Hierdie epos adres word deur spam robotte beskerm. Jy moet JavaScript aktiveer om dit te kan sien.
0219577191
0825583871
Vir ongeveer die helfte van my leeftyd is ek
predikantsvrou wat my gewig saam met die
van my man in die gemeente ingooi. Aanvanklik was dit omdat dit van my verwag is. Mettertyd het dit 'n passie en roeping geword.
Die manier waarop vroue dink, doen en diensbaar is, fassineer my. Die afgelope ses jaar is ek in die Wes-en Suid-Kaap as koördineerder van vrouebedieninge werksaam. Ek meen dat vroue een van die kosbaarste geskenke aan gemeentes is – passievol, kreatief, met baie potensiaal, deernis en liefde. Die Here werk deur Sy Gees en Woord op 'n unieke wyse deur vroue in gemeentes. Dit is daagliks vir my 'n voorreg om betrokke te wees by die ontsluiting van vroue se potensiaal sodat hulle met oorgawe die Here kan dien.
Ek is getroud met Frankie. Ons het drie kinders (Celiaan, Derek en Lizelle) waarvan die een getroud is en die jongste twee nog studeer. Ek is baie lief vir die buitelewe – om te stap, die natuur te geniet en droom steeds oor die mooi tuin wat ek nog gaan maak.