Gemeentestories
Ons glo gemeentes is God se geskenk vir die wêreld.
Op hierdie blad wil ons vir mekaar die stories van gemeentes vertel, sodat ons saam kan leer hoe God daardeur die wêreld verander. Baie keer sal dit natuurlik verhale wees van hoe ons self verander is ...
Neem dus deel en stuur vir ons stories vir plasing. Jy kan ook aan die onderkant van die bladsy, in die kommentaar blokkie, korter stories direk plaas op die blad.











