Fasiliteerders

Johan Kotze

Communitas: Gemeente fasiliteerder en SAVGG: Gestuurde Gemeente Konsultant

Kontak

Epos:
Hierdie epos adres word deur spam robotte beskerm. Jy moet JavaScript aktiveer om dit te kan sien.
Tel:
0219755983
Inligting:
Om een of ander rede het ek ’n behoefte dat die regte ding op die regte manier gedoen word. Dit is dalk die rede hoekom die Here my geroep het om gemeente fasilitering te doen. Nie omdat my bydrae as sodanig iets lewer nie, maar omdat gemeenteleiers deur geloofsonderskeiding by die Here hoor wat hul gemeenteroeping (die regte ding) is, en dat hul dan saam beplan hoe om dit te beliggaam (reg doen). Vir die afgelope paar jaar het ek die wonderlike voorreg om my roeping om brûe te bou uit te leef. Dit was die opdrag wat God aan my gegee het tydens die Gcowe konferensie in Pretoria in 1997. Buvton was, by name Frederick Marais, instrumenteel daartoe dat ek gehoorsaam aan my roeping kan wees. En die wonder is dat hy nie my roeping voor die tyd geweet nie. Hulle het my doodeenvoudig akkommodeer, bygestaan, opgelei en ontwikkel. Die span wat Frederick oor die jare aangestel het dra ook wonderlik hiertoe by. Tuis in my eie gemeente het Ds Gys van Schoor, wetende wat my roeping is, my onvermoeid bygestaan, bemagtig, het hy my saamgeneem na gemeentes, en was hy geduldig om ure lank met my sy verstaan oor God, die Koninkryk van God en gemeentes te deel. Ek kan onthou dat ek hom die eerste keer gebel het en gesê het ons kan nie langer so as gemeente kan aangaan soos ons aangaan nie. Die ander gemeente predikante by name Freek Serfontein, Robert Vosloo en Ockert Meyer, moes baie geskok gewees het oor hierdie Sanlam outjie wat sulke stellings in 1998 oor die gemeente gemaak het. Maar deur die voorsiening van die Here het hulle my nie afgeskryf nie, maar het hulle almal mildelik tot my groei bygedra. Ek het na matriek by Sanlam begin werk en het in 1998, toe ek sekerheid oor my roeping gekry het, die bestuur genader om die maatskappy te verlaat om gehoorsaam aan my roeping te wees. Hulle was baie goed vir my, alhoewel ek op daardie stadium nie geweet het hoe en waar nie. Ek het maar net in die geloof die skuif gemaak. Dit was eers ’n paar maande later dat Frederick my genooi het vir ’n gesprek. Wat inspirerend tov. gemeentebegeleiding is, is hoe God deur Sy genade gelowiges se lewe verander soos hulle nader aan Hom beweeg en hoe in die besonder die Gees gemeentes lei om gehoorsaam aan hul roeping te wees. Iets wat sleg is, is die onderwaardeerde rol van predikante in gemeentes, veral in hierdie tyd van onsamehangende verandering. Daarom is ek die Here dankbaar dat Hy meer en meer lidmate in gemeentes oprig as geestelike leiers, en is dit bemoedigend hoe die predikante hulle begelei om hul roeping te ontdek, bemagtig en toerus. Wat meer is, ek is dankbaar dat daar ’n Sinodale diens is wat predikante bystaan en begelei in hul roepings gehoorsaamheid. Ek is getroud met Annalise, ’n geskenk van God weens haar ondersteuning en voorbidding, Sy het ’n besondere manier waarop sy haar geloof uitleef. Ons ry weekliks, indien moontlik, saam Stellenbosch toe om daar te gaan gholf speel. Sy natuurlik beter as ek, want sy het ’n beter afrigter as ek (dis nou ek). Ons het ’n wonderlike seun Gerrit, getroud met Nicolette, en hulle tweetjies het drie kinders. Hy is werksaam in London waar hy spesialiseer in die bestuur van verandering. As ouers is ons die Here dankbaar dat ons seun en skoondogter gelowiges is. Gerrit gee volwasse kategese by die gemeente waar hulle lid is. Die lys van mense wat bygedra het tot my kennis van God en ontwikkeling is te lank om hier te noem. Aan elkeen van hulle my opregte dank.

Laai informasie af as 'n vCard

captcha

Alle kommentaar