Gebede

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Prayer of Examen

Geskryf deur Frederick on . Posted in Gebed - Gebede

The Examen of Consciousness

The method is adapted from a technique described by Ignatius Loyola in his Spiritual Exercises. St. Ignatius thought that the Examen was a gift that came directly from God, and that God wanted it to be shared as widely as possible. One of the few rules of prayer that Ignatius made for the Jesuit order was the requirement that Jesuits practice the Examen twice daily—at noon and at the end of the day. It’s a habit that Jesuits, and many other Christians, practice to this day.

This is a prayer where we try to find the movement of the Spirit in our daily lives as we reflect on our day. This prayer can be made anywhere: on the beach, in a car, at home, in the library. Many people make the Examen twice daily: once around lunchtime and again before going to bed. There are five simple steps to the Examen, which should take 10-15 minutes to complete, and what follows is just one interpretation of these five steps in discerning the movement of God's Spirit in your day. Through this method of praying you can grow in a sense of self and the Source of self; you can become more sensitive to your own spirit with its longings, its powers, its Source; you will develop an openness to receive the supports that God offers.

Before you start: Try to be in a place where you are least likely to be disturbed, and where there is the least amount of external noise. Perhaps you might light a candle or change the lighting when you pray to symbolise the start of this activity. Sit comfortably and still yourself; relax, be aware of your breathing, your body and how you are feeling.

Read the full article on the web page of The Jesuit province of New Orleans

  • Transition: Become aware of God’s love for me in this prayer

 

  • Step One: Gratitude I note the gifts I received today from God and thank Him for them.

 

  • Step two:   Petition  I ask God for an insight or gift that will transcend my ability.

 

  • Step three: Review  I review the day looking for stirrings in my heart. The choices I made, but also what God did in the day that I overlooked.

 

  • Step four:  Forgiveness I ask for the healing touch of forgiveness from God. 

 

  • Step  five:  Renewal I look into tomorrow an do concrete planning of how I can participate in what God is doing in my life.

 

  • Trasition: Aware of God’s presence as I close the prayer.
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Gebed vir besige mense

Geskryf deur Frederick on . Posted in Gebed - Gebede

'n Mooi gebed vir besige mense
Here, ons het 'n moeë generasie geword!
Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme, moeg vir mense.
Ons het veral moeg geword om alles altyd reg te doen.
Om aanvaarbaar te wees, voel ons ons móét te alle tye:
Suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees met duidelike doelwitte.
Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende, toegewyde familiemense
En betrokke gemeenskapwerkers wees.
Sjoe, dis 'n oorvol mondvol!
Vandag wil ek sommer net by U kom rus
En vra dat U my die regte prioriteite sal wys.
Sal U my help onderskei tussen die dinge wat regtig saak maak
En die dinge wat die wêreld ons probeer voorskryf?
Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is…
Maak asseblief huis skoon met my, Here.
Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe
En leer my om sommer net U kind te wees.
In Jesus naam vra ek dit.
Amen

Gebed oorspronklik geplaas by Drakenstein Gemeente se webblad. Gaan kyk gerus na Drakenstein se mooi nuwe webblad Drakenstein is deel van die groeiende Communitas Webgemeenskap

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Vredesgebed

Geskryf deur Quintus Heine on . Posted in Gebed - Gebede

Hier is 'n aangrypende vredesgebed wat Chris Jones geskryf het vir die moraliteitskonferensie:
AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

Here ek bid vir ons land

Geskryf deur Quintus Heine on . Posted in Gebed - Gebede

Iemand vra my vandag om  'n gebed vir Suid Afrika  te skryf.

In 'n tyd waar emosies dreig om hand uit te ruk, het ons Christelike leiding nodig!  In 'n land, waar mense nie meer na mekaar luister nie en waar emosionele opsweping hoogty vier -  Mag die Here ons met sy genade vul!

 

Here , Ek bid vir ons land!

 

O Here ek staan vandag voor U, omring deur ʼn veelheid van emosies. Heeltyd bewus van dit wat ek hoor en sien – wreedheid, uittarting, wraak en hartseer. Ek voel aan hoe mense rondom my bang, onseker en bedreig is. Saam met hulle het ek soveel vrae en so min antwoorde.

Terselfdertyd gaan my gedagtes terug na Goeie Vrydag waar ek daaraan herinner is dat U al my skuld betaal het. Daar het U my weer gedring om die sondekleed wat so aan my vasklou uit te trek en voor U neer te sit.

Ja Here – by die kruis het U my kaal gestroop van my eie pretensies en eie geregtigheid wat ek so graag in stand hou. U het my gestroop van gedagtes dat ek ʼn goeie mens is, van  gedagtes wat my tot hoogmoed teenoor misdadigers verhef.

U het my voor die kruis laat buig waar ek net kon uitroep – Here wees my genadig!

Dankie Here vir die derde dag - Opstandingdag.

U het my weer opgehef, klere aangetrek. Hierdie keer was dit Koningsklere, u klere – die klere van liefde, die klere van genade, sagte inklusiewe klere!

U het my ook nuwe oë gegee waarmee ek anders kan kyk.

U het my nuwe voete gegee waarmee ek nuwe paaie kan loop,

Nuwe gedagtes waarmee ek anders kan dink,

Nuwe ore waarmee ek anders kan hoor,

Nuwe oordeel waarmee ek nie meer veroordeel nie,

Nuwe vrede wat al my vrese verdryf.

O Heer – ek bid dat U ons in die moeilike emosionele tyd  so vol van u liefde sal maak, dat daar nie plek vir ons eie wraak is nie. Dat U ons vol van u vertroue sal maak dat ons nie sal vrees nie. Dat U so ons vol van u vrede sal maak dat ons in vrede met mekaar sal leef!

Dankie, Here, dat ons vandag selfs in die warboel van emosies u troos kan ervaar. Dankie dat ek my hande in u hande kan plaas.

Amen.

 

Vrede vir julle

Quintus

AddThis Social Bookmark Button
Druk
PDF

'n Paasgebed

Geskryf deur Quintus Heine on . Posted in Gebed - Gebede

 

Die Duitse filosoof Eugen Rosenstock-Huessy het die volgende gebed oor die vryheid van Christene geskryf. Die vryheid wat gekom het deur die opstanding van Christus !

 

Here dankie dat ek vry is.

 

U was gevange en U is vry,

en ek is saam met U vry

van alle benouing en vrees.

U het my as vry mens geskape

en vir die vryheid van die seuns en dogters van God

het U my bestem.

Ek is nie meer my slaaf nie,

nie meer my kerkermeester nie.

Ek hoef my nie meer te wantrou nie.

Ek hoef my nie meer te haat nie.

Ek hoef my nie meer te vrees nie,

want deur U is ek vry.

 

U was gevange en is vry.

Nou herskep U my tot 'n vry mens.

Ek is nie meer wie ek was nie.

Ek is nie meer wat ek van myself weet nie,

maar wat U van my gemaak het.

U vra geen prestasie nie.

U veroordeel my nie oor my mislukking nie.

Ek behoort aan U.

 

Ek was gevange en is vry.

Ek is in U Naam gedoop.

Ek is en bly U kind.

vernuwe deur U Gees,

U skeppende Gees.

Ek vra nie meer

of ek verdien om te lewe nie,

want ek lewe deur U.

Ek dank U, Here,

nou en vir ewigheid.

 

Die ware toekoms

ontspring uit die dinamiek

van ons geloof, hoop

en gemeenskaplike liefde

Hierdie dinamiese toekoms

moet ons blote denkbeelde

van die toekoms

elke dag opnuut

verreweg oortref

 

(vertaal deur Leo vd Westuisen)

 

'n Baie geseende Paasfees word vir elkeen toegebid!  Onthou die opstanding het ons nuut en vry gemaak!!!!

Quintus

AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar