Fasiliteerders

Frederick Marais

Netwerk Koördineerder & SKG Gemeentebegeleiding

Kontak
Adres:

Communitas
Dorpstraat 171

Stellenbosch

Wes-Kaapland

Suid-Afrika

7600


Epos:
Hierdie epos adres word deur spam robotte beskerm. Jy moet JavaScript aktiveer om dit te kan sien.
Tel:
0218083265
Selfoon:
0833801657
Inligting:
Gemeentes en veral die prosesse van verandering in Gemeentes het my nog altyd gefassineer. My pa vertel dat ek op 8 jarige ouderdom al probeer het om in sy gemeente te fasiliteer met die sinnetjie: Pa weet mos ons kan nie meer langer so aangaan nie. Ek is ‘n predikant van die NG Kerk wat my bediening begin het in Somerset-Oos vir vier jaar en later was ek vir 10 studenteleraar Studenteleraar by Studentekerk op Stellenbosch. Vir die afgelope 8 jaar is ek verantwoordelik vir die begeleiding van gemeenteprosesse eers by Buvton en nou binne die Communitas Netwerk. Ek geniet dit om saam met ‘n wonderlike span te kan saamwerk binne die Communitas Netwerk en vir die koördinering van die Netwerk verantwoordelikheid te neem. Ek is na byna ‘n dekade se fasilitering in gemeentes steeds mateloos gefassineer oor hoe die Here deur sy Woord en Gees deur gemeentes wonderlik werk. Op die blog waarvoor ek verantwoordelik is, Padlangs met gemeentes, skryf ek weekliks van my ervarings met gemeentes en verwelkom kommmentaar baie. Ek is baie dankbaar dat ons nou dienste kan lewer aan beide die VG en NG gemeentes van ons streek, want die eenheid van die kerk is vir my ‘n passie. Die afgelope 5 jaar is ek betrokke by die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes en die Seisoen van Luister. Blootstelling hieraan het my verstaan van my roeping en uitlewing van my werk dramaties beïnvloed. Ek is getroud met Anita. Ons kom ‘n leeftyd saam, want ons het mekaar in graad 2 ontmoet. Ons het twee wonderlike tienerdogters, Anika en Janneke. Ek is baie lief vir reis, jag en die buitelewe en doen baie amateuragtige houtwerk wat my familie tot vervelens toe moet bewonder. As ek gedwing word, skryf ek oor gemeentes en die familielewe.

Laai informasie af as 'n vCard

captcha

Alle kommentaar