Energiepunte in gemeentes
Waar en hoe het die Here op verrassende maniere deur gemeentes gewerk in 2008?
Tydens die Communitas-spanvergadering-in Nov 2008 het ons nagedink oor tendense wat ons in gemeentes waarneem. Ons het besluit om oor die volgende geloofsonderskeidende vraag na te dink en verhale te vertel: Waar en hoe het die Here op verrassende maniere deur gemeentes gewerk vanjaar?
Ons ervarings en verhale is natuurlik gestempel deur ons dienslewering aan gemeentes die afgelope jaar. Ons is as span genooi om vanjaar met 'n verskeidenheid van gemeentes en predikante in verskillende kontekste op pad te gaan. Ons het dieper probeer kyk as die voor-die-hand-liggende na nuwe tendense of energiepunte of punte van dinamiek wat ons kan help om te besluit waarin ons moet belê vir die toekoms. As Communitas Netwerk vat ons mekaar se hande om in ons dienslewering te fokus op hierdie tendense en geleenthede as gawes voortspruitend uit die werk van die Gees.
Ons is deur hierdie verhale geïnspireer en het weer ontdek:
- dat gemeentes hulleself nie kan bou nie, maar dat gemeentes gebou word deur die werk van die Drie-enige God;
- at ons tyd nodig het om daaroor na te dink, daaroor te bid en insig te ontwikkel nie, want dis nie iets wat ons doen nie, maar wat die Here onder ons aan die doen is.
Die hoop wat voortspruit uit die werk van die Gees is dikwels 'n "skugter" hoop. Jy kan dit maklik miskyk, veral as jy te besig is met jou eie agenda. As jy dit opmerk, kan jy dit as gawe ontvang en sodoende vennote word van die Drie-enige God. Dan sal ons ontdek dat sy las lig en sy juk sag is.
Lees verder oor ons bevindinge op die blog Padlangs met Gemeentes.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





Kommentaar
Hennie het na afloop van die diens Bernie behoorlik die Leviete voorgelees. Bernie het geduldig klaar geluister en toe geantwoord: "Ek kom laat, want as die dominee eers op die troon is jaag niemand my uit nie!" Nodeloos om te sê was Hennie middelpen geboul.
Mense van buite af, sien ons binne-kultuur baie gou raak!
Bernie se woorde het Hennie en Martie bygebly. Hulle het besluit om vir Bernie en drie ander haweloses in die middedorp sop en brood te neem en Bybelstudie voor aan te bied. Die volgende Maandag het 10 persone opgedaag. Teen die derde week is die koster gevra of die saal gebruik mag word. Die antwoord was 'n kwaai "nee." Nadat een van die dominees ingegryp het is daar toe op volskaal begin bidure hou saam met 'n ete vir die haweloses. Teen Julie was die groep al 30 mense. Hennie en Martie het ook ander genooi om deel te word van die bediening. Elke Maandag kry 'n predikant van 'n ander kerk beurt om die woord te bedien. Teen September is die eredienste na die kerkgebou verskuif, met ongeveer 50 mense wat die eredienste bywoon. Lidmate van die AGS lei die lofprysing. Etekaartjies met 'n nommer op word by die deure voorsien.
Ek wil afsluit met twee verhaaltjies wat hier gebeur het wat ons gestuurdheid in die kollig stel:
Op 'n koue nat wintersaand in Julie, het een van die haweloses opgemerk: "Die kos wat julle vir ons gee is wonderlik en ons waardeer alles wat julle doen, maar waarom eet julle nie saam met ons nie?"
Ek self het geleer scuba duik, en dit het my instaat gestel om ander ook te leer om deur my mond asem te haal. Ja, die geur van Christus ruik nie vir almal ewe lekker nie! Vandag hou ons nie net saam kerk nie, ons eet ook saam Maandae aande. Ons lag vir al die street-wise stories en gee net ons ore en soms bid ons vir gebroke harte.
Die tweede verhaal is ernstiger. Hennie en Martie se dogter is in Okotober 2008 koelbloedig doodgeskiet in Johannesburg. Dit was vir almal vir ons baie hartseer en ons sal altyd hul hartseer iyd n hierdie tyd oo onthou. Een aand het een van die vroutjies, Christina na Martie toe gekom en haar wang teen Martie gedruk en vir haar gefluister: "Ek weet hoe jy voel mevrou." Christina se eie kind is met 'n mes vermoor en twee ander is onder korrektiewe toesig. Dit was aandoenlik.
"Smelly" of nie, die Here bou ongelooflike paaie deur ons harte om bymekaar uit te kom!
Hier by die see, in Mosselbaai, verras Hy ons met interressante branders. Soos die surfers ons leer: Jy moet die regte brander op die regte tyd kan raaksien, en dan moet jy dit net enjoy!
Blessings vir 2009 se versteekte geheimenisse
Mosselbaai Moedergemeente
RSS feed for comments to this post