1:19 is hy die wetsgehoorsame,

dikaios, wat Maria nie in die openbaar tot skande wil maak nie, terwyl hy in vers 20 die seun van Dawid is wat die engel

se opdrag uitvoer. Die rol van die Heilige Gees, wat in Matteus nie so prominent is soos byvoorbeeld in Lukas nie, val

tog in verse 18-20 op. Die maagdelike geboorte word op hierdie manier as eskatologiese gebeure gekarakteriseer.

Die naamgewing dui op Matteus se klem op die vergewing van sondes (9:8; 26:28). Die naam Jeshua en sy variante

beteken "Jahwe is hulp/redding/heil". "Aangesien alleen God sondes kan vergewe, verkry dit dan besondere

betekenis dat Jesus se rol, sy funksie, ook as Immanuel 賎od met ons aangedui word" (Combrink en Burger

1990:165).

Huweliksgebruike, die rol van drome in Matteus, die verband met ander geboorte-aankondigings (Moses), die

interpretasie van Jesaja 7:14 (almah se vertaling na neanis/parthenos) en helaas die historiese bedoeling van

Jesaja 7:14 (met almah, vgl die OAV met die NAV) en die gebruik van dié teks in 1:23 (met parthenos) kan in die

kommentare nagegaan word.

Matteus voeg 地 nuwe element by die tradisie rondom die naamgewing van Jesus. Vir hom is dit belangrik dat Jesus

Immanuel is. Daardeur dui hy op die realiteit van die gemeenskap van sy eerste lesers "met" wie Jesus altyd sal

wees, tot aan die einde van die tye (28:20). Die Immanuel-belofte omraam hierdie Evangelie sien ook 18:20 feitlik

in die middel van die Evangelie. Op hierdie manier is Jesus nie 地 figuur uit die verlede nie, maar word Hy vir Matteus

die Een wat by sy gemeenskap is en hulle dra (1:23: kai kalesousin to onoma autou Emmanouel en hulle sal Hom

Immanuel noem). Maria noem Hom Jesus; hulle, die kerk, noem Hom Immanuel, wat in die Ou Testament na die

troue Verbondsgod se helpende teenwoordigheid verwys.

PREEKSTUDIE - MATTEUS 1:18-25

Konteks

Luz (1989:123) sien saam met die oorheersende Immanuel-tema van hierdie gedeelte twee neweskikkende temas:

eerstens die figuur van die regverdige Josef en sy gehoorsaamheid, en tweedens die belang van die gedeelte as

地 vertelling waarin die Ou-Testamentiese belofte in vervulling gaan. "To that extent, but only to that extent the virgin

birth also is important." Aldus Luz. Combrink en Burger (1990:167) sien ook die vraag na Jesus se identiteit as

hoofmotief. As tweede en derde temas stel hulle die maagdelike geboorte en Josef se reaksies en optrede in hierdie

perikoop. Hierdie gedeelte wil die maagdelike geboorte belig om die hoe van Jesus se Goddelike identiteit te

verklaar.

Omdat "地 bevraagtekening van die maagdelike geboorte nie sonder implikasies vir die res van ons geloof is nie,

moet 地 mens baie versigtig wees om ligtelik oor die historisiteit van hierdie saak te praat," waarsku Combrink en

Burger (1990:169). Eerder as om 地 lang argumentatiewe rede oor hierdie feit te voer, moet die kerugmatiese

funksie van die motief raakgesien en verstaan word. Hulle voel tog dat predikers by geleentheid kan probeer om

aan die hand van Van Ruler (sa:77-80, onder die opskrif de maagd) en die Heidelbergse Kategismus 地 leerpreek

oor hierdie onderwerp te hou. (Dit is dalk 地 opsie tydens 地 aanddiens wat in Advent hoofsaaklik deur "volwasse en

deurwinterde" kerkgangers bygewoon word, wat in staat is om dit te verteer.)

Tog moet Cilliers (1999:41) se vermanende aanhaling steeds ernstig geneem word: "Jesus sê vir hulle: 糎ie is Ek?

Hulle antwoord: 繕 is die eskatologiese manifestasie van die grond van ons eksistensie, die kerugma waarvan ons

die finale betekenis in ons interpersoonlike verhoudinge vind. En Jesus sê: 糎at?"

Cilliers (1991:29-39; 1999:34-42) se vier oordenkings bied uitstekende stof. Oor die vraag hoekom God mens word:

"Sommer net omdat God by ons wil wees. Sommer net omdat Hy 地 onblusbare passie, 地 onkeerbare wil het om

juis by óns te wees. Ons! Stel jouself dit nou voor: die hoë God van die hemel by óns. Daar sit 地 roekelose ruimheid

en rojaliteit in hierdie 双ns. Dit deurbreek alle grense wat daar tussen mense sou kon bestaan of deur ons geskep

sou kon word. Grense tussen Israel en die heidennasies; tussen oos en wes, noord en suid; tussen arm en ryk;

taal, kultuur en velkleur; tussen goddeloos en vroom, sondaar en heilige; Christen en ateïs; tussen die jaar 2000

en die jaar 0. Almal word daarby ingesluit. Wie mens is, tel onder hierdie ons. Ek weet ék tel daaronder. Jy tel

daaronder. Wie jy ook al mag wees, wat ook al jou gemoedstoestand terwyl jy hierdie woorde lees: God is by jóú.

Want so lief het God die wêreld gehad!

"O, dit gebeur wel dat mense hulle uit hierdie 双ns wil wring, dat hulle God se koms na hulle toe verwerp. Trouens,

Matteus gebruik 地 tegniek van kontraste om ons juis daarop te wys dat jy óf vir Jesus, óf teen Hom kan kies, maar

dat jy nie neutraal teenoor Hom kan staan nie. Van die begin af was dit so." Daarna gaan hy voort om Matteus 2:3

en die volgende verse te bespreek. "Dis 地 blywende 礎y, 地 duursame 礎y. Dit sê: God het nie net vir 地

blitsbesoekie na Betlehem gekom nie. Hy het nie net vir 地 uur of wat vir hospitaalbesoek by die siekes gekom, net

om daarna weer die deur agter Hom toe te trek en die siekes eensaam agter te laat nie. Hy het nie net gekom om

ons omstandighede vir 地 tydjie met sy teenwoordigheid op te vrolik, maar daarna is alles maar presies soos dit

tevore was nie. Hy het nie, met eerbied gesê, soos 地 seevoël rakelings oor die see gevlieg om hier en daar een of

twee vissies met sy bekkie op te pik en so te red nie. Nee, Hy het soos 地 Visarendjie van God (N P Van Wyk Louw)

tot diep binne-in ons benoude vlees geval, om te bly" (Cilliers 1999:36).

Nog drie aanhalings

" Luther (sou met verwondering) praat oor die kruisteologie, in teenstelling met 地 teologie van heerlikheid. Ja, ons

sien God, ons ken God, net onder sy teëdeel, incognito, aan die kruis. Op Golgota sien ons die hart van God, die

aard van God geopenbaar. Dit behaag God om in die wêreld te verskyn onder sy teëdeel: in eenvoud, in lyding, in

地 krip, aan 地 kruis.

"Die diepe geheimenis van Kersfees is nie bloot dat God mens word nie, maar dat, as God mens word, God so

mens word: Onherkenbaar. Verborge. Verstote. Eenvoudig. Eenkant. Op 地 weg van vernedering en veragting, van

lyding en kruisdra. Die Vredevors skaar Hom by die nederiges. Skenk sy vrede aan die eenvoudiges.

"Want so is ons God. Op 地 besondere wyse besorg oor die behoeftiges, die lydendes, die armes, die veronregtes.

Die eenvoudiges, uitgestotenes, siekes. Bekend as die Hulp van die Hulpelose.

"Die geboorteverhale is nie sentimentele legendes nie. Dit handel nie oor 地 fraaie ou babatjie in 地 pragtige krippie

waarby 地 liewe ou eseltjie staan, met die geseënde mamma en pappa wat lank en gelukkig sou saamleef nie. Ons

het die boodskap romanties en idillies gemaak en daaraan gewoond geraak.

"Die Vredevors kom as kindjie in 地 krip. Want ons God is op 地 besondere manier die God van die noodlydendes.

Wie hiéraan gewoond geraak het, sien sowaar niks meer nie " (Smit 1998:34).

"Die Evangelies 穆oos goeie verhale 殆ord eers reg verstaan as 地 mens die eindes lees, die finale ontknopings.

(Sien Luz hier onder JCR.) So ook met die Evangelie van Matteus. In die laaste woorde word feitlik elke motief

van die verhaal weer opgeroep. Vir lesers wat die Evangelie deurgelees het soos ánder verhale soos boeke of

stories as een lang intrige, is elke klein uitdrukking in die laaste woorde swanger aan inhoud en assosiasies wat

voorafgaan. Dit geld ook van die woorde "Ek is by julle". Matteus se Evangelie handel, van begin tot einde, oor God

by ons. God met ons.

"Reg aan die begin al word die kindjie Immanuel genoem, wat beteken: God by ons (1:23). Dís Matteus se

Evangelie. In Jesus is God onder ons, by ons, met ons, al die dae. Oral, waar ook al, immer, by ons.

"Daarna teken Matteus vir Jesus as die Mens-onder-mense. As die Een vír ander.

"Ten spyte van Johannes se teëstribbeling dat hy onwaardig is, laat Jesus Hom doop, soos 地 mens onder mense

(3:13-17). Hy weerstaan die versoekings van die Bose om gróót te wil wees (4:1-11). Hy roep dissipels tot vissers

van ménse, saam met Hom (4:12-24). Hy gaan rond en bring onder mense die goeie nuus van die Godsryk en

genees elke soort siekte en kwaal. Sodat ellendige mense vol swaarkry en sorge van oral stroom om by Hom te

wees (4:23-25; 9:35-38). As Hy die skare-met-hul-nood om Hom sien, verkondig Hy aan hulle die ontfermende

genade van die Vader (5:2-7:27). Sy evangelie van die koninkryk is wonderbaar, barmhartig, menslik, aards. Salig

is dié wat swaar kry en verlang (5:3-12). Onder die mense moet sy volgelinge se goeie werke gesien word, hul lig

versprei word (5:13-16). Nie allerlei godsdienstige pligpleging word gevra nie, maar vriendelike woorde, vrede,

versoening, onderlinge trou, waarheid-praat, opofferende diensbaarheid, vyandsliefde, barmhartigheid eerder as bid

en vas, vergifnis aan skuldenaars, eenvoudige onbesorgdheid (5:17-48). Alles wat hulle wil hê die mense aan hulle

moet doen, moet hulle ook aan die mense doen (7:12).

"In 地 reeks aangrypende wonderdade wonderbaar juis omdat hulle so goed, so liefdevol, so helpend, so menslik

is demonstreer Jesus die wonderbare evangelie (8:1-9:3 4). Hy stuur sy dissipels uit om óók so te praat en te doen

(10:1-11:23). Sy juk is sag en sy las lig (11:25-28). Godsdienstige eise, soos dié vir die sabbat, is om die ménse se

ontwil (12:1-14), want Jesus wil barmhartigheid hê, nie offers nie (12:7). Die twee tafels van die wet is gelyk (22:34-

40). Wat in Gods skaal die swaarste weeg so som die Jesus wat deur Matteus vir ons beskryf word alles op is

geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid (23:23).

"Dwarsdeur die Matteus-evangelie, episode vir episode, word die boodskap al duideliker. Vir Matteus is Jesus

Mens-onder-mense. Een met 地 menslike gesig. God by ons. Die God wie se wil dit is dat sy navolgers ook menslik

sal wees onder mense: By diegene in nood. Mét hulle. Vír hulle. Dis die wil van sy Vader (7:21-23; 25:31-46).

"Toe die kerk eeue later 地 verband begin lê het tussen die vier Evangeliste en die vier figure in die visioene van

Esegiël en van Johannes op Patmos het hulle sekerlik nie aan die motiewe gedink nie. Hulle het eenvoudig net die

vier Evangelies in hul Nuwe-Testamentiese volgorde genoem na die vier figure in Esegiël se volgorde. So word

Matteus toe bekend as die Evangelie-met-die-gelaat-van-地-mens geheel en al toevallig. Maar beter kon geeneen

die Evangelie beskryf het nie" (Smit 2000:76-77).

"Our pericope and the final pericope, 28:16-20, stand in reciprocal relationship: If 28:16-20 is concerned with

showing that the risen one is no other than the earthly one and that being a Christian means to keep the

commandments of the earthly Jesus, then 1:18-25 makes clear that the earthly one is no other than the exalted one

who is 層ith his community. At the same time, the Gospel of Matthew and that is important in this Gospel of law

and commandments contains at the beginning a clear indication of the grace which occurs through Jesus Christ"

(Luz 1989:122-123).

Preekvoorstel

Bosman (1985:45) skryf dat as die prediker daarin kan slaag om die kerkgangers iets van die bedoeling van die

Evangelis te laat ontdek, hy grotendeels in sy doel geslaag het. "Het zou te veel van preek en alle betrokkenen

vergen, als daarnaast nog zou worden geprobeerd om het geheel met praktische concretiseringen te verweven

Het is al heel wat als gemeenteleden met een stukje Bijbel weer wat beter uit de voeten kunnen" waarop hierdie

skrywer Amen sê.

Benewens die uitstekende materiaal van Combrink en Burger (1990) en dié van Cilliers (1991; 1999) word die

volgende, op die voetspoor van Bosman (1985), aangebied:

Die aandag kan gevra word vir die geheel van Matteus 1:1-25. Matteus wend reeds die geslagsregister kerugmaties

aan. Die feit dat hy sy boek met 地 geslagsregister begin, moet alreeds die ore laat spits. Dit is 地 biblos geneseos.

In Genesis, die eerste boek in ons Bybel, "die boek van beginne", begin God drie keer. Eers met Adam, dan begin

Hy weer met Noag en weer 地 keer met Abraham. Telkens, pas voordat God oor begin, tref ons 地 geslagsregister

aan (Gen 5 voor Gen 6:8 Noag, en Gen 10 en 11:10 ev voor Gen 12 Abraham; Deist en Vosloo 1982). Dit is

asof Matteus, Jood wat hy is, aansluit by die Joodse geskrif en hierdie tegniek gebruik om vir ons te sê dat God

weer oor begin. Soos die gelagsregisters in Genesis ons aandag telkens op maar een mens wil vestig, doen

Matteus dieselfde met syne. God begin oor. Weer 地 keer. Groots. Anders. Nuut.

Maar 1:1-17, waarin ons manne (en vroue) met hulle vermoëns (en onvermoëns) teëkom, is tog volgens Matteus

nie die diepste oorsprong van Jesus nie. Dié mense maak naam (meesal slegte naam). Hulle maak selfs geskiede-

nis. Sommige maak én breek, maar nie een van hulle kan 地 Messias maak wat sy volk van hulle sonde kan verlos

nie. Hierdie bevryding lê nie binne die vermoë van mense nie hoe goed of sleg hulle ook al mag wees.

Die Messias kom vanuit die beginne (geneseos) uit God. Maria is swanger. Die swangerskap het vanuit die Heilige

Gees gekom. So staan dit daar.

Daar kan aan die gemeente iets oorgedra word van die Ou-Testamentiese ruach. In die Ou Testament tref ons die

volgende nuanserings en ontwikkelings aan: om te waai, wind, asem, lewensasem, lewensgees, die lewe self. Deur

van hierdie "taalveld" gebruik te maak wil Matteus sê dat Jesus totaal en radikaal in beslag geneem word deur die

Gees van God. Hy word deur die Gees aan die gang gesit. Jesus adem ten volle Gods Gees. Alles wat God aan

liefde, trou, geregtigheid, versoening aan mense bied daarvan is Jesus totaal be-gees-terd.

Matteus en ander Nuwe-Testamentiese skrywers het die kerk en haar geleerdes aan die dink gesit om hulle in

hierdie geheimenis van die maagdelike geboorte, "van die Heilige Gees gekom", van Immanuel-wees, te verdiep.

Helaas, dikwels tot ons beskaming kom ons agter dat ons ons baie moeilik hieroor in woorde kan uitdruk: ("Jesus

sê vir hulle: 糎ie is Ek? Hulle antwoord: 繕 is die eskatologiese manifestasie van die grond van ons eksistensie, die

kerugma waarvan ons die finale betekenis in ons interpersoonlike verhoudinge vind. En Jesus sê: 糎at?" vgl

Cilliers 1991:41 hier bo).

Wat ons dikwels in ons dogmas probeer vasvang, is eerder 地 doksologie/lofprysing as wat dit suiwer formulering

is. Ons belydenisse is nie net bedoel as rigsnoere na binne en buite nie, maar ook as liedere om God te loof (地 stok

om mee te slaan, 地 staf om mee te gaan en 地 lied om mee te loof Jonker 1994:9-10). Ons kan nie, ons durf nie

die geheimenis in tydlose woorde bevries nie ons moet daaruit leef.

Hoekom word God dan mens? Vergelyk Cilliers (1999:36) hier bo.

Ons kan veral daaruit leef dat nie net Matteus se kerk nie, maar ook ons as die voortsetting daarvan, Jesus

Immanuel kan noem. Matteus se Evangelie wil ons blik rig nie op die wese van Jesus nie, maar op sy aardse weg.

Gebruik Smit (2000) se insigte hier bo.

Waar mense Hom op hierdie weg volg, sal hulle Hom onder-weg en gaande-weg beter leer ken nie as droë dogma

nie, maar as Jesus Mens-onder-mense. Een met 地 menslike gesig. God by ons. Die God wie se wil dit is dat sy

navolgers ook menslik sal wees onder mense: B_ diegene in nood. Mét hulle. Vír hulle. Tot aan die einde van die

tyd.

Bibliografie

Bosman, J 1985. Vierde Advent: Matteüs 1:18-24, in Van der Laan, J H, Klijn, A F J & Noort, E (reds). Woord in beweging

1 Advent tot Epifanie11, pp 36-47. Kampen: Kok. Cilliers, J 1991. 地 Greintjie van God is genoeg.

Wellington: Lux Verbi.BM. Cilliers, J 1999. In die greep van God. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.

Combrink, H J B & Burger, C W 1990. Matteus 1:18-25, in Burger, C W, Müller, B A & Smit, D J (reds). Woord teen

die lig I/7: Verdere riglyne vir Adventsprediking, pp 163-173. Kaapstad: NG Kerk-Uitgewers. Deist, F E & Vosloo, W

1982. Van Eden tot Rome. Pretoria: J Lvan Schaik. Jonker , W D 1994. Bevrydende waarheid. Die karakter van die

gereformeerde belydenis. Wellington: Hugenote-Uitgewers. Luz, U 1989. Matthew 1-7. A commentary. Minneapolis:

Augsburg. Smit, D J 1998. Geloof sien in die donker. Wellington: Lux Verbi.BM. Smit, D J 2000. want God is ons

hoop. Wellington: Lux Verbi.BM. Van Ruler, A (sa). Ik geloof De Twaalf Artikelen van het geloof in morgenwijdingen.

Nijkerk: Callenbach.