|
|
|
Nuutste artikels
- Week van gebed 2009
- Week van gebed 2009
- Leiers wat oorgee?
- Vuurwarm leierskap!
- Die nuutste NOUS DVD's is beskikbaar
- Fotokursus foto's - groter weergawes
- Kerke in Afrika
- Hoop en Genade vir Kersfees!
- Energiepunte in gemeentes
- Tweede gedagtes: Luk 1:47-55
- Hou jou passie vuurwarm!
- Leierskap vir die toekomstige kerk
- INSPIRASIE IN DIE VALLEI VAN DROË BENE
- Hoe gesond is die dokters self?
- Tweede Gedagtes: Psalm 85
Nuusflitse - almal
| Week van gebed 2009 |
Bid en werk tot eer van God. Laai die Week van gebed 2009 hier af.In aansluiting by Calvyn word dié gebedsriglyne gebaseer op sy sogenaamde vier reëls vir gebed. Die temas is as volg:
|
| Die nuutste NOUS DVD's is beskikbaar |
Die nuutste NOUS DVD's is beskikbaar.HEKEL - nooi jou uit om ’n nuwe begin te maak, te besef aan die einde van elke pad begin ’n nuwe reis. SPRING - daag jou uit om vrae te vra, eerlik te wees, jou opinie te lug, onseker te wees, te twyfel, te spring, alleen, maar veral ook saam met ander. Kontak die Jeugkantoor (0219577199) om te bestel - R25 (posgeld uitgesluit) vir ’n DVD met 2 clips op. |
| Wandel met God : Konferensie oor Gebed en Spiritualiteit |
Op 17 en 18 Feb 2009 hou die SKG (Communitas) van die NGK en VGK van Wes en Suid Kaap ‘n konferensie oor gebed en spiritualiteit.Dit vind by Stellenberg Gemeente plaas. Die konferensie is gerig op predikante en gemeenteleiers. Dit is ‘n geleentheid om na te dink oor gebed en spiritualiteit, maar wil mense ook aanmoedig om ‘n gebedskultuur in gemeentes te skep. Sprekers wat sal optree sal ‘n verskeidenheid spiritualiteitstyle verteenwoordig. Dit beloof om een van daardie geestelike groei geleenthede te wees wat geen dominee of gemeenteleier behoort te mis nie. Predikante wat dit bywoon sal VBO krediete hiervoor ontvang. Die program en inskrywingsvorms kan hier afgelaai word. Navrae kan by Quintus Heine gedoen word. |
| InterAct Workshop 4-6 February 09 |
InterAct Workshop: 4-6 February 2009.Duration: 9h00 - 17h00 Venue: 29 Koorsboom Crescent, Vredekloof, Brackenfell Costs: R3 300 (Excl. VAT) Includes course material, Psychometric tests as well as venue and catering. Bursaries available for NGO’s and Religious Organizations Content: For more information see Clariact. |
| Eerstejaarskampe 2009 Stellenbosch |
Eerstejaarskampe 2009 op Stellenbosch – help verwarring voorkom asseblief!Ons het groot verwagtings van die eerstejaarskampe wat DV van Sondag 18 tot Woensdag 21 Januarie 2009 gehou word. In 2008 het 500 studente die kampe bygewoon en in 2009 kan dit selfs meer wees. Maar ons vra dat die predikante ons asseblief sal help om verwarring te voorkom. Al die kerkgenootskappe op Stellenbosch hou eerstejaarskampe. Dit gebeur jaarliks dat matrieks dink hulle skryf vir die NG Kerk se kamp in en dan beland hulle by ’n ander kerk se kamp. Veral omdat sommige kerke (ongelukkig soms doelbewus) nie hulle naam by hulle kampe sit nie. Ons vra vir predikante en gemeenteleiers om asb die inskrywingsvorm vir NG Moedergemeente se eerstejaarskampe aan hulle matrieks te besorg. Gee dit sommer vir die matrieks by julle plaaslike hoërskool voordat hulle volgende week begin eksamen skryf . Vir enige navrae bel asb 021 887 5020 of 021 883 3458. Vir e-pos navrae: venita@moederkerk.co.za of richard@moederkerk.co.za. Die inskrywingsvorm is beskikbaar op die gemeente se webwerf by www.moederkerk.co.za. |
| DIE LEESROOSTER EN PREEKSTUDIES VIR 2008/9 KAN NOU BESTEL WORD |
Bestel die nuwe Leesrooster en Preekstudies nou om teleurstelling te voorkom.Leesrooster: R50.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Leesrooster CD: R35.00 elk (Kan net saam met die boek gekoop word). Preekstudies met Liturgiese voorstelle: R150.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Preekstudies met Liturgiese voorstelle CD:R35.00 (Kan net saam met die boek gekoop word). Kontak: Leatitia of Monique 0860 26 33 42 of stuur ‘n e-pos bestel@bmedia.co.za |
| VBO kursusse vierde kwartaal 08 |
Die VBO-kursusse van hierdie kwartaal het goed verloop al het ons gewonder of die vierde kwartaal 'n goeie kwartaal is vir kursusse!!Meer as 50 predikante het deelgeneem in die 4 kursusse wat aangebied is. Dit wil vir ons lyk asof groepe rondom 15 'n baie lekker interaktiewe leersituasie skep. Gaan kyk gerus nou al op die Dagboek funksie vir die datums van 2009 se VBO kursusse. Kliek ook op Dienste en onder kursusse sal jy die lys van kursusse vir volgende jaar vind. Sodoende kan jy nou al die datums dagboek. As ons kyk na die geweldige groei in die getal predikante wat vanjaar se VBO kursusse by Communitas bygewoon het, wil dit lyk asof die nuwe A-Z sisteem, anders as wat gedink is, makliker ingeburger raak in die kerk se sisteem. Ons is baie dankbaar want leerbaarheid is 'n belangrike waarde in hierdie tyd. Die kursusse is 'n belangrike deel van Communitas om gemeentes en predikante by te staan in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle gawes. |
| Hier is nie meer leiers nie! |
Waarom is daar sommige gemeentes waar daar altyd 'n gebrek aan leiers is, terwyl ander gemeentes weer 'n oorvloed het van nuwe leiers met inisiatief?Frederick Marais het oor die vraag nagedink. Lees gerus hieroor op die Blog: Padlangs met gemeentes. |
| 5 Jaar van Gestuurdheid |
Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes is in 2009 vyf jaar besig in Suider Afrika.Ons beplan 'n groot navorsingsprojek waarin ons saam met verskeie van ons vennote gaan ondersoek doen oor die patrone van gestuurdheid in gemeentes in Suider Afrika. 9-11 November hou ons 'n konferensie om die resultate van die navorsing te bespreek deur saam terug te kyk oor die afgelope 5 jaar, maar ook vorentoe te kyk oor die pad vorentoe. Dagboek gerus nou reeds die datum |
| Hoe gee gemeenteleiers leiding in tye van chaos? |
Die afgelope twee weke was chaos op vele fronte ...Te midde van dit alles gaan gemeentes en predikante voort met hulle eredienste, pastoraat, jeugbediening en uitreike. Ek wonder hoe maak jy met al hierdie chaos? Lees verder in Padlangs met gemeentes en lees ook die kommentaar van Leon Venter. |
| Leer my... |
In Padlangs met gemeentes vertel Frederick van 'n ontdekking wat hy gemaak het oor die goeiende leerbaarheid in ons gemeentes en onder leiers.Gaan gerus na die blog Padlangs met gemeentes en lewer kommentaar of dit klop met jou waarneming. |
| Die Gees bou brûe - kom wat wil! |
Hoe kry ons brûe gebou na die gemeenskap om ons, hoor ek baie gemeenteleiers vra die afgelope tyd?Baie gemeenteleiers weet dat ons gemeentes amperse ghetto gemeenskappe geword het, waar nog net die ingewydes tuis voel. Met groot dele van die gemeenskap - oud en jonk - het ons ons vermoë verloor om gemeenskap te bou. Die Christendom erfenis wat ons het, maak die kerk en gemeente selfgerig - ons vind ons bestaan in onsself - dit sit baie dieper in ons DNA as wat meeste van ons wil toegee. My ervaring is byna dat hoe meer geleerd die predikant en die gemeenteleiers is, hoe dieper is hulle geskool in die soort denke. Aan die ander kant glo ek dat die Gees gemeenskap bou oor grense, glo ek dat die Gees die hele tyd besig om gemeenskap te stig oor grense heen ... Lees meer ... |
| Wat kan ons leer by Afrika oor tyd? |
Lees wat Frederick op sy onlangse reis na Lusaka te sê het oor: Wat kan ons leer by Afrika oor tyd? en Die kerk is MIV-positief. |
| Vestiging van geloofsvormende gewoontes in gemeentes. |
VBO en SKG is tans in 'n loodsingsfase om programme wat geloofsvormende gewoontes vestig onder lidmate uit te probeer.Kontak vir Coenie Burger of Frederick Marais of skakel Communitas by 021-808 3381 vir meer detail. |










Dienste 
