Druk
PDF

Postitiewe Ouerskap Program Inligting

Geskryf deur Alta Marais on . Posted in Positiewe Ouerskap - Ouerskap

Dit is ‘n program wat mense help om deelnemende ouers te wees.Dit voorsien basiese ouerskapvaardighede wat benodig word om ‘n deelnemende ouerskapsiening na te streef.

Ouerskap is die eén belangrike taak wat aangepak word sonder opleiding, want daar het tot baie onlangs nie sodanige opleiding bestaan nie.Dit voel ietwat onbillik dat daar van ons verwag is om sonder opleiding die heel belangrikste taak aan te pak:om die fondament te lê waarop ons kinders hulle toekoms moet bou.Boonop weet ‘n mens dat jy nie meer kinders kan grootmaak volgens jou ouers se resep nie, want tye het verander.Ouers het vandag ‘n veel moeiliker taak want ons leef nie meer binne ‘n gestruktureerde samelewingmet vaste norme en gewoontes nie.

Deur POSPAR wil Communitas dit graag vir alle ouers moontlik maak om verantwoordelike opleiding te deurloop, sodat hulle nie so baie saltwyfel oor hoe om in spesifieke situasies op te tree nie.Communitas wil deur die kursus vir ouers ‘n werkbare ouerskapsiening aanbied.

·DIE PROGRAM VERHOOG U EFFEKTIWITEIT AS OUER.

·DIT WORD IN KLEIN GROEPE AANGEBIED

DIT BEHELS SEWE TWEE-UUR SESSIES

·DIE TYD EN PLEK VIR DIE KURSUS WORD BEPAAL DEUR DIE KURSUSGANGERS SE BEHOEFTES.

DIE PROGRAM SLUIT IN:

MODULE 1

Verduideliking van deelnemende ouerskap

Verskillende ouerskapstyle

Verhoging van selfstandigheid by kinders

MODULE 2

Wangedrag:Verskillende vorms wat wangedrag aanneem; die effek van die wangedrag op die ouer (hoe dit jou laat voel); wat ons moet leer verstaan (die rede vir die wangedrag);wat daaraan gedoen kan word en hoe dit moontlik voorkom dan word.

Voltooiing van die Myers-Briggs vraelys deur kursusgangers.

MODULE 3

Behandeling van die kursusgangers se Myers-Briggs profiele.Ouers leer hulle natuurlike persoonlikheidsvoorkeure verstaan en hoe dit reflekteer in hulle ouerskap.

MODULE 4

KOMMUNIKASIETEGNIEKE

Empatie: om te verstaan hoe jou kind voel en bedoel

Empatiese tegnieke:Eggo

Empatiese luister

Empatiese response

Reflekterende luister

Om te bou aan ‘n positiewe emosionele “bankrekening”

MODULE 5

VERDERE KOMMUNIKASIETEGNIEKE

Oop response

Ek-boodskappe

Opbouende hantering van probleme

MODULE 6

DISSIPLINE

Die verskil tussen dissipline en straf

Logiese gevolge

Uitsittyd

Geloofwaardige positiewe terugvoer en positiewe ek-boodskap

Saamstel van ‘n waarde gebaseerde missie vir die gesin

MODULE 7

Probleemoplossing

Probleemeienaarskap

Huisvergadering

Gesinspret

Huisreëls

Verdeling van pligte

Hantering van klagtes en konflik

Inoefening

DIE KURSUS IS BEDOEL VIR DOODGEWONE OUERS WAT HULLE OUERSKAPSVAARDIGHEDE WIL VERBETER. VOLG.

VIR MEER INLIGTING EN BESPREKING VAN KURSUSSE, KONTAK

 

  • ALTA MARAIS :TEL: (021) 882 9956 SEL:(082) 923 9010 E-posHierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of
  • Sharon Naude by Communitas:  021 8083381   Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar