Hierdie epos adres word deur spam robotte beskerm. Jy moet JavaScript aktiveer om dit te kan sien.
0218083624
0218865701
Om sedert 2000 as deel van die wonderlike span by Communitas (vroeër Buvton) te werk, is 'n seën wat die Here oor my pad gebring het. Vanaf Januarie 2000 tot Oktober 2007 was ek in diens van die Moderatuur van Wes-Kaap Sinode asook Buvton. Ek is nou verantwoordelik vir die administratiewe ondersteuning van die VBO-Kantoor en Navorsing en dit is 'n plesier om vir Coenie te werk!
Ek is 'n Karookind - kom uit goeie aarde - was in die onderwys - LO-onderwyseres en het daarna vir 15 jaar as saakgelastigde by Studentekerk, Stellenbosch gewerk. Toe ons as gesin besluit ek mag nou weer net huisvrou en Mamma wees, het die Here (Buvton) Communitas oor my pad gebring. Vroeë aftrede het verdwyn! Rondom Communitas se iZiko word daar altyd iets nuuts bedink en groei ons elke dag - never a dull moment! Die Here het oor die jare wonderlik voorsien en daarom is dit nou 'n vreugde om die Hom met blydskap te dien deur deel te wees van Communitas en VBO en om diens te lewer aan gemeentes en predikante.
Jannie - my wonderlike ondersteunende man - en ek het drie kinders met pragtige kleinkinders. Ons "gym" soggens 5:30 om die dag met genoeg energie te begin. Naaldwerk is een van my groot liefdes asook tuinmaak, lees en woonwa-vakansies saam met die gesin.