Druk
PDF

Lints, R., Horton M.S. en Talbot M.R. Personal Identity in Theological Perspective.

on . Posted in Bronne - Resensie-argief

Lints, R., Horton M.S. en Talbot M.R. Personal Identity in Theological Perspective.Lints, R., Horton M.S. en Talbot M.R. Personal Identity in Theological Perspective.  Eerdmans.  2006

Hierdie boek bevat voordragte wat gelewer is by `n konferensie oor persoonlike identiteit (dus antropologie) in 2002.  Die unieke aard van die boek lê in die feit dat die skrywers feit almal konserwatiewer, evangeliese teoloë is wat hulle verstaan van menswees bewustelik teologies wil ontwikkel.  “The doctrine of God looms ever present behind every one of the essays in this volume; the obvious point being that God creates and consummates human identity”.

 

Die elf artikels bied `n interessante mengsel van perspektiewe en standpunte.  Robert Wilken skryf oor die patristieke tyd, Weinrich en Horton oor Lutherse en Gereformeerde visies op menswees, Murphy, Jones en Yarhouse probeer `n bybelse menssiening rym met wetenskaplike data oor menswees.

 

Die laaste vier opstelle van Kelsey, Horton, Lints en Talbot bevat suggestive proposals vir `n christelike antropologie.  Al vier die artikels is baie goed of ten minste baie interessant – en probeer getrou bly aan hulle verbintenis om menswees in die lig van die evangelie te verstaan.

 

 

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar