Tradisies

Teologie

Dissiplines

Kontinente

Dissiplines

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Die Luisterende Simfonie van Gestuurde Advent Gemeentes

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Dissiplines

Advent breek weer ons gejaagde lewens in.  Skielik, onverwags, elke jaar hierdie tyd, uit die toekoms.  Soos die bruidegom in die nag.

Dan is dit tyd om die simfonieorkes tot bedaring te bring.  Die gewone uitvoerings van die jaar te stop.  Die musiek te verdoof.

'n Tyd vir die uitvoering van John Cage se 4'33.  Wanneer ons gretigheid om 'n simfonie uitvoerings van God se musiek te maak net stilte word.

Maar stilte met 'n verskil.  Want wanneer die simfonieorkes tot bedaring kom word ons verras deur die klanke van stilte.

Vir christelike geloofsgemeenskappe is dit nie 'n Zen Buddistiese stilte nie, maar 'n stilte van nuwe, vars luister na ander.  In plaas van 'n fokus op die musiekstukke wat ons moet kan bemeester, word ons opnuut bewus van die gehoor se wereld.  'n Wereld waar God leef.  'n Doodgewone, alledaagse wereld... die stadsverkeer... die hoes van 'n kind... stille klanke van wanhoop in geweld, armoede, vigs, werkloosheid....

As gestuurde gemeentes word ons nie net gestuur om altyd iets te doen nie, maar om soms met aandag te luister na die wereld waar God leef.  Sodat ons weer kan fokus op die Een van wie ons weet Hy het 'n eerste keer op verrassende manier tussen ons opgedaag... en Hy kom weer uit die toekoms as die lewende hoop tussen ons.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Hoop se Absurde en Omgekeerde Logika

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Dissiplines

Ek speel nog steeds rond met die onlangse Verantwoordelike Vernuwing konferensie se hoop tema, want dit duik oral op in leeswerk waarmee ek tans besig is vir navorsing oor imagination.  As die christelike hoop primer hoop is in die moontlikhede van God self (sien vorige blog bydraes hieroor van Chris Jones en myself), dan sou hoop ook beskryf kon word in Richard Kearney se metafoor van "desire of God" (in 'n bundel oor God, the Gift, and Postmodernism wat deur John Caputo en Michael Scanlon geredigeer is).
Kearney beweer daar is twee verskillende maniere waarop God "begeer" kan word.

Die eerste is vanuit 'n skaarsheidmentaliteit wat absolute kennis begeer vanuit die bewustheid van 'n gebrek daaraan.  Hierdie soort begeerte kan terug herlei word na Bybelse verhale oor Adam se val en die Toring van Babel.  Dit verteenwoordig wat Kearney, in sy boek The Wake of the Imagination, na verwys as "the 'evil drive' (yezer hara) to be God by refashioning Yahweh in our own image."  In sy Confessions verwys Augustinus hierna as "an empty curiosity... dignified and masked by the name of learning and science... to investigate the concealed working of nature beyond our ken, which it does no good to know  and which men want to know only for the sake of knowing" (soos aangehaal deur Kearney).  Uiteindelik is dit 'n hoop in wat ons kan sien eerder as Paulus se hoop in dit wat nie gesien kan word nie (Rom. 8:25).  Luther het telkens gewaarsku teen hierdie soort begeerte om God te reduseer tot 'n besitting van ons metafisiese visie (visio dei), en dat dit niks anders is nie as 'n begeerte om te domineer en bemeester.  Hoop neem die vorm aan van ons begeerte om ons beperkinge te oorkom met die mag van sekerheid.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Die Blinde Kol

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Dissiplines

Gegewe my huidige navorsing in gemeentes, doen ek heelwat leeswerk rondom eskatologie in die teologie en fenomenologie in die filosofie.  Ek kom toe so 'n paar weke terug af op Otto Scharmer, besigheidskonsultant en stigter van die Presencing Institute, se nuwe boek, Theory U (Berrett-Koehler, 2009).  Dit is veral die subtitel wat my nuuskierig gemaak het, nl. Leading from the Future as It Emerges.  Scharmer worstel met organisatoriese leierskap te midde van sosiale verandering en hoe dit die transformasie van organisasies raak.  Hy fokus veral op wat hy die social fields van 'n organisasie noem:  "Social fields... designates the totality and type of connections through which the participants of a given system relate, converse, think, and act." En hy begin sy meer as 500 bladsye boek met 'n beeld van die blinde kol.

"The blind spot is the place within or around us where our attention and intention originates.  It's the place from where we operate when we do something.  The reason it's blind, is that it is an invisible dimension of our social field, of our everyday experience in social interactions.  This invisible dimension of the social field concerns the sources from which a given social field arises and manifests." Hy gaan dan voort om dit te illustreer aan die hand van die werk van 'n kunstenaar:  "we can look at the work of art after it has been created (the thing), during its creation (the process), or before creation begins (the blank canvas or source dimension)." Volgens Scharmer kan dieselfde analogie vir leierskap gebruik word, en kan ons na leierskap vanuit drie verskillende oogpunte kyk:  (1) wat leiers doen (taak); (2) hoe leiers dit doen (proses); (3) vanuit watter bronne leiers funksioneer (onsigbare en onderliggende dimensie wat die aard van leierskap bepaal).  Oor eersgenoemde is daar al tonne leierskapboeke geskryf, terwyl die tweede kategorie waardevolle navorsing opgelewer het oor die laaste 15-20 jaar.  Oor laasgenoemde is daar egter nog bitter min sistematiese navorsing en skryfwerk gedoen.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Gemeentelike Geloofsvorming: Om te Weet of Om te Leer?

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Dissiplines

Uit die opvoedkundige wereld het daar so pas 'n boek verskyn van John Baldacchino oor die opvoedkundige filosofie van Maxine Greene.  Die titel is "Education Beyond Education: Self and the Imaginary in Maxine Greene's Philosophy" (Peter Lang, 2009).  Vir Greene beteken opvoeding baie meer as blote kennis (om te weet).  Sy skryf iewers, "we are interested in education here, not in schooling".  Om te leer en om te weet verteenwoordig twee radikaal verskillende benaderings tot opvoedkunde.  Die om-te-leer benadering waag dit na die ondefinieerbare ruimtes wat sekerhede en bekendhede oorskry.  Baldacchino beskryf dit so:  "Whenever the worlds of norm and normality are presented as valid by dint of their 'familiar nature', we know that this is a self-imposed assumption.  We impose such worlds on each other because we are always anxious that otherwise we run the risk of having no truth, or beauty or goodness - or so they tell us.  But as Greene states, we should be concerned with wide-awakeness 'not with the glowing abstractions - the True, the Beautiful, and the Good''".

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Pinkstergemeenskappe 7: 'n Vertrek vol begaafde mense

Geskryf deur Jannie Swart on . Posted in Tussenin - Dissiplines

In hierdie laaste van my sewe blog bydraes oor Pinkstergemeenskappe - geinspireer deur Coenie Burger se werk oor gemeentes as bewegings in die kragveld van die Gees, en in teologiese gesprek met Peter Block se boek oor hoe gemeenskappe vorm en transformeer - is die fokus op gawes.  Ek verkies Coenie se voorkeur om te praat van begaafde mense (mense met gawes) eerder as bloot gawes (bl. 191), want dit verhoed ons om saaklik en instrumenteel oor gawes te dink, en dit herinner ons dat dit primer oor mense gaan wat met hulle Gees-gegewe gawes in verhouding met mekaar leef.  'n Fokus op begaafde mense verklaar 'n erns oor die verskil wat God self maak as Hy nie maar bloot 'n abstraksie, idee, of beginsel is nie, maar waar Hy werklik self teenwoordig en aktief is te midde van die morsigheid en tekortkominge waar gewone mense geloofsonderskeiding en bediening saam met mekaar beliggaam.  Coenie skryf:  "Ons glo dat die Gees nie net mense se gawes en planne in diens wil neem nie, maar dat Hy mense self (met hulle volle wese) wil intrek in die proses van die kerk en die koninkryk."

Peter Block wys op ons natuurlike gewoonte om maar al te graag te wil fokus op probleme, tekortkominge, en behoeftes in gemeenskappe.  Hy skryf tong in die kies:  "The only cultural practices that focus on gifts are retirement parties and funerals.  We only express gratitude for your gifts when you are on your way out or gone.  If we really want to know what gifts others see in us, we have to wait for our own eulogy, and even then, as the story goes, we will miss it by a few days." Vanuit teologiese uitgangspunt en die werklikheid van Christelike geloofsgemeenskappe is dit selfs 'n nog groter aanklag, want dit beteken dat ons ook nie die teenwoordigheid en aktiwiteit van God in mense se lewens ernstig neem nie.  Ons realisme oor gebrekkige situasies en die sondige menslike natuur (wat natuurlik altyd so is) word dan al te maklik 'n eensydige beklemtoning van wat nie moontlik is vanuit menslike oogpunt nie, sonder dat ons ewe gretig is om die beweging en gawes van die Gees as 'n ewe groot realiteit in dieselfde situasies in ag te neem.  Dan bestaan die gevaar dat ons realisme bloot 'n verskansing is van 'n dieperliggende skaarsheidmentaliteit wat nie meer kan glo dat God 'n verskil in en deur mense kan maak nie.

Block skryf:  "Instead of problematizing people and work, the conversation that searches for the mystery of our gifts brings the greatest change and results." Pinkstergemeenskappe, met hul onwrikbare geloof in die misterie en realiteit van die beweging van die Gees waarvan hulle deel geword het, plaas hulle hoop op transformasie wat net in die kragveld van die Gees moontlik is, maar wat juis gebeur daar waar gewone, kwesbare mense met hul tekortkominge en swakhede worstel in alledaagse lewensituasies.

AddThis Social Bookmark Button

canada drugs
canadian pharmacy for animals normally viagra pharmacy tests
cialis 20mg

viagra


east canadian pharmacy ease

phys buy phentermine root

fukuda http://tramadolbuy.info/ dahlheim
canadian pharmacy
ambien

виагра действие door where to buy viagra constipation
provigil online