Hierdie epos adres word deur spam robotte beskerm. Jy moet JavaScript aktiveer om dit te kan sien.
0218876819
0834492461
Ek werk tans deeltyds by die Kuratorium waar ek verantwoordelik is vir die finansies en die administrasie. Dit is 'n voorreg om op so 'n wyse betrokke te wees by die opleiding van die studente wat hulle voorberei vir die gemeentebediening. Die nadenke oor teologiese opleding en die uitdagings rondom die gemeentelike bediening, dwing ons almal om bestaande denk-en praktykpatrone krities te evalueer.
Die eerste gemeente waar ek gewerk het, was George-Moedergemeente (1984-1993). Dit was regtig 'n wonderlike ervaring om daar die bediening te leer ken en om die Here se genade met mense te deel. Daarna is ek na Stellenbosch-Welgelegen waar ek werk tot op hede. Die bediening in hierdie gemeente is ook opbouend en vervullend. Ek is ook betrokke by die Sinodale Fondsekommissie waar ons poog om gemeentes rondom die skep van 'n kultuur van rentmeesterskap probeer bystaan.
Ek is met Hanna getroud en ons het drie seuns van die Here ontvang. Ons as gesin geniet die tye wat ons bymekaar is en soek mekaar op in die tye wat ons apart is. Ek stap graag en speel ook gholf. Die "groen weivelde waar rus is" is van toepassing op die groen gras van die gholfbane waar ek speel!