Vennootskap Kennisgewings

9-11 November 2009: 5 Jaar van Gestuurdheid

Helderberg Somerset-Wes/t

 

Vennote wat die konferensie help moontlik maak aanbied:

SAVGG, Helderberg gemeente, Die M Th program in Missionale Transformasie van Fakulteit Teologie Universiteit van Stellenbosch, CLF en die Nasionale Navorsingstigting befondsde navorsingsprojek oor rituele en sosiale kapitaal.

Lees meer...

Vennootskap Nuus

Leef die Gestuurde Roeping/Living the Missional Calling

Die SAVGG konferensie Leef die Gestuurde Roeping/ Living the Missional Calling begin Maandag 9 November by Helderberg gemeente.

Die inskrywing het alle verwagtings oortref en 150 konferensiegangers van oor die hele land word verwag. Die volgende nota is uitgestuur om konferensiegangers aan te moedig om voor te berei vir die konferensie:

Baie dankie dat u ingeskryf het vir die Konferensie by Helderberg Somerset-Wes volgende week, en by voorbaat baie welkom. Ons is baie dankbaar vir die meer as 150 inskrywings wat reeds ontvang is vanuit die verskillende streke in ons land oa Namibië, Zambië, Malawi en Zimbabwe. Prof Pat Keifert het reeds aangekom en sal die naweek in Gauteng wees.
Die konferensie is ‘n geloofsonderskeidende byeenkoms waar ons as groter familie van Gestuurde gemeentes  in afhanklikheid van die Here gaan besin oor hoe en waar die Here tans gemeentes in Suider-Afrika stuur.
Om jou voor te berei vir die konferensie die volgende voorstelle:
• Probeer om in die dae voor die konferensie tye van afsondering en gebed in te ruim om voorbidding te doen vir die konferensie. Lees ook gerus Lukas 24: 13-35 die verhaal van die Emmausgangers wat ons teks van die konferensie sal wees.
• Dink spesifiek na oor deurbraak-tye en oomblikke wat die Here aan julle as gemeente gegee het.
• Berei voor om te kom vertel van gestuurde innovasies (dit kan ʼn plan, ʼn preek, ʼn wandel in die woord, of enige vorm van bedieningsaanpassing wees) wat julle as gemeente ontwerp het en wat ʼn verskil gemaak het op julle reis.
---------------------------------------------------------------------------------------------------------
We are so grateful for the more than 150 participants that have enrolled for the conference at Helderberg Somerset-West next week. The Missional family will gather from the different regions in Southern-Africa inter alia Namibië, Zambia, Malawi and Zimbabwe. Prof Keifert has already arrived and will spend the weekend in Gauteng.
The conference is a journey of discernment for the larger Southern-African Missional Family. Our discernment will focus on how and where God is spending congregations.
We would appreciate it if you can prepare for the conference in
• Find time for solitude and prayer. Read Luke 24:13-35.  We will dwell in this text during the Conference.
• Make a note of breakthrough events that helped your congregation to identify the missional opportunities in your community - it might be an excellent mistake that you reflect on and learned from.
• Any missional innovations ( a plan, a strategy, a sermon, etc) that you have develop in the congregation that made a difference on your journey

Boekwinkel

Zillah BothaChrisna

Communitas se nuwe boekesentrum is so ingerig dat jy daar lekker kan sit en koffiedrink.

Ons het met die hulp van Bybelmedia oor die afgelope 2 jaar gebou aan ‘n Boekesentrum wat  fokus op publikasies oor gemeentes en gemeentelike bediening en ook ander teologiese boeke wat vir predikante en gemeenteleiers van waarde kan wees.  Ons het heelwat Suid-Afrikaanse boeke en hulpmiddels beskikbaar en ook ‘n geselekteerde lys van oorsese boeke. Ons is bewus van die feit dat teologiese boeke nie meer altyd so geredelik beskikbaar is nie en baie duur is en doen daarom ons bes om met ons beperkte bronne boeke so billik as moontlik aan te bied.

Die boekesentrum kan by Communitas se kantore tydens kantoorure besoek word.  Skakel gerus vir Zillah Botha by 021-808 2914 om bestellings te plaas of epos na  Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien . Indien Zillah nie beskikbaar is nie, kontak vir Chrisna by 021-808 3624 of e-pos na Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .

Ons is tans besig om die  lys van boeke op die webblad te laai - dit behoort teen die einde van Julie 2009 volledig te wees. Die Engelse teks wat gelaai word is die afkomstig van die betrokke uitgewer se webblad.

Let daarop dat ons nie van al die boeke voorraad dra nie en dat daar dalk ‘n wagtyd ter sprake mag wees indien ons die boeke uit die buiteland moet bestel.  Ons sal in elk geval vir u op hoogte hou. Die prys is ook onderhewig aan die wisselkoers. Die boekesentrum is daar om diens te lewer aan predikante en nie om 'n winsgewende besigheid te wees nie.

Die lys van boeke behoort teen die einde van Junie 2009 volledig te wees.

AddThis Social Bookmark Button
  • Beste verkopers (1 Artikel)

    AddThis Social Bookmark Button
  • DVD's (2 Artikels)

    AddThis Social Bookmark Button
  • Eredienste en liturgie (7 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Etiek en Publieke Teologie (2 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Gemeentes (10 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Gestuurde Gemeentes (4 Artikels)

    AddThis Social Bookmark Button
  • Retraites (4 Artikels)

    AddThis Social Bookmark Button
  • Jeug en familie (0 Artikels)

    AddThis Social Bookmark Button
  • Kerkgeskiedenis (5 Artikels)

    AddThis Social Bookmark Button
  • Nuwe Testament (0 Artikels)

    AddThis Social Bookmark Button
  • Ou Testament (2 Artikels)

    AddThis Social Bookmark Button
  • Pastoraat (3 Artikels)

    AddThis Social Bookmark Button
  • Seisoen van Luister (1 Artikel)

    AddThis Social Bookmark Button
  • Dogmatiek (14 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Spiritualiteit (10 Artikels)

    AddThis Social Bookmark Button
  • Algemeen (2 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Leierskap (7 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Missiologie (6 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Prediking (8 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Teologiese Opleiding (2 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Ekklesiologie (0 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button
  • Goeie boeke om te lees (9 Artikels)
    AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar