Druk
PDF

Hoekom jy in die kerk moet tweet

Geskryf deur Guillaume Smit on . Posted in GKS - Evangelisasie

Baie mense vind dit erg steurend as iemand tydens 'n vergadering, byeenkoms of selfs erediens met die nuutste kommunikasie-tegnologie doenig is. Hulle word gevra om hulle selfone af te skakel en hulle fokus te skuif na die gebeurtenis op hande. Die hoofrede agter hierdie versoek is dat dit ongeskik voorkom om verdeelde aandag te hê terwyl iets so belangrik soos 'n erediens aan die gang is. Bowenal pla dit die mense rondom die selfoonvroetelaar omdat hulle aandag afgetrek word. Is die gebruik van tegnologie tydens eredienste en kerkvergaderings van pas of nie?

Volgens Scott Williams, in sy artikel "Five Reasons You Should Twitter in Church" (churchleaders.com), is tegnologie 'n neutrale ding en afhanklik van die intensie van die gebruiker. Omdat die hedendaagse wêreld 'n gedeelde omgewing geraak het met die konstante uitruil van inligting en die onmiddellikheid van die digitale verbintenis, is dit moontlik om mense met God in interaksie te kan tree, met hulle eie verlede besig te wees en hulle insig in hierdie Godsbeweging met hulle vriende te deel - alles op dieselfde tyd.

 

Volgens Williams is daar vyf redes hoekom dit sinvol is om tydens eredienste te tweet:

1. Gemeentelede het geleentheid om 'n onmiddellike verbreding van die prediker se stem te wees terwyl s/hy God se woord kommunikeer. Deur treffende dele van die boodskap wat gehoor word, die virtuele wêreld in te stuur, is dit moontlik om die impak van God se werk tydens 'n erediens te vermenigvuldig en mense wat kerklik vervreemd is, op 'n nie-bedreigende manier te bereik.

2.Die kans dat 'n treffende aanhaling uit die preek ook op jou vriende en minder bekende Twitter-volgelinge 'n impak kan hê, is net so geldig as dit iets is wat op daardie oomblik tot jou as hoorder spreek. Tegnologie werk dus daaraan mee om die beweging van God se Gees te laat vermenigvuldig tot buite die grense van 'n kerkgebou uit.

3. Danksy sosiale media tegnologie word die Matteus-28 opdrag om die evangelie aan die hele wêreld te verkondig, op 'n nuwe en dinamiese manier moontlik gemaak. Dit stel gelowiges in staat en vergemaklik dit vir hulle om konkreet deel te neem aan die roeping wat Jesus vir die hele kerk gegee het.

4.Deur treffende gedagtes, aanhalings en lewensveranderende opmerkings te tweet, bou mens boonop 'n databasis op wat maklik opgesoek kan word. Veral wanneer mens die Twitterfunksie van die "#-hashtag" gebruik om hierdie inligting te organiseer, het jy 'n bondige en bruikbare joernaal van God se werk rondom jou.

5. Williams verwys na mense wat ly aan "SADD" - oftewel Sermon Attention Deficit Disorder. Deur tydens 'n erediens te tweet word gemeentelede uit die passiewe modus van luister getrek tot binne-in 'n interaktiewe omgewing van luister-reflekteer-deel wat die impak van die boodskap op die individu verhoog.

 

Ten slotte ... Die groeiende diversiteit van geloofsgemeenskappe veroorsaak dat die modellering van verdraagsaamheid 'n groter eis aan Christene stel as ooit. Terwyl baie mense notas neem van preke, kan daar ook nuwe tegnologiese-generasie gelowiges wees wat saam met hulle eie leerervaring  tydens 'n erediens waarde toevoeg tot mense se lewens; mense wat dikwels nie meer in die raamwerk van die hoofstroomkerk inpas nie. Dis waarskynlik een van die minder bedreigende skuiwe wat in mense se koppe kan plaasvind!

 

AddThis Social Bookmark Button


Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris



priligy online

modafinilcheap cialishttp://brandcialiso.com/canadian pharmacyhttp http://propecian.com/ exposedcanadian pharmacy constipation sildenafil y dapoxetinelargest canadian online pharmacycanadian pharmacy