NUWE BLOGS

GEBED LEWENSWAARDES PADLANGS PREEKSTUDIES TUSSEN-IN OUERSKAP LEIERSKAP NUUSPERSPEKTIEF

Gemeenteprosesse

AddThis Social Bookmark Button
Communitas se prosesbegeleiding van gemeentes

Communitas lewer al vir byna 20 jaar prosesbegeleiding aan gemeentes. Communitas het ‘n span van geakkrediteerde fasiliteerders (lys word binnekort hier gepubliseer) wat almal deur CFN opgelei is in fasiliteringsvaardighede en as ‘n span saamwerk om die beste moontlike diens aan gemeentes in ons gebied te lewer.

Die span staan onder leiding van Frederick Marais en Divine Robertson verskaf aan die span logistieke ondersteuning.

Hierdie diens vorm 'n integrale deel van ons visie om 'n diensruimte te wees waar gemeentes en gemeenteleiers begelei word om hulle roeping beter te ontdek en hulle gawes te ontsluit. Ons begelei gemeentes vanuit die teologiese vertrekpunte dat gemeentes God se geskenk aan die wêreld is. Gemeentes maak saak vir God en die koninkryk, of soos wat Lesslie Newbigin dit stel: Gemeentes is die eerste hermeneut (verklaarder) van die evangelie. Gemeentes het daarom 'n unieke taak wat in hulle unieke konteks uitgeleef moet word. Communitas se begeleiding van gemeentes is daarom gefokus op die herontdekking van die gemeente se roeping.

Communitas se prosesbegeleiding staan onder leiding van Frederick Marais wat bygestaan word deur ‘n span van geakrediteerde fasiliteerders.

  • Prosesbegeleiding   ( 1 Artikel )
    AddThis Social Bookmark Button
  • Meetinstrumente   ( 3 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button
  • Keuse van gemeenteproses   ( 1 Artikel )
    AddThis Social Bookmark Button
  • Fasiliteringspan   ( 1 Artikel )
    AddThis Social Bookmark Button

    Die fasiliteringspan is as volg:

  • Gemeentestories   ( 12 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button

    Ons glo gemeentes is God se geskenk vir die wêreld.

    Op hierdie blad wil ons vir mekaar die stories van gemeentes vertel, sodat ons saam kan leer hoe God daardeur die wêreld verander.  Baie keer sal dit natuurlik verhale wees van hoe ons self verander is ...

    Neem dus deel en stuur vir ons stories vir plasing.  Jy kan ook aan die onderkant van die bladsy, in die kommentaar blokkie, korter stories direk plaas op die blad.

  • Jeug   ( 0 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button

    Die Jeugkommissie (SJK) olv Gielie Loubser het 'n span fasiliteerders wat gemeentes bystaan in die ontwikkeling van hulle jeugbediening. Hulle visie is om leiers in die gemeente wat by jeugwerk betrokke is saam met kinders, tieners en jong lidmate deur prosesse te fasiliteer om die jeugbediening van die gemeente uit te bou. 

    Kontak Gielie by gielie@kaapkerk.co.za of te 021 957 7199 om 'n afspraak te maak of meer uit te vind oor hulle werkswyse.

    Besoek ook hulle webwerf by http://www.jonk.co.za .

  • Nuwe gemeente/bedieningspunt ontw   ( 0 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button

    By GKS kan gemeentes aanklop vir raad en begeleiding van die proses nuwe gemeentelike ontwikkeling.

    Kontak gerus vir Braam Hanekom braam@kaapkerk.co.za en Peter Adams peter@kaapkerk.co.za in die verband of by hulle kantoor vir Jackie by go@kaapkerk.co.za 021 957 7202 of besoek hulle webwerf by www.gokerk.co.z.

  • Hulpmiddels   ( 18 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button

  • Verandering   ( 9 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button
    As jy belangstel in hoe gemeentes verander, is hier 'n paar hulp middels.
  • Kerkraadskoling   ( 4 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button

  • Advent   ( 29 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button
  • Bewegings van die Gees   ( 14 Artikels )
    AddThis Social Bookmark Button

    Met Advent het ons Avent verhale van Hoop met mekaar gedeel op die webblad.  Met Pinkster sal dit goed wees indien ons verhale van die Bewegings van die Gees met mekaar kan deel.  Jannie Swart skryf in sy laaste bydrae oor Coenie Burger wat gemeentes soos volg beskryf as 'n dinamiese beweging binne die kragveld van die Gees:

    Die gemeente... is 'n dinamiese beweging wat nie twee dae lank presies dieselfde bly nie, wat altyd aan die skommel en die beweeg bly en nooit stilstaan nie".  Dit lyk asof so 'n benadering tot leierskap nie-objektiverend en minder beheer-georienteerd behoort te wees.  Dit stel die uitdaging om deel te neem aan, en meegevoer te word deur, 'n vloei en energie wat nie in die eerste plek deur leierskap geskep of geinisieer is nie.  Hoe lyk so 'n leierskappostuur?

    Ook in hierdie Pinkstertyd sal die Gees gemeentes en gelowiges beweeg, en dit sal anders wees as verlede jaar. Stuur gerus die verhale deur of te epos aan Frederick Marais by jfm@sun.ac.za Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien hoe meer ons die verhale gaan vertel hoe beter sal ons in 'n posisie wees om, soos Jannie dit stel, meegevoer te word...deur die beweging van die Gees.

  • Verhale van Hoop uit die Platteland   ( 1 Artikel )
    AddThis Social Bookmark Button

    Ons het by Cedarberg 2009 verskeie gesprekke gehad oor plattelandse gemeentes en die unieke gawes van hierdie gemeentes wat gevier moet word. Te dikwels word daar net negatief oor plattelandse gemeentes gepraat. Dit skep 'n onnodige negatiewe selfbeeld en perspesie van hierdie gemeentes. In baie opsigte moes hulle die meeste aanpas in die transformasie wat ons land die afgelope 15 jaar deurgaan.  Hulle moes aanpas by baie uitdagende demografiese veranderinge. Van die armste en mees kwesbare mense in ons land leef in die platteland en word deur hierdie gemeentes bedien. Terselfdertyd moes sommige van hierdie gemeentes leer om sonder 'n voltydse leraar gemeente te wees, en het hulle dit reggekry.  Ons kan almal baie by hulle leer.

    Dalk het jy grootgeword in 'n plattelandse gemeente en jou eerste geloofstree daar gegee. Dalk is jy 'n leier in 'n gemeente in die platteland of het jy as dominee in die platteland gedien.  Dalk het jy net 'n verhaal oor wat gemeentes in die platteland doen wat jy met ons wil deel?

    Stuur asb jou bydrae van 'n paragraaf of twee aan Frederick Marais by jfm@sun.ac.za .  Ons plaas dit graag op die webblad,

Kommentaar en gesprek

Facebook

  • As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis 3 days ago
  • By die Swartberg Indaba het 'n baie interessante gesprek oor GROEN ontstaan: Die bewaring van die natuur en ons rentmeesterskap. Lees en gesels saam: 3 days ago
  • Frederick Marais vertel wat hy geleer het in gesprekke met kerkverlater 4 days ago
  • Nuwe webtuiste geskep vir Kerkspieël by GDN: www.kerkspieel.co.za. Navorsing van 1981 tot 2006 nou beskikbaar vir aflaai. 2 weeks ago
  • Jan Bisschoff deel sy gedagtes oor die lewe ... sonder die mantel van dominee | eerste drie van vyf artikels gepubliseer. 2 weeks ago

Twitter

  • communitasweb: As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis 3 days ago
  • communitasweb: Feel it - it is here! As ons oor Soweto verkeerd kan wees, waaroor nog alles?: http://bit.ly/d0Iyvt - artikel by Sokker Wêreldbeker forum
  • communitasweb: RT @chrisvanwyk: Rekordmaand vir Seisoen van Luister: http://bit.ly/cqJ8F5 via @addthis
  • communitasweb: Meeting with God's voice - Frederick Marais: http://bit.ly/bNDYIg | extensive guide using Listening Cycle to facilitate meetings
  • communitasweb: RT @chrisvanwyk: plaas die finale weergawes van die PowerPoint/Word preekhulpe vir Pinkster 2010 | Seisoen van Luister: http://bit.ly/9CAKHG