Nuusflitse

Bid en werk tot eer van God.  Laai die Week van gebed 2009 hier af.

In aansluiting by Calvyn word dié gebedsriglyne gebaseer op sy sogenaamde vier reëls vir gebed. Die temas is as volg:

  1. Ons roeping om te bid (aanbidding en voorbidding)
  2. Ons roeping is ook om betrokke te raak in die wêreld - olv die Gees is ons God se transformasie agente
  3. Ons roeping om te bid en te werk vir eenheid en versoening
  4. Ons roeping om te bid en werk vir die heling van ons wêreld
  5. A CALL FOR THE CHURCH TO PRAY AND WORK FOR PEACE
  6. Ons is geroep om die Here te verheerlik – in alles!


Die nuutste NOUS DVD's is beskikbaar.

HEKEL - nooi jou uit om ’n nuwe begin te maak, te besef aan die einde van elke pad begin ’n nuwe reis.

SPRING - daag jou uit om vrae te vra, eerlik te wees, jou opinie te lug, onseker te wees, te twyfel, te spring, alleen, maar veral ook saam met ander.

Kontak die Jeugkantoor (0219577199) om te bestel - R25 (posgeld uitgesluit) vir ’n DVD met 2 clips op.

Op 17 en 18 Feb 2009 hou die SKG (Communitas) van die NGK en VGK van Wes en Suid Kaap ‘n konferensie oor gebed en spiritualiteit.

Dit vind by Stellenberg Gemeente plaas. Die konferensie is gerig op predikante en gemeenteleiers. Dit is ‘n geleentheid om na te dink oor gebed en spiritualiteit, maar wil mense ook aanmoedig om ‘n gebedskultuur in gemeentes te skep. Sprekers wat sal optree sal ‘n verskeidenheid spiritualiteitstyle verteenwoordig. Dit beloof om een van daardie geestelike groei geleenthede te wees wat  geen dominee of gemeenteleier behoort te mis nie.  Predikante wat dit bywoon sal VBO krediete hiervoor ontvang. Die program en inskrywingsvorms kan hier afgelaai word. Navrae kan by Quintus Heine gedoen word.

InterAct Workshop: 4-6 February 2009.

Duration: 9h00 - 17h00  Venue: 29 Koorsboom Crescent, Vredekloof, Brackenfell  Costs: R3 300 (Excl. VAT)  Includes course material,  Psychometric tests as well as venue and catering.  Bursaries available for NGO’s and Religious Organizations  Content:  For more information see Clariact.

Eerstejaarskampe 2009 op Stellenbosch – help verwarring voorkom asseblief!

Ons het groot verwagtings van die eerstejaarskampe wat DV van Sondag 18 tot Woensdag 21 Januarie 2009 gehou word.  In 2008 het 500 studente die kampe bygewoon en in 2009 kan dit selfs meer wees. Maar ons vra dat die predikante ons asseblief sal help om verwarring te voorkom. Al die kerkgenootskappe op Stellenbosch hou eerstejaarskampe. Dit gebeur jaarliks dat matrieks dink hulle skryf vir die NG Kerk se kamp in en dan beland hulle by ’n ander kerk se kamp. Veral omdat sommige kerke (ongelukkig soms doelbewus) nie hulle naam by hulle kampe sit nie.  Ons vra vir predikante en gemeenteleiers om asb die inskrywingsvorm vir NG Moedergemeente se eerstejaarskampe aan hulle matrieks te besorg. Gee dit sommer vir die matrieks by julle plaaslike hoërskool voordat hulle volgende week begin eksamen skryf . Vir enige navrae bel asb 021 887 5020 of 021 883 3458. Vir e-pos navrae: venita@moederkerk.co.za  of  richard@moederkerk.co.za.  Die inskrywingsvorm is beskikbaar op die gemeente se webwerf by www.moederkerk.co.za.

Bestel die nuwe Leesrooster en Preekstudies nou om teleurstelling te voorkom.
Leesrooster: R50.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Leesrooster CD: R35.00 elk (Kan net saam met die boek gekoop word). Preekstudies met Liturgiese voorstelle: R150.00 (BTW en versendingskoste ingesluit). Preekstudies met Liturgiese voorstelle CD:R35.00 (Kan net saam met die boek gekoop word). Kontak: Leatitia of Monique 0860 26 33 42 of stuur ‘n e-pos bestel@bmedia.co.za
Die VBO-kursusse van hierdie kwartaal het goed verloop al het ons gewonder of die vierde kwartaal 'n goeie kwartaal is vir kursusse!!

Meer as 50 predikante het deelgeneem in die 4 kursusse wat aangebied is. Dit wil vir ons lyk asof groepe rondom 15 'n baie lekker interaktiewe leersituasie skep. Gaan kyk gerus nou al op die Dagboek funksie vir die datums van 2009 se VBO kursusse.  Kliek ook op Dienste en onder kursusse sal jy die lys van kursusse vir volgende jaar vind. Sodoende kan jy nou al die datums dagboek. As ons kyk na die geweldige groei in die getal predikante wat vanjaar se VBO kursusse by Communitas bygewoon het, wil dit lyk asof die nuwe A-Z sisteem, anders as wat gedink is, makliker ingeburger raak in die kerk se sisteem. Ons is baie dankbaar want leerbaarheid is 'n belangrike waarde in hierdie tyd. Die kursusse is 'n belangrike deel van Communitas om gemeentes en predikante by te staan in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle gawes.

Waarom is daar sommige gemeentes waar daar altyd 'n gebrek aan leiers is, terwyl ander gemeentes weer 'n oorvloed het van nuwe leiers met inisiatief?

Frederick Marais het oor die vraag nagedink. Lees gerus hieroor op die Blog: Padlangs met gemeentes.

Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes is in 2009 vyf jaar besig in Suider Afrika.

Ons beplan 'n groot navorsingsprojek waarin ons saam met verskeie van ons vennote gaan ondersoek doen oor die patrone van gestuurdheid in gemeentes in Suider Afrika. 9-11 November hou ons 'n  konferensie om die resultate van die navorsing te bespreek deur saam terug te kyk oor die afgelope 5 jaar,  maar ook vorentoe te kyk oor die pad vorentoe. Dagboek gerus nou reeds die datum

Die afgelope twee weke was chaos op vele fronte ...

Te midde van dit alles gaan gemeentes en predikante voort met hulle eredienste, pastoraat, jeugbediening en uitreike. Ek wonder hoe maak jy met al hierdie chaos?  Lees verder in Padlangs met gemeentes en lees ook die kommentaar van Leon Venter.

In Padlangs met gemeentes vertel Frederick van 'n ontdekking wat hy gemaak het oor die goeiende leerbaarheid in ons gemeentes en onder leiers.

Gaan gerus na die blog  Padlangs met gemeentes en lewer kommentaar of dit klop met jou waarneming.

Hoe kry ons brûe gebou na die gemeenskap om ons, hoor ek baie gemeenteleiers vra die afgelope tyd?

Baie gemeenteleiers weet dat ons gemeentes amperse ghetto gemeenskappe geword het, waar nog net die ingewydes tuis voel.  Met groot dele van die gemeenskap - oud en jonk - het ons ons vermoë verloor om gemeenskap te bou.  Die Christendom erfenis wat ons het, maak die kerk en gemeente selfgerig - ons vind ons bestaan in onsself - dit sit baie dieper in ons DNA as wat meeste van ons wil toegee. My ervaring is byna dat hoe meer geleerd die predikant en die gemeenteleiers is, hoe dieper is hulle geskool in die soort denke.  Aan die ander kant glo ek dat die Gees gemeenskap bou oor grense, glo ek dat die Gees die hele tyd besig om gemeenskap te stig oor grense heen  ... Lees meer ...

Lees wat Frederick op sy onlangse reis na Lusaka te sê het oor: Wat kan ons leer by Afrika oor tyd? en Die kerk is MIV-positief.
VBO en SKG is tans in 'n loodsingsfase om programme wat geloofsvormende gewoontes vestig onder lidmate uit te probeer.

Kontak vir Coenie Burger of Frederick Marais of skakel Communitas by 021-808 3381 vir meer detail.

Artikels
Filter     Vertoon # 
# Artikel Titel Outeur Trefslae
1 Die mening van die mall Neels Jackson 274
2 Kerkwees kry nuwe gedaante Stephan Joubert 685
3 Die Gereformeerde Siening van belydenis? Dirkie Smit 727
4 Address to The Reformed Church in America Piet Naude 193
5 Christen en kerkwees in 'n tyd van verandering en diversiteit Hentie Boshoff 408
6 Kind in huis...omwille van wie? Nel van Doorn 258
7 Reflections on Sabatical in St Paul Frederick Marais 537
8 Why do so many intelligent pastors and other leaders flounder? Stephan Ott 145
9 Forming God's people Mark Lau Branson 171
10 Hoe bou ons aan vertroue onder mekaar? Frederick Marais 440
11 Not on my Watch. Nagedink oor hoe ons tyd verstaan? Frederick Marais 382
12 Teologiese strominge in die NG Opleiding aan die Teologiese Fakluteit UP Attie van Niekerk 941
13 Die verskil tussen gemeentes met 'n sendingaksie en Gestuurde Gemeentes Frederick Marais 413
14 Emotional and Spiritual care and counselling for the person with Full-blown Aids Andre de la Porte 130
15 Die uitdaging van Fundamentalisme vir Christelike Leierskap Ben du Toit 360
16 Versoening kom onverwags wanneer ons gedwing word om te luister Frederick Marais 467
17 Who rescues the Pastor? Dale O Wolery & Dale Sryan 742
18 Langverlof, kan dit beter benut word? Wilhelm Burger 827
19 Identiteit word duidelik in Dialoog Frederick 978
20 Ons het predikante gefaal! Frederick 1771
21 Ons het predikante gefaal! Frederick 510
22 In Watter tydsone is jy? Frederick 391
23 Herontwerp Jeugbediening Frederick 441
24 Vergaderings op die litrugie van die Braambos Frederick 427
25 Living and Surviving Martha Cabrera 373
26 Formation of Cummunity Frederick 142
27 Vision on Family ministry in South Africa Johannes Malherbe 708
28 Predikantsverwisseling Pierre 1118
29 Predikantverwisseling Pierre 823
30 Energiepunte in gemeentes Frederick 574
31 Joodse rituele vir gebruik in kindertyd by Biddag vir Jode Francois Wessels 527
32 WAARDES MAAK SAAK Jeanette de Klerk 1333
33 Basiese beginsels vir die vestiging van waardes in Suid-Afrikaanse skole Jeanette de Klerk 858
34 A Positive revolution in change David L. Cooperrider David L Cooderrider & Diana Whitney 677
35 Theological understanding of transformation Frederick Marais 428
36 Die Vroeë Christelike kerk in Afrika: `n geskiedenis wat ons nie ken nie. Coenie Burger 733
Banier
Banier