Inligting
|
21 September 2009
Posted in
Communitas -
Inligting
Communitas het hierdie maand die 2 000 ste artikel gelaai. Dit beteken ons laai gemiddeld 36 artikels per week. Ons is baie dankbaar hieroor, omdat ons visie met Communitas steeds is om ‘n omvangryke oop-bron hulpmiddel vir gemeenteleiers te skep.
Om die mylpaal te vier, het ons ‘n artikel oor hoop geskryf: Tweeduisend artikels by Communitas!
Die artikels word wyd afgelaai en gelees.
Hier is 'n lys van die 10 mees gelese artikels vir 2009:
| Titel | Skrywer | Gelees |
| Gemeentelike Identiteitsvorming en Liturgie | Jannie Swart | 3021 |
| Gemeentelike Identiteitsvorming en die Vreemdeling | Jannie Swart | 2480 |
| Gemeentelike Identiteitsvorming en Migrasie | Jannie Swart | 2117 |
| Herontwerp Jeugbediening | Frederick Marais | 1871 |
| Gemeentes vol genade | Jan Woest | 1476 |
| THE FORGOTTEN WAYS - Alan Hirsch: opmerkings, vrae en aanhalings | Pieter van der Walt | 1257 |
| Onderskeidingsvermoë | Coenie Burger | 1141 |
| Wie of wat is die kerk in 'n sekulere samelewing? | Jaco Coetzee | 1056 |
| Skrifgeleerde-prediker of prediker-Skrifgeleerde? | Jan Woest | 1029 |
| Missional Pattern 1 Discerning Missional Vocation | Lois Barret |
843 |
Hier is 'n lys van die 10 mees gelese blog artikels vir 2009:
|
27 Mei 2009
Posted in
Communitas -
Inligting
Ek dink dit is belangrik dat daar op jou gemeentewebsite 'n "link"(skakel) na Communitas se website moet wees. Dan spesifiek die sake wat gemeentelede kan help. Dit sal nie deug as jy net 'n algemene skakel plaas nie, want sommige lidmate gaan een keer inskakel en hulle dan doodskrik vir al die wonderlike teologie wat hier bedryf word. Ons almal ken mos ook ons gemeentes, so plaas skakels wat vir hulle nuttig kan wees!
Ek dink veral aan skakels soos die blog van Positiewe ouerskap. Hierdie blog het baie goeie raad en gedagtes oor ouerskap. Ek dink die nood vir goeie raad aan ouers is ontsettend hoog! Die blogs oor ouerskap, gebed en ook leierskap het artikels wat spesifiek vir die "gewone" gelowige baie kan help.
Natuurlik kan jy 'n alg skakel opsit, maar dit help soms as jy mense na 'n onderwerp wat vir hulle nuttig kan wees kanaliseer! Op so manier sal die website nie net vir leiers en predikante nie , maar vir almal nuttig wees!!
|
10 Maart 2009
Posted in
Communitas -
Inligting
'n Vriendelike versoek aan gebruikers van www.communitas.co.za
www.communitas.co.za het die afgelope aantal maande eksponensieël gegroei.
Die aantal besoeke op die blad het soos volg gegroei
Okt 2008 113 gemiddeld per dag
Nov 125 gemiddeld per dag
Des 94 gemiddeld per dag
Jan 2009 130 gemiddeld per dag
Feb 193 gemiddeld per dag
Mrt 231 gemiddeld per dag
Dit maak ons baie opgewonde, maar noop ons ook om te vra hoe die webblad gebruik word. Ons sal bly wees indien jy twee minute kan neem om die volgende vrae te beantwoord om ons te help met die verdere ontwikkeling van www.communitas.co.za as 'n plek waar predikante en gemeenteleiers gehelp kan word om hulle roeping te ontdek en hulle gawes te ontsluit.
1. Watter afdeling van die webblad het jou al die meeste gehelp in jou bediening?
..........................................................................................................................
2. As jy 'n kort sin moet gebruik om www.communitas.co.za te beskryf, wat sal dit wees?:
..........................................................................................................................
3. Het jy al 'n artikel op die blad afgelaai en gedeel met gemeenteleiers in jou gemeente?
Dikwels / Soms / Nooit.
Kan jy 'n titel onthou en dalk kortliks beskryf hoe julle dit gebruik het?
..........................................................................................................................
..........................................................................................................................
4. Hoe gereeld besoek jy die webblad?
Daagliks /Weekliks /2keer 'n maand of minder
5. Is daar 'n idee wat jy graag wil deurgee aan die webmeester vir oorweging?
..........................................................................................................................
..........................................................................................................................
6. Sou jy graag gereeld 'n bydrae wil maak vir die webblad?
Ja /Nee .
Indien wel, oor watter onderwerp?:
..........................................................................................................................
..........................................................................................................................
7. Hoe gereeld sal jy graag die Communitas Webnuus wil ontvang?:
Daagliks /weekliks .
8. Enige ander voorstelle?
..........................................................................................................................
..........................................................................................................................
..........................................................................................................................
Baie dankie
Frederick Marais en Chris van Wyk
Stuur aan webmaster@communitas.co.za
15 Februarie 2009
Posted in
Communitas -
Inligting
Communitas lewer nou ook 'n Webnuus diens.
Jy kan inteken op 'n aantal areas van die webtuiste.
Telkens as daar 'n nuwe bydrae geplaas word, sal jy dit per epos ontvang.
Dink net: jy sal nooit weer sonder vars nuus van Communitas wees nie!
Gaan na die skakel webnuus by die Tuisblad menu.
Teken in (of registreer eers by die module regs-bo).
Klik dan op die nuus wat jy graag wil ontvang.
... en Bly Ingelig!
Stuur alle kommentaar aan webmaster@communitas.co.za
28 November 2008
Posted in
Communitas -
Inligting

Esegiel 47 is vir die Communitas-span 'n teks waarin hulle wandel by elke spanbyeenkoms. Nico Simpson het vir ons skilderye gemaak om die dinamika van die teks te verbeeld. Die skilderye hang in ons seminaarkamer in ons kantore op die Kweekskool terrein op Stellenbosch.
Die stroom uit die heiligdom
1 Die man met die meetstok het my teruggebring na die ingang van die tempel toe. Toe sien ek daar kom water onder die tempel se drumpel uit aan die oostekant. Die tempel het oos gekyk. Die water het regs van die tempel weggeloop, suid van die altaar verby. 2 Die man vat my toe by die noordpoort uit en om na die buitenste oospoort toe. Daar syfer die water toe regs langs die poort uit. 3 Die man het oos gestap en met die maatlyn wat hy by hom gehad het vyf honderd meter afgemeet van die oospoort af. Toe laat hy my deur die water loop. Dit was enkeldiep. 4 Hy het nog vyf honderd meter afgemeet en my deur die water laat loop. Dit was kniediep. Hy het nog vyf honderd meter afgemeet en my deur die water laat loop. Dit het tot by my heupe gekom. 5 Toe meet hy nog vyf honderd meter, maar toe was die water ’n stroom waar ek nie kon deur nie. Die water was diep, sodat ’n mens sou moes swem; dit was ’n stroom waar ’n mens nie deur kon loop nie.6 Die man sê toe vir my: “Sien jy dit, mens?”
Hy laat my toe al langs die stroom terugstap. 7 Terwyl ek so terugstap, sien ek daar staan groot, hoë bome weerskante op die stroom se wal.
8 Die man het vir my gesê: “Hierdie water loop weg na die streek oos toe en af na die Jordaanvallei toe waar dit in die Dooie See sal inloop. Wanneer dit in die Dooie See inloop, sal die water van die Dooie See vars word. 9 Waar die stroom ook kom, sal dit wemel van al die soorte diere en sal daar baie vis wees. Die water loop af na die Dooie See toe en sal die see vars maak. Waar die stroom kom, sal alles lewe. 10 Daar sal vissers langs die Dooie See staan van En-Gedi af tot by En-Eglajim. Dit sal ’n plek wees waar hulle nette droogmaak. Daar sal net soveel soorte vis wees as in die Groot See, en net so baie. 11 Net die water in die moerasse en kuile langs die Dooie See sal nie vars word nie. Hulle moet sout bly. 12 Weerskante op die wal van die stroom sal allerlei vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verlep nie en hulle vrugte sal nie opraak nie. Hulle sal elke maand dra, want die stroom se water kom uit die heiligdom. Die vrugte sal daar wees om te eet en die blare om genesing te bring.”
|
09 Oktober 2008
Posted in
Communitas -
Inligting

05 Oktober 2008
Posted in
Communitas -
Inligting
Communitas se webtuiste is druk besoek in September. Die oorhoofse prentjie sien as volg daar uit (Aug in hakies):
| Totaal | Gemiddeld | |
| Unieke besoekers: | 1356 (633) | 45 per dag |
| Totale besoekers: | 3006 (1395) | 100 per dag |
| Aantal bladsye gelees: | 128 256 (51 114) | 4 275 per dag |
| Hits (alles op ‘n bl.): | 337 443 (178 927) | 11 248 per dag |
| Verkeer: | 1.66 Gig (0.925 Gig) | 56.8 MB per dag |
| Robot verkeer: | 1.73 Gig (0.972 Gig) | 57.6 MB per dag |
| Totale verkeer: | 3.4 Gig | 112 MB per dag |
- Besoekers is gemiddeld 8 minute op die webtuiste (490 sek).
- 10% van die besoekers spandeer meer as 30 minute op die webtuiste met 'n besoek.
- Goeie verkeer word reeds van soekenjins (Google het 1204 besoeke gelewer) asook plaaslike skakels (GDN het 56 besoeke gelewer) gekry.
Webmeester
19 September 2008
Posted in
Communitas -
Inligting
Welkom by www.communitas.co.za
www.communitas.co.za is ‘n kuierplek vir gemeenteleiers wat glo dat gemeentes God se geskenk aan die wêreld is. Ons ontmoet mekaar hier om ons verhale, drome, vrae en insigte met mekaar deel. Hier is nie kopiereg nie, ons deel gratis met mekaar- dit is 'n oop bron wat daagliks groei soos wat ons saam kuier. Laai na hartelus af en sit met vrymoedigheid by. www.communitas.co.za is vir mense sonder titels, want is ons almal leerders, dissipels, wat probeer verstaan wat dit beteken om die roeping wat ons van God ontvang het, in ons konteks te kan uitleef en die gawes wat Hy aan ons gegee het te ontsluit.
Ons nooi jou uit: word deel van hierdie gemeenskap van leerders, maak ‘n bydrae, vertel vir ons van ‘n boek wat jy gelees het, deel ‘n program wat jy ontwerp het, of vra die vrae wat jy nie alleen kan antwoord nie.
Posted in Communitas - Inligting

- Die Communitas netwerk is een van die mees omvattende diensnetwerke aan gemeentes en die soekfunksie
alleen is al genoeg rede om hier 'n draai te maak. Tik jou trefwoord in op die soekfunksie en jy kry dadelik inligting en kontakdetail oor die saak. As jy bv. "predikant" intik maak daar reeds 104 opsies oop! Probeer self: vernuwing, kerkraad of toerusting en kyk wat gebeur!
- Die Communitas dagboek hou jou op hoogte van VBO kursusse en konferensies vir predikante en gemeenteleiers wat deur die Communitas netwerklede in die toekoms aangebied word.
- As jy 'n kursus of konferensie nie kon bywoon nie en wonder wat daar gebeur het kan jy gerus gaan kyk na die dokumente wat ons na elk van die geleenthede op die web plaas. Kyk gerus na wat daar by die pas afgelope Cedarberg konferensie gebeur het.
- Die Leesrooster-argief gee jou toegang tot 8 jaar se preke! Chris Jones het 'n gesprek in sy Blog - Preekstudies - oor die leesrooster tekse begin om 'n weeklikse gesprek tussen leraars te stimuleer - www.communitas.co.za/preke.
- Op die Blog- Padlangs met gemeentes - bespreek Frederick Marais gedagtes oor die dinamika van gemeentes. Daar is reeds 'n lewendige gesprek aan die gang - vrae word gevra, menings word gelug, stories word vertel, foto's word geruil en daar word raad gegee. Gaan kyk gerus www.communitas.co.za/padlangs.
- Pierre Goosen maak op sy Blog - Begelei mekaar - nuwe wêrelde oop vir die persoons- en roepingsontwikkeling van predikante - www.communitas.co.za/begelei.
- Coenie Burger het 'n unieke blog begin, Na-gedagtes, waarop baie van ons al lank wag. In kort "thinksheets" dink hy hardop en maak aantekeninge oor die bediening en die kerk, oor God en ons roeping, na aanleiding van leeswerk wat hy doen.
- Daar word weekliks nuusflitse opgesit oor nuwe boeke en toerustings geleenthede vir predikante en gemeenteleiers.
- By ons Communitas boekwinkel het ons 'n baie interessante nuwe voorraad van nuwe teologiese boeke en gemeentehulpmiddels beskikbaar- gaan kyk gerus na die resensies daaroor.
- By die foto gallery afdeling plaas fotograwe foto's wat oor die misterie van God en ons geloof gaan en ons verbeelding prikkel. Gaan kyk gerus, laai af en gebruik dit vryelik in jou bediening.
- Ons navorsings resultate oor gemeentes kan jy vind in 'n reeks artikels wat in die argief vir jou gerief gestoor word.
- As jy na alles nog met 'n vraag oor die gemeentelewe sit wat nie aangespreek is nie, nooi ons jou uit om dit te vra. Ons gaan probeer om in die Communitas netwerk uit ons ervaring van dienslewering saam met jou te dink oor hieroor - en wie weet, dalk begin ons saam met jou 'n nuwe blog of 'n diens of 'n navorsingsgroep om verder hieroor te dink!
Boekmerk vandag nog dié webtuiste as jou voorkeur webtuiste!
NB - as jy outomaties in kennis gestel wil word van nuwe artikels op die webtuiste, laai 'n RSS leser af (Sharpreader werk baie goed - 800KB), installeer dit en tik die volgende skakel in die adresbalk van Sharpreader in: http://www.communitas.co.za/index.php?format=feed&type=rss en subscribe! Jy sal nooit weer iets mis nie! Of klik op die RSS skakel hieronder.















