NUWE BLOGS

GEBED LEWENSWAARDES PADLANGS PREEKSTUDIES TUSSEN-IN OUERSKAP LEIERSKAP
AddThis Social Bookmark Button
Almal hou van “bargains”. Dis lekker om vir iemand te vertel dat jy iets gekry het teen goedkoper as die aanvanklike prys. Party mense ry selfs kilometers agter hulle bargains aan. ‘n Vriend merk eendag op: ’n Mens kan jou bankrot koop aan bargains!

’n Groot deel van ons rol as geestelike leiers is om mense te help met verandering. Ons wil immers mense help om te verstaan waarmee God besig is, en hulle help om daarby in te val. Ons wil hulle help met geestelike groei. Dis alles verandering. Waarmee ons nie altyd rekening hou nie, is die prys wat ons self moet betaal. In die proses om ander te help verander, gebeur daar verandering in onsself ook. Ook ons moet verander om by die nuwe werklikheid te pas. Ons moet groei in leierskap om die volgende vlak te hanteer. En dit het ’n prys. Jesus het gewaarsku:

“Wie van julle wat ’n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf.” (Lukas 14:28-29)

Geestelike leiers moet waak om nie die verkeerde prys te betaal nie.

Ons betaal die verkeerde prys as ons:

  • ons families verwaarloos
  • gemeentes wil verander om by óns ambisie te pas
  • tevrede is om preke te maak met slegs ’n akademiese uitleg van die Skrif sonder om sélf God se stem te hoor
  • nie genoeg tyd aan gebed voor besluite bestee nie
  • ons effektiwiteit net meet aan ekonomiese produktiwiteit sonder om rekening te hou van die andersoortige aard van gééstelike ekonomie
  • kennis gelykstel aan wysheid
Die droom-deel van verandering is gratis, sê die bekende John Maxwell. Maar die reis is nie. Lees wat hy sê oor The Cost Question.
Kopiereg © 2010 Communitas. Alle Regte Voorbehou.
Volg ons op Facebook en Twitter.

Jannie le Roux
Written on Donderdag, 25 Junie 2009 21:20 by Jannie le Roux

Viewed 418 times so far.
Like this? Tweet it to your followers!
Tagged underKOSTEPRYSMAXWELL

Latest articles from Jannie le Roux

Latest 'tweets' from Communitas

  • nooi alles leraars om te registreer by die Seisoen van Luister om deel te neem aan die gesprek oor Pinkster 2010: http://bit.ly/bPCiT6 Link Woensdag, 24 Februarie 2010 16:54
  • het Positiewe Ouerskap blog oorgedoen. Gaan lees gerus: Die geheim van ouerskap http://bit.ly/9vKupi en neem deel aan die gesprek Link Maandag, 15 Februarie 2010 01:35
  • En toe kom die jong mense...: http://bit.ly/9JlGjr via @addthis het ek vanoggend beleef en my daaraan verwonder Link Sondag, 31 Januarie 2010 21:54
  • Link Vrydag, 12 Maart 2010 06:06
  • Link Vrydag, 12 Maart 2010 06:06
blog comments powered by Disqus

Communitas logo

Kommentaar en gesprek