Verrassende oorgrens bewegings van die Gees in Pinkster 2011
Pinkster is nog vars in ons geheue en ons wil graag hoor waar en hoe het die Gees ons verras hierdie Pinkster en daarom die vraag:
Wat het jy hierdie Pinkster geleer/ontdek oor die verrassende oorgrens beweging van die Gees in jou konteks?
Kom ons deel ons ervarings in 'n kort paragraaf met mekaar en dalk ontdek ons 'n patroon wat ons op ons eie nie kon raaksien nie.
Reageer direk hieronder of stuur jou kommentaar aan ons per Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien.





Kommentaar
Vir my was daar een her-ontdekking, asook ‘n nuwe ontdekking.
Herontdoekking – in die dat die gawe van Pinkster nie so seer op die gawe van tong moet val nie. Dit bring immers ‘n mate van self-vergenoegsaamheid en self-verering, asook miskien selfvoldaan. “Kyk wat ek doen”, “kyk wat het ek vermag!” Tog val die klem op die hoor van die tale. Hoor is meer ‘n passiewe gawe en nie een uit verdienstelikheid nie. Jy verdien niks om te hoor nie, jy hoor net. Met daardie hoor gaan verstaan. Ons moet leer om te luister na mekaar en hoor wat ge se word. Dus, die gawe van die oor, pleks van die tong. The gift of the ear, rather than the gift of the tongue.
Ontdekking – telkemale na elke samesyn met Jesus, of dit is na die kruisiging, opstanding, selfs die Hemelvaart en veral na die Pinkster gebeurtenis, gaan die disipels terug, huis toe, na hulle werk, familie en verpligtinge toe. Om te dien, te werk en te getuig. Hulle word nie bekroon met ‘n posisie van biskop, of stamhoof, of opperherder of selfs hoof-man-pastoor nie. Hulle word teruggestuur, bemagtig om te dien en te werk. Tans is dit ‘aanvaarbaar’ (en die versoeking is groot) om weg te breekvan ‘n kerk, ‘n nuwe een te stig en onmiddelik die title pastoor toe te eien. Vandaar die versoeking om te skyn, pleks van om te dien.
Net my gedagtes.
So elf jaar gelede het ons besluit om nie meer Pinksterbidure te hou nie, maar om ‘n Unity Week te hou. Die hele doel van die Unity Week was om vir die gemeenskap te wys dat ons as onderskeie kerke ook ‘n goeie verhouding met mekaar het. Ons as predikante van die onderskeie kerke wou graag hế dat die gemeentelede van die onderskeie kerke ook die belewing kon ervaar wat ons as predikante ervaar van mekaar.
Tydens die retreat besluit ons dan gesamentlik watter tema en subtemas ons wil gebruik tydens die Unity Week. Hierdie jaar se tema was: Faithforming Habbits. Die subtemas was : Solitude, Prayer, Simplicity, Fasting en Meditation
Tydens elke geleentheid word daar ‘n dankoffer opgeneem en word daar ook verversings verkoop. Die opbrengs hiervan word dan aangewend vir ‘n spesifieke organisasie wat nood het. So het ons al geld gegee vir Huis Zonnekus, vir die organisasie Tender Love and Care ens. Hierdie jaar het die fondse gegaan vir die Primếre skool in Joe Slovo, ‘n skool in die plakkerskamp.
Daar is ‘n graad-R-klas van 108 leerlinge wat net 2 toilette het. Die staat beskou graad-R as privaat. So ons as Fraternal het besluit om dit as ‘n projek te neem. Die toilette kos R61 000.
Die afgelope 11 jaar het ons al oor die R500 000 ingesamel vir mense met wie dit sleg gaan.
Ek kan nog ‘n klomp dinge sế, maar ek gaan volstaan deur te sế dat die Here ons ongelooflik geseёn het deur ons aan mekaar as geskenke te gee. Ek sal graag ander kerke wil aanmoedig om ook so bymekaar te kom, dit is werklik ‘n voorreg en seёn.
Riaan
Daarom moet ons leer om met die Vader, en die Seun, EN met die Heilige Gees te praat, want hulle saam is God-Drie-enig en hulle werk saam. Dit is die hoogtepunt hierdie Pinkster vir my dat Hy, die Heilige Gees (soos iemand met respek gesê het) soos 'n Gentleman is wat in die lewens van ons as mense werk wat in Jesus Christus as hulle persoonlike Verlosser glo.
Ds. Neels Steyn
Kempton-Krag Gemeente
RSS feed for comments to this post