Tradisies

Teologie

Dissiplines

Kontinente

TUSSEN-IN - blog

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Tussen Swart Vrydag en Advent

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Kontinente

Meeste Suid-Afrikaners is waarskynlik bewus van die Amerikaners se Thanksgiving tradisie, maar ek is nie seker hoeveel mense weet dat Thanksgiving Donderdag gevolg word deur Black Friday nie.  Black Friday verteenwoordig die amptelike opening van die seisoen vir Kersfees inkopies en winkels bied spesiale winskopies aan vir die dag.  Gevolglik staan mense tou dwarsdeur die nag en vertrap hulle mekaar om betyds by die winskopies uit te kom wanneer die winkeldeure vroegoggend op Vrydag oopmaak.  Om dit sagkens te stel... dit is 'n verbruikeristiese kultuur in sy mees vulgere vorm.Die naam, Black Friday, het eintlik in die jare 60's in Philadelphia ontstaan om die ontwrigting van die besige verkeer op die dag na Thanksgiving te beskryf, maar later het dit die betekenis begin aanneem van besighede wat 'n wins maak (om "in die swart te wees").

Dit is ironies dat Swart Vrydag tussen Thanksgiving en die begin van die Adventseisoen val.  Dit is asof dit 'n bisarre teken is van hoe dankbaarheid gedefinieer word in 'n verbruikeristiese kultuur... dankbaarheid gedefinieer deur die selfbevrediging van kommoditeite wat onmiddellik beskikbaar moet wees.  Dit is asof Swart Vrydag letterlik in die pad staan van 'n dankbaarheid wat gedefinieer word deur 'n seisoen van afwagting op wat die Here gaan doen...  'n Treffende beskrywing van die dilemma en uitdaging kom uit die pen van Walter Brueggemann in sy 2007 artikel (in Journal for Preachers) oor Advent: Departure and Homecoming.   Hier is 'n aanhaling uit die begin paragrawe van die artikel:

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Dankbaarheid en Verwagting

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Kontinente

Dit is vandag "Thanksgiving Day" in Amerika.  Afgesien daarvan dat ek nou nie vreeslik mal is oor kalkoen nie, is dit nogeens 'n gesekulariseerde kommersialisering van 'n gebruik wat tradisioneel eeue gelede ontstaan het as 'n godsdienstige geleentheid van dankbaarheid vir die oorvloedige oes wat die Here voorsien.  En tog bring dit elke jaar die geleentheid vir gemeentes om die sekularisering en kommersialisering teen te werk met die manier waarop ons dit vier.  Hier in Oil City het ons gisteraand 'n gesamentlike (ekumeniese) erediens gehad wat deur al die kerke ondersteun is.  Ek het die geleentheid gehad om aan die hand van Habakkuk te preek.  Habakkuk se uiteindelike berusting in wat die Here in die toekoms gaan doen ten spyte daarvan dat dit mag beteken dat daar geen oes gaan wees nie het die ideale geleentheid geskep om te fokus op of ons die Here dien vir wie Hy is en of ons die Here dien vir Sy seeninge alleen.  Kan ons hom vertrou vir die toekoms ongeag die uitkoms daarvan of kan ons Hom net raaksien as die toekoms ontvou soos ons dit graag wil he?

Na die tyd vertel 'n vrou my dat sy nou al vir jare probeer om haar seun se toekoms te beheer en dat sy besef sy het 'n ondankbare mense geword a.g.v. haar neiging om God se toekoms vir Hom te probeer reel.  Ek het net weer besef dat die verband tussen dankbaarheid ("thankfulness") en verwagting ("anticipation") bitter moeilik is in 'n gesekulariseerde kultuur.  As jy ten diepste dink dat die toekoms die uitkoms is van menslike pogings, dan kan jy alleen dankbaar wees wanneer dit uitwerk soos jy dit beplan het, en dan pas die Here in die prentjie in as die een wat daai pogings geseen het (al dan nie).  So 'n wereldbeeld leef in die voortdurende spanning en angs dat die toekoms nie gaan gebeur soos beplan nie, en dankbaarheid (al dan nie) kan alleen geskied afhangende van hoe die uitkoms in die verlede of hede bepaal is.  Dit is die tragiese implikasie van 'n gesekulariseerde "buffered self" wat geen invloed verwag van buite die self nie (soos Charles Taylor dit beskryf in sy "The Secular Age").  Maar hoe lyk dankbaarheid as dit gewortel is in ons verwagting/antisipasie dat God op sy eie terme Sy toekoms tussen ons gaan voortbring ongeag of dit gaan lyk soos ons dit verkies of nie?  Iewers tussen Habakkuk 2 en 3 het Habakkuk klaarblyklik iets daarvan verstaan.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Wat is jou plan vir ons, dominee?

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Sistematiese en Praktiese Teologie

Ek het sedert my aankoms vier maande terug hier in die gemeente gereeld terug gedink aan 'n moedswillige episode so twee jaar gelede toe ek gevra was om 'n kursus in "Congregational Revitalization" aan te bied vir senior studente by Luther Seminary in St. Paul, Minnesota van wie omtrent almal die volgende jaar beroep sou word na hulle eerste gemeentes.  Een van die opdragte tydens die kursus was dat hulle in klein groepies uitgestuur was na Lutheraanse gemeentes in die omgewing om navorsing te gaan doen oor die huidige stand van die betrokke gemeente, en vir elke groepie om dan terug te kom met 'n aanbieding oor wat hulle sou doen indien hierdie betrokke gemeente hulle die volgende jaar sou beroep met die opdrag om die gemeente te "revitalize".

Die aanbiedings was professioneel en vindingryk, maar gegewe 'n sterk pragmatiese kultuur, het teologiese refleksie en 'n fokus op verhoudinge tussen mense in meeste gevalle vinnig verdwyn agter indrukwekkende lyste "strategies, events, programs, and projects".  Nadat ek toe vir die soveelste keer na 'n powerpoint aanbieding van instrumentele rasionaliteit (hierna wil ek graag later terugkeer in 'n blog bydrae) moes kyk en luister, kon ek my moedswilligheid nie verder inhou nie.  Ek vra toe 'n vraag terwyl die laaste powerpoint skyfie nog op die skerm verskyn van 'n pragtige foto van die betrokke groep se gemeente wat hulle besoek het met 'n lieflike grasperk rondom 'n groot, groen boom op die voorgrond.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Tussen Akademie en Gemeente

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Sistematiese en Praktiese Teologie

Dit het my 'n lang tyd gevat om weer aan die skryf te kom na die gejaag om my doktorale skripsie betyds klaar te kry vroeer vanjaar.  Die post-skripsie sindroom het beslis sy tol geeis.  Hoe meer 'n mens mos lees en skryf, hoe meer kom jy agter jy het meestal nie 'n idee waarvan jy praat nie!  Dan kom die gesukkel gewoonlik om te glo jy het enigiets betekenisvol om neer te skryf vir ander om te lees.  En toe kom die skok van terug beweeg van die akademie na 'n gemeente.  Wel, dit is nou as ek nie eers praat oor die ontwrigtings en aanpassings van 'n gesinsbesluit om langer in die VSA aan te bly nadat ons al vliegtuigkaartjies terug gehad het SA toe nie.  Nietemin, so eindig ek op in 'n 300-400 lidmaattal gemeente van die Presbyterian Church (PCUSA) in 'n plattelandse area in Noordwes Pennsylvania.

Nou leer ek van vooraf hoe om 'n predikant te wees en worstel veral met die reusagtige gaping tussen akademie en gemeente.  Ek wil graag oor die volgende klompie weke my blog gebruik om te probeer nadink oor sommige van my ervaringe tussen akademie en gemeente.  Ek hoop dit sal ander kan inspireer om deel te word van die gesprek.  Hier is sommige van die vrae wat prominent in my gedagtes rondwoel na vier maande se terugwees in 'n gemeente met 'n Ph.D. agter my naam (en waaroor ek hier wil nadink en skryf):  

  • Hoe lyk die postuur, gewoontes, en gebruike van 'n gemeentepredikant wat deel word van 'n gemeente se reis om voortdurend God te ontdek as teenwoordig en aktief in die gemeenskap (breer as net die gemeente)?; 
  • Wat is die verband tussen die predikant se teologie/idees en die teologiese kultuur van die gemeente?; 
  • Hoe neem 'n missionale proses van geloofsonderskeiding vorm aan in 'n gemeentekultuur wat gedomineer word deur paradigmas wat oenskynlik lynreg daarteen werk?; 
  • Hoe funksioneer die Bybel, die Tafel, die Doopvont, en Gebed in die predikant se leierskapsbenadering?; 
  • Hoe beoefen die predikant leierskap om 'n predikant-afhanklike gemeentekultuur te swaai na 'n kultuur van groter bemagtiging en eienaarskap?  

En daar is meer... maar dit is meer as genoeg vir eers...

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar