Communitas

Druk
PDF

Weerhou ons Gereformeerde DNA ons daarvan om 'n missionêre kerk te wees?

Geskryf deur Christo Benade on . Posted in Padlangs met gemeentes - Gestuurdheid

“A church that pitches its tents without constantly looking out for new horizons, which does not continually strike camp, is being untrue to its calling … We must play down our longing for certainty, accept what is risky, live by improvisation and experiment.” Hans Kung – The Church
Die feit dat missionêre kerkwees so ’n gewilde term in ons kerklike literatuur geword het, getuig van die worstelinge wat die meeste van ons gemeentes het. Dit is nie net die NG kerk nie, maar die meeste hoofstroomkerke wat spook om gemeentes te skuif vanaf instandhouding na missionêre kerkwees. Hoekom sukkel ons so, hoekom kry selfs predikante met goeie leierskapvaardighede en sterk missionêre harte dit nie reg om gemeentes te skuif nie, om nie eers te praat van om God se droom en die werk van die Gees te help verwerklik nie!
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Die angs van die ewige prediker in ons

Geskryf deur Frederick on . Posted in Padlangs met gemeentes - Geloofsvorming


Ek het die afgelope week Week van Gebed gehou in die Baai. Ek was van die begin af vasberade om nie te preek oor gebed nie, maar om in die week vir 'n slag saam met mense te bid. “ Ons kan maar 20-30 wees” , stel ek die leraar (en myself) gerus, ek gee nie om nie, “ solank ons net die geleentheid gebruik om ‘n paar mense in die gemeente te leer om te bid.”


Van die eerste aand af is ons verras met die hoeveelheid mense wat kom en die klomp jong mense wat deelneem. Ons sit om tafels en stap vir stap oefen ons die gebed van die hart nie. Die ritme is eenvoudig. Ons doen die gebedsoefening van die aand klein treetjies soos om net asem te haal, reflekteer dan daaroor in groepe en dan sluit en die aand af met ‘n 3min van praktyk wenke en die gebedsopdrag vir die volgende dag.


Die gehoor reageer bo verwagting, hulle is gemotiveerd en doen die opdragte stiptelike, praat openlik oor hulle gesukkel om stil te word, probeer weer. Teen die drede aand begin die deurbrake te kom, mense begin spontaan te vertel van hulle diep konneksie met hulself en met God. "Ek wou net 10 minute stil word en toe word dit sommer 'n halfuur", vertel 'n man van in die sestig. Dit is duidelik nuwe grond vir baie, maar hulle gaan dapper voort om die nuwe geloofsdissipline aan te leer….én steeds groei die groep.

In my is daar ‘n stryd wat afspeel. Ek ken die teorie van bemagtiging baie goed, minimum kennis, konkrete “ ant-steps”, herhalende inoefening, refleksie oor die praktyk, weer minimum kennis, konkrete “ant-steps”, weer inoefen, refleksie waarin die groep die pas bepaal. Hoeveel keer het ek dit nie al vir dominees probeer leer nie? Nou moet ek ditself doen en ek sukkel! Daar is ‘n verstekposisie in my wat my die hele tyd laat voel ek doen iets verkeerd ek behoort meer te praat en darem so tussendeur te preek ook.

Ten spyte van al die wonderlike terugvoer én die groeiende getal by ‘n Week van gebed! stoei ek die hele tyd met die stem in my wat wonder of ek nie darem maar meer moet verduidelik, so ‘n paar teorië oor gebed moet bysit, Eugene Petersen moet aanhaal nie. En toe tref dit my, ek is vervorm deur leermeesters wat my met woorde gevorm het, vol teorie gepomp het. Ons het ewig oor die teorie en selfs die praktyk gepraat- verstaan my reg meestal was dit goeie goed. Ek is byna nooit gevorm deur geloofs-afrigters wat my toegelaat het om self te probeer, in te oefen totdat ek die praktyke van die geloof kon bemeeester nie. Ons het byna altyd net oor die goed gepraat en dit weinig gedoen. Dit is waar my angs le.


Dit was ‘n wonderlike week, hande vol mense is diep geraak, ek wil selfs sê gevorm. In baie  gevalle het mense vir die eerste keer in hulle lewe geleer om in stilte op die Here te wag. Van almal is ek die een wat die meeste geleer het. Vir een keer kon ek die ewige prediker stil maak en geduldig saam met mense wag dat die deurbrake in hulle gebeur. Dink net wat ons alles sou gemis het as ek sou toegee aan die ewige prediker in my?

Dankie Eugene en Heinrich, julle was twee leermeesters vir my hierdie week.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Christus as seën

Geskryf deur Gerrie van Deventer on . Posted in Preekstudies - Algemeen

Mag Jesus Christus self teenwoordig wees in jou lewe

en mag die wyse waarop Hy Homself openbaar het,

as volg seën bring in jou lewe...

  • mag Hy - as Immanuel – altyd God by jou wees;
  • mag Hy - as Jesus – jou verlos en vry maak;
  • mag Hy - as Vredevors – aan jou ware rus en vrede gee;
  • mag Hy - as Herder – jou versorg en na groen weivelde lei;
  • mag Hy - as Brood van die lewe – jou diepste honger stil;
  • mag Hy - as Lig vir die wêreld – jou lewenspad verlig;
  • mag Hy - as die Woord – jou iets van God se genade laat insien;
  • mag Hy - as Seun van God – jou van die Vader se liefde leer, en
  • mag Hy - as Gewer van die Gees – jou, deur die Gees, help om passievol te leef en lief te hê
  • Mag jy in Christus ‘n geseënde Christus-fees-tyd beleef.

    (Gerrie van Deventer – by Kerssangdiens 27 Nov 2011)

    Motivering:

    Miskien sou mens o.g.v. 2 Petrus 1:3-4 en Johannes 1:1-16 kon sê dat God in Christus Sy grootste seën gegee het, en dat ‘n mens in die Jesus-pakkie “al die kosbaarste en allergrootste gawes ontvang het” . Hierbo het ek sommer net iets daarvan in Sy selfopenbaring probeer saamvat.

    AddThis Social Bookmark Button
    Druk
    PDF

    Zuma ontken die vrug van medemenslike Christene

    Geskryf deur Pieter van Niekerk on . Posted in Lewenswaardes - Menswaardigheid

    President Zuma se respek en waardigheid kwyn nog verder met sy onlangse uitlatings oor Christene. Hy toon geen insig in die heersende sosio-ekonomiese tydgees nie. Sy begrip vir die snel veranderende na-moderne leefwyse is beperk. Dit is waar dat die eerste kerk en later ook ander kerke in Suid-Afrika apartheid bybels regverdig het. Dié groot onreg het meeste kerke bely en is hulle pens en pootjies by die heling van ons land betrokke. Die impak wat industrialisasie, meganisasie en informasie het, word deur Zuma uit die oog verloor. Die rol van die myne destyds,die rekenaartegnologie vandag, die klimaatveranderings, droogtes, wêreldgebeure en verstedeliking het ‘n groot sosiaal-maatskaplike omwenteling veroorsaak. Christene, gemeentes, kerke se dienende aard het verreikkende en verrykende gevolge in hierdie veranderde omstandighede.
    AddThis Social Bookmark Button
    Druk
    PDF

    27-29 Feb - VBO Interaktiewe webtuistes

    Geskryf deur Webmeester Communitas on . Posted in Kursusse - 2012 Kursusse

    VBO: Die ontwikkeling van ‘n interaktiewe Gemeente Webtuiste

    Communitas 27-29 Februarie 2012

    advertensie
    Communitas bied weer ‘n geleentheid aan ’n beperkte aantal gemeentes/persone om deel te word van ons webgemeenskap.

    In die Communitas webgemeenskap word die volgende gebied:

    • bekostigbare en betroubare huisvesting vir ‘n webtuiste;
    • ‘n wegspring WordPress installasie vir ‘n webtuiste, wat vinnig en liggewig is, die nuutste web tegnologie en ‘n kommersiële template gebruik, en ook ‘n mobiele opsie insluit (kyk hier na 'n voorbeeld van dié installasie);
    • praktiese opleiding in die verdere ontwikkeling van ’n interaktiewe webtuiste; en
    • ‘n paar opsies van voortgaande ondersteuning, volgens ooreenkoms.

    Dit word alles verpak in ‘n VBO kursus, waartydens opleiding en begeleiding van die gemeente se webmeester, leraars en/of ander betrokkenes in die ontwikkeling van ‘n interaktiewe gemeente webtuiste gegee word.  Die webtuiste word met die gewilde en kragtige CMS WordPress gebou.  Deelnemers word blootgestel aan ‘n wye reeks uitbreidings wat vir hulle unieke behoeftes gebruik kan word. 

    Die Uitkomste van die kursus is die volgende:

    AddThis Social Bookmark Button
    Attachments:
    FileBeskrywingFile sizeLaas gewysig
    Download this file (Inskrywingsvorm-VBO-Interaktiewe-webtuistes-27-29Feb2012.doc)InskrywingsvormNB: Lees eers die inligtingsdokument voor jy die inskrywingsvorm invul54 Kb01/17/12 11:37
    Download this file (VBO-Interaktiewe-Webtuistes-inligtingsdokument-Communitas-Feb2012.doc)InligtingsdokumentInligting vir inskrywing sowel as NB vir voorbereiding vir die kursus56 Kb01/17/12 11:36

    Alle kommentaar