Vennootskap Kennisgewings

9-11 November 2009: 5 Jaar van Gestuurdheid

Helderberg Somerset-Wes/t

 

Vennote wat die konferensie help moontlik maak aanbied:

SAVGG, Helderberg gemeente, Die M Th program in Missionale Transformasie van Fakulteit Teologie Universiteit van Stellenbosch, CLF en die Nasionale Navorsingstigting befondsde navorsingsprojek oor rituele en sosiale kapitaal.

Lees meer...

Vennootskap Nuus

Navorsing oor Gestuurdheid in Suider Afrika

Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes is in 2009 vyf jaar besig in Suider Afrika. Ons beplan 'n groot navorsingsprojek waarin ons saam met verskeie vennote gaan ondersoek doen oor die patrone van gestuurdheid in gemeentes in Suider Afrika. 9-11 November hou ons 'n konferensie die resultate van die navorsing te bespreek deur saam terug te kyk oor die afgelope 5 jaar, maar ook vorentoe te kyk oor die pad vorentoe. Indien jy belangstel om deel te neem aan die projek kontak Frederick Marais gerus by jfm@sun.ac.za daar is 'n verskeidenheid van maniere waarop gemeentes en navorsers kan deel neem aan die projek
Druk
PDF

Wandel in die Woord - elektroniese produk

Geskryf deur Webmeester Communitas on . Posted in SAVGG - Boeke

Wandel in die Woord - elektroniese produk

Wandel in die Woord het een van die kragtigste geloofsonderskeidende instrumente geword wat wyd deur gemeentes gebruik word. Dr Pat Taylor-Ellison van Church Innovations St Paul Minnesota wat die metodiek aanvanklik ontwikkel het vir die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes het nou oor die metodiek hiervan ‘n boek geskryf wat deur dr Gideon Kok van Mondeor vir SAVGG vertaal is in Afrikaans. Die boek kan in ‘n elektorniese formaat gekoop word @ R30,00. Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of kontak haar by 021-808 3381 om die betaling en versending van die boek te finaliseer.

Pat Taylor Ellison en Pat Keifert sê oor Wandel in die Woord die volgende:

“Ten tye van die skryf van hierdie boekie, kan ons na 18 jaar van samewerking in klaskamers; in optredes tydens groot kerkbyeenkomste; in tye van afsondering saam met personeellede van gemeentes; en gedurende konsultasiegeleenthede reg oor die wêreld, onomwonde verklaar dat die mees innoverende ding wat ons aan mense kon bekendstel, die gewoonte is wat ons noem die "Wandel-in-die-Woord."

Ons het in die proses ’n magdom materiaal ontwikkel en geskryf oor klein groepe as ’n manier van gedeelde kerk wees; oor konflik as die energie wat missionale kerkwees aanvuur; oor die gedeelde reis van die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes as ’n weg vir gemeentes om in vennootskap met andere hul missionale roeping geestelik te onderskei en te ontdek. Ons het selfs metodes voorgestel oor hoe gemeentes die internet en aanlynhulpmiddels kan gebruik om ’n kerk se geskiedenis, kultuur en roeping tot naastediens te ontdek en te verstaan.

Maar alles in ag genome is ons daarvan oortuig dat geeneen van die bogenoemde die toets van die tye so goed sal deurstaan as die gewoonte om te Wandel-in-die-Woord  nie.

Die seëninge wat beide van ons in hierdie proses van samewerking ervaar het, is verbysterend.

Die vennote wat die Here wêreld-wyd aan ons in die proses hiervan geskenk het, het ons lewens verryk en ons begrip en insig verruim en verryk ten opsigte van wat dit beteken om kerk te wees in ’n magdom van verskillende plekke, kulture, klimate en tale.”

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar