OUERS VERTEL HOE HULLE NA KINDERS LUISTER
Ons kyk na die pad om te volg as ons waardes wil vestig:
Doeltreffende kommunikasie → positiewe verhoudings → Veilige ruimte vir vestiging van waardes
Hier volg wenke van 'n aantal ouers:
Ons kyk na die pad om te volg as ons waardes wil vestig:
Doeltreffende kommunikasie → positiewe verhoudings → Veilige ruimte vir vestiging van waardes
Hier volg wenke van 'n aantal ouers:
As goeie verhoudings ‘n voorvereiste is vir die oordra van waardes, wat doen ons om daarby uit te kom? Die slegte nuus is dat daar nie ‘n kortpad is nie. Die goeie nuus is dat dit vir almal van ons is moontlik is. Bygesê, dit is harde werk. Dit sal boonop soms nodig wees dat ons van ou, gevestigde sienings afstand doen, om nuwe gesindhede en vaardighede te ontwikkel.
Wanneer ouers aan die begin van ‘n POSPAR kursus gevra word om aan te dui wat hulle vir hulle kinders begeer, kom hulle sonder uitsondering daarby uit dat hulle hoop dat hulle kinders sal ontwikkel tot volwasse grootmense wat verantwoordelik is en positiewe waardes uitleef. Dit is nie ‘n nuwe versugting nie. In Dr Hain Ginott se boek “ Between Parent and Child” wat in 1956 verskyn het, skryf hy reeds daaroor. Omdat dit vir ouers so belangrik is, begin ons vandag daaroor gesels.
Amanda bely dat haar dogter se emosionele reaksies en onbillike aantygings haar soms onkant vang. Hulle gesin het saam besluit om te spaar om oorsee te gaan. Almal is baie opgewonde daaroor. Toe gebeur dit dat 'n groep maats Gerda nooi om saam met hulle te gaan vakansie hou - elkeen sou verantwoordelik wees vir eie kostes, nogal 'n aansienlike bedrag. Toe sy daaraan herinner word dat hulle spaar om oorsee te gaan, het sy uitgevaar dat hulle as gesin nooit lekker goed saam doen nie en dat sy in elk geval nie weet of sy nog hoegenaamd wil oorsee gaan nie. Dit is toe dat Ma haar POSPAR benadering oorboord gooi en haar laat verlei om ingesleep te word in 'n emosionele redenasie wat tot niks goeds gelei het nie.
Ma: “Anna, as die skottelgoed nie gewas is nie, is ek moedeloos, want die kombuis is onnet.”
Anna: “Ag Ma! Is dit nou nodig om so oormatig behep te wees met hoe die kombuis lyk. Ek het net eers my boek, waarmee ek in elk geval amper klaar was, afgehandel en is van plan om netnou die skottelgoed te was.”