In aansluiting by Calvyn word dié gebedsriglyne gebaseer op sy sogenaamde vier reëls vir gebed. Die temas is as volg:
Ons roeping om te bid (aanbidding en voorbidding)
Ons roeping is ook om betrokke te raak in die wêreld - olv die Gees is ons God se transformasie agente
Ons roeping om te bid en te werk vir eenheid en versoening
Ons roeping om te bid en werk vir die heling van ons wêreld
A CALL FOR THE CHURCH TO PRAY AND WORK FOR PEACE
Ons is geroep om die Here te verheerlik – in alles!
Die nuutste NOUS DVD's is beskikbaar.
HEKEL - nooi jou uit om ’n nuwe begin te maak, te besef aan die einde van elke pad begin ’n nuwe reis.
SPRING - daag jou uit om vrae te vra, eerlik te wees, jou opinie te lug, onseker te wees, te twyfel, te spring, alleen, maar veral ook saam met ander.
Kontak die Jeugkantoor (0219577199) om te bestel - R25 (posgeld uitgesluit) vir ’n DVD met 2 clips op.
Op 17 en 18 Feb 2009 hou die SKG (Communitas) van die NGK en VGK van Wes en Suid Kaap ‘n konferensie oor gebed en spiritualiteit.
Dit vind by Stellenberg Gemeente plaas. Die konferensie is gerig op predikante en gemeenteleiers. Dit is ‘n geleentheid om na te dink oor gebed en spiritualiteit, maar wil mense ook aanmoedig om ‘n gebedskultuur in gemeentes te skep. Sprekers wat sal optree sal ‘n verskeidenheid spiritualiteitstyle verteenwoordig. Dit beloof om een van daardie geestelike groei geleenthede te wees wat geen dominee of gemeenteleier behoort te mis nie. Predikante wat dit bywoon sal VBO krediete hiervoor ontvang. Die program en inskrywingsvorms kan hier afgelaai word. Navrae kan by Quintus Heine gedoen word.
InterAct Workshop: 4-6 February 2009.
Duration: 9h00 - 17h00 Venue: 29 Koorsboom Crescent, Vredekloof, Brackenfell Costs: R3 300 (Excl. VAT) Includes course material, Psychometric tests as well as venue and catering. Bursaries available for NGO’s and Religious Organizations Content: For more information see Clariact.
Eerstejaarskampe 2009 op Stellenbosch – help verwarring voorkom asseblief!
Ons het groot verwagtings van die eerstejaarskampe wat DV van Sondag 18 tot Woensdag 21 Januarie 2009 gehou word. In 2008 het 500 studente die kampe bygewoon en in 2009 kan dit selfs meer wees. Maar ons vra dat die predikante ons asseblief sal help om verwarring te voorkom. Al die kerkgenootskappe op Stellenbosch hou eerstejaarskampe. Dit gebeur jaarliks dat matrieks dink hulle skryf vir die NG Kerk se kamp in en dan beland hulle by ’n ander kerk se kamp. Veral omdat sommige kerke (ongelukkig soms doelbewus) nie hulle naam by hulle kampe sit nie. Ons vra vir predikante en gemeenteleiers om asb die inskrywingsvorm vir NG Moedergemeente se eerstejaarskampe aan hulle matrieks te besorg. Gee dit sommer vir die matrieks by julle plaaslike hoërskool voordat hulle volgende week begin eksamen skryf . Vir enige navrae bel asb 021 887 5020 of 021 883 3458. Vir e-pos navrae: venita@moederkerk.co.za of richard@moederkerk.co.za. Die inskrywingsvorm is beskikbaar op die gemeente se webwerf by www.moederkerk.co.za.
Bestel die nuwe Leesrooster en Preekstudies nou om teleurstelling te voorkom.
Leesrooster: R50.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Leesrooster CD: R35.00 elk (Kan net saam met die boek gekoop word). Preekstudies met Liturgiese voorstelle: R150.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Preekstudies met Liturgiese voorstelle CD:R35.00 (Kan net saam met die boek gekoop word). Kontak: Leatitia of Monique 0860 26 33 42 of stuur ‘n e-pos bestel@bmedia.co.za
Die VBO-kursusse van hierdie kwartaal het goed verloop al het ons gewonder of die vierde kwartaal 'n goeie kwartaal is vir kursusse!!
Meer as 50 predikante het deelgeneem in die 4 kursusse wat aangebied is. Dit wil vir ons lyk asof groepe rondom 15 'n baie lekker interaktiewe leersituasie skep. Gaan kyk gerus nou al op die Dagboek funksie vir die datums van 2009 se VBO kursusse. Kliek ook op Dienste en onder kursusse sal jy die lys van kursusse vir volgende jaar vind. Sodoende kan jy nou al die datums dagboek. As ons kyk na die geweldige groei in die getal predikante wat vanjaar se VBO kursusse by Communitas bygewoon het, wil dit lyk asof die nuwe A-Z sisteem, anders as wat gedink is, makliker ingeburger raak in die kerk se sisteem. Ons is baie dankbaar want leerbaarheid is 'n belangrike waarde in hierdie tyd. Die kursusse is 'n belangrike deel van Communitas om gemeentes en predikante by te staan in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle gawes.
Waarom is daar sommige gemeentes waar daar altyd 'n gebrek aan leiers is, terwyl ander gemeentes weer 'n oorvloed het van nuwe leiers met inisiatief?
Frederick Marais het oor die vraag nagedink. Lees gerus hieroor op die Blog: Padlangs met gemeentes.
Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes is in 2009 vyf jaar besig in Suider Afrika.
Ons beplan 'n groot navorsingsprojek waarin ons saam met verskeie van ons vennote gaan ondersoek doen oor die patrone van gestuurdheid in gemeentes in Suider Afrika. 9-11 November hou ons 'n konferensie om die resultate van die navorsing te bespreek deur saam terug te kyk oor die afgelope 5 jaar, maar ook vorentoe te kyk oor die pad vorentoe. Dagboek gerus nou reeds die datum
Die afgelope twee weke was chaos op vele fronte ...
In Padlangs met gemeentes vertel Frederick van 'n ontdekking wat hy gemaak het oor die goeiende leerbaarheid in ons gemeentes en onder leiers.
Gaan gerus na die blog Padlangs met gemeentes en lewer kommentaar of dit klop met jou waarneming.
Hoe kry ons brûe gebou na die gemeenskap om ons, hoor ek baie gemeenteleiers vra die afgelope tyd?
Baie gemeenteleiers weet dat ons gemeentes amperse ghetto gemeenskappe geword het, waar nog net die ingewydes tuis voel. Met groot dele van die gemeenskap - oud en jonk - het ons ons vermoë verloor om gemeenskap te bou. Die Christendom erfenis wat ons het, maak die kerk en gemeente selfgerig - ons vind ons bestaan in onsself - dit sit baie dieper in ons DNA as wat meeste van ons wil toegee. My ervaring is byna dat hoe meer geleerd die predikant en die gemeenteleiers is, hoe dieper is hulle geskool in die soort denke. Aan die ander kant glo ek dat die Gees gemeenskap bou oor grense, glo ek dat die Gees die hele tyd besig om gemeenskap te stig oor grense heen ... Lees meer ...
Die dissipels het vir Jesus kom vra: “ Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?”
Hy het hulle geantwoord: . . . . Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse: omdat hulle kyk maar nie sien, en hoor maar nie luister en verstaan nie . . . .”
Simbole help ons wanneer woorde nie kan nie.
Met die gebruik van simboliek, gebruik ons die bronne van die kerktradisie en maak dit eietyds.
Dit is die “kunstenaar” in elkeen van ons wat dan iets kan skep of ‘n simbool in iets sien van wat God aan die doen is in die wêreld, in die kerk en in ons lewens.
Advent
Advent is nie net gerig op die eerste koms van Jesus nie, maar ook op die wederkoms van Jesus! Dit is ‘n tyd van verwagting, afwagting en voorbereiding op die wederkoms van Christus. Die gereed maak van die bruid van Jesus vir die Hemelse Bruidegom.
Advent wil ons ook leer om geduldig te wag op die Here, terwyl om te wag geassosieer word met ‘n vermorsing van tyd in ons gejaagde, moderne samelewing.
Wingerdkrans
Johannes 15 : 1 – 17
“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. . . . . Julle moet in My bly en Ek in julle. ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. . . . . “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my vader uitvoer en in sy liefde bly. “ Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle volkome kan wees. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. . . . .
Simboliek in aansluiting met die tradisie van Advent
Ons kan net hierdie liefde uitleef en Jesus se opdrag uitvoer indien ons vas aan Hom is, en naby aan Hom lewe.
Hy is gebore uit liefde vir ons.
Hy het ons hierdie liefdesopdrag kom gee.
Hy sal weer kom om die wat vir Hom lief is te kom haal.
wingerdkrans: Jesus, sonder begin of einde!
hart: Elkeen wat aan Jesus behoort.
pers lint: Jesus is Koning, ook van my lewe.
pienk lint: Jesus se blydskap in ons.
Om blydskap te ervaar, beteken om te deel in die gevolge van die verlossing wat Jesus Christus gebring het. Blydskap is die gevolg van ‘n geloof in Jesus Christus. Dis ‘n voortgaande lewe in die wingerdstok, Jesus Christus. Dit is om die nuwe lewe opwindend te ervaar.
blommetjies: om vrug te dra
‘n Sigbare teken en bewys van ware navolgerskap
wit banier: Jesaja 40 : 9 – 11
‘n Oproep om die verlossingsboodskap uit te jubel en in afwagting met die oog op die wederkoms te leef
dun pienk lint: Hooglied 2:4
He has taken me to the banquet hall, and his banner over me is love – die bruid van Jesus met die wederkoms van Hom, maar tot dan is dit Sy liefde waaruit ons lewe.
Advent boom
4 kranse van wilgertakke: 4 Sondae voor Kersfees
3 kranse met pers lint en kerse : purper – ‘n koninklike kleur – vir koning JESUS.
1 krans met pink lint en kerse: rooskleurig – simbool van vreugde!
groot wit kers : Christus-kers, word op Kersdag aangesteek
wilgertakke: “a person who is led and fed by the Holy Spirit.” - Jesaja 44:4 en 5, Esegiël 17:5 en 6 - simbool van die EEN wat deur die Heilige Gees gelei en gevoed word.
Die gevoel van afwagting word versterk deur die linte wat al meer en digter raak – nader aan die wit kers.
Kersboom effek van die kranse: simbool van die boom van die lewe in die tuin.
Die boom herinner ons aan die skepping en aan die koms van Christus om die skepping te verlos – Rom 9:19 en 20.
Maranata : kom, Here Jesus!
Bronne:
Die Bybel in Praktyk – nuwe vertaling – 1993
Leesrooster gebaseer op die kerkjaar, BUVTON - 2002