Jesus wys die onreg uit
Lukas 19:45-48
Hoekom is Jesus dan so kwaad?
Elke mens het tog af dae en mense raak kwaad. Maar ‘n mens skrik om Jesus kwaad te sien. Die evangeliste Matteus en Markus beskryf Jesus se optrede nog in meer detail. Hy is woedend. Hy gooi tafels en stoele om. Hy verjaag mense selfs met 'n sweep. Dis so vreemd om Jesus wat soveel deernis het en so sag voorkom so hard te sien optree. Het Jesus ‘n af dag gehad? Was Hy moeg en geïrriteerd dat Hy so optree, mag jy dalk wonder? Of kan dit wees dat Jesus nie van enige besigheid by die Tempel hou nie?; dat Hy vandag beswaar teen kerkbasaars sou aanteken. Nee, dit was oor iets anders gewees.
Lees meer... Lewer kommentaar Trefslae: 31026




