Webtuistes

Communitas het 'n deel van hulle webruimte by Hetzner beskikbaar gestel vir gemeentes om hulle eie webtuistes te huisves. Deur middel van die VBO kursus, Ontwikkel 'n Interaktiewe Webtuiste, word gemeenteleiers begelei in die ontwerp, ontwikkeling en instandhouding van 'n doelmatige en interaktiewe webtuiste. Dit sluit opleiding in die gebruik van Wampserver (webtuiste kan op 'n rekenaar geïnstalleer word vir toetsing), Joomla! 1.5, Ftp, basiese grafika, zip/unzip, en 'n hele reeks uitbreidings van Joomla! in. Die eerste kursus is in Junie 2010 in die Oos-Kaap gehou en 7 gemeentes het van die geleentheid gebruik gemaak. Die tweede kursus is in November 2010 in die Wes-Kaap gehou en 10 gemeentes het daaraan deelgeneem. Hier is die eerste vrugte van hulle webtuiste ontwikkeling. Klik op enige van die grafika om na die betrokke webtuiste te gaan.Die uitbreidings van Joomla! wat gebruik word, is almal beskikbaar hier en word gereeld opgedateer. Kontak die
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
vir meer inligting.

