Nuusflitse

Bid en werk tot eer van God.  Laai die Week van gebed 2009 hier af.

In aansluiting by Calvyn word dié gebedsriglyne gebaseer op sy sogenaamde vier reëls vir gebed. Die temas is as volg:

  1. Ons roeping om te bid (aanbidding en voorbidding)
  2. Ons roeping is ook om betrokke te raak in die wêreld - olv die Gees is ons God se transformasie agente
  3. Ons roeping om te bid en te werk vir eenheid en versoening
  4. Ons roeping om te bid en werk vir die heling van ons wêreld
  5. A CALL FOR THE CHURCH TO PRAY AND WORK FOR PEACE
  6. Ons is geroep om die Here te verheerlik – in alles!

Die nuutste NOUS DVD's is beskikbaar.

HEKEL - nooi jou uit om ’n nuwe begin te maak, te besef aan die einde van elke pad begin ’n nuwe reis.

SPRING - daag jou uit om vrae te vra, eerlik te wees, jou opinie te lug, onseker te wees, te twyfel, te spring, alleen, maar veral ook saam met ander.

Kontak die Jeugkantoor (0219577199) om te bestel - R25 (posgeld uitgesluit) vir ’n DVD met 2 clips op.

Op 17 en 18 Feb 2009 hou die SKG (Communitas) van die NGK en VGK van Wes en Suid Kaap ‘n konferensie oor gebed en spiritualiteit.

Dit vind by Stellenberg Gemeente plaas. Die konferensie is gerig op predikante en gemeenteleiers. Dit is ‘n geleentheid om na te dink oor gebed en spiritualiteit, maar wil mense ook aanmoedig om ‘n gebedskultuur in gemeentes te skep. Sprekers wat sal optree sal ‘n verskeidenheid spiritualiteitstyle verteenwoordig. Dit beloof om een van daardie geestelike groei geleenthede te wees wat  geen dominee of gemeenteleier behoort te mis nie.  Predikante wat dit bywoon sal VBO krediete hiervoor ontvang. Die program en inskrywingsvorms kan hier afgelaai word. Navrae kan by Quintus Heine gedoen word.

InterAct Workshop: 4-6 February 2009.

Duration: 9h00 - 17h00  Venue: 29 Koorsboom Crescent, Vredekloof, Brackenfell  Costs: R3 300 (Excl. VAT)  Includes course material,  Psychometric tests as well as venue and catering.  Bursaries available for NGO’s and Religious Organizations  Content:  For more information see Clariact.

Eerstejaarskampe 2009 op Stellenbosch – help verwarring voorkom asseblief!

Ons het groot verwagtings van die eerstejaarskampe wat DV van Sondag 18 tot Woensdag 21 Januarie 2009 gehou word.  In 2008 het 500 studente die kampe bygewoon en in 2009 kan dit selfs meer wees. Maar ons vra dat die predikante ons asseblief sal help om verwarring te voorkom. Al die kerkgenootskappe op Stellenbosch hou eerstejaarskampe. Dit gebeur jaarliks dat matrieks dink hulle skryf vir die NG Kerk se kamp in en dan beland hulle by ’n ander kerk se kamp. Veral omdat sommige kerke (ongelukkig soms doelbewus) nie hulle naam by hulle kampe sit nie.  Ons vra vir predikante en gemeenteleiers om asb die inskrywingsvorm vir NG Moedergemeente se eerstejaarskampe aan hulle matrieks te besorg. Gee dit sommer vir die matrieks by julle plaaslike hoërskool voordat hulle volgende week begin eksamen skryf . Vir enige navrae bel asb 021 887 5020 of 021 883 3458. Vir e-pos navrae: venita@moederkerk.co.za  of  richard@moederkerk.co.za.  Die inskrywingsvorm is beskikbaar op die gemeente se webwerf by www.moederkerk.co.za.

Bestel die nuwe Leesrooster en Preekstudies nou om teleurstelling te voorkom.
Leesrooster: R50.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Leesrooster CD: R35.00 elk (Kan net saam met die boek gekoop word). Preekstudies met Liturgiese voorstelle: R150.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Preekstudies met Liturgiese voorstelle CD:R35.00 (Kan net saam met die boek gekoop word). Kontak: Leatitia of Monique 0860 26 33 42 of stuur ‘n e-pos bestel@bmedia.co.za
Die VBO-kursusse van hierdie kwartaal het goed verloop al het ons gewonder of die vierde kwartaal 'n goeie kwartaal is vir kursusse!!

Meer as 50 predikante het deelgeneem in die 4 kursusse wat aangebied is. Dit wil vir ons lyk asof groepe rondom 15 'n baie lekker interaktiewe leersituasie skep. Gaan kyk gerus nou al op die Dagboek funksie vir die datums van 2009 se VBO kursusse.  Kliek ook op Dienste en onder kursusse sal jy die lys van kursusse vir volgende jaar vind. Sodoende kan jy nou al die datums dagboek. As ons kyk na die geweldige groei in die getal predikante wat vanjaar se VBO kursusse by Communitas bygewoon het, wil dit lyk asof die nuwe A-Z sisteem, anders as wat gedink is, makliker ingeburger raak in die kerk se sisteem. Ons is baie dankbaar want leerbaarheid is 'n belangrike waarde in hierdie tyd. Die kursusse is 'n belangrike deel van Communitas om gemeentes en predikante by te staan in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle gawes.

Waarom is daar sommige gemeentes waar daar altyd 'n gebrek aan leiers is, terwyl ander gemeentes weer 'n oorvloed het van nuwe leiers met inisiatief?

Frederick Marais het oor die vraag nagedink. Lees gerus hieroor op die Blog: Padlangs met gemeentes.

Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes is in 2009 vyf jaar besig in Suider Afrika.

Ons beplan 'n groot navorsingsprojek waarin ons saam met verskeie van ons vennote gaan ondersoek doen oor die patrone van gestuurdheid in gemeentes in Suider Afrika. 9-11 November hou ons 'n  konferensie om die resultate van die navorsing te bespreek deur saam terug te kyk oor die afgelope 5 jaar,  maar ook vorentoe te kyk oor die pad vorentoe. Dagboek gerus nou reeds die datum

Die afgelope twee weke was chaos op vele fronte ...

Te midde van dit alles gaan gemeentes en predikante voort met hulle eredienste, pastoraat, jeugbediening en uitreike. Ek wonder hoe maak jy met al hierdie chaos?  Lees verder in Padlangs met gemeentes en lees ook die kommentaar van Leon Venter.

In Padlangs met gemeentes vertel Frederick van 'n ontdekking wat hy gemaak het oor die goeiende leerbaarheid in ons gemeentes en onder leiers.

Gaan gerus na die blog  Padlangs met gemeentes en lewer kommentaar of dit klop met jou waarneming.

Hoe kry ons brûe gebou na die gemeenskap om ons, hoor ek baie gemeenteleiers vra die afgelope tyd?

Baie gemeenteleiers weet dat ons gemeentes amperse ghetto gemeenskappe geword het, waar nog net die ingewydes tuis voel.  Met groot dele van die gemeenskap - oud en jonk - het ons ons vermoë verloor om gemeenskap te bou.  Die Christendom erfenis wat ons het, maak die kerk en gemeente selfgerig - ons vind ons bestaan in onsself - dit sit baie dieper in ons DNA as wat meeste van ons wil toegee. My ervaring is byna dat hoe meer geleerd die predikant en die gemeenteleiers is, hoe dieper is hulle geskool in die soort denke.  Aan die ander kant glo ek dat die Gees gemeenskap bou oor grense, glo ek dat die Gees die hele tyd besig om gemeenskap te stig oor grense heen  ... Lees meer ...

Lees wat Frederick op sy onlangse reis na Lusaka te sê het oor: Wat kan ons leer by Afrika oor tyd? en Die kerk is MIV-positief.
VBO en SKG is tans in 'n loodsingsfase om programme wat geloofsvormende gewoontes vestig onder lidmate uit te probeer.

Kontak vir Coenie Burger of Frederick Marais of skakel Communitas by 021-808 3381 vir meer detail.

2008 Kursusse PDF Afdruk E-pos
Kursusse - 2008 Kursusse
Geskryf deur Chrisna van der Merwe   
Saterdag, 26 Julie 2008 10:07

KURSUSSE: VIERDE KWARTAAL 2008    13-15 Oktober 2008

Klik hier om die inskrywingsvorm vir VBO week 3 in Word formaat af te laai (60 KB).

Al die kursusse word by die Kweekskool op Stellenbosch aangebied.

Kursustye:

Maandag 13 Okt: 10:00 tot 16:30

Dinsdag 14 Okt:  09:00 tot 16:30

Woensdag 15 Okt: 09:00 tot 13:00

Kontakpersoon:

Chrisna van der Merwe: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of 021-808 3624 en (f) 021-886 5701

Hoe om die Doop en Nagmaal ’n regmatige en betekenisvolle plek in die bediening te gee. (Coenie Burger, Johan van der  Merwe en Cas Wepener): VBO 15

 Die kursus gaan uit van die oortuiging dat die twee sakramente van Doop en Nagmaal oor die algemeen onderwaardeer en daarom ook onderbenut word in ons gemeentes.  
 In die kursus sal goed gekyk word na:

  •       Hoe ons moet dink oor die betekenis en gebruik van die Doop en die Nagmaal;
  •       hoekom die twee sakramente in die vroeë kerk gebruik is as sigbare simbole aan die hand waarvan die hele evangelie verduidelik is;
  •       hoekom Christus naas die prediking ook vir ons die sakramente gegee het, en wat ons verloor (of riskeer) as ons die sakramente afskeep; en
  •       hoe die viering van die twee geleenthede die erediens en die totale gemeentelike lewe kan verryk.

Prediking van die Nuwe Testament – in aansluiting by die Leesrooster. (Andries Cilliers, Flip Theron en Eddie Orsmond): VBO 16

In hierdie kursus gaan gefokus word op ons praktiese  prediking in die gemeente.  Daar gaan gesels word oor die prediking, veral die prediking van die Nuwe Testament – aan die hand van die Leesroostertekste vir volgende jaar.  Daar sal enkele algemene insette wees oor die prediking en die NT, maar die meeste tyd sal gebruik word vir fisiese preekbeplanning en –voorbereiding.  Ons gaan poog om in diepte na ten minste 10 NT-tekste te kyk en te praat oor hoe ons verantwoordelik oor die tekste kan preek.

Rentmeesterskap en gemeentefinansies. (Francois Cillie en Monty Sahd): VBO 24  

Alles behoort aan die Here!   En die Bybel vertel (meer as oor enige iets anders) hoe dat ons geld en besittings reg moet gebruik.   Ongelukkig is meeste leraars bevrees om oor geld te praat.   Maar omdat ons nie vertel wat die Bybel oor geld sê nie, verval meeste kerkvergaderings in ‘n geldgesprek:  “ons het nie geld om te doen waartoe die Here ons roep nie!”    In hierdie aanbieding kyk ons na wat die Bybel oor geld leer; hoe ons as leraars oor die geld-hekkie kan kom; sinvolle dankoffer in die gemeente; ons eie hantering van geld en hoe lidmate daarmee gehelp kan word; praktiese toepassing van Jesus se woorde: waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. 

500 jaar na Calvyn—wat kan ons vandag van hom leer (Robert Vosloo, Dirkie Smit en Coenie Burger) VBO 31

In 2009 vier ons die 500ste herdenking van Calvyn se geboortedag in 1509.  In hierdie kursus wil ons vanuit `n kerklike en gemeentelike perspektief vra wat ons in die tyd nog van Calvyn kan leer.  Nuwe navorsing oor Calvyn en sy tyd laat mense met nuwe oë na hom en sy werk kyk. 
In die kursus sal gekyk word na:

  •    nuwere navorsing en nadenke oor Calvyn en sy tyd, insluitend die fokus op sy eie posisie as vlugteling en die impak daarvan op sy teologie;
  •    Calvyn se teologie, veral sy verstaan van God en ons verhouding met Hom;
  •    wat ons van Calvyn kan leer oor die kerk/gemeentes en die bediening in gemeentes; en
  •    wat ons van Calvyn kan leer oor die kerk en Christene se roeping in Suid(er)-Afrika en ons globale wêreld vandag.

Sistemiese probleemoplossing (Frederick Marais)

Hierdie kursus is vir Communitas se diensleweraars om hulle sistemiese denkvaardighede op te skerp. Frederick Marais bied dit saam met Pieter Kloppers aan. Indien u belangstel om dit by te woon as dit weer aangebied word kontak gerus vir Divine by 021-808 3265 of Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Fasiliterende Leierskap: 20–23 Oktober 2008

CFN bied weer 'n kursus in Fasiliterende Leierskap aan by Communitas op Stellenbosch.  Kontak gerus vir Divine by  Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of by 021-808 3265 indien jy belangstel om in te skryf. In hierdie kursus word gemeenteleiers gehelp om die prosesse van transformasie in hulle gemeentes beter te verstaan en kan hulle sodoende beter leiding gee.

Die kursus is 'n VBO ge-akkrediteerde kursus.

 A - LYS VAN KURSUSSE WAT REEDS IN 2008 AANGEBIED IS

(Die name tussen hakies is nie noodwendig aanbieders nie, maar die persone wat verantwoordelikheid neem vir die kursus)

Geestelike Leierskap (Coenie Burger en Braam Hanekom): VBO 1 en VBO 12

Daar is ’n sterk herwaardering van die belangrikheid van leierskap in ons samelewing. In die kursus sal gekyk word na algemene literatuur en teorieë oor leierskap, maar ook spesifiek na geestelike leierskap. Sake soos leierskap deur die gewone bediening, spanleierskap, bemagtigende

Hoe om lidmate te help om hulle bediening in die gemeente te ontdek (Hannes Koornhof, Johan van der Merwe en Frederick Marais):
VBO 2 en VBO 13

Navorsing dui daarop dat die bemagtiging van lidmate in die volgende paar dekades dalk die grootste enkele uitdaging vir hoofstroom-gemeentes sal wees. In die kursus sal gekyk word na ’n bybelse teorie vir die bediening van lidmate, maar veral na praktyke oor hoe ons in gemeentes daarvoor ruimte maak en dit vestig.

Gestuurde gemeentes benodig gestuurde leiers wat ’n gestuurde bediening kan implementeer (Frederick Marais): VBO 3

Die missionale of gestuurde perspektief op die kerk en gemeentes, is besig om ons beeld of persepsie van die kerk en gemeentes uit te daag. Heelwat gemeentes begin om hierdie perspektief op gemeentes te implementeer. In hierdie werkswinkel werk ons die hele tyd met wat nou in die gemeente, waar jy tans is, gebeur. Ons ontwerp saam ’n perspektief op die bediening van die gemeente vanuit God se "missio-dei" na die wêreld, of soos wat David Bosch sê:  Sending is nie die taak van die kerk nie, maar ’n eienskap van God.  Daar word gekyk na die leierskapsvaardighede en -uitdagings soos geloofsonderskeiding en geloofsdissiplines om as gestuurde leiers eer (te funksioneer. Ons sluit af met die identifisering van eerste stappe om die gemeente se bediening te begin verander na ’n gestuurde bediening.

Hoe om gemeentes betrokke te kry by diens aan die Gemeenskap (Pieter Grove): VBO 4 en VBO 14

Dit is haas onmoontlik om te dink dat daar Christelike gemeentes in ons land is wat nie ’n sterk bediening rondom armoede-bestryding het nie. En tog is dit so!  In hierdie kursus wil ons saam leer 1) hoe ons ons gemeentes meer bewus kan maak van ons taak in verband met armoede en ook hoe ons ons gemeentes inderdaad betrokke kan kry by armoede-bestryding. Daar gaan veral gefokus word op gesamentlike bedienings deur meer as een gemeente.

Predikante: geestelike groei, roepingsverdieping, persoonsgroei en selfbestuur: VBO 5

(Pierre Goosen en Andrew Esterhuizen)
Dit is ’n bekende feit dat die meeste predikante nie goed omsien na hulle eie gesondheid en bedieningsgereedheid nie. In hierdie kursus gaan ons fokus op verskeie fasette van die predikant se mens-wees, persoonsgroei, roeping, algemene gesondheid, ens

Jeug en familie (Christo Thesnaar): VBO 6

Navorsing wys dat een van die beste en sinvolste maniere om vandag se jeug te bereik, is deur die gesin en familie. In die kursus wil ons gemeentes en predikante help om na te dink oor hoe hulle ’n geseënde familie-bediening in die gemeente kan ontwikkel

Gemeentes-wees vir ’n jonger geslag (Nico Simpson): VBO 7

Hoofstroomgemeentes sukkel oor die algemeen om mense wat “te veel” of “te min kerk” gehad het, te bedien. Die vraag is hoe ’n gemeente ook in die hart van hulle bestaan oop kan wees vir mense wat God soek, maar opgegee het op die “kerk”. Hierdie is interaktiewe gespreksruimtes waar ons saam gaan gesels, dink en droom oor hoe om mense wat ontnugter, krities en op die rand van die kerk is, weer te verbind aan “the vintage way”.

Prediking  (Johan Cilliers en Allan Boesak): VBO 8 

Vir gereformeerde predikante is die weeklikse prediking ’n baie groot deel van hulle bediening. As dit goed gaan met jou prediking, kan dit amper nie sleg gaan in die bediening nie – en ook anders om! In die kursus gaan ons kans kry om weer na te dink oor ons verstaan en praktyk van die prediking.

Gemeenteleiding en gemeentebestuur (Hannes Theron): VBO 9

Predikante is nie altyd goed genoeg opgelei vir die leierskap en bestuurstake wat ons op ons neem as ons in ’n gemeente kom nie. In hierdie kursus gaan ons kyk na die leierskaprol van die predikant, maar ook aandag gee aan sake soos projekbestuur, konflikbestuur, veranderingsbestuur, spanleierskap, ens. 

Alleen predikant in ’n makrogemeente?: VBO 10

Heelwat van ons groot gemeentes kan nie die luukse van twee of drie predikante bekostig nie. Dit stel die predikant van so ’n gemeente voor besondere uitdagings. Meer as ander moet ons in so ’n situasie leer om Efesiërs 4:11 se opdrag uit te voer. In die kursus gaan ons kyk hoe ons ander leiers in die gemeente kan toerus om deel van ’n leierspan te word en hulle volwaardige rol in die gemeente te speel. 

Hoe om ’n pastorale sorg- en ondersteuningdiens in die gemeente te vestig (Wilhelm Burger, Hans Steyn, De Wet Schutte en Danie O'Kennedy): VBO 11

Baie van ons lidmate en gesinne spook met moeilike probleme en kwessies – te veel vir die predikant om alleen te hanteer. In die kursus gaan ons kyk hoe ons lidmate in die gemeente kan vestig om te help met die versorging en ondersteuning van mense met persoonlike en gesinsprobleme.

VBO 19:    ’n Roepingsretrait.

Hierdie retraite is by verskeie Ringe in die Wes- en Suid-Kaap aangebied. KOntak vir Joanie Batt by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of 021-808 3382 vir meer inligting.

VBO 20:    Following Christ’s lead: rethinking our ministry in the light of Christ’s ministry – Andrew Purves

Aflaaibare dokumente

Klik hier om na die dagboek te gaan vir datums en verdere inligting oor die kursusse wat Communitas aanbied.

Klik hier om die program vir die res van 2008 in Word formaat af te laai (40 KB).

Klik hier om die program vir die VBO week 3 - 13-15 Oktober 2008 - in Word formaat af te laai (41 KB).

Laas Opdateer ( Sondag, 05 Oktober 2008 15:19 )
 
Lewer jou kommentaar

Jou naam:
Jou epos adres:
Titel:
Kommentaar:
  Die woord vir verifikasie. Net kleinletter sonder spasies.
Woord verifikasie:

Nuusflitse - almal

Week van gebed 2009

Bid en werk tot eer van God.  Laai die Week van gebed 2009 hier af.

In aansluiting by Calvyn word dié gebedsriglyne gebaseer op sy sogenaamde vier reëls vir gebed. Die temas is as volg:

  1. Ons roeping om te bid (aanbidding en voorbidding)
  2. Ons roeping is ook om betrokke te raak in die wêreld - olv die Gees is ons God se transformasie agente
  3. Ons roeping om te bid en te werk vir eenheid en versoening
  4. Ons roeping om te bid en werk vir die heling van ons wêreld
  5. A CALL FOR THE CHURCH TO PRAY AND WORK FOR PEACE
  6. Ons is geroep om die Here te verheerlik – in alles!

Die nuutste NOUS DVD's is beskikbaar

Die nuutste NOUS DVD's is beskikbaar.

HEKEL - nooi jou uit om ’n nuwe begin te maak, te besef aan die einde van elke pad begin ’n nuwe reis.

SPRING - daag jou uit om vrae te vra, eerlik te wees, jou opinie te lug, onseker te wees, te twyfel, te spring, alleen, maar veral ook saam met ander.

Kontak die Jeugkantoor (0219577199) om te bestel - R25 (posgeld uitgesluit) vir ’n DVD met 2 clips op.

Wandel met God : Konferensie oor Gebed en Spiritualiteit
Op 17 en 18 Feb 2009 hou die SKG (Communitas) van die NGK en VGK van Wes en Suid Kaap ‘n konferensie oor gebed en spiritualiteit.

Dit vind by Stellenberg Gemeente plaas. Die konferensie is gerig op predikante en gemeenteleiers. Dit is ‘n geleentheid om na te dink oor gebed en spiritualiteit, maar wil mense ook aanmoedig om ‘n gebedskultuur in gemeentes te skep. Sprekers wat sal optree sal ‘n verskeidenheid spiritualiteitstyle verteenwoordig. Dit beloof om een van daardie geestelike groei geleenthede te wees wat  geen dominee of gemeenteleier behoort te mis nie.  Predikante wat dit bywoon sal VBO krediete hiervoor ontvang. Die program en inskrywingsvorms kan hier afgelaai word. Navrae kan by Quintus Heine gedoen word.

InterAct Workshop 4-6 February 09
InterAct Workshop: 4-6 February 2009.

Duration: 9h00 - 17h00  Venue: 29 Koorsboom Crescent, Vredekloof, Brackenfell  Costs: R3 300 (Excl. VAT)  Includes course material,  Psychometric tests as well as venue and catering.  Bursaries available for NGO’s and Religious Organizations  Content:  For more information see Clariact.

Eerstejaarskampe 2009 Stellenbosch
Eerstejaarskampe 2009 op Stellenbosch – help verwarring voorkom asseblief!

Ons het groot verwagtings van die eerstejaarskampe wat DV van Sondag 18 tot Woensdag 21 Januarie 2009 gehou word.  In 2008 het 500 studente die kampe bygewoon en in 2009 kan dit selfs meer wees. Maar ons vra dat die predikante ons asseblief sal help om verwarring te voorkom. Al die kerkgenootskappe op Stellenbosch hou eerstejaarskampe. Dit gebeur jaarliks dat matrieks dink hulle skryf vir die NG Kerk se kamp in en dan beland hulle by ’n ander kerk se kamp. Veral omdat sommige kerke (ongelukkig soms doelbewus) nie hulle naam by hulle kampe sit nie.  Ons vra vir predikante en gemeenteleiers om asb die inskrywingsvorm vir NG Moedergemeente se eerstejaarskampe aan hulle matrieks te besorg. Gee dit sommer vir die matrieks by julle plaaslike hoërskool voordat hulle volgende week begin eksamen skryf . Vir enige navrae bel asb 021 887 5020 of 021 883 3458. Vir e-pos navrae: venita@moederkerk.co.za  of  richard@moederkerk.co.za.  Die inskrywingsvorm is beskikbaar op die gemeente se webwerf by www.moederkerk.co.za.

DIE LEESROOSTER EN PREEKSTUDIES VIR 2008/9 KAN NOU BESTEL WORD
Bestel die nuwe Leesrooster en Preekstudies nou om teleurstelling te voorkom.
Leesrooster: R50.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Leesrooster CD: R35.00 elk (Kan net saam met die boek gekoop word). Preekstudies met Liturgiese voorstelle: R150.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Preekstudies met Liturgiese voorstelle CD:R35.00 (Kan net saam met die boek gekoop word). Kontak: Leatitia of Monique 0860 26 33 42 of stuur ‘n e-pos bestel@bmedia.co.za
 
VBO kursusse vierde kwartaal 08
Die VBO-kursusse van hierdie kwartaal het goed verloop al het ons gewonder of die vierde kwartaal 'n goeie kwartaal is vir kursusse!!

Meer as 50 predikante het deelgeneem in die 4 kursusse wat aangebied is. Dit wil vir ons lyk asof groepe rondom 15 'n baie lekker interaktiewe leersituasie skep. Gaan kyk gerus nou al op die Dagboek funksie vir die datums van 2009 se VBO kursusse.  Kliek ook op Dienste en onder kursusse sal jy die lys van kursusse vir volgende jaar vind. Sodoende kan jy nou al die datums dagboek. As ons kyk na die geweldige groei in die getal predikante wat vanjaar se VBO kursusse by Communitas bygewoon het, wil dit lyk asof die nuwe A-Z sisteem, anders as wat gedink is, makliker ingeburger raak in die kerk se sisteem. Ons is baie dankbaar want leerbaarheid is 'n belangrike waarde in hierdie tyd. Die kursusse is 'n belangrike deel van Communitas om gemeentes en predikante by te staan in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle gawes.

Hier is nie meer leiers nie!
Waarom is daar sommige gemeentes waar daar altyd 'n gebrek aan leiers is, terwyl ander gemeentes weer 'n oorvloed het van nuwe leiers met inisiatief?

Frederick Marais het oor die vraag nagedink. Lees gerus hieroor op die Blog: Padlangs met gemeentes.

5 Jaar van Gestuurdheid
Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes is in 2009 vyf jaar besig in Suider Afrika.

Ons beplan 'n groot navorsingsprojek waarin ons saam met verskeie van ons vennote gaan ondersoek doen oor die patrone van gestuurdheid in gemeentes in Suider Afrika. 9-11 November hou ons 'n  konferensie om die resultate van die navorsing te bespreek deur saam terug te kyk oor die afgelope 5 jaar,  maar ook vorentoe te kyk oor die pad vorentoe. Dagboek gerus nou reeds die datum

Hoe gee gemeenteleiers leiding in tye van chaos?
Die afgelope twee weke was chaos op vele fronte ...

Te midde van dit alles gaan gemeentes en predikante voort met hulle eredienste, pastoraat, jeugbediening en uitreike. Ek wonder hoe maak jy met al hierdie chaos?  Lees verder in Padlangs met gemeentes en lees ook die kommentaar van Leon Venter.

Leer my...
In Padlangs met gemeentes vertel Frederick van 'n ontdekking wat hy gemaak het oor die goeiende leerbaarheid in ons gemeentes en onder leiers.

Gaan gerus na die blog  Padlangs met gemeentes en lewer kommentaar of dit klop met jou waarneming.

Die Gees bou brûe - kom wat wil!
Hoe kry ons brûe gebou na die gemeenskap om ons, hoor ek baie gemeenteleiers vra die afgelope tyd?

Baie gemeenteleiers weet dat ons gemeentes amperse ghetto gemeenskappe geword het, waar nog net die ingewydes tuis voel.  Met groot dele van die gemeenskap - oud en jonk - het ons ons vermoë verloor om gemeenskap te bou.  Die Christendom erfenis wat ons het, maak die kerk en gemeente selfgerig - ons vind ons bestaan in onsself - dit sit baie dieper in ons DNA as wat meeste van ons wil toegee. My ervaring is byna dat hoe meer geleerd die predikant en die gemeenteleiers is, hoe dieper is hulle geskool in die soort denke.  Aan die ander kant glo ek dat die Gees gemeenskap bou oor grense, glo ek dat die Gees die hele tyd besig om gemeenskap te stig oor grense heen  ... Lees meer ...

Wat kan ons leer by Afrika oor tyd?
Lees wat Frederick op sy onlangse reis na Lusaka te sê het oor: Wat kan ons leer by Afrika oor tyd? en Die kerk is MIV-positief.
 
Vestiging van geloofsvormende gewoontes in gemeentes.

Banier
Banier