Hoe breek ons uit die monokulturele gemeentes
Ek was die afgelope 2 weke saam met 'n span op 'n Missional Safari op reis deur Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië en het gemeentes en bedieninge besoek wat multi of meer kultureel is. Ons wou leer by hulle om uit te vind of ons nie patrone kan optel waarmee ons ander kan bemagtig nie. Ons het meer geleer as wat ons ooit kon droom, dit het ons dieper geraak en gestempel as wat ons vooraf kon verwag.
Hier is 'n paar van my waarnemings/stellings wat nog meer verwerk en aan geskaaf gaan word. Hoop dit sit 'n gesprek aan die gang en rek ons verbeelding so 'n bietjie:
- In die Koninkryk is meer-kulturele geloofsgemeeskappe normaal en monokulturele geloofsgemeenskappe abnormaal.
- In Suider Afrika is meer kulturele geloofsgemeenskappe 'n groeiende realiteit waarvan baie gelowiges ongelukkig uitgesluit is.
- Meer kulturele geloofsgemeenskap is 'n Missio Dei
- In 'n meerkulturele geloofsgemeenskap word kulturele voorkeure en taboes vloeibaar, en vind ransformasie van houdings en uitgangspunte plaas.
- Kultuurmeerderwaardigheid is een van die grootste uitdaging om meer kulturele geloofsgemeenskappe te bou.
- Meerkulturele geloofsgemeenskappe is broos en voel maklik blootgestel in die samelewing.
- In meerkulturele geloofsgemeenskappe word daar 'n dieper identiteit in Christus gevorm as in monokulturele geloofsgemeenskappe.
- "Displacement" of gemeenskappe wat in liminaliteit is, is vrugbare grond vir die vorming van meer kulturele geloofsgemeenskappe.
- Meer kulturele geloofsgemeenskappe is ook sosiale gemeenskappe waarin saam eet, saam leef en saam bly baie belangrik is. Ons kan nie meer kulturele gemeenskappe vorm as ons net saam in 'n erediens is nie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





Kommentaar
Daarom is jul waarnemings wonderlike positiewe bemoediging vir die pad wat ons gekies het om te stap.
My oortuiging bly dat ons die imago Dei en koninkrykslewe nog net op 'n skrefie sien soos deur 'n sluier in 'n monokulturele geloofsgemeenskap. Dit verarm ons Godsbegrip...
Ons bou tans kerk en lidmate gaan besoek die bouwerk gereeld. Ons beplan 'n diepgaande gemeenskaps-bediening waaraan ons gemeente op baie vlakke kan deelneem. Die Here is besig om 'n verstommende eenheid te bewerkstellig en mense 'verander' sonder dat hulle dit besef.
Ons begin binnekort met 'n Engelstalige aanddiens vir ander kultuurgroepe wat hulle in ons gemeenskap kom vestig het en die gemeente is opgewonde daaroor...Ondertussen is daar swart besoekers wat sporadies ons eie dienste begin bywoon.
,
RSS feed for comments to this post