Schwehn, M. en Bass, D. Leading lives that Matter: What we should do and Who we should be.
Schwehn,
M. en Bass, D. Leading lives that
Matter: What we should do and Who we should be.
Eerdmans. 2006.
Leadings lives that matter is ook `n bloemlesing oor roeping. Die tema is so effens anders bewoord in die subtitel: “wat ons behoort te doen en wie ons behoort te wees.”
Behalwe dat die tema breër is as die van Placher se boek, verskil dit ook in die sin dat dit nie net bydraes van professionele teoloe en predikante in het nie maar ook mense uit ander professies en selfs van buite die Christendom. Daar is oa bydraes van bekende skrywers soos Frederick Buechner, Robert Frost, John Milton, Will Campbell, Annie Dillard, Dorothy Sayers, Steinbeck, Tolstoy, Wordsworth en vele ander.
Na `n inleidende hoofstuk waarin terme soos vocatio, deug, en outentiekheid uitgeklaar word, word die bydraes rangskik onder sewe groot vrae:
· Is sekere lewens meer betekenisvol as ander?
· Moet my werk die primêre bron van my identiteit wees?
· Is `n gebalanseerde lewe te verkies bo `n lewe wat primer draai om werk?
· Tot watter mate moet ek my talente navolg as ek besluit oor my beroep?
· Na wie moet ek luister?
· Het ek regtig beheer oor wat ek behoort te doen en behoort te word?
· Hoe vertel ek die storie van my lewe?
Nog `n wonderlike boek – met wonderlike, leersame bydraes.
| < Vorige | Volgende > |
|---|




