Nuusflitse

Bid en werk tot eer van God.  Laai die Week van gebed 2009 hier af.

In aansluiting by Calvyn word dié gebedsriglyne gebaseer op sy sogenaamde vier reëls vir gebed. Die temas is as volg:

  1. Ons roeping om te bid (aanbidding en voorbidding)
  2. Ons roeping is ook om betrokke te raak in die wêreld - olv die Gees is ons God se transformasie agente
  3. Ons roeping om te bid en te werk vir eenheid en versoening
  4. Ons roeping om te bid en werk vir die heling van ons wêreld
  5. A CALL FOR THE CHURCH TO PRAY AND WORK FOR PEACE
  6. Ons is geroep om die Here te verheerlik – in alles!

Die nuutste NOUS DVD's is beskikbaar.

HEKEL - nooi jou uit om ’n nuwe begin te maak, te besef aan die einde van elke pad begin ’n nuwe reis.

SPRING - daag jou uit om vrae te vra, eerlik te wees, jou opinie te lug, onseker te wees, te twyfel, te spring, alleen, maar veral ook saam met ander.

Kontak die Jeugkantoor (0219577199) om te bestel - R25 (posgeld uitgesluit) vir ’n DVD met 2 clips op.

Op 17 en 18 Feb 2009 hou die SKG (Communitas) van die NGK en VGK van Wes en Suid Kaap ‘n konferensie oor gebed en spiritualiteit.

Dit vind by Stellenberg Gemeente plaas. Die konferensie is gerig op predikante en gemeenteleiers. Dit is ‘n geleentheid om na te dink oor gebed en spiritualiteit, maar wil mense ook aanmoedig om ‘n gebedskultuur in gemeentes te skep. Sprekers wat sal optree sal ‘n verskeidenheid spiritualiteitstyle verteenwoordig. Dit beloof om een van daardie geestelike groei geleenthede te wees wat  geen dominee of gemeenteleier behoort te mis nie.  Predikante wat dit bywoon sal VBO krediete hiervoor ontvang. Die program en inskrywingsvorms kan hier afgelaai word. Navrae kan by Quintus Heine gedoen word.

InterAct Workshop: 4-6 February 2009.

Duration: 9h00 - 17h00  Venue: 29 Koorsboom Crescent, Vredekloof, Brackenfell  Costs: R3 300 (Excl. VAT)  Includes course material,  Psychometric tests as well as venue and catering.  Bursaries available for NGO’s and Religious Organizations  Content:  For more information see Clariact.

Eerstejaarskampe 2009 op Stellenbosch – help verwarring voorkom asseblief!

Ons het groot verwagtings van die eerstejaarskampe wat DV van Sondag 18 tot Woensdag 21 Januarie 2009 gehou word.  In 2008 het 500 studente die kampe bygewoon en in 2009 kan dit selfs meer wees. Maar ons vra dat die predikante ons asseblief sal help om verwarring te voorkom. Al die kerkgenootskappe op Stellenbosch hou eerstejaarskampe. Dit gebeur jaarliks dat matrieks dink hulle skryf vir die NG Kerk se kamp in en dan beland hulle by ’n ander kerk se kamp. Veral omdat sommige kerke (ongelukkig soms doelbewus) nie hulle naam by hulle kampe sit nie.  Ons vra vir predikante en gemeenteleiers om asb die inskrywingsvorm vir NG Moedergemeente se eerstejaarskampe aan hulle matrieks te besorg. Gee dit sommer vir die matrieks by julle plaaslike hoërskool voordat hulle volgende week begin eksamen skryf . Vir enige navrae bel asb 021 887 5020 of 021 883 3458. Vir e-pos navrae: venita@moederkerk.co.za  of  richard@moederkerk.co.za.  Die inskrywingsvorm is beskikbaar op die gemeente se webwerf by www.moederkerk.co.za.

Bestel die nuwe Leesrooster en Preekstudies nou om teleurstelling te voorkom.
Leesrooster: R50.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Leesrooster CD: R35.00 elk (Kan net saam met die boek gekoop word). Preekstudies met Liturgiese voorstelle: R150.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Preekstudies met Liturgiese voorstelle CD:R35.00 (Kan net saam met die boek gekoop word). Kontak: Leatitia of Monique 0860 26 33 42 of stuur ‘n e-pos bestel@bmedia.co.za
Die VBO-kursusse van hierdie kwartaal het goed verloop al het ons gewonder of die vierde kwartaal 'n goeie kwartaal is vir kursusse!!

Meer as 50 predikante het deelgeneem in die 4 kursusse wat aangebied is. Dit wil vir ons lyk asof groepe rondom 15 'n baie lekker interaktiewe leersituasie skep. Gaan kyk gerus nou al op die Dagboek funksie vir die datums van 2009 se VBO kursusse.  Kliek ook op Dienste en onder kursusse sal jy die lys van kursusse vir volgende jaar vind. Sodoende kan jy nou al die datums dagboek. As ons kyk na die geweldige groei in die getal predikante wat vanjaar se VBO kursusse by Communitas bygewoon het, wil dit lyk asof die nuwe A-Z sisteem, anders as wat gedink is, makliker ingeburger raak in die kerk se sisteem. Ons is baie dankbaar want leerbaarheid is 'n belangrike waarde in hierdie tyd. Die kursusse is 'n belangrike deel van Communitas om gemeentes en predikante by te staan in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle gawes.

Waarom is daar sommige gemeentes waar daar altyd 'n gebrek aan leiers is, terwyl ander gemeentes weer 'n oorvloed het van nuwe leiers met inisiatief?

Frederick Marais het oor die vraag nagedink. Lees gerus hieroor op die Blog: Padlangs met gemeentes.

Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes is in 2009 vyf jaar besig in Suider Afrika.

Ons beplan 'n groot navorsingsprojek waarin ons saam met verskeie van ons vennote gaan ondersoek doen oor die patrone van gestuurdheid in gemeentes in Suider Afrika. 9-11 November hou ons 'n  konferensie om die resultate van die navorsing te bespreek deur saam terug te kyk oor die afgelope 5 jaar,  maar ook vorentoe te kyk oor die pad vorentoe. Dagboek gerus nou reeds die datum

Die afgelope twee weke was chaos op vele fronte ...

Te midde van dit alles gaan gemeentes en predikante voort met hulle eredienste, pastoraat, jeugbediening en uitreike. Ek wonder hoe maak jy met al hierdie chaos?  Lees verder in Padlangs met gemeentes en lees ook die kommentaar van Leon Venter.

In Padlangs met gemeentes vertel Frederick van 'n ontdekking wat hy gemaak het oor die goeiende leerbaarheid in ons gemeentes en onder leiers.

Gaan gerus na die blog  Padlangs met gemeentes en lewer kommentaar of dit klop met jou waarneming.

Hoe kry ons brûe gebou na die gemeenskap om ons, hoor ek baie gemeenteleiers vra die afgelope tyd?

Baie gemeenteleiers weet dat ons gemeentes amperse ghetto gemeenskappe geword het, waar nog net die ingewydes tuis voel.  Met groot dele van die gemeenskap - oud en jonk - het ons ons vermoë verloor om gemeenskap te bou.  Die Christendom erfenis wat ons het, maak die kerk en gemeente selfgerig - ons vind ons bestaan in onsself - dit sit baie dieper in ons DNA as wat meeste van ons wil toegee. My ervaring is byna dat hoe meer geleerd die predikant en die gemeenteleiers is, hoe dieper is hulle geskool in die soort denke.  Aan die ander kant glo ek dat die Gees gemeenskap bou oor grense, glo ek dat die Gees die hele tyd besig om gemeenskap te stig oor grense heen  ... Lees meer ...

Lees wat Frederick op sy onlangse reis na Lusaka te sê het oor: Wat kan ons leer by Afrika oor tyd? en Die kerk is MIV-positief.
VBO en SKG is tans in 'n loodsingsfase om programme wat geloofsvormende gewoontes vestig onder lidmate uit te probeer.

Kontak vir Coenie Burger of Frederick Marais of skakel Communitas by 021-808 3381 vir meer detail.

Retraites PDF Afdruk E-pos
Gemeenteprogramme - Retraites
Geskryf deur Administrator   
Saterdag, 28 Junie 2008 10:01

Soorte retraites

Reeds boeke beskikbaar

Leier- en deelnemergidse

1.     Gebore as ’n metgesel

Ons is gebore (en wedergebore) om in ’n persoonlike verhouding met die Here en met ons naaste te leef.   Daar gebeur egter baie dinge met ons in die lewe wat ons lewe versuur.   Dinge wat gebeur en dinge wat mense aan ons doen, laat ons gereeld met negatiewe emosies wat ons sukkel om te verwerk.   En, in die proses beduiwel dit ook ons metgeselrol (met die Here en met mense).  In hierdie retraite bied ons ’n geestelike proses aan wat mense kan help om deur hulle negatiewe emosies te werk sodat hulle heling kan ontvang en weer met hulle metgeselrol kan aangaan.

2.     In Groot Geselskap

Die teenwoordigheid van God is die sentrale tema van hierdie program. Ons help mekaar om God se “spore” in ons lewe raak te sien en die implikasies wat dit vir ons lewe het, te deurdink.   Dit is bedoel as ’n inleidings-program en dek die basiese fasette van ons lewe saam met en voor God (spiritualiteit).

3.     Tussen pole van vlees en Gees

Saam met Henri Nouwen onderskei ons drie bewegings waarbinne ons lewe voortdurend fluktueer:

  • Ons sukkel dikwels met gevoelens van diepe ongelukkigheid wat ons innerlike vrede versteur.
  • Sommige mense is maklik om lief te hê, terwyl ons by ander weer intens sukkel om hulle lief te hê.
  • In ons verhouding met God word ons gereeld verlei deur illusies oor ons eie vermoëns en sukkel ons om werklik afhanklik van die Here te wees.
  • Ons wil mekaar help om die ongewenste gevoelens (eensaamheid, vyandskap en mag) te oorwin sodat ons meer dikwels die positiewe gevoelens (innerlike vrede, gasvryheid en broosheid) kan ervaar.

4.     Van vrees na vertroue

Dit is ontstellend om te ontdek hoe baie van ons besluite en optredes deur vrees gemotiveer en gedryf word.   Die uitdaging aan Christene is om met die Here se genade dinge eerder uit geloof en liefde te doen.   Suid-Afrika het vandag sulke mense baie nodig om uit die negatiewe vryval waarin ons ons bevind, te kom.   Om ons hiermee te help, wys Henri Nouwen op drie fasette van die geestelike lewe wat hy “intimacy, fecundity and ecstacy” noem.   Ons dink na oor die betekenis van hierdie begrippe.

5.     Roepings-retraite vir leraars

Om geroep te wees is een van die wonderlikste dinge wat met ons kan gebeur.  James W Fowler sê tereg dat ‘n groot deel van die “uitbranding” wat ons deesdae ervaar beskryf kan word as ‘n protes van ‘n gees waarin die roepingsdrang te lank geïgnoreer, onderdruk of geweld aan gedoen is.  Roeping open nuwe moontlikhede en is die teenwoorgestelde as om ‘n slagoffer te wees.

Baie belangrik:  Retraites word slegs op aanvraag van ‘n gemeente en/of ring aangebied
 
19 Augustus 2008

Joanie Batt
Admin Beampte: Communitas (Buvton)
SENTRUM  VIR  GEMEENTEBEGELEIDING
IZIKO  LOKUCETYISWA  KWAMABANDLA
Posbus 3322, Matieland 7602
+27 21 808 3382 (tel)
+27 21 886 5701 (faks/fax)
Laas Opdateer ( Dinsdag, 30 September 2008 15:48 )
 
Lewer jou kommentaar

Jou naam:
Jou epos adres:
Titel:
Kommentaar:
  Die woord vir verifikasie. Net kleinletter sonder spasies.
Woord verifikasie:

Nuusflitse - almal

Week van gebed 2009

Bid en werk tot eer van God.  Laai die Week van gebed 2009 hier af.

In aansluiting by Calvyn word dié gebedsriglyne gebaseer op sy sogenaamde vier reëls vir gebed. Die temas is as volg:

  1. Ons roeping om te bid (aanbidding en voorbidding)
  2. Ons roeping is ook om betrokke te raak in die wêreld - olv die Gees is ons God se transformasie agente
  3. Ons roeping om te bid en te werk vir eenheid en versoening
  4. Ons roeping om te bid en werk vir die heling van ons wêreld
  5. A CALL FOR THE CHURCH TO PRAY AND WORK FOR PEACE
  6. Ons is geroep om die Here te verheerlik – in alles!

Die nuutste NOUS DVD's is beskikbaar

Die nuutste NOUS DVD's is beskikbaar.

HEKEL - nooi jou uit om ’n nuwe begin te maak, te besef aan die einde van elke pad begin ’n nuwe reis.

SPRING - daag jou uit om vrae te vra, eerlik te wees, jou opinie te lug, onseker te wees, te twyfel, te spring, alleen, maar veral ook saam met ander.

Kontak die Jeugkantoor (0219577199) om te bestel - R25 (posgeld uitgesluit) vir ’n DVD met 2 clips op.

Wandel met God : Konferensie oor Gebed en Spiritualiteit
Op 17 en 18 Feb 2009 hou die SKG (Communitas) van die NGK en VGK van Wes en Suid Kaap ‘n konferensie oor gebed en spiritualiteit.

Dit vind by Stellenberg Gemeente plaas. Die konferensie is gerig op predikante en gemeenteleiers. Dit is ‘n geleentheid om na te dink oor gebed en spiritualiteit, maar wil mense ook aanmoedig om ‘n gebedskultuur in gemeentes te skep. Sprekers wat sal optree sal ‘n verskeidenheid spiritualiteitstyle verteenwoordig. Dit beloof om een van daardie geestelike groei geleenthede te wees wat  geen dominee of gemeenteleier behoort te mis nie.  Predikante wat dit bywoon sal VBO krediete hiervoor ontvang. Die program en inskrywingsvorms kan hier afgelaai word. Navrae kan by Quintus Heine gedoen word.

InterAct Workshop 4-6 February 09
InterAct Workshop: 4-6 February 2009.

Duration: 9h00 - 17h00  Venue: 29 Koorsboom Crescent, Vredekloof, Brackenfell  Costs: R3 300 (Excl. VAT)  Includes course material,  Psychometric tests as well as venue and catering.  Bursaries available for NGO’s and Religious Organizations  Content:  For more information see Clariact.

Eerstejaarskampe 2009 Stellenbosch
Eerstejaarskampe 2009 op Stellenbosch – help verwarring voorkom asseblief!

Ons het groot verwagtings van die eerstejaarskampe wat DV van Sondag 18 tot Woensdag 21 Januarie 2009 gehou word.  In 2008 het 500 studente die kampe bygewoon en in 2009 kan dit selfs meer wees. Maar ons vra dat die predikante ons asseblief sal help om verwarring te voorkom. Al die kerkgenootskappe op Stellenbosch hou eerstejaarskampe. Dit gebeur jaarliks dat matrieks dink hulle skryf vir die NG Kerk se kamp in en dan beland hulle by ’n ander kerk se kamp. Veral omdat sommige kerke (ongelukkig soms doelbewus) nie hulle naam by hulle kampe sit nie.  Ons vra vir predikante en gemeenteleiers om asb die inskrywingsvorm vir NG Moedergemeente se eerstejaarskampe aan hulle matrieks te besorg. Gee dit sommer vir die matrieks by julle plaaslike hoërskool voordat hulle volgende week begin eksamen skryf . Vir enige navrae bel asb 021 887 5020 of 021 883 3458. Vir e-pos navrae: venita@moederkerk.co.za  of  richard@moederkerk.co.za.  Die inskrywingsvorm is beskikbaar op die gemeente se webwerf by www.moederkerk.co.za.

DIE LEESROOSTER EN PREEKSTUDIES VIR 2008/9 KAN NOU BESTEL WORD
Bestel die nuwe Leesrooster en Preekstudies nou om teleurstelling te voorkom.
Leesrooster: R50.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Leesrooster CD: R35.00 elk (Kan net saam met die boek gekoop word). Preekstudies met Liturgiese voorstelle: R150.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Preekstudies met Liturgiese voorstelle CD:R35.00 (Kan net saam met die boek gekoop word). Kontak: Leatitia of Monique 0860 26 33 42 of stuur ‘n e-pos bestel@bmedia.co.za
 
VBO kursusse vierde kwartaal 08
Die VBO-kursusse van hierdie kwartaal het goed verloop al het ons gewonder of die vierde kwartaal 'n goeie kwartaal is vir kursusse!!

Meer as 50 predikante het deelgeneem in die 4 kursusse wat aangebied is. Dit wil vir ons lyk asof groepe rondom 15 'n baie lekker interaktiewe leersituasie skep. Gaan kyk gerus nou al op die Dagboek funksie vir die datums van 2009 se VBO kursusse.  Kliek ook op Dienste en onder kursusse sal jy die lys van kursusse vir volgende jaar vind. Sodoende kan jy nou al die datums dagboek. As ons kyk na die geweldige groei in die getal predikante wat vanjaar se VBO kursusse by Communitas bygewoon het, wil dit lyk asof die nuwe A-Z sisteem, anders as wat gedink is, makliker ingeburger raak in die kerk se sisteem. Ons is baie dankbaar want leerbaarheid is 'n belangrike waarde in hierdie tyd. Die kursusse is 'n belangrike deel van Communitas om gemeentes en predikante by te staan in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle gawes.

Hier is nie meer leiers nie!
Waarom is daar sommige gemeentes waar daar altyd 'n gebrek aan leiers is, terwyl ander gemeentes weer 'n oorvloed het van nuwe leiers met inisiatief?

Frederick Marais het oor die vraag nagedink. Lees gerus hieroor op die Blog: Padlangs met gemeentes.

5 Jaar van Gestuurdheid
Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes is in 2009 vyf jaar besig in Suider Afrika.

Ons beplan 'n groot navorsingsprojek waarin ons saam met verskeie van ons vennote gaan ondersoek doen oor die patrone van gestuurdheid in gemeentes in Suider Afrika. 9-11 November hou ons 'n  konferensie om die resultate van die navorsing te bespreek deur saam terug te kyk oor die afgelope 5 jaar,  maar ook vorentoe te kyk oor die pad vorentoe. Dagboek gerus nou reeds die datum

Hoe gee gemeenteleiers leiding in tye van chaos?
Die afgelope twee weke was chaos op vele fronte ...

Te midde van dit alles gaan gemeentes en predikante voort met hulle eredienste, pastoraat, jeugbediening en uitreike. Ek wonder hoe maak jy met al hierdie chaos?  Lees verder in Padlangs met gemeentes en lees ook die kommentaar van Leon Venter.

Leer my...
In Padlangs met gemeentes vertel Frederick van 'n ontdekking wat hy gemaak het oor die goeiende leerbaarheid in ons gemeentes en onder leiers.

Gaan gerus na die blog  Padlangs met gemeentes en lewer kommentaar of dit klop met jou waarneming.

Die Gees bou brûe - kom wat wil!
Hoe kry ons brûe gebou na die gemeenskap om ons, hoor ek baie gemeenteleiers vra die afgelope tyd?

Baie gemeenteleiers weet dat ons gemeentes amperse ghetto gemeenskappe geword het, waar nog net die ingewydes tuis voel.  Met groot dele van die gemeenskap - oud en jonk - het ons ons vermoë verloor om gemeenskap te bou.  Die Christendom erfenis wat ons het, maak die kerk en gemeente selfgerig - ons vind ons bestaan in onsself - dit sit baie dieper in ons DNA as wat meeste van ons wil toegee. My ervaring is byna dat hoe meer geleerd die predikant en die gemeenteleiers is, hoe dieper is hulle geskool in die soort denke.  Aan die ander kant glo ek dat die Gees gemeenskap bou oor grense, glo ek dat die Gees die hele tyd besig om gemeenskap te stig oor grense heen  ... Lees meer ...

Wat kan ons leer by Afrika oor tyd?
Lees wat Frederick op sy onlangse reis na Lusaka te sê het oor: Wat kan ons leer by Afrika oor tyd? en Die kerk is MIV-positief.
 
Vestiging van geloofsvormende gewoontes in gemeentes.

Banier
Banier