Navorsing

  • Gemeente en Liturgie(15 Artikels)

    Gemeente en Liturgie

    Baie lidmate vra hoe sinvol en betekenisvol die gemeentelike erediens is. Dit is ook bekend dat tans baie wyd geëksperimenteer word met die vorm van die erediens. Dié groep doen dieptenavorsing oor die hart van die erediens, hulle kyk na allerlei vernuwingspogings in verskillende tradisies, en ontwikkel materiaal wat gemeentes kan leiding gee oor sinvolle erediensvernuwing.

    Koördineerder:  Cas Wepener

    AddThis Social Bookmark Button
  • Morele Oriëntering(2 Artikels)

    Morele Oriëntering in en deur gemeentes

    Dié groep fokus op wat geloofsgemeenskappe kan doen aan die enorme morele krisis wat ons land tans beleef. Ons hoop om gemeentes te help om effektiewer aan die karaktervorming van hul lidmate te werk. Die kerk se openbare verantwoordelikheid betreffende morele kwessies en morele waardes in die algemeen kry ook aandag.

    Koördineerders:  Chris Jones en Coenie Burger

    AddThis Social Bookmark Button
  • Ekklesiologie/Missionêre gemeente-wees(35 Artikels)

    Ekklesiologie en Missionêre gemeente-wees

    In lyn met die Suid-Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes wil Buvton 'n groter ''think tank'' daarrondom organiseer. Hierdie groep sal hulle toespits op dieptenavorsing oor ekklesiologie.

    Koördineerders: Frederick Marais en Coenie Burger

    AddThis Social Bookmark Button
  • Vroue(3 Artikels)

    Vroue

    Hoewel vroue deur die eeue 'n reuse rol in gemeentes gespeel het, was hulle tradisioneel uitgesluit van die leierskap van die kerk. Dié groep fokus op die regstelling van die probleem deur hulle te beywer vir inklusiewe leierskap in gemeentes. Gemeentes moet bewus gemaak word van die unieke bydrae van vroue tot die geloofsgemeenskap.

    Koördineerders: Marié Britz en Elna Mouton

    AddThis Social Bookmark Button
  • Jeug en familie(3 Artikels)

    Jeug en Familie

    Hierdie navorsingsgroep kyk na die intergeneratiewe bedienings in gemeentes en ontwerp programme en prosesse om gemeentes hiermee te help

    Koördineerders: Christo Thesnaar en Gielie Loubser


    AddThis Social Bookmark Button
  • Handelinge en Missionêre Kerkwees(1 Artikel)

    Handelinge en Missionêre Kerkwees

    Die gedagte vir hierdie projek, konferensie, en moontlike latere opvolg-geleenthede het as ’n BUVTON inisiatief ontstaan om die verband tussen die huidige klem op die missionêre /missionale beweging en die Nuwe Testament, en veral Handelinge, van nader te ondersoek. 

    Coenie Burger, Eddie Orsmond en Jeremy Punt (reëlingskomitee)


    AddThis Social Bookmark Button

Alle kommentaar