NUWE BLOGS

GEBED LEWENSWAARDES PADLANGS PREEKSTUDIES TUSSEN-IN OUERSKAP LEIERSKAP

Jeug en familie

AddThis Social Bookmark Button

Jeugkantoor

Gielie en Louisa

Louisa en Gielie het die voorreg om in hierdie bediening te speel.  Ja ons wil weer kinders en tieners en ouers help speel in die genade van die Here en so die blydskap van die  Evangelie weer ervaar.


  • Ervaringsleer   ( 0 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button
    • Ervaringsleer opleidingskursusse vir instrukteurs (5dae gefokus op die tegniese aspekte)
    • Ervaringsleer opleidingskursusse vir fasiliteerders (2 dae gefokus op “reviewing” tegnieke).
    • Kategete opleiding in die vorm van 2 uur lange werkswinkels

    Ons gaan in die vervolg die ervaringsleer metodiek op aanvraag van gemeentes doen, d.w.s. as jou gemeente so ’n behoefte het, skakel gerus die Jeugkantoor.

    Die SJK is by ARA geakkrediteer om mense op te lei in die beginsels van Avontuur-ervaringsleer.  Basiese beginsels word in 2dae sessies aangebied. Twee week-lange opleidings wat die volledige kursus asook ’n gevorderde kursus aanbied, is ook beskikbaar. Kontak die Jeugkantoor.

  • Familie-eredienste   ( 1 item )
    AddThis Social Bookmark Button
    Die SJK het hande gevat met JONK en Bybel-Media om weekliks aan die hand van die leesrooster-fokus teks ’n PowerPoint te maak wat kan dien as hulp om eredienste vir ’n  wyer ouderdom-span te hou. Dit vind goeie byval by predikers en geestelike leiers en tans word dit deur meer as 700 mense weekliks afgelaai.  Gaan kyk gerus by www.seisoenvanluister.co.za, www.gemeentes.co.za of www.bmedia.co.za en maak gebruik van die honderde PowerPoint’s wat in die afgelope 2 jaar uitgewerk is.
  • Jeugwerkers   ( 0 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button

    Die hoofkantoor van die NG Kerk se Jeugwerkers is hier by ons in Bellville.  Hier kan jy alles kry van hoe jy ’n jeugwerkerspos vestig tot advertensies, onderhoudsvrae, salariskale, pligtestate en indiensnemings formuliere.  Die dokument wat die meeste aangevra word, nl. die pligtestaat en salarsisskaal, word aangeheg. Laai Bylae A Pligtestaat hier af. Dit is deel van die Kerklike Jeugwerkers inligting.

     

  • Kinderbediening   ( 1 item )
    AddThis Social Bookmark Button

    Vir die Kinderbediening is daar ’n wonderlike aksie, nl. KIX (Kieks). ’n Sinodale komitee sorg vir die beter funksionering van KIX en ’n kwartaalblad, KIX.KOM (Kieksdotkom) word uitgegee. Daar is tans 92 takke wat ongeveer 6000 kinders bedien in ons Sinodale streek.

    ‘n Jaarlikse projek word in samewerking met die Getuienis kommissie gekies. Takke samel dan fondse hiervoor in.  KIX moedig takke aan om ‘n tiende van hierdie projek geld plaaslik aan te wend.

    KIX.KOM word landswyd versend aan intekenaars.

    Aangeheg is die Katalogus van alles wat by die Jeugkantoor beskikbaar is.

  • Matriekkampe   ( 0 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button

    Wegbreek- en avontuur kursusse vir matrieks word jaarliks op 3 plekke in die sinodale gebied deur die Jeugkantoor gereël.

    Besoek gerus die “face book-groups” by www.matrixpedisie.co.za en Biedouw Skoolverlaters Kamp vir meer inligting.

  • Nous groepe   ( 2 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button

    Die SJK is in vennootskap met ander medewerkers besig om die NOUS “brand” te vestig.  Indien jy belangstel in verskeie video-clips wat jou gaan help om gesprek te stimuleer oor ‘n “emerging” teologie, kan jy gerus die kantoor kontak.

    Tans is daar 5 CD’s beskikbaar, elk met 2 storie-clips op. Dit kan bestel word by die Jeugkantoor:

    NO. 1  [in]nooi:

    Mure

    Lewer kommentaar oor die tipe gemeenskap (community) wat ons stig en wat ons vergader om te verskyn voor die aangesig van die Here (dis amper soos die intree-lied van die erediens)

    Truspieëltjie

    Wil gesprek stimuleer oor ons Godsbeeld sodat ons kan weet wie die God is wat ons roep en vir wie ons aanbid

    NO. 2  [ge]vind

    Appels

    Verduidelik waar God aan die werk is en hoe ons Hom kan beleef

    Sushi

    Daag jou uit om nie soos die Fariseërs meer bekommerd te wees oor die reiniging-rituele as oor mense nie. As God mense roep, sal ons ons hande moet vuilmaak in die seer van ander.

    NO. 3  [op]soek

    Hekel

    Nooi jou uit om 'n nuwe begin te maak, te besef dat aan die einde van elke pad daar 'n nuwe reis begin

    Spring

    Daag jou uit om vrae te vra, eerlik te wees, jou opinie te lug, onseker te wees, te twyfel, te spring, alleen, maar veral ook saam met ander.

    NO. 4 [uit]sien

    Papiervliegtuig

    Psalm 8) sê dit is in die teenwoordigheid van die Grootheid van God dat ons vlerke kry, dat ons nuut sal leer speel, omdat die Een voor wie ons speel, ons laat vlieg!

    Wyn

    (Joh 2:1-11) - met die water wat in wyn verander het, het 'n nuwe era vir mense en hul lewe saam met God aangebreek. God maak ons vry van verleentheid en neem ons in die rigting van vreugde.

    NO. 5 [ge]heel

    Paint by numbers

    wil ons leer om met minder reëls te leef, te soek na die vreugde in elke oomblik, vir Jesus na te volg, wat dikwels buite die lyne geverf het.

    Lepel

    Nooi jou uit om met hoop te leef. Hoop is om verby jouself te kyk en God se groter prentjie te sien. om te glo dat die onsienbare belofte reeds besig is om te realiseer.

  • Tieners   ( 2 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button
  • Wie is ons en waar   ( 0 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button

    Die Jeugkantoor in die Sinodale Sentrum in Bellville is deel van die Communitas-Netwerk wat gemeentes wil help om hulle roeping te ontdek en hulle gawes te ontsluit.

    Die SJK behartig alle aspekte van die Jeugbediening van gemeentes en sal graag saam met gemeentes wil dink en werk om hierdie bediening verder uit te brei.  Kontak gerus vir Gielie of Louisa oor enige inisiatief wat ons kan ondersteun en aan kan meewerk.

    Gielie Loubser: gielie@kaapkerk.co.za   Louisa Crafford: jeug@kaapkerk.co.za    Tel no:  021/957 7199

    Aangeheg is die Katalogus van alles wat by die Jeugkantoor beskikbaar is.

     

Verwante artikels

Kommentaar en gesprek