Druk
PDF

Leiers kan hulle lelik misgis oor hoe lidmate dink oor die bediening!

on . Posted in Gemeenteprosesse - Gemeentestories

Tipe Proses: Communitas gemeentevraelys
Prosesleier: Frederick Marais
Duur van die proses: 3 maande

Verhaal:

As deel van ‘n visioneringsproses het hierdie gemeente besluit om die Communitas Gemeentevraelys in die gemeente te versprei en te laat invul om hulle te vergewis oor hoe lidmate die bediening beleef. Daar was toutrekkery onder die leiers oor “ wat lidmate nou werklik verlang van die gemeente en die leierskap” . Een van die knaende vrae was, of lidmate op ‘n gereelde basis deur die leraars besoek wil word. Elke kamp was doodseker hulle weet presies hoe die lidmate dink ( al was dit ‘n groot gemeente met ‘n paar duisend lidmate!)

By die bekendstelling van die resultate laat ek die leiers eers in groepe raai oor watter persentasie van die lidmate het Ja gemerk op die vraag: Wil jaarliks deur ‘n leraar tuis besoek word. Die raaiskote het gewissel tussen 70 en 90%. Sommige het verklaar: Ons weet mos dit is byna almal. In feite het minder as 30% van die lidmate ja geantwoord op die huisbesoek vraag. Daar was ‘n geskokte stilte, een of twee wou die verwerking bevraagteken, maar toe dit blyk dat dit ‘n besonder betroubare terugvoer is, het een van die leiers opgemerk: As ons hieroor so verkeerd kan wees, is daar mos baie ander sake waaroor ons met net sulke verkeerde aannames werk!

AddThis Social Bookmark Button

Kommentaar  

 
#Jampie NelGuest2008-10-13 15:54
Ons het so met die tyd saam agtergekom dat mense nie meer so ingesteld is op huisbesoek nie. Sommige kry ons jammer (weet daar is genoeg ander dringende sake), maar daar is ook diegene wat huisbesoek beskou as 'n moment van konfrontasie en dit eerder sou wou vermy. ons het ook as leiers besluit dat huisbesoek nie 'n hoê prioriteit by ons is nie, maar vind dat ons ook nie daarsonder kan nie. Vir ons is dit 'n manier om medegelowiges in hulle ruimte te ontmoet en te leer ken. Ek dink nie ek kan heeltemal daarsonder nie, alhoewel die bediening meer baatvind by ander goed wat meer aandag kry, soos toerusting. Ek wil nie net by mense kom as daar 'n probleem is of net by die leiers nie. Dis jammer ons het nie meer tyd om net te kuier nie.
Reply| Reply with quote | Quote
 

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar