PADLANGS MET GEMEENTES - blog

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Die angs van die ewige prediker in ons

Geskryf deur Frederick on . Posted in Padlangs met gemeentes - Geloofsvorming


Ek het die afgelope week Week van Gebed gehou in die Baai. Ek was van die begin af vasberade om nie te preek oor gebed nie, maar om in die week vir 'n slag saam met mense te bid. “ Ons kan maar 20-30 wees” , stel ek die leraar (en myself) gerus, ek gee nie om nie, “ solank ons net die geleentheid gebruik om ‘n paar mense in die gemeente te leer om te bid.”


Van die eerste aand af is ons verras met die hoeveelheid mense wat kom en die klomp jong mense wat deelneem. Ons sit om tafels en stap vir stap oefen ons die gebed van die hart nie. Die ritme is eenvoudig. Ons doen die gebedsoefening van die aand klein treetjies soos om net asem te haal, reflekteer dan daaroor in groepe en dan sluit en die aand af met ‘n 3min van praktyk wenke en die gebedsopdrag vir die volgende dag.


Die gehoor reageer bo verwagting, hulle is gemotiveerd en doen die opdragte stiptelike, praat openlik oor hulle gesukkel om stil te word, probeer weer. Teen die drede aand begin die deurbrake te kom, mense begin spontaan te vertel van hulle diep konneksie met hulself en met God. "Ek wou net 10 minute stil word en toe word dit sommer 'n halfuur", vertel 'n man van in die sestig. Dit is duidelik nuwe grond vir baie, maar hulle gaan dapper voort om die nuwe geloofsdissipline aan te leer….én steeds groei die groep.

In my is daar ‘n stryd wat afspeel. Ek ken die teorie van bemagtiging baie goed, minimum kennis, konkrete “ ant-steps”, herhalende inoefening, refleksie oor die praktyk, weer minimum kennis, konkrete “ant-steps”, weer inoefen, refleksie waarin die groep die pas bepaal. Hoeveel keer het ek dit nie al vir dominees probeer leer nie? Nou moet ek ditself doen en ek sukkel! Daar is ‘n verstekposisie in my wat my die hele tyd laat voel ek doen iets verkeerd ek behoort meer te praat en darem so tussendeur te preek ook.

Ten spyte van al die wonderlike terugvoer én die groeiende getal by ‘n Week van gebed! stoei ek die hele tyd met die stem in my wat wonder of ek nie darem maar meer moet verduidelik, so ‘n paar teorië oor gebed moet bysit, Eugene Petersen moet aanhaal nie. En toe tref dit my, ek is vervorm deur leermeesters wat my met woorde gevorm het, vol teorie gepomp het. Ons het ewig oor die teorie en selfs die praktyk gepraat- verstaan my reg meestal was dit goeie goed. Ek is byna nooit gevorm deur geloofs-afrigters wat my toegelaat het om self te probeer, in te oefen totdat ek die praktyke van die geloof kon bemeeester nie. Ons het byna altyd net oor die goed gepraat en dit weinig gedoen. Dit is waar my angs le.


Dit was ‘n wonderlike week, hande vol mense is diep geraak, ek wil selfs sê gevorm. In baie  gevalle het mense vir die eerste keer in hulle lewe geleer om in stilte op die Here te wag. Van almal is ek die een wat die meeste geleer het. Vir een keer kon ek die ewige prediker stil maak en geduldig saam met mense wag dat die deurbrake in hulle gebeur. Dink net wat ons alles sou gemis het as ek sou toegee aan die ewige prediker in my?

Dankie Eugene en Heinrich, julle was twee leermeesters vir my hierdie week.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Postmoderne mense is nie meer kwaad nie

Geskryf deur Christo Benade on . Posted in Padlangs met gemeentes - Gemeentes

Dankie Frederick, ek het met groot waardering jou reaksie gelees. Ek raak bewus van die multidimensionele aard van die uitdagings van die kerk en dat my eie perspektief in  ‘n groot mate eendimensioneel is. Frederick maak ‘n belangrike opmerking oor kulturele zeitgeist van die ontstaan van ons Gereformeerde DNA. Ek het verwys na die Christendom konteks van die ontstaan van ons DNA en Frederick weef die kulturele aspek van ons DNA by, m.a.w. - dat ons is ‘n kerk is met ‘n geordende Europese DNA wat funksioneer in ‘n Afrika konteks wat baie meer vloeibaar is. Wat die aspek meer kompleks maak is dat ons lidmate binne die twee realiteite leef  Aan die een kant Europese gene, maar egter gene wat muteer het in Afrika en ook nie meer tuis is in Europa nie. Frederick se voorbeeld oor die tafels klink so bekend teen die agtergrond van my verblyf in Brittanje en studies in Nederland. Ek dink dit is egter juis hierdie kulturele ambivalensie wat ‘n struikelblok is vir multikulturele gemeentes in Suid Afrika.  Die evangelie dryf ons om grense oor te steek, maar die kulturele grense is soms nog te wyd vir lidmate om oor te steek.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Onder wie se tafel stoot Gereformeerdes hulle voete in?

Geskryf deur Frederick on . Posted in Padlangs met gemeentes - Transformasie

Christo Benade vra aan die aan die einde van verlede jaar die volgende vraag: Weerhou ons Gereformeerde DNA ons daarvan om 'n missionêre kerk te wees? Sy agument is dat ons gerefomeerde tradisie ontstaan het in ‘n tyd van die Christendom en dat ons daarom willens en wetens, of einde willens en onwetens ‘n Christendom DNA in ons dra en dat di tons daarvan weerhou om missionaal te wees.

Ek dink Christo maak ‘n waardevolle waarneming.  Ons moet eenvoudig eerlik wees oor die Christendom erflating waarmee ons leef en dit eerlik in die oe kyk dat dit ons in hierdie era van ‘n post-christedom kniehalter. Te veel van ons verwag nog dat die gemeenskap regop sal staan as die kerk verbykom, of meer nog dat die vernuwing eintlik daaroor gaan dat die kerk weer die sentrale posisie(mags) moet inneem in die samelewing. Vir ‘n groot deel van ons kerk is dit byna onmoontlik om iets anders te verbeel as ‘n Christendom toekoms. Dit is voorwaar in ons DNA.

Ek dink egter daar is ook ‘n ander kant van die saak. Die gereformeerde tradisie het ontstaan in die Noord-Europese kultuur van vaste strukture en die beliggaming van die gereformeerde visie het binne hierdie kultuur haar eerste baba-treetjies gegee. Indien dieselfde visie in Suid-Europe, of Afrika, of Suid-Amerika die eerste keer geinkulturaliseer sou word, sou ons vandag verseker met ‘n ander gereformeerde gemeenskap gesit het.

 

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Weerhou ons Gereformeerde DNA ons daarvan om 'n missionêre kerk te wees?

Geskryf deur Christo Benade on . Posted in Padlangs met gemeentes - Gestuurdheid

“A church that pitches its tents without constantly looking out for new horizons, which does not continually strike camp, is being untrue to its calling … We must play down our longing for certainty, accept what is risky, live by improvisation and experiment.” Hans Kung – The Church
Die feit dat missionêre kerkwees so ’n gewilde term in ons kerklike literatuur geword het, getuig van die worstelinge wat die meeste van ons gemeentes het. Dit is nie net die NG kerk nie, maar die meeste hoofstroomkerke wat spook om gemeentes te skuif vanaf instandhouding na missionêre kerkwees. Hoekom sukkel ons so, hoekom kry selfs predikante met goeie leierskapvaardighede en sterk missionêre harte dit nie reg om gemeentes te skuif nie, om nie eers te praat van om God se droom en die werk van die Gees te help verwerklik nie!
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Pastor peer groups

Geskryf deur Frederick on . Posted in Padlangs met gemeentes - Gemeentes

What is required to help congregations grow?

Johan Kotze stuur vir my hierdie interessant artikel oor hoe ons mekaar kan help

A study finds that pastors are more effective leaders when they spend time in Christian community with their peers, writes David L. Odom.

January 18, 2011 | Pastors, denominational officials and lay leaders fret over the numbers -- attendance, baptisms, new members and the like. Why do some congregations grow and others decline? What kinds of leadership cultivate thriving congregations? Perhaps more important, what can pastors and their supporters do to cultivate such leadership?

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar