Gesprek oor GROEN

Swartberg Indaba

VRAE:
  1. Dink ons dieselfde oor die groen aarde?
  2. Drukgroepe kom nie uit die kerk nie – hoekom nie?
  3. Wat van die kerklike tradisie wat sing: Hoe skoon die aarde, dit het MIN waarde...?
  4. Teologie van ’n spoedige wederkoms maak dat mense nie met voet op die aarde loop nie
  5. Wat kan die kerk doen?
  6. Plant ons inheems op die kerkterreine?
  7. Wie doen wat in ons omgewings?
  8. Wat van die droogte? Raak ons nou eers bewaringsbewus in nood?
GESELS SAAM!

Swartberg Indaba

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Doopverjaarsdae

Geskryf deur Frederick on . Posted in Konferensies - Swartberg Indaba

Met die doop van jou/julle kind is dit dalk ’n goeie idee om Deut 6: 4-13 weer ’n slag te gaan lees.  Geloof is om gevorm te word deur God.  Wanneer ’n mens vanuit ’n Bybelse perspektief na die lewe kyk, sal dit vreemd wees om sekere goed in die “geestelike” kategorie te sit en ander weer in die “ongeestelike” kategorie.  Die ideaal is dat elke gelowige groei om uiteindelik te besef wat dit vir my elke-dag se bestaan beteken om te lewe in die teenwoordigheid van die lewende God.  Om hierdie rede is dit verskriklik belangrik dat elke gesin sekere gewoontes en gebruike aanleer wat, in diens van die Heilige Gees, kan help om die geloof te vorm.  Dit is bes moontlik een van die beste maniere in ons tyd gestalte te gee aan die bedoeling van Deut 6.

Om julle te help hiermee, wil ons graag die volgende voorstelle met jou/julle deel oor hoe ’n mens te werk sou kon gaan om, saam met jou gesin, een van die gesinslede se herdenking van hulle doopdag te vier.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Doopbrief vir Doopherdenking

Geskryf deur Frederick on . Posted in Konferensies - Swartberg Indaba

Liewe                                                                         

Die brief word geskryf sodat jy as jy dit lees, jy die waarde en diep betekenis kan verstaan wat jou doopdag vir jou ouers, familie en geestelike familie hier in ___________ NG Kerk gehad het.

Jy is teen die tyd wat jy die brief lees, waarskynlik al ‘n jong dame!  Met die skryf van die brief is jy egter nog ‘n pragtige klein babadogtertjie.  Ons as gemeente is vandag getuie dat die Here jou aanneem as Sy kind – op grond van liefde van Jesus.  Ons sien en hoor hoe Hy jou opneem in sy huisgesin, hoe Hy jou deelmaak van ‘n groot geestelike familie. Dit is ‘n familie wat al begin het met Abraham en wat in alle tale en lande voortgaan tot met die wederkoms van ons Here Jesus.  Jou ouers – in die eerste plek – maar ook ons almal as gelowiges, beloof vandag om jou te vertel van die groot dade van God en wat die Goeie Nuus van Jesus Christus behels.  Ons glo Hy gee ons aan mekaar as mede-reisigers op die pad, wat mekaar moet help om raak te sien hoe die Here in ons lewe werk.  Maar weet ook, selfs al laat mense jou in die steek,  God laat jou nooit in die steek nie.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

SWARTBERG INDABA TERUGVOER VAN TEMAS :

Geskryf deur Frederick on . Posted in Konferensies - Swartberg Indaba

SWARTBERG  INDABA TERUGVOER VAN TEMAS :
“WAAROM LOOP KERKVERLATERS?”

Sekere vrae is gestel soos :
• Waarom is dit juis die jonger, meer welgesteldes wat die NGK verlaat?
• Is dit reg dat gemeentes en gesinne verskeur word deur kerke?
• Wat kan die NGK dan ANDERS doen dat lidmate nie WIL weggaan nie?

Sekere antwoorde is verskaf :

1] Konflik tussen persone laat mense aanbeweeg
2] Wil GOD op ’n ander manier beleef ; ander spiritualiteite bevredig meer.
3] Rondreisende predikersse teologie en spiritualiteit laat mense weggaan.
4] Doop en gawe-bedieninge laat mense loop.
5] Lojaliteit teenoor jo kerk is minder belangrik vir jonger generasie.

Sekere antwoorde is deur ’n jong kerkverlater SELF verskaf :

6] Die manier waarop haar kinders verwelkom is, en vry in kerkdiens mag rondbeweeg, is bevrydend.
7] Die belewing van die HG, en die vrywees van die Wet, was wonderlike ervaring.
8] Mense ontdek hul gawes en kan dit uitleef [ bv. om te mag profeteer in erediens ]
9] NGK leraars is vasgevang in strukture en lidmaat-eise/ verwagtinge
10] 1 Thess 2 Prediking mag nie berus op dwaling, eie eer soek, selfsug nie.Gaan tog net aan met die REGT dinge; moenie almal probeer tevredestel nie! Kyk ’n slag krities na strukture en verander ’n slag indien nodig.
11] NGK se liturgie is so voorspelbaar, en jarelank al dieselfde! Veskillende spiritualiteite maak afwisseling moeilik
12] Kleiner gemeentes het intiemer verhoudings.
13] Mense het behoefte aan deelname in eredienste.

TER SAMEVATTING HET ONS GELEER :

Mense wat uit beweeg is die onbetaalde rekening van die kerk.
Die HERE is ook hierdeur met die kerk besig. Wat kan ons leer?
Selfondersoek – IS daar wel in ons gemeente ruimte vir almal?
Luister na GOD en nie soseer na lidmate se eise nie.
Gee erediens en bediening terug aan die lidmate.
Interaktiewe versorging van mekaar sal mense “hou”
Verhoudings is NB

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Swartberg Indaba : Terugvoer van temagesprek rondom ARMOEDE

Geskryf deur Frederick on . Posted in Konferensies - Swartberg Indaba

 

Omdat mense meer geld ontvang deur hul regerings-toelaes, is ons besig om ’n generasie te skep wat nie wil werk nie!Die kerk se betrokkenheid by die onderwys is ’n natuurlike platvorm waar armoede aangespreek kan word. Selfs al kan ek net EEN mens se lewe aanraak en help om te oorleef, het ek ’n verskil gemaak.

Gemeentes moet oplet WAAR die Here reeds werk deur individue of instansies, en met hule netwerk. As gemeentes betrokke raak, kan hulle sorg dat hulpbronne verantwoordelik aangewend word, en nie in verkeerde mense se hande beland nie.

Die kerk se profetiese rol moet nooi geringskat word nie. Die armoede-probleem het politiese raakpunte, en die regering moet aangespreek word oor sake soos “all pay”, korrupsie en maklike skuldmaak-besighede [soos cash-loans], kindrtoelaes.ens

Die vigs-bediening moet deel wees van die Armoede-bediening.

PRAKTIESE OPLOSSINGS :

[ 1 ] ’n Groen-projek: Stop Bedelary/Dink Groen Werkskeppingsprogram (www.antibegging.co.za)waar gemeentelede ’n kaartjie vir R5 koop om aan bedelaars te gee. Die kaartjie word geneem na die Projek wat R2 vat om die organisasie te laat voortgaan. R3 se kos word aan die bedelaar gegee nadat hy daarvoor gewerk deur herwonne koerantpapier in bolletjies te rol. Met die bolletjies word vuuraanstekers gemaak wat weer verkoop word!
Kontak: Elma du Plessis 082 537 8316 Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of John Fourie  021 853 6714

[ 2 ] SCEP [Schoemanshoek Community Enhancement Project] se werk is tydens die tweede sitting van hierdie groep bespreek. Kleuterskole van die plaasgemeenskappe word geborg deur Die Burger, ABSA en Regerings Instansies. Die Kleuters word voorsien van mediese dienste soos tandheelkundiges, pastorale hulp, rekenaars en ’n biblioteek.
Kontak : Hennie Pretorius: 044 272 0031; 072 437 2602
   Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien  
 
[ 3 ] Sien video-insetsel van mnr. Piet Lodder ivm die Landbou Betrokkenheid by armoede op Communitas se webblad.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Beleef jou doop elke dag

Geskryf deur Glen Berg-Moberg on . Posted in Konferensies - Swartberg Indaba

Uit die gesprekke by Swartberg oor Doopviering het ons die volgende bydrae ontvang

Originally published by the Rev. Glen Berg-Moberg

The pastor visits a Sunday school classroom and asks each child in turn, "When is your birthday?" Each child answers with no hesitation. Brightly, proudly, they shout out their dates.

"November 11!" "Mine is March 10!" Another says "January 7." Then the pastor asks a different question. "What is your baptismal date?"

The answers are not as quick. They have to stop and think. But their excitement is even greater when they realize they can answer. They surprise themselves. They DO know their baptismal dates. This isn't a dream. It can really happen, through some very simple lessons and habits at home and in church.

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar