Missionêre Kerk in Handelinge

“Wat kan ons uit die boek Handelinge oor Missionêre Gemeente--wees leer?”

Gesamentlike projek van Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch en Communitas
2009--2011

Agtergrond

Aan die hart van kerk-wees lê Christus se opdrag: Gaan dan uit… En deur die eeue ontdek die kerk telkens weer dat ’n kerk wat uitreik, is ’n kerk wat leef.
Maar, soos die gemeentes in Handelinge, ontdek die kerk ook telkens weer die kompleksiteit van missionêre kerk-wees. Aan die een kant gaan dit gepaard met ’n verantwoordelike kennis en begrip van die Bybel. Aan die ander kant is dit praktyk-gerig.
Communitas en die Fakulteit Teologie hou van 18 tot 20 Mei 2009 ’n konferensie met die tema “Wat kan ons uit die boek Handelinge oor Missionêre Gemeente-wees leer?” Die konferensie sal die vertrekpunt wees vir navorsingsgroepe wat in die komende sowat drie jaar oor sewe temas in Handelinge sal werk. Die projek wil veral twee belangrike gesprekke bymekaar bring: Besorgdheid dat nadenke oor missionêre kerk-wees soms te selektief kennis neem van wat die Bybel daaroor sê, maar ook die waarde van sulke lees en dinkwerk vir die kerk en kerklike praktyk.
Die hoofsprekers is twee Nuwe Testamentici van internasionale statuur, Proff Beverly Gaventa (Princeton Theological Seminary) en Scot McKnight (North Park University, Chicago). Plaaslike Nuwe Testamentici, missioloë en predikante wat deel van die missionêre kerk-beweging is, lewer ook bydraes.
Sewe studiegroepe sal tydens die konferensie saamgestel word om sewe belangrike temas in Handelinge verder te bestudeer en inligting saam te ste oor hoe Handelinge hedendaagse kwessies sou hanteer. Die temas is:
  1. Wat leer ons in Handelinge van gemeentes en gemeente-wees (cf. die beeld van gemeentes; redaksionele kommentaar in Handelinge; toesprake; keerpunte; leiding van die Heilige Gees; organisering; gesonde gemeentes; ens.)
  2. Kerkeenheid en –verskeidenheid (inklusiwiteit en multikulturaliteit; diversiteit; ens.)
  3. Missionêre program en strategie (uitstuur; Paulus se werkwyse; plan en intensie; Handelinge as grondteks vir die missie; uitdagings en verandering; ens)
  4. Leierskap in Handelinge (apostolaat; dissipelskap; ens.)
  5. Bekering en redding (identiteit; bekering; transformasie; doop; etiek; ens.)
  6. “Empire” (Heerskappy) en ekonomiese geregtigheid (kontekstualisering; sosiale konvensies; verhouding met breë kultuur; geloof in post-/kontra-kulturele opset; ens.)
  7. Handelinge van die lewende God (Missio Dei; evangelie)
Predikante en akademici wat graag deel van die projek wil wees, is welkom om in te skakel by van die studiegroepe. Die groepe sal by die konferensie in Mei kans kry om hul planne bekend te stel en sal waarskynlik rondom hul eie temas kleiner konferensies hou.
Lidmate en gemeentes sal by die projek betrek word: 'n Paar mense het reeds begin werk aan `n program wat gemeentes in staat sal stel om in `n jaar deur Handelinge te lees. Die gedagte is dat die prediking en kleingroepe ingeskakel word by die proses. Daar word gewerk aan 'n 40-dae-program wat in gemeentes gebruik sal kan word. Die inligting kan ook met groot vrug vir Pinkster-boodskappe gebruik word.
AddThis Social Bookmark Button
Titel Filter
Vertoon #
#Artikel TitelOuteurTrefslae
1RECONCILING ENCOUNTERS IN LUKE-ACTS: A SOUTH AFRICAN MISSIONAL INTERPRETATIONKlippies Kritzinger1441
2Handelinge gaan oor God. Is dit vreemd?Eddie Orsmond1946
3Die Boek Handelinge en sy plek in die kerkEddie Orsmond2326
4DRIVEN BY CONVICTION AND ATTITUDEGert Steyn1926
5Leadership in ActsMarius Nel1722
6Missio Dei and Compassio DeiChristof Sauer 1692
7Gospeling the Gospel in ActsScot McKnight1827
8The Kingdom Vision of Luke-ActsScot McKnight1974
9LUKE’S MISSIONARY “INTENSIONS”David Seccombe1021
10Countervailing "Missionary" forcesJeremy Punt1221
11Issues of identity - in Acts Johan du Plessis827
12Acts for today’s missional churchNelis Niemandt1168
13Handelinge konferensie klankfilesFrederick2173
14Handelinge en Gestuurde GemeentesJannie Swart1945
15The Holy Spirit made the church grow by crossing boundariesChris van Wyk990
16Congregations : Pictures of the Acts NarrativeDanie Mouton1082
17Why congregations and congregational studies with a missional intention should read Acts today?Frederick Marais1181
18Handelinge konferensie begin van 'n opwindende gesprek oor gestuurde kerkweesFrederick1827
19Wat kan ons oor Missionêre Gemeente-wees uit die boek Handelinge leer?Chrisna van der Merwe2708

Alle kommentaar