NUWE BLOGS

GEBED LEWENSWAARDES PADLANGS PREEKSTUDIES TUSSEN-IN OUERSKAP LEIERSKAP NUUSPERSPEKTIEF
AddThis Social Bookmark Button

Die geleentheid het opgeduik om met genadegeld iets te doen in die Ring. Ons dink toe aan alles wat in die onderskeie gemeentes aan die gang is en hoe ons iets saam kan aanpak. Dis toe dat die idee opduik om eerder iets saam met die VGK aan te pak. Maar wat? Ons is geografies nie so na aan mekaar dat ons saam in een of twee dorpe ‘n sopkombuis of iets dergliks kan aanpak nie. Tog is daar al soveel saam ervaar; die retreats, konferensie by Goudini, gesamentlike Ringsitting, ens. Met al die moratoruims en ander invloede in die lug besluit ons op ‘n toer. ‘n Toer wat sommer gaan oor gedeelte ervarings, kuier en gewoon net algemene tyd in mekaar se geselskap. Tyd anderkant agendas en onpersoonlike standpunte. Siedaar ‘n heerlike toer ontsluit!

Ons besoek St.Geoges Katedraal en word oa bekendgestel aan 'n Afrika Ikoon( sien foto). Verer besoek ons die Grootte Kerk en die  Wynberg Gemeente (VG en NG saam).

Ons wou ook Robbeneiland besoek maar dit reën uit. Verder besoek ons die Oseanarium, fliek, Groot Constantia kelder leer om wynwaardering te doen (sien foto langsaan), teater, en sluit die toer af met gesprekke by die Kweekskool met Media24 se hoor uitvoerende beampte (Francois Groepe), Prof Elna Mouton en Coenie Burger.

Al hierdie afsprake is vervleg met heerlike uiteet, saamkuier, bid en saamry in ‘n minibus! Ons het  in ‘n heerlike huis tuisgegaan op die besondere Schoenstatt klooster-landgoed in Constantia.

Wat het die ouens beleef?

  • Freddie Swart (Bella Vista VGK- Ceres): “Dit was vir my wonderlik om so saam met mede kollegas te wees.”
  • Mario Ferris (VGK – Op die Berg): “Dit was ‘n besonderse toer met vele hoogte punte. Twee staan uit: die saam kuier met eie en mede kollegas, ‘n ‘bonding’ ervaring waarsonder die herenigingsproses in eie kring veel armer sou wees. Tweedens was daar die besoek aan die Groote Kerk in Kaapstad. Die storie van die gemeente, oud en nuut, soos vertel deur  Andre Olivier het my met nuwe hoop gevul.”
  • Armand Crous (Wolseley): “Die kameraderie tussen die leraars.  Die heerlike saamkuier, lag, ernstig wees – in alles kon ‘n mens die eenheid wat ons in Christus is, ervaar.
  • Die besoeke aan die 3 gemeentes (St Georges Katedraal, Groote Kerk en Wynberg).  Die Here is so duidelik besig om elke gemeente binne hulle konteks te lei en te stuur soos wat Hy weet dit vir die Koninkryk die beste is.  Die gemeentes (al drie “stadsgemeentes”) is verskillend in hulle aanslag en bediening, maar eenders in hulle gesindheid: alles tot eer van die Here.
  • Frankie Gerber (Ceres-vallei): “Vir bou van eenheid tussen kerke is dit nodig dat predikante mekaar as mense leer ken wat saam lag, eet, ontspan, bly in eilandsituasies vir sessies van minimum 2-3 dae; Hieruit ontwikkel vriendskappe, ontdek mense mekaar as persone wat baie in gemeen het; So groei vertrouensbande waar mense kan oopmaak, vertroue kan groei en begrip vir mekaar kan ontwikkel.
  • Myns insiens was die grootste sukses dié week dat ons nie op formele manier per agenda teenoor mekaar gaan sit het om bepaalde probleme op te los nie, maar langsmekaar iemand anders ‘ontdek’ het wat baie nader aan jou is as wat jy wil besef; Formele samesprekings volg informele saamkuier, saamdoen en saam ervaar.
  • ‘n Mens besef met so ‘n geleentheid dat verskille relatief is. Om saam ‘n Anglikaanse Nagmaal te waardeer bind ons aan mekaar en sommer aan die band van ekumene. Die ryke tradisie van die Grootte Kerk (waar nog nie een VGK leraar van hierdie groep was nie) was treffend. En om te dink dat beide “kerke” soveel jare daar saam, as een ligaam aanbid het.
  • Om saam te eet in ‘n netjiese eetplek laat mens besef ons almal deel in gewone uitdagings van kinders wat studeer, rekeninge wat betaal moet word, uitdagings en verwagtings in die gemeente. Die bederf van ‘n gratis ete en vertoning in die Baxter maak die deure oop vir ‘n ander openheid. Gesprekke ontstaan sonder pretensie en daar word gelag oor gewone menslike goed wat nooit opduik by formele vergaderings nie.

Ons groet mekaar met warmte en besef die saamwees was goed. Die Pinkster moegheid het plek gemaak vir gedeelde ervarings wat niemand van ons kan wegneem nie. Die Gees se werking was dalk anders; nie te meet in ‘n besluit of belydenis nie maar in gewone broederskap en liefde... Jesus het immers opgemerk dat die mense sal weet wie se dissipels ons is as hulle sien hoe lief ons mekaar het.


Frederick
Written on Dinsdag, 16 Junie 2009 20:30 by Frederick

Viewed 697 times so far.
Like this? Tweet it to your followers!

Latest articles from Frederick

  • Doopverjaarsdae posted on Woensdag, 01 September 2010 22:48

    Doopverjaardae! Met die doop van jou/julle kind is dit dalk ’n goeie idee om Deut…

  • Doopbrief vir Doopherdenking posted on Woensdag, 01 September 2010 22:46

    Liewe                                                                          Die brief word geskryf sodat jy as jy dit lees, jy die waarde en…

  • SWARTBERG INDABA TERUGVOER VAN TEMAS : posted on Woensdag, 01 September 2010 22:44

    SWARTBERG  INDABA TERUGVOER VAN TEMAS :“WAAROM LOOP KERKVERLATERS?” Sekere vrae is gestel soos : • Waarom…

  • Swartberg Indaba : Terugvoer van temagesprek rondom ARMOEDE posted on Woensdag, 01 September 2010 22:41

      Omdat mense meer geld ontvang deur hul regerings-toelaes, is ons besig om ’n generasie…

  • Beleef jou doop elke dag posted on Woensdag, 01 September 2010 22:31

     Uit die gesprekke by Swartberg oor Doopviering het ons die volgende bydrae ontvang Originally published…

Latest 'tweets' from Communitas

  • As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis Link Maandag, 30 Augustus 2010 09:30
  • Feel it - it is here! As ons oor Soweto verkeerd kan wees, waaroor nog alles?: http://bit.ly/d0Iyvt - artikel by Sokker Wêreldbeker forum Link Donderdag, 10 Junie 2010 19:37
  • Meeting with God's voice - Frederick Marais: http://bit.ly/bNDYIg | extensive guide using Listening Cycle to facilitate meetings Link Vrydag, 09 April 2010 17:31
  • Link Vrydag, 03 September 2010 03:23
  • Link Vrydag, 03 September 2010 03:23
blog comments powered by Disqus

Kommentaar en gesprek

Facebook

  • As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis 3 days ago
  • By die Swartberg Indaba het 'n baie interessante gesprek oor GROEN ontstaan: Die bewaring van die natuur en ons rentmeesterskap. Lees en gesels saam: 3 days ago
  • Frederick Marais vertel wat hy geleer het in gesprekke met kerkverlater 4 days ago
  • Nuwe webtuiste geskep vir Kerkspieël by GDN: www.kerkspieel.co.za. Navorsing van 1981 tot 2006 nou beskikbaar vir aflaai. 2 weeks ago
  • Jan Bisschoff deel sy gedagtes oor die lewe ... sonder die mantel van dominee | eerste drie van vyf artikels gepubliseer. 2 weeks ago

Twitter

  • communitasweb: As kerkverlaters met hulle eertyds gemeentes praat http://t.co/I79tL94 via @AddThis 3 days ago
  • communitasweb: Feel it - it is here! As ons oor Soweto verkeerd kan wees, waaroor nog alles?: http://bit.ly/d0Iyvt - artikel by Sokker Wêreldbeker forum
  • communitasweb: RT @chrisvanwyk: Rekordmaand vir Seisoen van Luister: http://bit.ly/cqJ8F5 via @addthis
  • communitasweb: Meeting with God's voice - Frederick Marais: http://bit.ly/bNDYIg | extensive guide using Listening Cycle to facilitate meetings
  • communitasweb: RT @chrisvanwyk: plaas die finale weergawes van die PowerPoint/Word preekhulpe vir Pinkster 2010 | Seisoen van Luister: http://bit.ly/9CAKHG