Leierskap

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Omgekeerde mentorskap

Geskryf deur Frederick Marais on . Posted in Padlangs met gemeentes - Leierskap

Omgekeeerde mentorskap kan energie ontsluit waarna baie gemeentes op soek is ...


Ek het die afgelope tyd met ‘n aantal jonger predikante en studente te doen gehad. Die naweek was die eerste kamp van die Semianrium op Stellenbosch ‘n 30tal teologiese studente van die VG en NG kerke gewees. Ek het soveel by hulle geleer dat ek wonder of ek kan voortgaan in my bediening sonder om gereeld te leer by mense wat jonger as ek is.

Hier is ‘n klompie dinge wat ek van myself en die lewe geleer het in die proses:
1.    Omgekeerde mentorskap kan nie gebeur as ek myself sien as die kenner by wie die jonger generasie moet leer nie. As ek bewustelik die skuif maak om nuuskierig te wees oor wat ek by ‘n jonger generasie kan leer is dit asof dit ‘n ruimte open waar daar  ‘n vloei van nuwe idees kan plaasvind wat nie kan gebeur as ek dink ek moet die leraars wees en hulle die leerders nie.
2.    Hulle vra dikwels vrae wat my dwing om ‘n ander en meestal bevrydende prespektief te ontwikkel. Neem maar bv die gesprekke oor Belhar by die sinodes. Dit is die jonger mense wat ons gehelp het om te verstaan dat Belhar ‘n gawe is vir die toekoms en nie net ‘n kritiese stem uit die verlede nie. My generasie sal nie daardie prespektief kan ontwikkel nie. Ek is redelik seker dat ons nie sonder hierdie perspektief enige vordering sou kon maak nie. My generasie was vasgeloop in die gesprek en het die nuwe perspektief nodig gehad om vorentoe te kan gaan.
3.    Die jonger generasie kry dinge reg wat vorige generasie nie kan of wou doen nie. Ons praat bv al lank oor ‘n geintegreerde familie bediening. Ek sien die afgelope 3 jaar deurbrake hiervan by gemeentes wat ek nog nooit voorheen gesien het nie, en by elkeen van die gemeentes is daar leiers uit die jonger generasie wat praktyke ontwikkel wat ons nooit sou waag of so kon regkry nie.
4.    Ek is deel van ‘n generasie wat eintlik “belydenismoeg” is. Ons moes nog worstel deur die laaste belydenispreke en het ‘n afkeur aan belydenisskrifte as ‘n stok waarmee mense geslaan word om binne die kraal te bly. Vir ons is gesprekke oor gereformeerde identiteit geforseerde gesprekke wat nêrens gaan as na die verlede waarvan ons wil wegkom nie.  Ek was die afgelope tyd gereeld deel van gesprekke waar jonger mense met vrymoedigheid praat oor hulle gereformeerde identiteit en hoe hulle positief daarmee identifiseer. Ek luister na hulle in verwondering en weet ek moet doodstil bly en luister en leer, want hulle gaan my leer om weer met my eie tradisie te konnekteer op ‘n manier wat ek self met die best wil in die wêreld nie kan nie.
5.    Ek leer by die jonger generasie wat dit beteken om ‘n inklusiewe gemeenskap te wees. Daar is by hulle ‘n ongeforseerde konneksie met mense buite die geloofsgemeenskap wat ek bewonder. My generasie wil eers weet of iets reg of verkeerd is voordat ons mense kan aanvaar. Dink maar aan die gesprekke die afgelope week oor die sanggroep  Die Antwoord en die gesprek die naweek met Ben du Toit een van die ouers van die groep. Sy onvoorwaardelike aanvaarding en liefde vir sy kinders gryp die verbeelding aan van ‘n hoe ons as ‘n inklusiewe gemeenskap kan funksioneer.
6.    Dit laat my wonder, wat sal gebeur as ons in die gesprek die manier waarop ons gay en lesbiese mense aanvaar en insluit in ons gemeentes en kerk vir die jonger generasie kan gee mag ons dalk verder kom…of die doop...

Is omgekeerde mentorskap nie die energie waarna daar in baie gemeentes gesoek word nie?

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Is die dominee die kaptein of die afrigter?

Geskryf deur Frederick on . Posted in Padlangs met gemeentes - Leierskap

Ek dink daar is ‘n rolverwarring by baie predikante. Ons sien onsself as die kaptein op die veld wat die gemeente moet lei. Ons Kerkrade dink ook so en hulle meet ons toenemend aan ons prestasies as kapteins. Byna soos met sportlui voel Kerkrade daar moet ‘n prestasie-klosule ingebou word en sommer direk gekoppel word aan die vergoeding van die leraar. Hoewel min Kerkrade dit sal doen, is daar baie wat heimlik hoop hulle kan dit doen.

Op die oog af klink dit nie te dronk nie, maar as jy so ‘n bietjie daaroor dink is dit nie moeilik om tot die besef te kom dat die soort denke ons nie gaan help nie. Die probleem is nie in die eerste plek die noodsaak van verantwoordbaarheid nie. Ek dink dit is noodsaaklik en dit is jammer dat soveel predikante bang is vir verantwoordbaarheid- maar hieroor later. Die probleem le meer in die “prestasie” gedagte maar eintlik in die verstaan van die rol van die Leraar, en die probleem kom van twee kante af.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Ekerk leiernuusbrief

Geskryf deur Coen Slabber on . Posted in Padlangs met gemeentes - Leierskap

Geloof in die Morawiërs se agterplaas.

ekerk se Leier Nuusbrief vir Maart 2011 het my geboei.  Lees gerus en teken in asb julle belangstel.

Ek kyk om my — almal hardloop. Waarheen?

Ek het besluit om hierdie nuusbrief met 'n eenvoudige gediggie te begin. Ek kon nie uitvind wie die skrywer is nie, maar hy/sy het 'n groot waarheid hier beet.

Slow Me Down

Slow me down, Lord, I'm going too fast;
I can't see my brother as he goes past.
I miss a lot of good things day by day.
Including the blessings you send my way.
Slow me down, Lord, so I can see
More of the things that are good for me;
A lot less of me so there'll be more of You.
Let more of heaven come shining on through.
Let me help a brother when the going's rough;
When folks work together, it ain't so tough.
Slow me down, Lord, so that I can talk
with more of your children... slow me down to a walk.

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Is Roeping 'n bestemming of 'n leefstyl?

Geskryf deur Frederick on . Posted in Padlangs met gemeentes - Leierskap

Ek dink vanaand terug aan 'n aantal gesprekke wat ek die afgelope tyd gehad het met vriende wat nadink oor hulle roeping. In baie van die gesprekke het dit te make met 'n aanvanklike roeping en dan 'n lewensreis wat daarop volg waarin die ideale van die roeping nie realiseer soos aanvanklik gedroom nie. In 'n gesprek hieroor het ek skielik soos vir die eerste self besef dat Roeping natuurlik nooit bedoel is as 'n bestemming nie maar as 'n reis.

Ek dink ekself is dalk verlei deur die populêre leierskapsdenke van die tyd wat ons aanmoedig om doelgedrewe te leef. Ek is in strategiese denke geleer dat die doel so spesifiek as moontlik moet wees en sommer nog meetbaar ook. Hoe sterker die fokus is, hoe beter is die kans dat jy daar kan uitkom- is die pragmatiese filosofie van die soort denke. 'n Mens is eintlik verstom hoe kragtig hierdie soort denke ons tyd gevorm het- wel toegegee seker beslis die verbeelding wereld van die Boomer generasie waarvan ek deel is.

Baie gemeentes het ook min of meer so gedink-kom ons kry lekker gefokusde doelwitte en dan jaag ons dit na in ons poging om die gemeente weer 'n bietjie lewe te gee. Min daarvan realiseer

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Wat dryf my?

Geskryf deur Frederick on . Posted in Padlangs met gemeentes - Leierskap

Ek is vandag uitgedaag om te dink oor die vraag wat my dieper motivering is- sommer kortweg- wat dryf my?

Ons weet almal dat ons as predikante so dikwels gedryf word deur 'n behoefte om ander tevrede te stel met die gepaardgaande messias-kompleks. Hoewel dit op die oog af na 'n deugvolle dryfveer mag klink is daar is 'n diep donker kant hieraan waaroor ons min met mekaar praat. Om gedryf te word deur die behoefte om ander tevrede te stel gaan dikwels meer oor my eie behoefte aan bevestiging en betekenis as oor die "ander" wat nog te se oor God en die Koninkryk. Ek dink dit is 'n blinde kol by my - ek wil graag he ander moet hou van my, moet dink wat ek doen is betekenisvol en dat ek hulle help. Dat ek waarde toevoeg.

Hier is wat ek besig is om van myself te ontdek. Onder hierdie soeke na harmonie en 'n gelukkige ander en 'n selfgerigtheid waarvan ek moeilik ontkom. Maar kom ons gaan verder- wat sou hierdie behoefte aanvuur? Of soos wat 'n vriend vanmiddag dit stel- wat is die vrees wat my laat vlug na 'n oordrewe behoefte dat ander van my moet hou? Ek voel die lug word 'n bietjie dun- ek ken nie hierdie kamers van my hart goed genoeg nie. As ek moet probeer dink ek dit is die vrees om te misluk. Omdat ek mislukking vrees, werk ek soms harder as wat ek moet, en lei die naaste verhoudings waarin ek is daaronder. Is ek oor-versigtig om ander te na te kom en word die waarheid nie altyd gepraat tussen vriende en kollega's nie. Neem ek nie risiko's wanneer daar oor die grense van my gemaksone geloop moet word.

So kom ek vra reguit vrae aan myself: Wie het gese ek moet sukses behaal, dat ek moet slaag, dat ander moet dink wat ek doen help hulle? Dat hulle die preek moet geniet? Dat die proses moet uitwerk? Al hierdie sukses meetstokke kom uit my behoefte tot self-vervulling en as ek eerlik moet wees het dit min te make met dissipelskap, gehoorsaam wees, te leef in ooreenstemming met die evangelie. Terloops as ek probeer dink aan suksesverhale in die Bybel is daar maar min. Petrus, Paulus, Jeremia, Moses, David was beslis nie suksevol nie- het nie geslaag nie. En Jesus? Word ons geroep om te slaag? om sukses te behaal, om gemeentes te bou, te laat groei? Of is dit nie meer eenvoudig as dit nie, word ons nie gewoon geroep om gehoorsaam te wees nie- om ons brose eerlike self te wees nie. Van ruler het mos gese die Here roep nie mense om Christene te word nie maar Chistene om mense te word.

Ek dink dit is oa waarna Andrew Purvis verwy as die kruisiging van ons bediening

 

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar