Druk
PDF

Adventverhale van Hoop - 2009

Geskryf deur Frederick Marais on . Posted in Gemeenteverhale - Advent verhale van hoop - 2009

Advent begin met 'n eerste Sondag van Hoop.

Daarom plaas ons elke dag van Advent 'n verhaal van HOOP by www.communitas.co.za.

Die meeste van hierdie verhale is klein menslike verhale van God se Koninkryk wat onverwags deurbreek in mense se lewens. Vanjaar is meer as ooit te vore 'n tyd waarin ons mekaar kan bedien met verhale van HOOP.

Stuur gerus jou verhaal na Frederick Marais by  Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of put inspirasie uit die verhale.  Stuur dit aan vir ander, plaas dit op julle gemeente-webwerf en maak so jou  en ander se oë oop vir die wyse waarop die Vader, Seun en Gees in ons dag en in ons konteks HOOP bring op meestal onverwagse maniere en plekke.

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees (Rom15:13).

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar


Sekuriteitskode
Verfris

Alle kommentaar