Fasiliteerders

Divine Robertson

Admin Beampte Communitas

Kontak
Adres:

Communitas
Dorpstraat 171
Stellenbosch

7600


Epos:
Hierdie epos adres word deur spam robotte beskerm. Jy moet JavaScript aktiveer om dit te kan sien.
Tel:
0218083265
Faks:
0218865701
Inligting:
Ek werk al 10 jaar as deel van die Communitas-span en dit het my aan 'n nuwe wêreld blootgestel van gemeentes, predikante en gemeenteleiers. Ek geniet dit om met gemeenteleiers en predikante te skakel om ons gemeenteprosesse aan hulle bekend te stel en inligting daaroor deur te gee. So kan ek my liefde en passie vir my medemens uit te leef. Ek is gebore in Bellville, in die Paarl grootgeword, en myself bekwaam as 'n onderwyser. Dit is waar ek vir Denver my man ontmoet het. Ons het twee kinders, Keagan en Kelly wat my geleer het om dinge van myself te ontdek wat ek nie gedink het ek kan doen nie. My persoonlike motto is om die eenvoudigste ding op 'n besondere manier te doen. Verder het ek geleer om nooit dinge persoonlik op te neem nie, maar op die saak te fokus. Dit is waarom mense sê, ek kan rustig bly in krisis situasies. Elke dag vra ek die Here om my wysheid te gee in die werk wat ek doen.

Laai informasie af as 'n vCard

captcha

Alle kommentaar