Algemeen


AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

VBO: Kursus of Terapie?

Geskryf deur Deon Strydom on . Posted in VBO - Algemeen

Deon Strydom dink so 'n bietjie na oor sy ervaring oor kursusse.

Hy skryf die volgende op sy blog Diakonos

Kursusse, werkswinkels, en dies meer. Die moeite werd of “jolly” patrollie? My eie ondervinding oor die laaste twee jaar met die VBO (Voortgestette Bedienings Ontwikkeling) gerigte kursusse is dat nie een van hulle ‘n “jolly” patrollie was nie, maar dat hulle tog verskil het in die tipe groei wat in ‘n mens na vore kom. Van die kursusse bring meestal intellektuele stimulasie na vore. Ander weer bring ‘n sekere mate van geestelike of persoonlike groei na vore. Het egter onlangs ‘n Fasiliterende Leierskap kursus bygewoon wat ‘n totaal ander tipe groei na vore gebring het. Dit was een van daai kursusse waar mens dinge eers moes verteer om sin van te maak. En soos een van die kursus gangers (nie ‘n dominee nie), gesê het: “Hoe kry jy ‘n klomp predikante vir ‘n terapie sessie bymekaar? Jy vertel vir hulle dis ‘n Leierskap kursus!”

 

Daar sit ons toe, Dominees, “gewone lidmate” en nie-lidmate. Van die NG Kerk, VG Kerk en Congregational Kerk, en op die tweede dag van die kursus vertel ons vir mekaar van ons grootste pyn. Hoe gebeur so iets? Hoe gebeur dit dat mense van verskillende kerke en rasse, wat mekaar die vorige dag vir die eerste keer gesien het, so openlik van hulle pyn en vreugde kon praat?

Frederik Marais, die hoofaanbieder, het vanaf die eerste oomblik op dag een die reëls goed duidelik gemaak.

  • Ons gaan diep en blaamloos na mekaar luister.
  • Ons gaan mekaar bevestig wanneer ons iets hoor wat ons aanspreek.
  • Ons gaan ons voorveronderstellings suspendeer, op die lyn hang.

Lees die storie verder op Deon se Blog

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

VBO Kursusse tweede semester 2009

Geskryf deur Chrisna on . Posted in VBO - Algemeen

VBO Kursusse tweede semester 2009

Communitas het 'n aantal VBO kursusse in die tweede semester in die Wes- en Suid-Kaap.

Kursusse wat aangebied word is oa oor  Pastoraat, Liturgie, Geloofsvorming  en nog meer.

Kyk gerus na die volledige kursusprogram

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

VBO Wes-en Suid-Kaap: Vrae en antwoorde

Geskryf deur Chrisna van der Merwe on . Posted in VBO - Algemeen

VBO: Vrae en Antwoorde


 
1.  Wat is VBO?
VBO staan vir “Voortgesette Bedieningsontwikkeling” 

2.  Is VBO verpligtend?
Ja.  Die Algemene Sinode het in Junie 2007 ’n sterk besluit oor Voortgesette Bedienings-opleiding geneem. 
Die besluit het twee wesenlike punte: dit maak VBO verpligtend en afdwingbaar vir alle predikante, maar bepaal ook dat die sisteem en inhoud van VBO voortdurend met predikante onderhandel moet word. 

3.  Waarom is VBO nodig?
Dit is in sowel die gemeentes as die predikante se belang dat predikante verbind is tot lewenslange leer.  Feitlik alle professionele beroepe het reeds lewenslange leer verpligtend gemaak tot op die vlak dat mense hul registrasie kan verloor as hulle nie bly leer nie.

4.  Wat is VBO se kernwaardes?
VBO gaan oor die verdieping van ons kennis en insig in die waarheid van die evangelie, ons ingesteldheid teenoor ons roeping en ons werk en oor die slyping van ons bedieningsvaardighede. Maar dit gaan veral ook oor konstante leerbaarheid en oor die moed om in nuwe situasies in te gaan met die vertroue dat die Here ons kan leer en ’n weg kan wys wat ons nie vooraf helder gesien het nie.  Die kernwaardes van VBO kan as volg opgesom word:

• Die voortgesette verdieping van ons kennis, insig en geloof in die evangelie.
• Die bevordering van geestelike groei, roepingsverdieping en persoonsontwikkeling.
• Slyping van bedieningsvaardighede vir missionêre gemeentes in diens van die koninkryk vandag. 
• Om getrou aan ons gereformeerde tradisie, te bly slyp aan ons vermoë om teologies te onderskei.
• Die behoud en bevordering van bedieningsvreugde en bedieningsmoed.

5.  Hoe werk die punte-sisteem?
Wes- en Suid-Kaapland kan nie op sy eie besluit oor punte of krediete ten opsigte van VBO neem nie. Die vier jaar tussen die sinodesittings is ’n implementeringstyd, waartydens die proses verfyn sal word.  Op hierdie stadium kan ons die volgende reëlings ten opsigte van Wes- en Suid-Kaapland deurgee:

  1. Vir die oomblik vra ons dat predikante self verantwoordelikheid neem om rekord te hou van hulle VBO-kursusse.  VBO sal by amptelike VBO-kursusse ’n sertifikaat van bywoning uitreik (of vra dit aan by Chrisna van der Merwe).  Hou dit en enige ander rings- of ander opleidingsgeleentheid se besonderhede in ’n lêer/houer.  Predikante word aangemoedig om ook notas oor teologiese boeke gelees, studiegroepe of ander aktiwiteite wat hy/sy reken ’n VBO-krediet werd is, in hierdie lêer/houer aan te teken. 
  2. Van die gedagtes is dat ’n opsomming van hierdie gegewens aan die Kerkraad voorgelê word en dat dit aan die hand van die predikant se “bewyse” geoudit word en aan die Ring voorgelê word.  Ander elektroniese stelsels word ook nog deur die Algemene Sinode ondersoek. Hou dus maar net intussen self bewyse van alle VBO-krediete.
  3. Van predikante word verwag om 50 krediete per jaar te verwerf. VBO deel dit in twee komponente: 
    30 krediete word vir ’n drie-dag VBO-kursus gegee. Hierdie 30 krediete kan slegs verwerf word deur so ’n amptelike VBO-kursus by te woon. Dit is wel moontlik dat sommige kursusse van ander kerke/instansies later van tyd deur VBO geakkrediteer kan word.
     20 krediete word verdien deur enige ander vorm van toerusting: ’n VBO-dagkonferensie, Verantwoordelike Vernuwing, Teologiese Dag van die Kweekskool, ensovoorts. Die waarde is een krediet per uur. Ander kerke se kursusse en seminare is ook hierby ingesluit.
  4. Kontak gerus die VBO-kantoor vir meer besonderhede. 
     (Sien paragraaf 14 hier onder)

6.  Watter ander opsies is daar? 
VBO kyk na verskeie ander opsies:

  • mense kan krediete kry vir formele verdere studie (M- en D-grade);
  • ons wil die vorming van studiegroepe (in die wêreld van volwasse-leer word gepraat van “communities of learning”) aanmoedig as ’n moontlike tweede baan waarop VBO-krediete verdien kan word;
  • inskakeling by ’n mentoraatsprogram kwalifiseer nou al reeds vir 10 krediete, en
  • mense verdien ook punte vir die aanbieding van sekere kursusse.

7.  Is VBO-punte oordraagbaar?
Predikante is welkom om meer as een drie-dag kursus per jaar te doen.  Punte kan dus, binne perke, na ’n volgende jaar oorgedra word.  Die bedoeling van lewenslange leer is egter juis dat daar deurlopend leer sal plaasvind.


8.  Wanneer word watter kursusse aangebied?
Sien die kursuslys vir volle besonderhede of kontak die VBO-kantoor. 
VBO se webblad is via Communitas beskikbaar:  www.communitas.co.za

9.  Wie reël die verblyf?
Predikante reël hulle eie verblyf. Waar ’n predikant geen eie verblyf kan reël nie, kan Communitas geskakel word.  Ons kan moontlik verblyf reël by ’n plaaslike gemeente se gasvryheidsbediening.  Die Sinode betaal nié gastehuise of hotelle se koste nie. 

Communitas kan u ook verwys na plekke wat spesiale oornagtariewe aan VBO-gangers aanbied. Kontak dus vir Chrisna van der Merwe as u enigsins sukkel met verblyfreëlings.

10.  Wat kos die VBO?
Die Sinode van Wes- en Suid-Kaapland se aanbeveling is dat gemeentes jaarliks R1 000 per predikant tot die VBO-fonds sal bydrae.  Die versoek is dat dit Maart (aan die begin van die finansiële jaar) aan die Saakgelastigde in Bellville gestuur sal word.

Kursusgangers betaal in 2008/9 net R100,00 per drie-dag kursus vir VBO.  Middagetes en kursusmateriaal is ingesluit by die R100,00 kursusfooi. Omdat ons die kursusse bekostigbaar wil maak – ook vir mense wat ver is – sal ons, sover ons kan, wil help met ’n brandstofsubsidie. Sien Paragraaf 13 hier onder vir besonderhede oor die brandstof-subsidie.

11. Wat van lidmate of kollegas van ander kerkgenootskappe ?
Lidmate, veral gemeenteleiers, is regtig welkom om vir ’n kursus in te skryf – so ook kollegas van ander kerkgenootskappe. Die ooreenkoms is egter dat mense wat nie predikante in die NG- of VGK Kerk is nie (vir wie VBO verpligtend is en via gemeentes gesubsidieer word), vir die werklike koste sal moet betaal. 

Predikante uit ander sinodale gebiede sal ook moet betaal.  Skakel vir Chrisna van der Merwe vir besonder¬hede ten opsigte van die koste.  Vir ’n drie-dag kursus beloop die koste sowat R600,00 (losies uitgesluit).  Reis¬koste of ’n brandstofsubsidie word ook nie betaal nie.  Die lidmaat/kollega is natuurlik welkom om gratis saam met die predikant te reis.

12. Verlofreëlings
Predikante word versoek om hulle VBO in oorleg met die Kerkraad te beplan. Die bywoon van ’n VBO-kursus word normaalweg nie as verlof gereken nie. 

13.  Brandstofsubsidie
VBO is bereid om ’n deel van die predikant se brandstofkoste te subsidieer. Dit is ’n groot persentasie van VBO se koste en lei ongelukkig tot ongemaklikheid.  Let dus asseblief op die volgende riglyn:

  • VBO betaal nié reiskoste nie! Ons gee wel in bepaalde gevalle ’n brandstofsubsidie.
  • Die brandstofsubsidie is slegs vir predikante vir wie VBO verpligtend is én wat in die Sinodale gebied van Wes- en Suid-Kaapland in diens is. Emeriti of proponente (wat nie in ’n gemeente werksaam is en vir wie die R1 000 [Sien paragraaf 10 hier bo] nie betaal is nie, kan dus nie op ’n brandstofsubsidie aanspraak maak nie. Vir dienende VGK-leraars geld die Sinodale gebied van Kaapland. Kerkraadslede, lidmate of predikante uit ander kerke of sinodale streke kom nie in aanmerking vir ’n brandstofsubsidie nie.
  • Die aanbod vir ’n brandstofsubsidie word ook slegs gerig aan predikante wie se tuisgemeente verder as 80 kilometer (enkel rit) vanaf die kursusplek is. ’n Aantal voorbeelde – gegrond of werklike probleme wat VBO ervaar, maar die name is gewysig om verleentheid te voorkom:
    VOORBEELD 1: ’n Predikant van Wellington wat ’n kursus in Stellenbosch doen, maar saans by die huis gaan slaap, sal in totaal meer as 200 kilometer ry, maar sal nie kan aanspraak maak op ’n brandstofsubsidie nie, want Wellington is nader as 80 kilometer aan Stellenbosch.  
  • ’n Brandstofsubsidie van R1,00 (een rand) per kilometer word betaal. “Kilometers” verwys na die afstand (heen en terug) tussen die predikant se tuisgemeente en die plek waar die kursus aangebied word.   
    VOORBEELD 2:  ’n Predikant van Caledon wat via Worcester na Stellenbosch ry, kan slegs vir die direkte afstand tussen Stellenbosch en Caledon eis – nie vir die draai om vroulief by die skoonouers in Caledon te gaan aflaai nie!
    VOORBEELD 3:  ’n Predikant van George reël eie verblyf by familie in Vishoek.  VBO kan nie vir al die ritte tussen Stellenbosch en Vishoek betaal nie. VBO subsidieer slegs die afstand tussen die tuisgemeente en die kursusplek en behou die reg om self die afstand (AA-padkaart) tussen die tuisgemeente en die kursusplek te bereken.
  • Predikante word versoek om so ver as enigsins moontlik saam te reis.  
  • Aangesien VBO van ’n “brandstof¬subsidie” praat, en nie van ’n “reiskoste formule” nie, is dit uiteraard moontlik om buitengewone omstandighede met Chrisna van der Merwe te bespreek.  Doen dit vooraf, sodat daar nie uiteindelik ’n verleentheid is oor die saak nie!
     

14.  Wie kan ek kontak vir meer inligting?
 Skakel Chrisna van der Merwe by Communitas (VBO)

Telefoon:   021-808-3624
Faks:   021-886-5701
E-pos:    Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Webwerf: www.communitas.co.za
Posadres:   Posbus 3322, Matieland, 7602
Fisiese adres:  Communitas, Noordwal-Wes 1, Stellenbosch, 7600

VBO het ook Streekverteenwoordigers.  Maak gerus met hulle kontak.

Caledon en Swellendam: Franziska Andrag-Meyer 028–435 6270
Wesland en Piketberg: Erik Basson 022–713 1317
Tulbagh en Worcester: Peet Bester 023–313 3454
Goodwood, Durbanville en Brackenfell: Moet nuut aangewys word
Bellville en Parow: Nelis Janse van Rensburg 021–913 1849
Stellenbosch en Paarl: Hannes Koornhof 021–883 3458
Somerset-Wes, Kuilsrivier en Wynberg: Jannie le Roux 021–856 1385
George, Knysna en Mosselbaai: Anton Louw 044–871 1212
Oudtshoorn, Riversdal en Beaufort: Jan Marais 044–272 4608
Koeberg, Kaapstad en Swartland: Michiel Strauss 021–558 9457
Namakwaland, Calvinia en Clanwilliam: Tallie van den Heever 027–712 1519

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

VBO vrae en antwoorde

on . Posted in VBO - Algemeen

VBO: Vrae en Antwoorde


1.    Wat is VBO?

VBO staan vir “Voortgesette Bedieningsontwikkeling”.  

2.    Is VBO verpligtend?

Ja.  Die Algemene Sinode het in Junie 2007 ’n sterk besluit oor Voortgesette Bedieningsopleiding geneem.  
    Die besluit het twee wesenlike punte: dit maak VBO verpligtend en afdwingbaar vir alle predikante, maar bepaal ook dat die sisteem en inhoud van VBO voortdurend met predikante onderhandel moet word.  Dit is nie ’n nuwe besluit nie. Dit bevestig en versterk vorige besluite van so vroeg as 1980 dat Voortgesette Opleiding verpligtend is vir alle predikante. In die meeste ander professies word baie tyd en geld spandeer om mense te bly slyp vir hulle rol.

3.    Waarom is VBO nodig?

Wat agter die besluit sit, is die oortuiging dat dit in sowel die gemeentes as die predikante se belang is dat predikante verbind is tot lewenslange leer.  Feitlik alle professionele beroepe het reeds lewenslange leer verpligtend gemaak tot op die vlak dat mense hul registrasie kan verloor as hulle nie bly leer nie.
    Almal wat al ’n bietjie hieroor nagedink het, weet dat hierdie ’n goeie en nodige besluit is wat ons volle steun verdien.  Die groot kuns gaan wees om dit nou op so ’n manier te implementeer dat ons die beste daarvan maak en daaruit haal.

4.    Wat is VBO se kernwaardes?

VBO gaan oor die verdieping van ons kennis en insig in die waarheid van die evangelie, ons ingesteldheid teenoor ons roeping en ons werk en oor die slyping van ons bedieningsvaardighede. Maar dit gaan veral ook oor konstante leerbaarheid en oor die moed om in nuwe situasies in te gaan met die vertroue dat die Here ons kan leer en ’n weg kan wys wat ons nie vooraf helder gesien het nie.  Die kernwaardes van VBO kan dus as volg opgesom word:
•    Die voortgesette verdieping van ons kennis, insig en geloof in die evangelie.
•    Die bevordering van geestelike groei, roepingsverdieping en persoonsontwikkeling.
•    Slyping van bedieningsvaardighede vir missionêre gemeentes in diens van die koninkryk vandag.
•    Om getrou aan ons gereformeerde tradisie, te bly slyp aan ons vermoë om teologies te onderskei.
•    Die behoud en bevordering van bedieningsvreugde en bedieningsmoed.

5.    Hoe werk die punte-sisteem?

Ons het nog nie die detail van al die maniere waarop punte verdien kan word, presies gefinaliseer nie.  Vir die begin wil ons sake nie te ingewikkeld maak nie.  Ons sal hopelik in die volgende vier jaar (wat ’n implementeringstyd is), elke jaar die program en die proses verfyn en verbeter. Op hierdie stadium kan ons die volgende reëlings deurgee:
1.    Vir die eerste vier jaar van implementering vra ons dat predikante met meer as 3 jaar diens 50 punte (wat min of meer 50 uur VBO-werk beteken) per jaar moet verdien. Ons verwag van predikante met 1 tot 3 jaar diens om 100 punte per jaar te verdien (ons stuur eersdaags ’n spesiale skrywe aan hierdie 1 tot 3 jaar groep, om rëelings deur te gee).
2.    Ons wil graag hê dat elke predikant jaarliks ten minste een drie-dag kursus sal bywoon wat die waarde het van 30 punte. Daar is ’n groot variasie van kursusse en meer as een geleentheid waar die kursusse aangebied word. Ons werk daaraan om die kursusse regtig prakties en implementeerbaar te maak. Ons gedagte is dat daar tydens die kursus al gepraat sal word oor implementering en dat daar ook na die tyd in die gemeente ’n gesprek met die kerkraad of ’n kommissie kan wees oor implementering in die gemeente.
3.    Die orige 20 punte (vir mense met meer as 3 jaar diens) kan op verskillende maniere verdien word.  Omdat ons weet dat mense op verskillende maniere leer wil ons ook ander programme as net formele kursusse van die VBO-instansies akkrediteer met die oog op VBO. Ons het besluit om reeds nou al die volgende metodes en programme te erken:
•    Studiegroepe of werkgroepe soos dié van BUVTON en sinodale kommissies
•    Bywoning van retraites
•    Inskakeling by ’n mentoraatsprogram
•    “Company of Pastors”-program
•    Dagkonferensies
•    VBO-konferensies soos Verantwoordelike Vernuwing
•    Kursusse gereël deur die sinode, ring of streek
•    Vakwetenskaplike werkgemeenskappe
•    Verdere studie of die aanleer van ’n derde taal
•    Studietoere (binnelands of buitelands)
•    Artikels in ’n geakkrediteerde tydskrif
•    Bywoning van geakkrediteerde kursusse aangebied deur ander instansies (oor die presiese punte-berekening by elk van hierdie instansies moet ons nog onderhandel)
4.    Ons wil ook vir predikante krediet gee vir ordentlike teologiese boeke wat hulle lees. Ons dink nog oor die beste manier om die punteberekening hier te doen.  As groepe predikante boeke saamlees en dit bespreek sou dit makliker wees om die krediete te bereken.  As mense boeke op hul eie lees sal ons moet kyk na ’n soort verslag oor wat geleer is en oor moontlike implementering.  Deel van die “Company of Pastors”-program is ook dat predikante meer boeke per jaar lees. Ons voorsien dat predikante wat deel word van die program, benewens dit, nie meer per jaar sal hoef te doen as die drie-dag kursus nie. Ons het ’n kleiner komitee aangewys wat kyk na die implementering van die “Company of Pastors”-program.
5.    Ons kry navraag oor kursusse van ander instansies.  Die reëling is tans dat sulke kursusse deur die VBO-keuringsraad (3 VBO-benoemdes, 3 predikante en 3 dosente) geakkrediteer moet word.  Ons het reeds aansoeke ontvang van ’n paar instansies en sal hopelik in die loop van die eerste semester die keuring doen.
6.    Predikante wat besig is met verdere studie sal daarvoor krediet kry.  Mense wat besig is met ’n skripsie oor ’n spesialis onderwerp sal net die drie-dag kursus moet doen en afslag kry op die verdere 20 punte. Mense wat ’n breë basis bedieningsgerigte graad doen (soos ’n M. Th in Bedieningspraktyk) sal vir die hele duur van die graadkursus (2de en 3de jaar) nie verdere VBO-werk hoef te doen nie.  Die rede is dat die praktyk-kursusse sterk bedieningsgerig is.  Wat ons moet probeer verhoed is dat iemand vir jare besig is met ’n akademiese onderwerp wat bitter min met die bediening te doen het en daarom geen VBO-werk wil doen nie.  Die grens hier is nie so rigied nie; ons sou na versoeke met goeie meriete kon kyk.
7.    Mense wat betrokke is by die aanbieding van kursusse sou ook kon onderhandel vir VBO-erkenning.  Die beginsel is dat ’n mens studie en voorbereidingswerk doen vir so ’n aanbieding en krediet daarvoor behoort te kry.

6.    Hoe word die punte aangeteken? Wie monitor dit?  

Die voorlopige beplanning is dat die Sinode se ringsvorm (Vorm vir Kerklike Statistiek) sodanig aangepas word dat Kerkrade die nodige inligting daarop kan verskaf.  Beide die Kerkraad en die Ring kry dus geleentheid om hulle predikante se VBO te monitor. Uit die aard van die saak sal dit eers geld vanaf 2009.  Ons beplan ook ’n databasis waarop elke predikant se VBO aangeteken word.  Uiteindelik hoop ons dat die databasis web-gebaseerd kan wees, sodat elke predikant sy/haar VBO elektronies kan nagaan.  

7.    Is VBO-punte oordraagbaar?

Predikante is welkom om meer as een drie-dag kursus per jaar te doen.  Punte kan dus, binne perke, na ’n volgende jaar oorgedra word.  Die bedoeling van lewenslange leer is egter juis dat daar deurlopend leer sal plaasvind.

8.    Wanneer word watter kursusse aangebied?

Sien die kursuslys vir volle besonderhede of kontak die VBO-kantoor.  

9.    Wie reël die verblyf?

Predikante reël hulle eie verblyf. Waar ’n predikant geen eie verblyf kan reël nie, kan Communitas geskakel word vir ‘n lys van plekke wat spesiale oornagtariewe aan VBO-gangers aanbied. Kontak dus vir Chrisna van der Merwe as u enigsins sukkel met verblyfreëlings.

10.    Wat kos die VBO?

Die Sinode van Wes- en Suid-Kaapland se aanbeveling is dat gemeentes jaarliks R1 000 per predikant tot die VBO-fonds sal bydrae.  Die versoek is dat dit ná 1 Maart 2008 aan die Saakgelastigde in Bellville gestuur sal word. Kursusgangers betaal in 2008 net R100,00 per drie-dag kursus per jaar vir VBO.  Middagetes en kursusmateriaal is ingesluit by die R100,00 kursusfooi. Omdat ons die kursusse bekostigbaar wil maak – ook vir mense wat ver is – sal ons, sover ons kan, wil help met ’n brandstofsubsidie. Sien Paragraaf 15 hier onder vir besonderhede oor die brandstof-subsidie.

11.    Kan lidmate (gemeenteleiers) of kollegas van ander kerkgenootskappe ook VBO bywoon?

Ja, maar die ooreenkoms is dat mense wat nie predikante in die NG Kerk of VGK is nie, vir die werklike koste sal moet betaal.  Predikante uit ander sinodale gebiede sal ook moet betaal.  Skakel vir Chrisna van der Merwe vir besonderhede ten opsigte van die koste.  Vir ’n drie-dag kursus beloop die koste sowat R600,00 (losies uitgesluit).  Reiskoste word ook nie betaal nie.  Die lidmaat/kollega is natuurlik welkom om gratis saam met die predikant te reis.

12.    Verlofreëlings

Predikante word versoek om hulle VBO in oorleg met die Kerkraad te beplan.  Die bywoon van ’n VBO-kursus word normaalweg nie as verlof gereken nie.  

13.    Wat is die “Company of Pastors”?

Die Presbiteriaanse Kerk in die VSA het ’n klompie jare gelede begin met ’n program wat hulle Company of Pastors noem.  Die naam kom uit Calvyn se tyd en was in gebruik deur die groep predikante van Genève wat weekliks saamgekom het om te bid en om te gesels oor hulle bediening en prediking.  Die doel van die groep is oefening in die geloofsdissiplines, opknapping van teologiese kennis en oordeel, wedersydse ondersteuning en wedersydse verantwoordbaarheid.   Die groep verbind hulleself om
•    daaglikse Skriflesings te doen,
•    daagliks ’n gedeelte uit die Belydenisskrifte te lees,
•    daagliks te bid vir mekaar en vir die kerk van Christus,
•    jaarliks vier goeie boeke oor die bediening en die teologie te lees,
•    inligting met mekaar uit te ruil via ’n tydskrif uit eie geledere en
•    een keer per jaar ’n streekbyeenkoms van die Company of Pastors by te woon.
Ons oorweeg die vorming van so ’n groep hier.  Joseph Small, organiseerder van die groep in die VSA was baie opgewonde toe ons die moontlikheid vir hom genoem het.  Hy meen selfs dat ons moet kyk of ons predikante in die VSA en in Suid-Afrika aan mekaar kan bekendstel om vir mekaar te bid.

14.    Wie kan ek kontak vir meer inligting?

Skakel Chrisna van der Merwe by Communitas (VBO)
Telefoon:      021-808-3624
Faks:      021-886-5701
E-pos:       Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Posadres:      Posbus 3322, Matieland, 7602
Fisiese adres:     Communitas, Dorpstraat 171, Stellenbosch, 7600

15.    Brandstofsubsidie

VBO is bereid om ’n deel van die predikant se brandstofkoste te subsidieer. VBO betaal nié reiskoste nie! Let dus op dat die riglyne vir die brandstofsubsidie anders is as vir reiskoste.    
•    Die brandstofsubsidie aanbod is slegs vir predikante van die NG Kerk in die Sinodale gebied van Wes- en Suid-Kaapland of die VGK in Kaapland.  Kerkraadslede, lidmate of predikante uit ander kerke of sinodale streke kom nie in aanmerking vir ’n brandstofsubsidie nie.
•    Predikante word versoek om so ver as enigsins moontlik saam te reis.  Waar dit nie gebeur nie, sal die brandstofsubsidie tussen die enkelryers uit een gemeente/gemeenskap verdeel word.  
•    Predikante word versoek om sover moontlik die kursus naaste aan hulle gemeente by te woon.
•    ’n Brandstofsubsidie van R1,00 (een rand) per kilometer word betaal.  “Kilometers” verwys na die afstand (heen- en terugreis) tussen die tuisgemeente en die plek waar die kursus aangebied word.  ’n Brandstofsubsidie word nie gegee vir ekstra draaie wat die predikante ry of vir die daaglikse in en uit ry na die gemeente nie.  [’n Leraar wat in Velddrif bly en ’n kursus in Stellenbosch bywoon kan hulp vra vir die 160 km (x2) tussen Velddrif en Stellenbosch.  Maar nie vir die draai via Worcester en vir die tolgeld nie.  Indien verblyf by ’n familielid in Worcester gereël word, kan die leraar nie eis vir die ritte wat saans na Worcester gery word nie.  Die Sinode help net met die basiese brandstofkoste tussen die tuisgemeente en die plek waar die kursus aangebied word.
•    Die aanbod vir ’n brandstofsubsidie word slegs gerig aan predikante wie se tuisgemeente verder as 80 kilometer (enkel rit) vanaf die kursusplek is.  Alhoewel ’n predikant wat drie keer tussen Wellington en Stellenbosch ry tydens ’n VBO-week in totaal minstens 200 km gaan ry, kan hy/sy nie aanspraak maak op ’n brandstofsubsidie nie, want Wellington is nader as 80 km aan Stellenbosch.
•    Aangesien VBO van ’n “brandstofsubsidie” praat, en nie van ’n “reiskoste formule” nie, is dit uiteraard moontlik om buitengewone omstandighede met Chrisna van der Merwe te bespreek.  Doen dit vooraf, sodat daar nie uiteindelik ’n verleentheid oor die saak is nie!

AddThis Social Bookmark Button

canada drugs
canadian pharmacy for animals normally viagra pharmacy tests
cialis 20mg

viagra


east canadian pharmacy ease

phys buy phentermine root

fukuda http://tramadolbuy.info/ dahlheim
canadian pharmacy
ambien

виагра действие door where to buy viagra constipation
provigil online