Navorsingsgroepe
Die idee was dat `n studiegroep ooreenkom om vir `n periode van 3-4 jaar tweekeer per jaar bymekaar te kom en gefokus te werk op een of ander bedieningsaspek wat of probleme gee of geleenthede bied vir gemeentes. Aan die einde van die periode het die groep gewoonlik van hul bevindings kundig gemaak.
Terwyl `n paar van die groepe steeds aangaan is Communitas in `n proses van herontwerp van die studiegroepe. Die gedagte is om – in aansluiting by die nuwe VBO-stelsel – die studiegroepe te omvorm tot sg “leer-gemeenskappe” (community of learning). Navorsing oor volwasse-onderrig wys dat leer-gemeenskappe nie net van die heel beste leer-metodieke is nie, maar dat hierdie gemeenskappe ook van die beste en mees oorspronklike produkte lewer.
Die plan is dat die VBO-kommissie in die volgende 18 maande in oorleg met ander kommissies, veral Gemeentebediening, gaan kyk na die vorming van sulke leer-gemeenskappe rondom die groot bedienings van die kerk asook sekere kwessies in die kerk.
Wanneer nuwe studiegroepe gevorm word, sal ons via die webtuiste en e-pos daarvan kennisgee. Skakel na ou Buvton blad vir navorsingsgroepe
Die studiegroepe wat steeds aangaan met hulle werk is:
-
Armoedebestryding
( 0 Artikels )
Armoedebestryding deur gemeentes
Een van die uitdagings vir alle gemeentes is om betekenisvol betrokke te raak by gemeenskapsontwikkeling. Dié groep wil predikante en gemeentes leiding gee oor hoe om plaaslike gemeenskapsprojekte te ontwikkel.Koördineerder: Pieter Grove
-
Ekklesiologie/Missionêre gemeente-wees
( 30 Artikels )
Ekklesiologie en Missionêre gemeente-wees
In lyn met die Suid-Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes wil Buvton 'n groter ''think tank'' daarrondom organiseer. Hierdie groep sal hulle toespits op dieptenavorsing oor ekklesiologie.
Koördineerders: Frederick Marais en Coenie Burger
-
Gemeente en Liturgie
( 15 Artikels )
Gemeente en Liturgie
Baie lidmate vra hoe sinvol en betekenisvol die gemeentelike erediens is. Dit is ook bekend dat tans baie wyd geëksperimenteer word met die vorm van die erediens. Dié groep doen dieptenavorsing oor die hart van die erediens, hulle kyk na allerlei vernuwingspogings in verskillende tradisies, en ontwikkel materiaal wat gemeentes kan leiding gee oor sinvolle erediensvernuwing.
Koördineerder: Cas Wepener
-
Handelinge en Missionêre Kerkwees
( 1 Artikel )
Handelinge en Missionêre Kerkwees
Die gedagte vir hierdie projek, konferensie, en moontlike latere opvolg-geleenthede het as ’n BUVTON inisiatief ontstaan om die verband tussen die huidige klem op die missionêre /missionale beweging en die Nuwe Testament, en veral Handelinge, van nader te ondersoek.
Coenie Burger, Eddie Orsmond en Jeremy Punt (reëlingskomitee)
-
Jeug en familie
( 3 Artikels )
Jeug en Familie
Hierdie navorsingsgroep kyk na die intergeneratiewe bedienings in gemeentes en ontwerp programme en prosesse om gemeentes hiermee te help
Koördineerders: Christo Thesnaar en Gielie Loubser
-
Lering
( 0 Artikels )
Die plek van lering in die gemeente
In die Gereformeerde tradisie het lering nog altyd n baie sentrale rol gespeel. Na 'n tyd waarin lering verwaarloos is, wil hierdie groep saam soek na praktyke en prosesse wat ons kan help om die rol van lering te herstel.Koördineerder: Coenie Burger
-
Morele Oriëntering
( 2 Artikels )
Morele Oriëntering in en deur gemeentes
Dié groep fokus op wat geloofsgemeenskappe kan doen aan die enorme morele krisis wat ons land tans beleef. Ons hoop om gemeentes te help om effektiewer aan die karaktervorming van hul lidmate te werk. Die kerk se openbare verantwoordelikheid betreffende morele kwessies en morele waardes in die algemeen kry ook aandag.Koördineerders: Chris Jones en Coenie Burger
-
Vroue
( 3 Artikels )
Vroue
Hoewel vroue deur die eeue 'n reuse rol in gemeentes gespeel het, was hulle tradisioneel uitgesluit van die leierskap van die kerk. Dié groep fokus op die regstelling van die probleem deur hulle te beywer vir inklusiewe leierskap in gemeentes. Gemeentes moet bewus gemaak word van die unieke bydrae van vroue tot die geloofsgemeenskap.Koördineerders: Marié Britz en Elna Mouton











